It wassie ’n big deal nie. Ek wil maa net my hanne gewas het. But in Somerset West, met die super-wealthy, is niks simpel nie, veral nie kraane nie.
My chommie het my gebring, is ’n fancy brunch in Lynette se mansion. Lynette? Of is it Annette. Ek wiettie. Maa is een van dai name wat end in inherited property.
Daa staan ek, in haa guest bathroom, expensive siep reeds op my hanne gesmee, en al wat ek soek is ’n bietjie wate ommit af te was. Maa die kraan is confusing. Ek sukkel al ’n lekke paa miniete om wate ytie kraan yt te kry. Die’s ’n anne tipe tap die. Niks on en off nie. Niks hot or cold symbols ie. Net klompie levers, en een mysterious arm wat sideways to face asof it dinge gesiennit. Ek drai ’n lever links. Niksie. Regs. Niksie. Ek try stoot. Trek. Issit voice activated? Ek praat hardop. Whisper. Bid. Nog once, niks wate nie.
Hoekô maak ryk mense hulle dinge soe confusing? Like, ammel wiet, hoe ryker iemand is, hoe moeiliker is it ommie asblik in hulle hys te vind. Is nooit net daa nie. Is weggestiek, binne in ’n laai, agte ’n paneel, onnerie spoek van apartheid. En nou leer ek dat krane oek deel vannie mystery is. Lynnette-of-Annette het drie sinks in haa badkame, nie een van hulle het ’n drain nie. Ryk mense het ’n unspoken rule: Hoe duurder iets is, hoe minne is dit bedoel om gebryk te wôd. Is daa, is mooi, maa it doen niks. Miskien is dai hoekô ryk mense self nooit moeg lykie.
Ek hoo hoe lag hulle, soes Bond villains, innie dining room. En ek beginne panic. Lag hulle vi my? Hoe lank vat ’n ryk mens om hulle hanne te was? Wat’s die cutoff voo iemand kô klop? Voo hulle begin praat, “miskien is hy siek,” of erger, “miskien weet hy nie hoe om die kraan te gebruik nie?”
Ek’t maa die siep van my hanne met ’n paper towel afgevie. Ek’t opgegie try en ytfigure hoe om wate ytie kraan yt te kry nadat ek myself gevangit virrie ding apologize. “Sorry, I didn’t mean to make eye contact.” Daa wassie ’n asblik ommie tissue weg te gooi nie. Or well, nie ’n asblik wat ek kon siennie. Ek hettie ees getry om te search nie. En ek wou ittie flush nie. Bang die plumbing gan oek ’n attitude het. Ek’t my vyl tissue in my sak gedruk om by my eie hys weg te gooi.
Ek gan toe trug narie langtafel. Ieman gie my ’n mimosa. Ieman describe hulle divorce as “an evolution”. Ieman sê hulle domestic worker is “part of the family”. Ek sê vi iemand ek wek by ’n literacy NGO. Ieman sê “shame”.
Somerset West is mooi. I get it. En eendag, wanne ek oek Swest wealthy gan wies, gan ek oek my hys decorate met dinge wat te kosbaa is om te function. Dai’s mos hoe jy bewys dat jy verby behoefte evolve het. Needs is vi poor people. Ek gan oek soe easy lewe dat ek ytdaagings in my hys in moet design. My krane gan oek net daa wies om te suggest dat wate een kee daa gevloei het, en dat ek nou daardie soort ding transcend het. Because regte, egte wealth, darling, gannie oo convenience nie. It gan oo hoe ommie alledaags complicated te maak. Om ’n basic human need, soes wate, te mystify. Lynette-of-Annette pop nog ’n borrel champers. Die ryk mense lag te hard vi iemand se joke wat glad nie snaaks wassie. En ek lag saam, soes ieman wat wiet hoe om ’n kraan te gebryk.
100003














