Toets

Deveney 7 keer met skerp voorwerp gesteek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Deveney Nel
Deveney Nel (Foto: Verskaf)

Die 16-jarige Deveney Nel is sewe keer deur haar vermeende moordenaar met ’n skerp voorwerp gesteek.

Die (nou) 18-jarige man wat van haar moord aangekla word, was die laaste persoon wat saam met haar op 7 Augustus 2024 op ’n sportdag by die Hoërskool Overberg in Caledon gesien is waar albei leerlinge was. Hy was in gr. 11 en sy in gr. 10.

Hulle is gesien waar hulle saam na die skoolgebou geloop het. Deveney was deel van die skool se noodhulpspan op die sportdag. Haar lyk is in ’n stoorkamer by die skool gevind ure nadat sy saam met die jong man gesien is.

Deveney het ook ander beserings opgedoen.

Hierdie inligting is vervat in die opsomming van wesenlike feite wat Vrydag tydens haar vermeende moordenaar se eerste verskyning in ’n voorverhoor by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien is.

Hy staan tereg op aanklagte van moord, verkragting en poging tot regsverydeling.

Die saak is Vrydag tot 17 Oktober uitgestel vir sy nuwe prokureur van Regshulp SA om met hom te konsulteer.

Hy bly in aanhouding.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM