Inwoners van die Jumpers- informele nedersetting in Cleveland, Johannesburg, het Donderdag buite die landdroshof in Johannesburg saamgetrek.
Dit volg nadat die drie Lesotho-burgers wat Dinsdag in hegtenis geneem is op 13 aanklagte van moord en 14 van poging tot moord in verband met die massaskietery op 9 Junie in die Jumpers- informele nedersetting, na verwagting vir ’n formele borgtogaansoek in die hof sou verskyn.
Die verdagtes is in die KwaMaiMai-nedersetting in hegtenis geneem. Een van die mans het glo meer as ’n honderd 9 mm-patrone in sy besit gehad.
*Volg Netwerk24 vir meer oor die storie.






