Die kritiek teen pres. Cyril Ramaphosa omdat hy die DA geloof het, is vir hom niks anders nie as ’n barometer om die politieke klimaat in die land te lees.
Ramaphosa tree altyd berekend op. Dis sy styl. Hy het altyd ’n lang plan. Ons het dit mos al met sy onderhandelingsdanse by Kodesa aanskou en besef.
Met dié gebaar gryp hy die politieke inisiatief in sy nasionale dialoog uit die hande van politieke opponente. Ramaphosa verloor nie – ander boet net vir hul stiksienige, goedgelowige vertroue – en betaal vir die gelag.


















