Sielsdinge

Stephan Joubert: Luister en leef saam met God

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Luister
Same idea, two businessmen negotiating with big speech bubbles next to each other Luister (Illustrasie: Getty Images)

Om te luister is ’n vaardigheid. Dit vereis dat ons moet leer om nie net na mekaar te luister nie, maar om ook saam met mekaar te luister.

Die sielkundige Carl Rogers het ’n goeie tegniek daargestel om sulke luistervaardighede te verbeter. Sy reël is: Nadat die eerste persoon gepraat het, moet die tweede persoon eers sê wat hy of sy gehoor het. Die eerste persoon moet bevestig dit is wat hy bedoel het voordat die tweede persoon mag praat.

Wat sal gebeur as ons leer om meer na God te luister? Wat sal gebeur as ons minder praat in ons gebede en meermale net in stilte op die Here wag? Die meeste van die tyd moet God net ons kant van die saak aanhoor as ons bid. Ons nood, ons klagtes en ons probleme is gedurig op die voorgrond in ons gebede.

Vanjaar moet ons Habakuk 2:20 ernstig opneem. Dit roep die hele aarde op om voor die Here stil te wees, want Hy is in sy heilige tempel. In sy teenwoordigheid moet ons woorde stol. Hier moet ons ore wawyd oop wees. Ons moet meer na God luister. Dan sal ons ook leer om saam met Hom te luister.

Uit die Woord

Maar die Here is in sy heilige tempel – wees stil voor Hom, o ganse aarde!” – Habakuk 2:20

Let op, my geliefde broers, elke mens moet flink wees om te luister, stadig om te praat, stadig om kwaad te word. – Jakobus 1:19

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM