Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
My raad aan die Kaapstad-metro om taxigeweld te bekamp: Stel ’n taxi-taks in op almal wat ’n motor besit sodat dié daarsonder verniet kan ry. – Ben Haiser
Antitino, Paarl (SMS’e, 16.10) sê Tino van Suidooster versuur die storie. Ek en my vrou giggel heerlik vir sy andersheid. As hy emosies laat opwel, speel hy sy rol puik. Ware talent. – John Serfontein, Annlin
Jep, Brackenfell (SMS’e, 17.10) sê die naamsverandering van die Hoërskool D.F. Malan na DF Akademie is sinneloos en lagwekkend. Dit is so. Meer toepaslik sou wees om dit toe te skryf aan die optrede van kruipende, woke renegate en opregte beeldbestormers, wat altyd as sodanig onthou sal word. – Johan Wepener Durbanville
Ek kan nie wag vir die tradisionele toetsreeks volgende jaar teen die All Blacks nie. Dit voel soos die “ou dae”. Beter kan jy nie kry nie. – Bekker, Boston
Pres. Cyril Ramaphosa, het jy al gesien hoe lyk die provinsies waar die ANC regeer en die kaders hulself dik vreet en mielies in die slaggate groei? In die Wes-Kaap sal die ANC nooit weer regeer nie. Ons het die ANC een keer geproe, en nie van die smaak gehou nie. – Johan, Nuweland
Ai, meneer die president, ek dink dis nou tyd dat jou oggend- en aandpraatjies ooreenstem. ’n Goeie verwer verf hom nie gereeld in ’n hoek vas nie. – Gerrit Fabricius















