Toets

TEMPLATE | Wêreldnuus:

2025-10-27 03:33:16 — Pres. Donald Trump het Maandag na Tokio vertrek, waar hy met Japan se keiser en Sanae Takaitsji, die nuutverkose premier, sal vergader.

Dit is deel van Trump se Asië-reis wat daarop gemik is om handelsooreenkomste, beleggings en verhoogde verdedigingsbesteding te verseker.

Sy reis sal na verwagting Donderdag in Suid-Korea afsluit met ’n beraad met Xi Jinping, Chinese leier.– Reuters

2025-10-27 03:34:19 — Twee buitelandse bergklimmers is in Nepal dood ten tyde van afsonderlike ekspedisies op die berg Ama Dablam in die Himalajas.

Hugo Lucio Colonia Lazaro (65) van Frankryk is deur ’n vallende stuk ys teen die kop getref en is verlede week per helikopter na Katmandoe geneem, het ’n amptenaar gesê.

Hong Khy Park (66) van Suid-Korea is Sondag oorlede terwyl hy die berg geklim het. Hy het saam met vyf ander geklim toe hy ineengestort het.– Reuters

2025-10-27 03:35:27 — Minstens vier mense is Sondag doodgeskiet in betogings in Douala, Kameroen, ter ondersteuning van Issa Tchiroma Bakary, ’n presidentskandidaat.

Tchiroma het gevra dat kiesers betoog om te eis dat die uitslae van die presidentsverkiesing op 12 Oktober “gerespekteer” word.

Hy maak daarop aanspraak dat hy die verkiesing teen pres. Paul Biya gewen het.

Die verkiesingsuitslae word na verwagting Maandag uitgereik.– Reuters

Supporters of Cameroonian presidential election candidate Issa Tchiroma protest in Douala Riot police officers detain a supporter of Cameroonian presidential candidate Issa Tchiroma, who claimed victory in the October 12 presidential election, during a protest in New Bell neighbourhood in Douala, Cameroon October 26, 2025. REUTERS/Zohra Bensemra TPX IMAGES OF THE DAY (Zohra Bensemra/REUTERS)

Polisiebeamptes Sondag gedurende ’n betoging in die woonbuurt New Bell in Douala, Kameroen.Foto: Reuters

2025-10-27 04:18:20 — Orkaan Melissa het ontwikkel in ’n kategorie 4-orkaan wat op pad is na Jamaika en Kuba.

Dit sal na verwagting katastrofiese vloede, grondverskuiwings en stormvloede in die streek tot gevolg hê, het die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum (NHC) Sondag gesê.

Melissa veroorsaak volgehoue stormwinde van tot 220 km/h en sal na verwagting vererger op pad na Jamaika, waar dit Maandagaand of Dinsdagoggend die land behoort te bereik.

Dit sal waarskynlik Dinsdag laat die suidooste van Kuba tref.– Reuters

2025-10-27 04:19:30 — Rusland het oornag 34 Oekraïense hommeltuie met lugverdedigingstelsels afgeskiet ná herhaaldelike aanvalle op Moskou.

Twee van die stad se vier lughawens is weens die aanvalle tydelik gesluit, het Russiese owerhede Maandag gesê.

Die Russiese lugvaartorganisasie Rosawiatsija het gesê die Domodedowo-lughawe en die kleiner Zjoekofski-lughawe was ongeveer twee en ’n half uur lank gesluit om lugveiligheid te verseker.

Nog 24 hommeltuie is Maandag in die vroeë oggendure vernietig in die Toela-streek, wat aan Moskou grens.– Reuters


2025-10-27 04:22:07 — Twee lugvaartuie van die Amerikaanse vloot het Sondag in afsonderlike voorvalle kort ná mekaar in die Suid-Chinese See neergestort.

Geen sterftes is aangemeld nie.

’n MH-60R Sea Hawk-helikopter het in die waters van die Suid-Chinese See neergestort terwyl dit roetine-operasies vanaf die vliegdekskipUSS Nimitzuitgevoer het, volgens die Amerikaanse vloot.

’n Halfuur later het ’n Boeing F/A-18F Super Hornet-straalvegter in die Suid-Chinese See neergestort, ook terwyl dit roetine-operasies vanaf dieUSS Nimitzuitgevoer het.

Al die bemanningslede van die twee tuie is veilig uit die water opgepik.– AFP

2025-10-27 05:10:38 — Die party van die Argentynse president, Javier Milei, het die middeltermyn- wetgewende verkiesing gewen, waar kiesers hom ’n mandaat gegee het om voort te gaan met sy radikale hersiening van die ekonomie.

Dít ondanks wydverspreide ontevredenheid oor sy besparingsmaatreëls.

Ontleders sê die groter opkoms van kiesers is ’n weerspieëling van die vrese vir hernude ekonomiese onrus indien die land Milei se besparingsbeleid oorboord gooi.

Die administrasie van pres. Donald Trump van Amerika is gekritiseer nadat hy Milei se regering met ’n stewige finansiële reddingsboei bygestaan het nadat Milei se gewildheid die laaste paar weke getaan het.

“Baie geluk aan pres. Javier Milei met sy oorwinning in Argentinië,” het Trump op sy Truth Social-platform geskryf. “Ons vertroue in hom is deur die mense van Argentinië bevestig.”– Reuters, AFP

Argentina holds midterm election Argentina's President Javier Milei celebrates after the La Libertad Avanza party won the midterm election, which is seen as crucial for Milei's administration after U.S. President Donald Trump warned that future support for Argentina would depend on Milei's party performing well in the vote, in Buenos Aires, Argentina, October 26, 2025. REUTERS/Cristina Sille TPX IMAGES OF THE DAY (Cristina Sille/REUTERS)

Pres. Javier Milei van Argentinië vier Sondag sy party se oorwinning in Buenos Aires, Argentinië.Foto: Reuters

2025-10-27 05:50:42 — Meer as 8 000 vlugte is Sondag oor Amerika heen vertraag terwyl lugverkeerbeheerders steeds gestaak het om vervoer te ontwrig terwyl ’n sluiting van die federale regering die 26ste dag binnegaan.

Sean Duffy, Amerikaanse minister van vervoer, het gesê die federale lugvaartadministrasie het Saterdag probleme met personeel verantwoordelik vir lugverkeerbeheer op 22 plekke ondervind.

Daar was Saterdag ook 5 300 vertragings. Sowat 13 000 lugverkeerbeheerders en 50 000 beamptes van die administrasie vir vervoerveiligheid moet werk al word hulle nie gedurende die regeringsluiting betaal nie.– Reuters

O'Hare International Airport amid U.S. government shutdown, in Chicago A plane takes off from Chicago O'Hare International Airport as the U.S. government shutdown continues, in Chicago, Illinois, U.S., October 26, 2025. REUTERS/Daniel Cole (Daniel Cole/REUTERS)

’n Vliegtuig styg Sondag op vanaf die Chicago O’Hare Internasionale Lughawe in Chicago, Illinois in die VSA.Foto: Reuters

2025-10-27 06:38:54 — Pres. Wladimir Poetin van Rusland het Sondag aangekondig dat ’n suksesvolle finale toets van ’n nuwe kernaangedrewe kruismissiel voltooi is.

“Die beslissende toetse is nou klaar,” het Poetin gesê.

Hy het die voorbereiding beveel van “infrastruktuur om hierdie wapen in diens van die Russiese gewapende magte te stel”.

Poetin het die missiel ’n “unieke skepping” genoem wat “niemand anders ter wêreld het nie” en gesê dit het ’n “onbeperkte reikwydte”. –AFP

2025-10-27 06:45:28 — Die Indiese owerheid het Maandag 50 000 mense na noodlenigingskampe verskuif ’n dag voordat die sikloon Montha, wat besig is om te verhewig oor die Baai van Bengale,  die ooskus na verwagting met sterk winde en swaar reën sal tref.

Die owerheid het vakansies vir noodpersoneel gekanselleer en skole en kolleges beveel om te sluit in kusgebiede van die state Andhra Pradesh en Odisha in onderskeidelik die suide en die ooste.

Die sikloon sal waarskynlik teen Dinsdag in ’n hewige storm verander voordat dit later die dag die kus van Andhra Pradesh tref.– Reuters


2025-10-27 06:55:36 — Pres. Donald Trump het Maandag gesê die aankondiging deur pres. Wladimir Poetin oor ’n kernaangedrewe kruismissieltoets was nie “gepas” nie.

“Hy behoort die oorlog (in Oekraïne) te beëindig. ’n Oorlog wat ’n week moes geduur het, is nou binnekort in sy vierde jaar. Dit is wat hy behoort te doen in plaas daarvan om missiele te toets,” het Trump aan joernaliste aan boord van Air Force One gesê.

Vroeër is berig Poetin het Sondag ’n suksesvolle finale toets van ’n nuwe kernaangedrewe kruismissiel aangekondig.– AFP

President Trump Departs Washington For Trip To Asia IN FLIGHT - OCTOBER 24: U.S. President Donald Trump takes a question from a reporter aboard Air Force One on October 24, 2025, in flight. Trump is traveling to Malaysia for the Association of Southeast Asian Nations summit (ASEAN), Japan, and to South Korea for the Asia-Pacific Economic Cooperation forum (APEC). (Photo by Andrew Harnik/Getty Images) (Andrew Harnik/Getty Images)

Pres. Donald Trump Vrydag op Air Force One.Foto: Getty Images

2025-10-27 07:05:25 — Venezuela het Sondag die aankoms van ’n Amerikaanse oorlogskip in die nabygeleë Trinidad en Tobago as ’n gevaarlike “provokasie” bestempel.

DieUSS Gravely, ’n antimissiel-skip, het Sondag in Port of Spain, Trinidad en Tobago, vasgemeer vir ’n vierdaagse besoek, wat gesamentlike opleiding met plaaslike verdedigingsmagte sal insluit.

Die skip se aankoms kom te midde van ’n toenemende militêre veldtog deur pres. Donald Trump teen vermeende dwelmsmokkelaars in Latyns-Amerika wat hoofsaaklik Venezolane geteiken het.– AFP

2025-10-27 07:13:14 — Kamala Harris, voormalige Amerikaanse visepresident, het haar kommer uitgespreek dat sy nie Joe Biden gevra het om aan die wedloop om die Withuis te onttrek nie.

Harris het Sondag aan die BBC gesê sy dink nou daaroor na of sy so ’n gesprek met Biden moes voer.

Biden het sy herkiesingsveldtog in Julie 2024 beëindig ná ’n rampspoedige vertoning in ’n debat teen pres. Donald Trump ’n paar weke tevore.– BBC

2025-10-27 07:19:29 — Die Griekse owerheid het Maandag ’n soek-en-reddingsoperasie naby die eiland Lesbos van stapel gestuur nadat sewe migrante uit die see suidwes van Kaap Agrilia gered is.

Twee mense is ook gevind wat geen reaksie getoon het nie, het die kuswag gesê. Die soektog na ander vermiste mense duur voort.

Die operasie behels twee vaartuie, ’n helikopter en ’n landgebaseerde eenheid van die kuswag.– Reuters

2025-10-27 07:25:11 — Amptenare van Afganistan en Pakistan sal Maandag in Istanbul vergader vir ’n derde dag van gesprekke nadat hulle nie daarin geslaag het om blywende vrede te bewerkstellig nie.

Die buurlande het op 19 Oktober in Doha tot ’n skietstilstand ingestem ná dae van skermuteslinge by die grens waarin tientalle mense dood is.

Die tweede ronde van gesprekke, wat deur Turkye bemiddel word, is daarop gemik om ’n langtermyn-skietstilstand te bewerkstellig.– Reuters


2025-10-27 08:12:21 — Die Israeliese weermag het Maandag die vredesmagte van die Verenigde Nasies (Unifil) in Suid-Libanon daarvan beskuldig dat hulle ’n dag tevore een van sy hommeltuie afgeskiet het. Die hommeltuie was deel van ’n sending om intelligensie in te samel, het lt.kol. Nadav Shoshani, woordvoerder van die weermag, gesê.

“ ’n Aanvanklike ondersoek dui daarop dat Unifil-magte wat naby gestasioneer was, doelbewus op die hommeltuig losgebrand en dit afgeskiet het. Die hommeltuig se aktiwiteit het nie ’n bedreiging vir Unifil-magte ingehou nie.”– AFP

2025-10-27 08:45:18 — ’n Hof in Hongkong het Maandag drie mense tronkstraf van tot 18 jaar opgelê vir drie komplotte om bomaanvalle in 2019 en 2020 uit te voer.

Ho Cheuk-wai (41), Lee Ka-pan (31) en Cheung Ka-chun (35) is verlede maand skuldig bevind aan sameswering om ontploffings te veroorsaak met die doel om lewe of eiendom in gevaar te stel.

Die hof het gehoor die skuldiges wou hê dat mediese werkers moet staak en dat die regering die grense moet sluit om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.– Reuters

2025-10-27 09:09:56 — Inga Ruginiene, premier van Litaue, het Maandag gesê haar land gaan ballonne vol smokkelsigarette begin afskiet. Smokkelaars gebruik hierdie ballonne om die sigarette oor die grens van Belarus te smokkel en dit belemmer die land se lugverkeer.

Litaue het die Vilnius-lughawe verlede week vier keer gesluit nadat ballonne sy lugruim binnegekom het, en elke keer sy Belarus-grensposte tydelik gesluit in reaksie op die voorvalle.– Reuters

2025-10-27 09:15:30 — Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Maandag gesê dat Washington ’n aanval wat volgens Israel op ’n lid van Hamas in die Gasastrook gemik was, nie as ’n skending van die skietstilstand beskou nie.

Israel het gesê hy het Saterdag ’n lid van Hamas aangeval wat na bewering beplan het om Israeliese troepe aan te val.

Rubio het ook gesê Israel het nie sy reg op selfverdediging prysgegee as deel van die skietstilstand met Hamas nie.– Reuters

2025-10-27 09:21:03 — Die polisie betaal R3,8 miljoen per maand aan stelsel-instandhouding van die Ibis-stelsel (Integrated Ballistics Identification System) wat nie ten volle funksioneel is nie. So getuig brig. Mishak Mkhabela, nasionale hoof van die ballistiese eenheid, Maandag voor die Madlanga-kommissie.

Mkhabela verduidelik aan die kommissie wat hul werk behels – die forensiese ontleding van vuurwapens en patrone en om dit met ’n misdaad en ander misdade te verbind. Die getuienis van Mkhabela, wat sedert 1994 in die polisiediens is, word deur adv. Matthew Chaskalson SC aangevoer.

Hy het ook die metodologie verduidelik vir die ontleding van die misdaadtoneel en die rekonstruksie daarvan om die volgorde van gebeure te bepaal en hoe die misdaad gepleeg is. Hy sê die stelsel word weens ’n gebrek aan hulpbronne nie ten volle benut nie.

Volgens Mkhabela is daar agt werkstasies om ooreenkomste te verifieer, maar hulle het net drie voltydse ontleders wat die werk kan doen, wat net slegs na 200 beelde van patrone per dag kyk, terwyl daar ’n agterstand van 28 000 is.

Hy sê soms kan hulle na meer kyk as daar oortyd gewerk word.

Oudregter Mbuyiseli Madlanga, wat die kommissie lei, wil by hom weet of die stelsel gemanipuleer kan word. Mkhabela antwoord ja.


2025-10-27 09:23:34 — Die orkaan Melissa het Maandag tot die maksimum kategorie-5 versterk, het die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum gesê.

Die sentrum het gewaarsku teen “katastrofiese oorstromings” in Jamaika nog voordat die storm die Karibiese eilandnasie tref.

“Vernietigende wind, stormvloede en katastrofiese oorstromings sal deur die dag en tot vanaand in Jamaika vererger.”

Vroeër is berig die orkaan Melissa het ontwikkel in ’n kategorie 4-orkaan wat op pad is na Jamaika en Kuba.– AFP

2025-10-27 09:59:04 — Mkhabela sê van die beelde is al ’n jaar daar, maar weens ’n gebrek aan menslike hulpbronne nog nie ontleed nie. Hy sê weens ’n toename in misdaad ontvang hulle meer as wat hulle kan verwerk.

Hy sê die stelsel kan binne 24 uur ’n wapen of patroon met ’n misdaad verbind. Die uitdaging is wanneer ontleders dit moet bevestig en misdade met mekaar moet verbind.

Hy sê die polisie het 66 Ibis-ontleders nodig om vuurwapens waarop tydens misdade beslag gelê is, intyds met ander misdade te kan verbind. Volgens hom het die polisie slegs die helfte (33) daarvan.

Chaskalson vra of een wapen in verskeie misdade soos georganiseerde misdade, politieke moorde, bendeverwante geweld en taxigeweld kan gebruik word. Sy verwysing hou verband met een van die wapens wat in die moord op Armand Swart gebruik is.

Hy sê die wapen is eers met 24 misdade verbind en later met nog vyf wat die totaal op 29 te staan bring.

Volgens Mkhabela is dit ’n aanduiding dat daar dikwels een wapen is, veral ’n aanvalsgeweer, wat gebruik word om ’n ganse gebied te terroriseer. Hy sê in van die gevalle is die wapen nog nie gevind nie.

Volgens Chaskalson is dit ’n aanduiding dat daar ’n behoefte is aan ’n doeltreffend stelsel om ballistiese uitslae intyds te kan verskaf.

2025-10-27 10:21:16 — Die families van Israeliese gyselaars het Maandag geëis dat die volgende stappe in die skietstilstand tussen Israel en Hamas opgeskort word totdat Hamas die oorblywende lyke van die res van die gyselaars terugbesorg.

“Hamas weet presies waar elkeen van die oorlede gyselaars is,” sê die Forum vir die Families van die Gyselaars en Vermistes.

“Twee weke het verloop sedert die sperdatum wat in die ooreenkoms vir die terugbesorging van al 48 gyselaars gestel is, maar 13 bly in gevangenskap.”– AFP

Protest in Tel Aviv to demand the return of the bodies of Israelis killed in Gaza TEL AVIV, ISRAEL - OCTOBER 18: A group of activists and relatives of the prisoners stage protest to demand the return of the remaining bodies at the 'Hostages Square' in Tel Aviv, Israel on October 18, 2025. Israeli Prime Minister's Office announced that the number of dead hostages handed over to Israel by Hamas as part of the ceasefire and prisoner-hostage exchange in Gaza had risen to 10, while the bodies of 18 of the 28 hostages remained in Gaza. (Photo by Yair Palti/Anadolu via Getty Images) (Anadolu/Anadolu via Getty Images)

’n Groep aktiviste en familielede van die gyselaars hou op 18 Oktober ’n betoging op "Gyselaarsplein" in Tel Aviv, Israel, om die terugbesorging van die oorblywende lyke te eis.Foto: Getty Images/Anadolu

2025-10-27 10:58:59 — Volgens Mkhabela gee die agterstand van sake wat ballistiese toetse moet ondergaan hom slapelose nagte.

Hy sê hulle het nie meer spasie om bewyse te stoor nie en dat dit ’n teken is dat Suid-Afrika ’n gevaarlike land is.

Volgens hom is daar ’n agterstand van byna 30 000 ballistiese toetse wat nog ontleed moet word. Hy sê op enige gegewe tyd het hy meer as 29 500 vuurwapens wat tot iemand se moord gelei het.

Hiervan is:

- 450 is in 2022 geregistreer;

- Meer as 6 000 in 2023;

- Meer as 11 900 in 2024.

“In 2025 is ons reeds die 10 000-merk oorgesteek.” Hy sê administratiewe rompslomp is waarom dit moeilik is om iemand aan te stel of om mense te vervang.

“Ons het die mense. Die uitdaging is die begroting.” Volgens hom is daar teen 17 Oktober vandeesmaand 108 883 sake na Ibis verwys wat steeds verwerk moet word – waarvan 38 343 in die hoofkantoor van Pretoria is, 35 991 in KwaZulu-Natal, 21 100 (Wes-Kaap) en 13 449 (Oos-Kaap).

Die kommissie het ook na getuienis geluister van hoe die wapen wat in Swart se moord gebruik is ook met ander misdade verbind word. Hy sê die voorval het op 17 April 2024 gebeur het. Die koeël is op 12 Augustus na die laboratorium gebring. “Mens kan jouself afvra waar  die koeël die hele tyd was."

2025-10-27 11:12:37 — Mali het Maandag skool- en universiteitsklasse oor die land heen vir twee weke opgeskort weens 'n brandstoftekort.

Jama'at Nusrat al-Islam wal-Muslimin (JNIM)-militante het vroeg in September 'n blokkade op brandstofinvoere na die Wes-Afrikaland aangekondig en het sedertdien konvooie brandstoftenkwaens aangeval wat probeer om die land binne te gaan of Bamako, die hoofstad van Mali, te bereik.

Ontleders het die brandstofblokkade beskryf as deel van 'n drukveldtog deur militante groepe teen die militêre regering van Mali.– Reuters

Bamako,Mali - August 17, 2009: Family carrying food in an african village near Bamako, Mali. Africa. (lcodacci/Getty Images)

Inwoners van Mali moes die afgelope tyd van alternatiewe vervoermiddels gebruik maak weens die brandstofkrisis.Foto: Getty Images


2025-10-27 11:19:35 — Pres. Donald Trump gaan aanstaande week 'n Sentraal-Asiatiese spitsberaad aanbied, het twee lande gesê, terwyl groot moondhede meeding om invloed in die hulpbronryke streek.

Rusland se tradisionele oorheersing in die vyf voormalige Sowjet-state word uitgedaag sedert dit Oekraïne binnegeval het, met China, die Europese Unie (EU) en die VSA wat almal hul diplomatieke en ekonomiese voetspoor in die streek probeer versterk.

Volgens Kazakstan is die spitsberaad vir 6 November in Washington geskeduleer. Kirgisië het reeds aangedui dat hy die geleentheid sal bywoon. Hoofde van die ander drie state – Tadjikistan, Turkmenistan en Oesbekistan – het nog nie hul deelname bevestig nie.

Die vyf lande strek oor 'n gebied so groot soos die EU, maar is die tuiste van slegs 80 miljoen mense.– AFP

2025-10-27 11:24:33 — Pres. Donald Trump het Maandag uitgesluit dat hy vir die visepresidentskap in die 2028 Amerikaanse verkiesing sal staan, 'n benadering wat sommige van sy ondersteuners geopper het om die Republikeinse president toe te laat om 'n bykomende termyn in die amp te dien.

"Ek sou toegelaat word om dit te doen," het Trump aan verslaggewers gesê aan boord van sy vliegtuig, Air Force One. Maar hy het bygevoeg: "Ek sou dit nie doen nie. Ek dink dis te oulik. Ja, ek sou dit uitsluit, want dis te oulik. Ek dink die mense sou nie daarvan hou nie. Dis te oulik. Dis nie – dit sou nie reg wees nie."

Niemand mag 'n derde keer tot die Amerikaanse presidentskap verkies word nie, ingevolge die 22ste Wysiging van die Amerikaanse Grondwet.– Reuters

2025-10-27 11:32:15 —

The USS Gravely warship is seen at a distance off the coast of Port of Spain on October 26, 2025. The US warship will visit Trinidad and Tobago for joint exercises near the coast of Venezuela amid Washington's campaign against alleged drug traffickers in the region. (Photo by Martin BERNETTI / AFP) (Photo by MARTIN BERNETTI/AFP via Getty Images) (MARTIN BERNETTI/AFP via Getty Images)

Die Amerikaanse oorlogskipUSS Gravelysal Trinidad en Tobago besoek vir gesamentlike oefeninge naby die kus van Venezuela te midde van die VSA se veldtog teen vermeende dwelmsmokkelaars in die streek.Foto: Getty Images

2025-10-27 12:01:41 — Pres. Paul Biya van Kameroen is volgens amptelike uitslae, wat Maandag aangekondig is, vir ’n agtste termyn herkies. Biya (92) kon 53,7 % van die stemme in ‘n verkiesing inpalm.

Sedert verlede week het ondersteuners van Issa Tchiroma, wat volgens sy eie telling 54,8 % van die stemme teenoor 31,3 % vir Biya gewen het, die strate ingevaar om sy beweerde oorwinning te verdedig.

Vier mense is Sondag dood in botsings tussen veiligheidsmagte en ondersteuners van die opposisie in die ekonomiese hoofstad, Douala. Ontleders het verwag dat Biya, die wêreld se oudste dienende staatshoof, nog ’n termyn van sewe jaar sou verseker in ’n stelsel wat volgens kritici toenemend gemanipuleer word.

Biya is slegs die tweede staatshoof wat Kameroen lei sedert onafhanklikheid in 1960 van Frankryk verkry is.– AFP

2025-10-27 12:03:26 — Israel sal nie die teenwoordigheid van Turkse gewapende magte in die Gasastrook aanvaar ingevolge 'n Amerikaanse plan om oorlog in die Palestynse gebied permanent te beëindig nie. So sê Gideon Saar, Israeliese minister van buitelandse sake.

Pres. Donald Trump se plan sluit 'n internasionale mag in om te help om 'n brose skietstilstand te verseker wat die afgelope maand begin het en twee jaar van oorlog tussen Israel en die Palestynse militante groep Hamas beëindig het.

Dit is egter nog onduidelik of Arabiese en ander state gereed sal wees om troepe aan die internasionale mag toe te staan. "Lande wat gewapende magte wil, of gereed is om te stuur, moet ten minste regverdig teenoor Israel wees," het Saar gesê.– Reuters


2025-10-27 12:16:56 — Tien mense staan Maandag in Parys tereg op die beweerde seksistiese kuberteistering van Brigitte Macron, in die jongste saak wat aangevuur is deur ongegronde geslagsbewerings wat jare lank teen die Franse presidentsvrou gemaak is.

Die verhoor volg nadat sy en pres. Emmanuel Macron in Julie 'n lasterregsgeding in die VSA aanhangig gemaak het in verband met 'n gerug wat aanlyn versprei is dat sy as 'n man gebore is. Agt mans en twee vroue, tussen 41 en 60 jaar oud sal in die strafhof verhoor word.

Ander hoëprofielvroue in die politieke sfeer, insluitend die voormalige Amerikaanse presidentsvrou Michelle Obama, die Amerikaanse voormalige visepres. Kamala Harris en die Nieu-Seelandse oud-premier Jacinda Ardern, was ook al die teiken van disinformasie oor hul geslag of seksualiteit.– AFP

French President Emmanuel Macron and French President s wife Brigitte Macron pose before a meeting with Jordan s Crown Prince at the Elysee Palace in Paris on October 8, 2025. (Photo by Magali Cohen / Hans Lucas via AFP) (Photo by MAGALI COHEN/Hans Lucas/AFP via Getty Images) (MAGALI COHEN/Hans Lucas/AFP via Getty Images)

Brigitte Macron.Foto: Getty Images

2025-10-27 12:55:57 — Pous Leo XIV sal later vanjaar agt dorpe en stede in Turkye en Libanon besoek, sê die Vatikaan. Dit sal Leo se eerste reis as pous buite Italië wees. Hy sal na verwagting pleidooie vir vrede oor die streek heen doen.

Leo, die eerste Amerikaanse pous, sal Turkye van 27 tot 30 November besoek en dan van 30 November tot 2 Desember in Libanon wees.

Leo se voorganger, pous Franciskus, het beplan om albei lande te besoek, maar kon nie gaan nie weens sy verswakkende gesondheid. Franciskus is op 21 April oorlede en Leo is op 8 Mei tot die nuwe pous verkies.– Reuters

2025-10-27 13:01:18 — Koning Charles van Brittanje het Maandag 'n gedenkteken onthul wat toegewy is aan lesbiese, gay, biseksuele en transgender militêre personeel. Dit is Charles se eerste amptelike betrokkenheid by die LGBT-gemeenskap.

Die staatsgefinansierde Ope Brief-gedenkteken is ontwerp om diegene wat tans as militêre personeel dien, te vereer en hulde te bring aan veterane wat geraak is deur die Britse weermag se verbod op LGBT-offisiere, wat in 2000 opgehef is, 33 jaar nadat manlike homoseksualiteit gedeeltelik in Engeland en Wallis gedekriminaliseer is.

Charles, opperbevelhebber van die Britse gewapende magte, het blomme gesit by die Nasionale Gedenkarboretum in Staffordshire.– Reuters

Britain's King Charles visits Staffordshire Britain’s King Charles attends the LGBTQ+ Armed Forces Dedication ceremony at the National Memorial Arboretum in Alrewas, Staffordshire, Britain, October 27, 2025. REUTERS/Phil Noble/Pool (Phil Noble/REUTERS)

Brittanje se koning Charles woon die Gewapende Magte se toewydingsplegtigheid vir die  LGBT-gemeenskap by die Nasionale Gedenkarboretum in Alrewas, Staffordshire, Brittanje, by.Foto: Reuters

2025-10-27 13:14:52 — Mkhabela getuig verder oor die ballistiese verslag wat verband hou met die wapen wat in die Swart-moord gebruik is. Hy sê aanvanklik was daar nie ’n dringendheid om die toetse te bespoedig nie.

Mkhabela het die kommissie deur die stappe geneem wat gevolg is in die Bramley- en Vereeniging-sake, wat verband hou met die sluipmoord op Swart, en die toetse wat gedoen is om die patrone met ander misdade te verbind.

Hy het vroeër getuig die vuurwapen wat in Swart se moord gebruik is, is met 29 ander misdade verbind. Hy het gesê die Bramley- en Vereeniging-sake is na KwaZulu-Natal vir verdere ondersoek verwys.

Daar is vier laboratoriums – by die hoofkantoor in Pretoria, die Oos-Kaap, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.

Adv. Sandile Khumalo SC vra aan Mkhabela hoekom die sake wat in Gauteng gebeur het na KZN gestuur is en nie by die hoofkantoor in Pretoria ontleed is nie.

Mkhabela sê hy weet nie.

“Dis die vraag wat ek myself afvra. Ek het nie ’n antwoord nie.”

Getuie A en B, wat verlede week in camera getuig het en wat deel was van die Gautengse eenheid teen georganiseerde misdaad, het getuig dat hulle hindernisse ervaar het met die ballistiese ontleding in die Swart-moordsaak en het die toetse na KZN gestuur.

2025-10-27 13:15:52 — Pres. Wladimir Poetin het Maandag 'n wet onderteken wat 'n plutonium-verwyderingsooreenkoms met Amerika beëindig, hoewel dit reeds verval het.

Die ooreenkoms was daarop gemik om te verhoed dat albei partye meer kernwapens bou. Die stap kom terwyl die betrekkinge tussen Poetin en pres. Donald Trump versleg. Trump het verlede week planne vir 'n vredesberaad met Poetin oor die oorlog in Oekraïne geskrap en gesê dit sou 'n "mors van tyd" gewees het.

Hy het 'n herskedulering uitgesluit tensy die Russiese leier hom laat weet het dat hy tot 'n ooreenkoms sou instem. Die plutoniumbestuur-en-verwyderingsooreenkoms, wat in 2000 onderteken en in 2010 gewysig is, het Moskou en Washington verbind om hul enorme voorrade plutonium uit die Koue Oorlog met 34 metrieke ton elk te verminder en dit eerder vir kernkrag te gebruik.

Poetin het Rusland se deelname aan die ooreenkoms reeds in 2016 opgeskort toe betrekkinge met Trump se voorganger Barack Obama verswak het.– AFP


2025-10-27 14:00:29 —

US President Donald Trump alights from Air Force One upon arrival at Haneda Airport in Tokyo on October 27, 2025. Donald Trump arrived in Japan on October 27, the next leg of an Asia tour that could see the US president and China's Xi Jinping end the bruising trade war between the world's largest economies. (Photo by ANDREW CABALLERO-REYNOLDS / AFP) (ANDREW CABALLERO-REYNOLDS/AFP)

Pres. Donald Trump op die trappe van Air Force One nadat hy Maandag op die Haneda-lughawe in Tokio aangekom het.Foto: AFP

2025-10-27 14:11:42 — Israel het die noodtoestand vir gebiede naby die grens met die Gasastrook opgehef, die eerste keer sedert Hamas se aanval in Oktober 2023, het Israel Katz, die minister van verdediging, Maandag aangekondig.

“Ek het besluit om die aanbeveling van die (Israeliese weermag) te aanvaar en om, vir die eerste keer sedert 7 Oktober 2023, die spesiale status op die tuisfront op te hef,” lui ’n verklaring van Katz se kantoor.

Die besluit “weerspieël die nuwe veiligheidsrealiteit in die suide van die land” en kom ná ’n skietstilstand wat op 10 Oktober in werking getree het.– AFP

2025-10-27 14:23:15 — Chaskalson wil weet of die weglatings in die ballistiese verslae ’n teken is van sabotasie in die vervolging van die saak.

Hy verwys na foute wat die ballistiese ontleder in KwaZulu-Natal bespeur het wat in die aanvanklike verslag wat in Pretoria opgestel is, voorgekom het.

In die eerste verslag was geen verwysing daarna dat een van die vuurwapens wat in Swart se moord gebruik is, met ander misdade verbind word nie.

Die ondersoekspan in die Swart-moordsaak – Getuie A en B – het die ballistiese verslag vir ’n tweede opinie na KZN gestuur, waarna dié wapen toe met ander misdade verbind is.

Chaskalson stel voor om die integriteit van die vervolging te beskerm, moet dié ballistiese ondersoek weer van voor af oorgedoen word deur ’n ander ballistiese ontleder wat voorheen niks met die aangeleentheid te doen gehad het nie.

“Ons sit met ’n betreurenswaardige situasie waar ’n baie belangrike moordsaak moontlik in gevaar gestel is weens ’n opeenvolging van foute in die ballistiese verslag en verklarings wat sonder enige verduideliking verander is.”

Mkhabela sê ontleders moet alles dokumenteer soos hulle dit sien, al is die inligting van die ondersoekbeampte verkeerd. “Ek het nie die verseëlde forensiese bewyssak nie en kan nie kommentaar lewer of die lid dit doelbewus gedoen het nie.”

Chaskalson vra of die ballistiese verslag weer van voor af gedoen kan word.

Mkhabela antwoord ja.

Die kommissie het gehoor een van die wapens, ’n AK-47-aanvalsgeweer, wat in die moord op Swart gebruik is, word ook verbind met die moorde op DJ Vintos (Hector Buthelezi) en DJ Sumbody (Oupa John Sefoka).

Die sitting verdaag.

2025-10-27 14:38:08 — Pres. Donald Trump het Maandag gesê hy gaan “vir ’n rukkie” nie met Mark Carney, Kanadese premier, vergader nie nadat Carney ’n olyftak uitgehou het om handelsonderhandelinge te hervat.

Trump het verlede week aangekondig dat hy tariewe op Kanadese goedere met ’n bykomende 10% gaan verhoog en alle handelsonderhandelinge beëindig ná ’n Kanadese teen-tariefadvertensieveldtog.

Trump het aan verslaggewers aan boord van Air Force One onderweg na Japan gesê: “Ek wil nie met hom ontmoet nie, nee. Ek gaan vir ’n rukkie nie met hom vergader nie...

“Een van die moeilikste lande om mee te onderhandel, is Kanada, al hou ek soveel van Kanada self en die mense van Kanada,” het Trump bygevoeg.– AFP

2025-10-27 15:01:17 —

Britain's King Charles visits Staffordshire Britain’s King Charles is embraced by a member of the public following his visit to the Lichfield Cathedral, in Lichfield, Staffordshire, Britain, October 27, 2025. REUTERS/Temilade Adelaja/Pool TPX IMAGES OF THE DAY (Temilade Adelaja/REUTERS)

Koning Charles van Brittanje word Maandag deur ’n lid van die publiek omhels met sy besoek aan die Lichfield-katedraal in Lichfield, Staffordshire, Engeland.Foto: Reuters


2025-10-27 15:14:03 — Rusland se ministerie van verdediging het Maandag gesê hulle het oornag 193 Oekraïense hommeltuie neergeskiet, met plaaslike owerhede wat berig het dat een persoon in die aanval dood is.

Aleksandr Bogomaz, goewerneur van die grensstreek Briansk wat aan Oekraïne grens, het op Telegram gesê dat ’n minibus in die dorp Pogar getref is, wat tot die bestuurder se dood gelei en vyf passasiers beseer gelaat het.

Russiese magte het 47 hommeltuie in Briansk neergeskiet, sowel as 40 in die Moskou-streek.– AFP

2025-10-27 15:37:28 — Sowat 100 hoëspoedtreinritte is Maandag in Frankryk ontwrig nadat kabels aan die brand gesteek is, onder meer tussen Parys en die suide van die land, het amptenare gesê.

Daar was geen onmiddellike aanduiding oor wie vir die brandstigting verantwoordelik is nie.

Die nasionale spoorwegoperateur het gesê 16 kabels moes vervang word in ’n strook van 25 meter lank, en spoorverkeer sal waarskynlik eers Dinsdagoggend behoorlik hervat.– AFP

2025-10-27 16:00:46 —

This RAMMB/CIRA handout satellite image shows Hurricane Melissa southeast of Jamaica at 12:10 UTC on October 27, 2025. Hurricane Melissa strengthened Monday as it took aim at Jamaica and other parts of the Caribbean as a top-level Category 5 storm, with forecasters predicting catastrophic flooding and urging residents to seek shelter immediately. (Photo by RAMMB/CIRA / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / RAMMB/CIRA " - HANDOUT - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS (-/AFP)

’n Satellietbeeld wys die orkaan Melissa vroeër Maandagmiddag suidoos van Jamaika. Melissa het vroeër Maandag tot die maksimum kategorie 5 versterk, sê die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum. Die sentrum waarsku teen “katastrofiese oorstromings” in Jamaika. Inwoners is ook aangeraai om onmiddellik skuiling te soek.Foto: RAMMB/CIRA/AFP

2025-10-27 16:18:37 — Meer as 1 660 vlugte is Maandag vertraag nadat meer as 8 600 vertraagde vlugte Sondag as gevolg van die afwesigheid van vlugbeheerbeamptes op dag 27 van die Amerikaanse regeringsluiting.

Die Amerikaanse Federale Lugvaartadministrasie (FAA) het Maandag gesê tekorte aan vlugbeheerders het veral vlugte in die suidooste en by die Newark-lughawe in New Jersey beïnvloed.

Tekorte aan personeel kan ook weer vlugte Maandag by die Los Angeles Internasionale Lughawe vertraag, sê die FAA.– Reuters

2025-10-27 16:36:42 — Pres. Donald Trump het Maandag gesê hy het met ’n onlangse hospitaalbesoek ’n MRI-skandering ontvang.

Trump, wat in Junie 80 word, is al daarvan beskuldig dat hy nie deursigtig oor sy gesondheid is nie, en sy verrassingsbesoek aan ’n mediese sentrum in Washington vroeër in Oktober, sy tweede mediese ondersoek binne ’n jaar, het verdere bespiegelinge oor sy fisieke toestand aangevuur.

"Ek het ’n MRI gekry. Dit was perfek," het Trump Maandag aan verslaggewers aan boord van Air Force One gesê. "… Die dokters het gesê dit was van die beste uitslae vir die ouderdom, van die beste verslae wat hulle nog ooit gesien het."

Trump, die oudste persoon wat ooit as Amerikaanse president ingehuldig is, wou nie sê waarom hy ondersoek is nie.– AFP

Pres. Donald Trump praat verlede week met verslaggewers by die Withuis.Foto: Getty Images via AFP


2025-10-27 17:09:07 — Li Qiang, premier van China, het Maandag "unilateralisme" veroordeel en gesê die wêreld moenie terugkeer na "die wet van die oerwoud" wat handel aanbetref nie. Li se opmerking is 'n duidelike verwysing na die tariewe wat deur pres. Donald Trump van Amerika teen talle lande, waaronder China, ingestel is.

Hierdie tariewe het internasionale  voorsieningskettings en markte ontwrig.

Trump en sy Chinese ampsgenoot, pres. Xi Jinping, sal Donderdag in Suid-Korea vergader om te probeer om 'n ooreenkoms te bereik wat hul voortdurende handelsoorlog sal beëindig.

"Die wêreld moenie terugkeer na die wet van die oerwoud waar die sterkes die swakkes boelie nie,” het Li gesê.– Reuters

2025-10-27 17:23:47 — Pres. Claudia Sheinbaum van Mexiko het Maandag gesê sy het oor die naweek met pres. Donald Trump van Amerika gepraat en dat die twee ooreengekom het om 'n dreigende handelsperdatum vir " 'n paar weke" te verleng om hangende kwessies op te los.

Amerika het in Julie ooreengekom om 'n verhoging in tariewe op sommige Mexikaanse goedere vir 90 dae te staak terwyl die twee lande voortgaan met gesprekke wat daarop gemik is om 'n nuwe handelsooreenkoms te bereik. Daardie pouse sou vandeesweek geëindig het.

"Ek wou seker maak dat 1 November nie aanbreek sonder dat ons gekommunikeer het nie," het Sheinbaum oor die gesprek met Trump gesê.– Reuters

2025-10-27 17:32:49 — Die Vatikaan het aangekondig dat pous Leo XIV binnekort die terrein van die verwoestende ontploffing by die Beiroet-hawe in 2020 sal besoek tydens ’n reis na Libanon en Turkye. Leo onderneem binnekort sy eerste buitelandse reis as hoof van die wêreld se 1,4 miljard Katolieke.

Die toer begin op 27 November in Turkye. Hy sal op 30 November na Libanon reis en op 2 Desember by die hawe bid waar die ontploffing die lewe van meer as 220 mense geëis het.– AFP

2025-10-27 17:39:59 —

A woman climbs the steps of National Gallery of Art which remains closed because of the government shutdown in Washington A woman climbs the steps of the National Gallery of Art which remains closed because of the government shutdown in Washington, D.C., U.S., October 27, 2025. REUTERS/Kevin Lamarque (Kevin Lamarque/REUTERS)

'n Vrou klim die trappe uit van die Nasionale Kunsmuseum in Washington DC wat gesluit is weens die Amerikaanse regering se sluiting.Foto: Reuters

2025-10-27 18:07:11 — Veertien mense is Sondag in ’n verwoestende brand in Bukavu in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) dood. Twaalf van die slagoffers was kinders. Dié stad, wat onder beheer van die Rwanda-ondersteunde M23-rebelle staan, is bekend vir sy digbevolkte houthuise teen die hange van kranse.

Die brand het in die Mosala-buurt van die Kadutu-wyk ontstaan en vinnig verskeie geboue verwoes, sê plaaslike bronne. Owerhede van sowel die Suid-Kivu-streek  as die M23-rebellegroep het die dodetal bevestig, maar die oorsaak van die brand is steeds onbekend.

Volgens Maitre Adolphe Bandeke, 'n voormalige beskermingskoördineerder, is só ’n tragedie nie ongewoon nie en word dit vererger deur onwettige elektrisiteitsverbindings, huise wat naby aan mekaar gebou is en die afwesigheid van brandbestryders.– AFP


2025-10-27 18:10:03 — Lede van Hamas se gewapende vleuel gaan die oorskot van ‘n gyselaar wat hulle Maandag in die Gasastrook gevind het, aan Israel oorhandig. Die vind en oorhandiging van die oorskot van gyselaars in Gasa is een van die struikelblokke vir pres. Donald Trump se vredesplan.

Die oorskot van 13 gestorwe gyselaars is steeds in Gasa, met Hamas wat sê dit is moeilik om die oorskot op te spoor in die puin wat deur gevegte agtergelaat is.

'n Woordvoerder van die Israeliese regering het Sondag gesê die Palestynse militante groep weet waar die lyke is.– Reuters

2025-10-27 18:20:23 —

Pope Leo XIV celebrates Mass on the occasion of the Jubilee of the World of Education, at the Vatican Pope Leo XIV celebrates Mass for the start of the academic year on the occasion of the Jubilee of the World of Education, in St. Peter's Basilica at the Vatican, October 27, 2025. REUTERS/Matteo Minnella (Matteo Minnella/REUTERS)

Pous Leo XIV lei ’n mis vir die begin van die akademiese jaar ter geleentheid van die Jubileum van die Wêreld van Onderwys by die Sint Petrus-basilika in die Vatikaanstad.Foto: Reuters

2025-10-27 18:27:12 — Koning Charles van Brittanje is Maandag deur 'n betoger gespot oor sy broer prins Andrew se bande met die oorlede seksoortreder Jeffrey Epstein terwyl hy koninklike aanhangers tydens 'n besoek aan 'n katedraal in Brittanje gegroet het.

"Hoe lank weet jy al van Andrew en Epstein?" het die man geskree terwyl die monarg buite die Lichfield-katedraal in die noordweste van Engeland naby Birmingham rondgeloop het.

Hoewel Andrew (65) vandeesmaand gesê het dat hy nie meer sy titel as hertog van York  sal gebruik nie ná jare lange ondersoeke na sy optrede en sy verbintenis met Epstein, het vrae oor die prins – en wat die koningshuis van die gebeure geweet het – sedertdien toegeneem.– Reuters

Britain's King Charles visits Staffordshire Britain’s King Charles reacts during his visit at Lichfield Cathedral, with a focus on the Fenland Black Oak Table, The Table for the Nation, in Lichfield, Staffordshire, Britain October 27, 2025. REUTERS/Temilade Adelaja/Pool (Temilade Adelaja/REUTERS)

2025-10-27 19:00:33 —

Federal immigration officers at a U.S. immigration court in New York City U.S. Immigration and Customs Enforcement (ICE) agents and federal officers detain a migrant as he walks out from a hearing during targeted detainment at a U.S. immigration court in Manhattan, in New York City, U.S., October 27, 2025. REUTERS/David 'Dee' Delgado TPX IMAGES OF THE DAY (David Dee Delgado/REUTERS)

Agente van die Amerikaanse agentskap vir immigrasie- en doeane-afdwinging (ICE) neem Maandag ’n immigrant in hegtenis buite ’n immigrasiehof in Manhattan, New York.Foto: Reuters

2025-10-27 19:09:50 — Pres. Alassane Ouattara (83) van die Ivoorkus is tot ’n vierde termyn verkies met ’n oorweldigende 89,77% in ’n verkiesing waaraan sy twee grootste teenstanders nie kon deelneem nie, het die land se verkiesingskommissie Maandag gesê.

Die entrepreneur Jean-Louis Billon was tweede met 3,09% van die stemme, het die kommissie se president aangekondig.

Die stempersentasie was 50,10%.– AFP


2025-10-27 19:37:04 — Malta het Maandag belastingverlagings aangekondig vir ouers van twee of meer kinders as deel van ’n regeringspoging om die eiland se lae inheemse geboortesyfer teen te werk.

Die geboortesyfer is die "grootste uitdaging" wat die land in die gesig staar, het Clyde Caruana, minister van finansies, aan die parlement gesê. Malta het in 2023 die laagste geboortesyfer in die Europese Unie gehad.

Caruana het aangekondig dat ouers van twee of meer kinders vanaf 2026 elkeen nie inkomstebelasting sal betaal op die eerste sowat R371 000 van hul inkomste nie. Teen 2028 sal dit tot sowat R500 000 per persoon styg. Die belastingverlagings sal van krag bly totdat die kinders 23 jaar oud is.– Reuters

2025-10-27 20:06:09 —

Hindoe-gelowiges bid Maandag tot die Songod ter geleentheid van die Chhath Puja-fees op die oewer van die Brahmaputrarivier in Guwahati in die noordooste van Indië.Foto: AFP

2025-10-27 20:14:20 — Die orkaan Melissa, op koers om Jamaika later Maandag of vroeg Dinsdag te tref, het teen Maandagaand winde van tot 282 km/h gehaal.

Melissa het vroeër Maandag tot die maksimum kategorie 5 versterk, sê die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum. Die sentrum waarsku teen katastrofiese winde en oorstromings in Jamaika in wat moontlik die grootste storm tot nog toe kan wees.

Volgens die sentrum sal Melissa die ooste van Kuba dalk Dinsdagnag tref, en die Bahamas en die Turks- en Caicos-eilande teen Woensdag.

Ure nadat hy verpligte ontruimings vir dele van suidelike Jamaika beveel het, het Andrew Holness, premier van Jamaika, buitelandse hulp versoek en gewaarsku oor skade aan huise en infrastruktuur soos brûe, paaie, hawens en lughawens. “Geen infrastruktuur in die streek kan ’n kategorie 5 (-storm) weerstaan nie.”

Ondanks waarskuwings sê sommige inwoners hulle is huiwerig om hul huise te verlaat uit vrees vir plundering.– Reuters

This RAMMB/CIRA handout satellite image shows Hurricane Melissa southeast of Jamaica at 12:00 UTC on October 27, 2025. Hurricane Melissa strengthened Monday as it took aim at Jamaica and other parts of the Caribbean as a top-level Category 5 storm, with forecasters predicting catastrophic flooding and urging residents to seek shelter immediately. (Photo by RAMMB/CIRA / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / RAMMB/CIRA " - HANDOUT - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS (-/AFP)

’n Satellietfoto wys die orkaan Melissa vroeër Maandag suidoos van Jamaika. Melissa het tot die maksimum kategorie 5 versterk, sê die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum.Foto: RAMMB/CIRA/AFP

2025-10-27 20:36:41 — Twee broers is Maandag dood in ’n Israeliese aanval in suidelike Libanon, wat die totale dodetal van sulke aanvalle sedert Donderdag op 13 te staan bring, sê amptenare.

Israel se lugmag het die laaste paar dae sy lugaanvalle verskerp en gesê hy teiken lede van die Iran gesteunde Hezbollah en sy infrastruktuur, ondanks ’n skietstilstandooreenkoms met Libanon wat in November 2024 bereik is.

Libanon se gesondheidsdepartement sê in ’n verklaring die twee broers is in die dorp Al-Baijad in die Tire-distrik dood.– AFP

2025-10-28 03:46:07 — Pres. Donald Trump het Dinsdag in Tokio Sanae Takaitsji, Japan se eerste vroulike premier, geprys.

Trump het Sanae se belofte verwelkom om ’n militêre opbou te versnel en ooreenkomste oor handel en kritieke minerale te onderteken. Die nuwe premier sal na verwagting ook ’n pakket van Amerikaanse beleggings aanbied.

Takaitsji, ’n noue bondgenoot van Trump se vriend en gholfmaat, die oorlede Japannese leier Sjinzo Abe, het ook gesê sy sal Trump vir die Nobelprys vir vrede benoem, sê Karoline Leavitt, woordvoerder van die Withuis.– Reuters

President Trump Meets With Prime Minister Of Japan TOKYO, JAPAN - OCTOBER 28: U.S. President Donald Trump (L) and Japanese Prime Minister Sanae Takaichi (R) shake hands after signing documents for an agreement toward a New Golden Age for the U.S.-Japan Alliance during a meeting at Akasaka Palace on October 28, 2025 in Tokyo, Japan. Trump is on a visit to Asia that takes in the ASEAN summit in Malaysia, followed by a trip to Japan and South Korea ahead of the APEC meetings. (Photo by Andrew Harnik/Getty Images) (Andrew Harnik/Getty Images)

Pres. Donald Trump en Sanae Takaitsji, premier van Japan, Dinsdag in Tokio, Japan.Foto: Getty Images


2025-10-28 04:00:30 — Pres. Wladimir Poetin van Rusland het in gesprekke met Choe Son-hui, leier van buitelandse sake van Noord-Korea, gevra om aan haar land se leier te sê “alles verloop volgens plan” in bilaterale betrekkinge.

Die twee het Maandag in Rusland vergader. Poetin en Kim Jong-un, Noord-Korea se leier, het verlede jaar ’n strategiese-vennootskapsverdrag gesluit.

“Ons het gepraat oor besonderhede van ons betrekkinge en vooruitsigte vir ontwikkeling,” het Poetin aan Choe gesê, met verwysing na vorige gesprekke met Kim.– Reuters

2025-10-28 04:13:03 — Prokureurs vir oudpres. Jair Bolsonaro van Brasilië het Maandag sy appèlaansoek ingedien om sy tronkstraf van 27 jaar te verminder.

Bolsonaro is verlede maand aan vyf aanklagte skuldig bevind wat met die beplanning van ’n staatsgreep verband hou om ná die verkiesing in 2022 aan die bewind te bly.

Bolsonaro se prokureurs versoek ’n hersiening van dele van die skuldigbevinding, insluitend die tronkstraf. Die mosie dui nie aan hoeveel van ’n vermindering in tronkstraf Bolsonaro se prokureurs versoek het nie.

Bolsonaro ontken skuld.– Reuters

2025-10-28 04:29:42 — ’n Man wat daarvan beskuldig word dat hy Sjinzo Abe (67), voormalige premier van Japan, doodgeskiet het, se verhoor sal Dinsdag begin.

Tetsoeja Jamagami (45) is in Julie 2022 in hegtenis geneem nadat hy na bewering met ’n tuisgemaakte geweer op Abe op ’n verkiesingsaamtrek geskiet het.

Jamagami het Abe, die land se langs dienende premier, vir die bevordering van die Verenigingskerk kwalik geneem. Jamagami koester 'n wrok teen hierdie godsdienstige groep nadat sy ma sowat 100 miljoen jen daaraan geskenk het.– Reuters

2025-10-28 05:09:42 — Israel het Maandag gesê die Rooi Kruis het die lyk van nog ’n gyselaar uit die Gasastrook aan die Israeliese weermag oorhandig. Dit sal beteken dat die oorskot van 12 gyselaars steeds in die Gasastrook is.

Hamas sê dit is moeilik om die oorskot in die puin op te spoor wat deur die gevegte gelaat is.– Reuters

2025-10-28 05:19:05 — Nog ’n personeellid van die Verenigde Nasies (VN) word deur die Hoethi’s in Jemen aangehou.

Die jongste aanhouding kom nadat Hoethi-veiligheidsmagte Sondag verskeie kantore van die VN in Sanaa, Jemen, binnegegaan het, sê Stéphane Dujarric, woordvoerder van die VN se sekretaris-generaal.

Hy sê verder die Hoethi’s het internettegnologie en kommunikasietoerusting en -bates gekonfiskeer.

Minstens 59 VN-personeellede word deur die Hoethi’s aangehou, sommige al jare lank.– Reuters


2025-10-28 05:32:35 — Minstens 16 mense is Maandagoggend dood en 32 beseer nadat ’n bus sowat 300 m teen 'n helling in Sentraal-Bolivië afgerol het.

Die ongeluk het in Morochata plaasgevind, ongeveer twee en ’n half uur van die stad Cochabamba af.

Kol. Fernando Aragon, adjunkdirekteur van die Cochabamba-vervoerdepartement, het die dodetal aan verslaggewers bevestig. Hy beskryf die ongeluk as “een van die mees komplekse gevalle" aangesien dit ’n bus vol passasiers behels wat in ’n moeilik bereikbare gebied neergestort het.– AFP

2025-10-28 06:13:40 — ’n Aardbewing van 6,1 het die dorp Sindirgi in die weste van Turkye Maandag laat getref.

Die aardbewing het om 22:48 plaaslike tyd plaasgevind en is tot in Istanboel en Izmir gevoel, sê die owerhede.

Daar was geen onmiddellike berigte van slagoffers nie. Drie geboue en ’n winkel het ineengestort, wat ná die vorige aardbewing op 10 Augustus verlate gelaat is. In dié aardbewing, ook van 6,1, is een persoon dood en tientalle beseer.– AFP

2025-10-28 06:31:14 — Twee werkers is Dinsdag dood en een beseer in ’n ondergrondse ontploffing by ’n silwer-, sink- en loodmyn in Nieu-Suid-Wallis, Australië.

Die voorval het in die afgeleë myndorp Cobar, sowat 700 km noordwes van Sydney, plaasgevind.

Die polisie sê ’n man in sy 60’s en ’n vrou in haar 20’s is dood, terwyl ’n tweede vrou in haar 20’s inderhaas na die hospitaal geneem is vir geringe beserings en skok. Die slagoffers is nog nie amptelik uitgeken nie en die oorsaak van die ontploffing is nog nie aangedui nie.– Reuters

2025-10-28 06:54:45 — Israeliese veiligheidsmagte het Dinsdag drie Palestynse militante in die besette Wesoewer doodgemaak.

Die magte het op die militante geskiet wat aanvalle in die gebied van die Jenin-vlugtelingkamp beplan het, volgens die Israeliese polisie en weermag.

Daar was geen onmiddellike kommentaar van Palestynse amptenare nie.– Reuters

2025-10-28 07:34:56 — Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Sjinzo Abe (67), voormalige premier van Japan, doodgeskiet het, het Dinsdag skuld beken.

Vroeër is berig Tetsoeja Jamagami (45) is in Julie 2022 in hegtenis geneem nadat hy na bewering met ’n tuisgemaakte geweer op Abe op ’n verkiesingsaamtrek geskiet het.

Abe was die land se langsdienende premier.

“Dit is waar dat ek dit gedoen het,” het Jamagami, wat kalm voorgekom het, aan die hof gesê, het die openbare uitsaaier NHK berig.– Reuters

Japan's Prime Minister Abe Announces Resignation TOKYO, JAPAN - AUGUST 28: Japanese Prime Minister Shinzo Abe speaks during a press conference at the prime minister official residence on August 28, 2020 in Tokyo, Japan. Prime Minister Shinzo Abe announced his resignation due to health concerns. (Photo by Franck Robichon - Pool/Getty Images) (Pool/Getty Images)

Sjinzo Abe, wyle voormalige premier van Japan, praat op ’n mediakonferensie in Tokio, Japan, op 28 Augustus 2020.Foto: Getty Images/Pool


2025-10-28 07:42:57 — Gesprekke tussen Afganistan en Pakistan in Istanbul om ’n langtermyn-skietstilstand te beding, het sonder ’n oplossing geëindig, het twee bronne Dinsdag gesê.

Die gesprekke het ten doel gehad om blywende vrede tussen die buurlande te bereik nadat tientalle mense onlangs langs hul grens dood is.

Albei lande het ingestem tot ’n skietstilstand wat op 19 Oktober in Doha bemiddel is.

Elkeen blameer die ander vir die mislukking om ’n langtermynoplossing te bereik.– Reuters

2025-10-28 07:55:46 — Elon Musk se maatskappy xAI het Maandag Grokipedia bekend gestel om mee te ding met die aanlyn ensiklopedie Wikipedia, wat hy van ideologiese vooroordeel beskuldig.

Die webwerf, wat weergawe 0.1 genoem word, het teen Maandagaand meer as 885 000 artikels gehad.

“Die doel van Grok (xAI se kletsbot) en Grokipedia.com is die waarheid, die hele waarheid en niks anders as die waarheid nie,” het Musk gesê.– AFP

2025-10-28 08:35:09 — Die forensiese ballistiese kenner kapt. Solomon Modisane van die polisie se laboratorium in Silverton, Pretoria, het die verband getref tussen die moorde op Armand Swart, DJ Sumbody (Oupa John Sefoka), Don Tindleni en DJ Vintos (Hector Buthelezi) deur te bewys dat dieselfde vuurwapen gebruik is.

Hy verduidelik aan die kommissie dat wanneer ’n vuurwapen afgevuur word, dra dit mikroskopiese merke van sy interne komponente op die patroondoppies en koeëls oor.

Modisane sê hy is ontplooi na die taakspan wat politieke moorde in KwaZulu-Natal ondersoek.

Hy het ook bystand gelewer in die ondersoeke na taxigeweld en georganiseerde misdaad om ondersoeke wat verband hou met ballistiese toetse te bespoedig.

Modisane sê hy is gevra om die wapens wat in die moord op Swart gebruik is te vergelyk met die vuurwapens wat in die moorde op Sefoka, die sakeman Tindleni en Buthelezi gebruik is.

Die taakspan het hom in November 2024 versoek om ’n vergelykende ballistiese verslag op te stel.

Volgens hom was daar drie politieke-moord-ondersoeke wat onopgelos gebly het in KwaZulu-Natal.

Modisane is gevra om dit met 27 ondersoeke in Pretoria te vergelyk.

Volgens hom is ’n AK-47-aanvalsgeweer in die misdade gebruik, maar daar was geen bewyse wat die vuurwapen met die moorde verbind nie.

Hy sê volgens die uitslae is verskillende AK-47’s gebruik. Modisane sê die taakspan het hom gevra om die vuurwapens te vergelyk wat in die moord op Swart, Sefoka en Buthelezi gebruik is.

Hy het agtergekom die vuurwapens in die Swart-moord is reeds in Pretoria ontleed en het dit vreemd gevind.

Die ondersoekbeampte het aan hom gesê hulle het ’n tweede opinie gevra omdat hulle vermoed het daar is “onreëlmatighede” met die eerste ballistiese toets wat nie die wapen met die moorde kan verbind nie.

2025-10-28 08:41:33 —

Kapt. Solomon ModisaneFoto: Skermgreep

2025-10-28 08:49:28 — Bondgenote van die Soedannese weermag, die Gesamentlike Magte, het die paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF) daarvan beskuldig dat hy “meer as 2 000 ongewapende burgerlikes tereggestel het”.

Die magte beweer die teregstellings is uitgevoer sedert die RSF Sondag beheer oor die stad El-Fasjer in die weste geneem het namate kommerwekkende gerugte van gruweldade na vore kom.

“Die meeste van die slagoffers is vroue, kinders en bejaardes,” het die Gesamentlike Magte Dinsdag gesê.– AFP


2025-10-28 08:55:39 — ’n Ligte vliegtuig wat vanaf Kenia se kus onderweg was, het Dinsdag neergestort, en daar word gevrees dat al 12 mense aan boord dood is, volgens die land se lugvaartowerheid.

Die ligte vliegtuig was op pad na Kichwa Tembo, ’n private vliegveld in die Maasai Mara Nasionale Park, toe dit omstreeks 05:30 plaaslike tyd neergestort het.

Die lugvaartowerheid het geen verdere besonderhede verskaf nie.

Regeringsagentskappe is reeds op die toneel om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.– AFP

2025-10-28 09:02:33 — Modisane sê dis nie altyd maklik om ’n reeksnommer van ’n vuurwapen te herwin wat verwyder is nie.

Die reeksnommer van die AK-47 in die moorde op Swart, DJ Sumbody, DJ Vintos en Tindleni is verwyder.

Hy verduidelik aan die kommissie watter stappe hulle doen om die reeksnommer te herwin.

’n Reeksnommer van ’n vuurwapen gee vir jou die geskiedenis van die betrokke wapen.

Die kommissie het vroeër gehoor dat kapt. Itumeleng Makgotloe wat die eerste ballistiese toetse gedoen het nie die reeksnommer kon herwin nie.

Pooe wil weet watter redes daar hiervoor kan wees.

Modisane sê daar is verskeie faktore. “Dit sluit in die opleiding wat die lid ontvang het, ’n persoon wat nie bereid is om die ekstra myl te loop nie, die chemikalieë wat gebruik is om die reeksnommer te herwin (soms kan die chemikalieë verval het) en iemand wat doelbewus versuim om hul werk te doen.”

2025-10-28 09:09:15 — Duisende mense in Viëtnam het hul huise ontruim nadat ’n rekordhoeveelheid reën van meer as 1 m binne 24 uur die sentrale stad Hoee oorstroom het.

Drie meetstasies in die stad het reënval van 1 m tot 1,7 m in ’n tydperk van 24 uur van Sondag tot Maandag aangeteken, het die ministerie van omgewingsake gesê.

Die vorige rekord binne 24 uur was 0,99 m in 1999 ook in Hoee.Foto: AFP

An aerial view shows floodwaters inundating the Imperial City in Hue on October 28, 2025. The central Vietnamese city of Hue recorded more than a metre of rainfall in a 24-hour period, smashing a national record set over two decades ago, the environment ministry said. (Photo by AFP) (STR/AFP)

’n Lugfoto Maandag wys vloedwater wat die Keiserlike Stad in Hoee oorstroom.Foto: AFP

2025-10-28 09:27:37 — Amptenare in Jamaika het die publiek aangemoedig om na hoërliggende gebiede en skuilings te gaan voordat die orkaan Melissa Dinsdag tref.

Die kategorie 5-storm, wat die eiland se ergste tot nog toe kan wees, beweeg deur die Karibiese Eilande en het tot drie sterftes in Jamaika, drie in Haïti en een in die Dominikaanse Republiek gelei.

Die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum berig dat Melissa Maandag laat 240 km van Kingston af was, en ’n maksimum windspoed van 280 km/h bereik het.– AFP

2025-10-28 09:56:11 — Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne sê die land benodig finansiële steun van Europa om nog twee of drie jaar teen Russiese magte te kan veg.

“Ek het vir die Europese leiers gesê dat ons nie dekades gaan veg nie, maar hulle moet wys dat hulle geruime tyd stabiele finansiële steun aan Oekraïne sal kan bied.”

Kijif is grootliks afhanklik van militêre en finansiële steun van bondgenote in die buiteland in sy oorlog teen Rusland.– AFP


2025-10-28 10:37:11 — Die Wêreldmeteorologiese Organisasie (WMO) sê dat hy Dinsdag ’n katastrofiese situasie in Jamaika verwag namate die orkaan Melissa aan land kom met winde van meer as 300 km/h, kitsvloede en grondverskuiwings in die ergste storm wat die eiland hierdie eeu tref.

“Dit is ’n katastrofiese situasie wat in Jamaika verwag word,” het Anne-Claire Fontan, die WMO se spesialis in tropiese siklone, op ’n mediakonferensie in Genève gesê.

“Vir Jamaika sal dit beslis die storm van die eeu wees.”– Reuters

2025-10-28 10:59:23 — ’n Regter in Utah het Maandag beslis dat die vermeende moordenaar van die Amerikaanse aktivis Charlie Kirk (31) gedurende sy verhoor gewone klere pleks van tronkklere mag dra, weens kommer oor vooroordeel van die jurie.

Tyler Robinson (22) word daarvan aangekla dat hy Kirk op 10 September tydens ’n openbare geleentheid op ’n universiteitskampus in Utah doodgeskiet het.

Hy kan die doodstraf opgelê word as hy skuldig bevind word.– AFP

2025-10-28 11:14:44 — ’n Israeliese groep wat ’n veldtog voer vir die vrylating van gyselaars wat in die Gasastrook aangehou word, het Dinsdag die owerhede versoek om "beslissend" teen Hamas op te tree. Die groep glo dat slegs die gedeeltelike oorskot van ’n Israeliese gevangene terugbesorg is.

Die Gyselaars en Vermiste Families Forum sê die gedeeltelike oorskot van ’n gyselaar wat Maandag kragtens ’n skietstilstand deur Hamas terugbesorg is, behoort aan ’n oorlede gevangene wat reeds twee jaar gelede deur die weermag herwin is.

"In die lig van Hamas se ernstige verbreking van die ooreenkoms gisteraand, kan en mag die Israeliese regering dit nie ignoreer nie. Daar moet beslissend teen hierdie oortredings opgetree word," sê die Israeliese groep. –AFP

2025-10-28 11:21:43 — Pres. Wolodimir Zelenski sê dat Oekraïne die geld bekom het om 70% van die aardgas wat die land hierdie winter benodig, te koop en dat die Oekraïense regering die res van die finansiering sal dek.

Zelenski wil Oekraïners gerusstel dat daar hierdie winter in hul energiebehoeftes voorsien sal word nadat Rusland aanvalle op energie-aanlegte in sy oorlog in Oekraïne verskerp het.

Warm weersomstandighede het volgens Zelenski ook die land ’n hupstoot gegee deur dit toe te laat om die verhitting van woonstelle in stede te vertraag, waardeur groot hoeveelhede gas bespaar is. –Reuters

2025-10-28 11:27:11 — Die Amerikaanse aanlyn kleinhandelreus Amazon het Dinsdag gesê dat hy 14 000 poste gaan afskaf om sy bedrywighede te stroomlyn terwyl hy in kunsmatige intelligensie (KI) belê.

Amazon het nie aangedui waar die besnoeiings sou plaasvind nie. Amazon sê die besnoeiings is ’n "voortsetting" van sy pogings "om selfs sterker te word deur burokrasie verder te verminder, lae te verwyder en hulpbronne te verskuif”.

“Dit is die belangrikste vir Amazon om in ons kliënte se huidige en toekomstige behoeftes te voorsien,” lui ’n verklaring.– AFP


2025-10-28 11:37:01 —

NARA, JAPAN - OCTOBER 28: In this aerial image, people seeking the court seats of the Nara District Court queue at Nara Park on October 28, 2025 in Nara, Japan. Tetsuya Yamagami was arrested on the spot on July 8, 2022, in front of Kintetsu Railway Co.'s Yamato-Saidaiji Station in Nara following the fatal shooting of former Prime Minister Shinzo Abe, who was giving a campaign speech in support of an Upper House election candidate. (Photo by The Asahi Shimbun via Getty Images) (The Asahi Shimbun/The Asahi Shimbun via Getty Imag)

’n Lugfoto wys hoe mense in ’n ry staan vir sitplekke in ’n hof in Nara, Japan, waar die moordsaak van Shinzo Abe, voormalige premier van Japan, aangehoor word. Tetsoeja Jamagami word van die moord in 2022 op Abe aangekla.Foto: Getty Images

2025-10-28 12:08:18 — Tiphaine Auziere, dogter van Brigitte Macron, Frankryk se eerste dame, sal Dinsdag in die hof getuig in haar verhoor oor ongegronde geslagsbewerings.

Die verhoor, wat in Parys aan die gang is, kom nadat Brigitte, die vrou van pres. Emmanuel Macron, ’n lastergeding aanhangig gemaak het ná valse bewerings dat sy eintlik as ’n man gebore is. Tien mense word van laster aanlyn beskuldig.– AFP

2025-10-28 12:22:37 — Pres. Donald Trump het Dinsdag gesê daar is 'n lang lys van mense wat die Federale Reserwebank (Fed) kan oorneem. Hy het die huidige voorsitter, Jerome Powell, wie se termyn in Mei eindig,  gekritiseer.

"Ons het ’n onbevoegde hoof van die Federale Reserwebank. Ons het ’n swak Fed-man, maar hy sal oor ’n paar maande uit wees, en dan gaan ons iemand nuut kry," het Trump aan sakelui in Tokio gesê gedurende sy weeklange besoek aan Asië.

Trump se kritiek teenoor Powell gaan oor die Fed se hantering van rentekoerse. Trump verkies laer rentekoerse omdat dit ekonomiese groei aanmoedig, maar die Fed is bedoel om onafhanklik te wees van politieke invloed.– Reuters

2025-10-28 12:29:38 — Die Britse aktrise Prunella Scales, veral bekend vir haar rol as Sybil in die Britse teleivisekomedieFawlty Towers, is op 93-jarige ouderdom oorlede, het haar familie Dinsdag gesê. Scales is Maandag "vreedsaam tuis in Londen" oorlede, het haar seuns, Samuel en Joseph, gesê.

"Sy het die dag voor haar dood nog naFawlty Towersgekyk," sê haar seuns in ’n verklaring op X.

Vaskulêre demensie is in 2013 by Scales gediagnoseer, maar sy het etlike jare aangehou werk, insluitend saam met haar man, Timothy West, ook ’n akteur.– AFP

’n Argieffoto van 2006 van die Britse aktrise Prunella Scales.Foto: Getty Images

2025-10-28 12:30:53 — Kapt. Meldon Mkhatshwa


2025-10-28 12:32:58 — Kapt. Meldon Mkhatshwa, ’n senior ballistiese ontleder, is die tweede getuie wat Dinsdag voor die Madlanga-kommissie getuig.

Sy getuienis word deur adv. Matthew Chaskalson SC gelei. Chaskalson gaan deur Makgotloe se ballistiese verslag wat hy saamgestel het oor die moord op Swart.

Chaskalson het die foute in Makgotloe se verslag uitgewys asook wat hy gedoen het om die foute reg te stel. Die kommissie het Maandag gehoor dat Makgotloe, wat nog moet kom getuig, drie ballistiese verslae voorberei het vir die toetse wat hy gedoen het op die vuurwapen wat in die Swart-moord gebruik is. Hy vra Mkhatshwa se mening oor die foute wat in die verslae gemaak is en wat die prosesse behoort te wees. Mkhatshwa het teenoor die kommissie verklaar dat hy al meer as 4 500 forensiese ondersoeke uitgevoer het. Hy is ook in Junie 2025 gevra om die wapens wat in die moord op Swart gebruik is met ander misdade te vergelyk.

Chaskalson wil by Mkhatshwa weet of dit standaardpraktyk is om die foute in die verslag reg te stel soos wat Makgotloe het. Volgens Chaskalson het Makgotloe nie ’n aanvullende verslag saamgestel om sy foute in die oorspronklike verslag uit te wys nie. Mkhatshwa antwoord nee.

2025-10-28 12:53:50 — Adv. Sesi Baloyi SC, ’n kommissaris van die kommissie, vra watter uitdagings die taakspan het noudat beamptes soos hy, wat na KwaZulu-Natal ontplooi is, terug is by die hoofkantoor.

Mkhatshwa sê hy is nou weer in die hoofkantoor in Pretoria.

Hy sê dit het die werk van die taakspan belemmer toe beamptes van die ballistiese eenheid en die intelligensie-eenheid huis toe gestuur is.

Hy sê die taakspan kon vinniger werk omdat daar beamptes in KwaZulu-Natal was.

“As hulle iemand met ’n vuurwapen gevang het, het hulle onmiddellik die vuurwapen vir ballistiese toetse gestuur en die uitslae baie gouer gekry. Hulle sal nou langer moet wag omdat die gespesialiseerde eenhede nie meer daar by hulle is nie.”

Die sessie verdaag vir vandag.

2025-10-28 13:03:58 — Die Britse regering berei voor om die "onvermydelike" styging in die koste van sommige medisyne te hanteer ná gesprekke  met die VSA oor pryse en tariewe in die farmaseutiese sektor, sê Patrick Vallance, Britse minister van wetenskap.

Pres. Donald Trump het druk op Europa geplaas om meer vir Amerikaanse medisyne te betaal terwyl groot farmaseutiese maatskappye beleggings in Brittanje gestaak het, met verwysing na 'n moeilike bedryfsomgewing.

Vallance erken Brittanje se nasionale gesondheidsdiens moet 'n tendens van dalende besteding aan medisyne omkeer. Voortgesette gesprekke met Amerika sal beteken dat die koste van sekere medisyne sal styg. "Ek dink dat 'n mate van prysverhoging onvermydelik is," het hy gesê.– Reuters

2025-10-28 13:12:53 — 'n 18-jarige Russiese straatmusikant wat vroeër vandeesmaand tot byna twee weke tronkstraf gevonnis is vir die speel van 'n verbode anti-Kremlin-liedjie, is Dinsdag daaraan skuldig bevind dat sy die Russiese weermag "in onguns gebring het" en 'n boete van 30 000 roebel opgelê.

Diana Loginowa, 'n musiekstudent wat onder die naam Naoko saam met haar orkes Stoptime optree, is op 15 Oktober in hegtenis geneem nadat haar uitvoering van die gewilde liedjie "Swan Lake Cooperative" deur die Russiese rapper Noize MC, wat verbied is, op Russiese sosialemediaplatforms versprei is.

Loginowa het tronkstraf van 13 dae uitgedien vir die reël van 'n onbeplande byeenkoms. Twee van haar orkesmaats het ook kort tronkstraf uitgedien.– Reuters

2025-10-28 13:17:08 — Pres. Donald Trump het Dinsdag gesê daar is 'n lang lys van mense wat die leisels van die Federale Reserweraad (Fed) kan oorneem. Hy het die huidige voorsitter, Jerome Powell, wie se termyn in Mei eindig, gekritiseer.

"Ons het ’n onbevoegde hoof van die Federale Reserweraad. Ons het ’n swak Fed-man, maar hy sal oor ’n paar maande uit wees en dan gaan ons iemand nuut kry," het Trump aan sakelui in Tokio gesê ten tyde van sy weeklange besoek aan Asië.

Trump se kritiek teenoor Powell gaan oor die Fed se hantering van rentekoerse. Trump verkies laer rentekoerse omdat dit ekonomiese groei aanmoedig, maar die Fed is bedoel om onafhanklik te wees van politieke invloed.– Reuters


2025-10-28 13:21:10 —

Searches for deceased hostages amid ceasefire between Israel and Hamas, in Khan Younis People work at a site where searches for deceased hostages, kidnapped by Hamas during the October 7, 2023, attack on Israel, are underway, amid a ceasefire between Israel and Hamas, in Khan Younis, southern Gaza Strip, October 28, 2025. REUTERS/Haseeb Alwazeer (Haseeb Alwazeer/REUTERS)

Mense werk by 'n terrein in Chan Joenis in die suide van die Gasastrook, waar soektogte aan die gang is na oorlede gyselaars wat deur Hamas ontvoer is in die aanval op Israel op 7 Oktober 2023. Dit te midde van 'n skietstilstand tussen Israel en Hamas.Foto: Reuters

2025-10-28 14:00:51 — ’n Reeks aanvalle deur Amerikaanse magte op drie beweerde dwelmbote in die oostelike Stille Oseaan het die lewe van14 vermeende dwelmhandelaars geëis. Een het oorleef, het Pete Hegseth, Amerika se minister van oorlog, Dinsdag gesê.

Hegseth het in ’n plasing op X gesê Mexikaanse owerhede het die soek-en-reddingsoperasie vir die enkele oorlewende oorgeneem ná die drie aanvalle Maandag.– Reuters

2025-10-28 14:32:16 — Apple het Dinsdag vir die eerste keer ’n markwaarde van $4 000 miljard oortref, die derde groot tegnologiemaatskappy wat dié mylpaal bereik.

Dit kom te midde van ’n sterk vraag na Apple se nuutste iPhone-modelle, wat vrese oor sy stadige vordering in die KI-wedloop verlig het.

Apple se aandele het sedert die nuwe bekendstellings op 9 September in ’n merkwaardige ommekeer met sowat 13% gestyg.

Nvidia en Microsoft se markwaarde is ook meer as $4 000 miljard. Nvidia is tans aan die voorpunt met ’n markwaarde van meer as $4 500 miljard.– Reuters

2025-10-28 14:42:15 —

U.S. President Donald Trump visits the aircraft carrier USS George Washington in Yokosuka U.S. President Donald Trump reacts on the aircraft carrier USS George Washington during his visit to the U.S. Navy's Yokosuka base in Yokosuka, Japan, October 28, 2025. REUTERS/Kim Kyung-Hoon TPX IMAGES OF THE DAY (Kim Kyung-Hoon/REUTERS)

Pres. Donald Trump Dinsdag aan boord van die Amerikaanse vliegdekskipUSS George Washingtonmet sy besoek aan die Amerikaanse vloot se basis in Jokosoeka, Japan.Foto: Reuters

2025-10-28 15:02:41 — Kameroen se opposisieleiers het die uitslag van vandeesweek se presidentsverkiesing, wat pres. Paul Biya se termyn met nog sewe jaar verleng, verwerp en gesê die uitslae weerspieël nie die wil van die mense nie.

Biya (92) is Maandag tot wenner van die betwiste verkiesing verklaar met meer as 53% van die stemme. Dit het gewelddadige betogings in verskeie stede ontketen.

Issa Tchiroma Bakary, Biya se hoofopponent, het vroeër gesê hy het gewen en gewaarsku dat hy geen ander uitslag sal aanvaar nie.

Sy ondersteuners het die strate ingevaar, met onlustepolisie gebots en paaie in die kommersiële hoofstad, Douala, met brandende bande en puin versper.– Reuters


2025-10-28 15:32:54 — Pres. Daniel Noboa van Ecuador, noue Amerikaanse bondgenoot, het Dinsdag gesê sy regering kan ’n buitelandse militêre basis op die Galápagos-eilande vestig.

Die argipel van vulkaniese eilande is die tuiste van ’n verskeidenheid plant- en dierspesies waarvan baie nêrens anders gevind word nie.

Noboa het gesê dat Baltra, ’n klein eiland in die argipel, gebruik kan word om dwelm- en brandstofsmokkelary sowel as onwettige visvang te bekamp.– AFP

2025-10-28 15:42:18 —

A police medic tends to a woman, who required medical attention, after federal officers pushed her down, in Portland A police medic tends to a woman, who required medical attention, after federal officers pushed her down, in Portland, Oregon, U.S., October 27, 2025. REUTERS/John Rudoff TPX IMAGES OF THE DAY (John Rudoff/REUTERS)

’n Mediese ordonnans van die polisie versorg Dinsdag ’n vrou wat mediese hulp benodig nadat federale agente haar tydens ’n betoging in Portland, Amerika, omgestamp het.Foto: Reuters

2025-10-28 16:01:34 — Minstens 18 verdagtes en twee polisiebeamptes is Dinsdag dood in ’n enorme dwelmklopjag in Rio de Janeiro, het die Brasiliaanse owerheid gesê.

“Tot nou toe het ons 56 mense in hegtenis geneem, en 18 misdadigers is geneutraliseer,” het Claudio Castro, die goewerneur van die staat Rio, op ’n mediakonferensie gesê.

Hy het die operasie, waarin 2 500 wetstoepassers op ’n vermeende dwelmsmokkelnetwerk in ’n favela in Rio toegeslaan het, as die “grootste in die geskiedenis” van die staat beskryf.– AFP, Reuters

2025-10-28 16:32:45 — Benjamin Netanyahu, die Israeliese premier, het Dinsdag die weermag opdrag gegee om intense aanvalle op die Gasastrook uit te voer nadat hy Hamas daarvan beskuldig het dat hulle die skietstilstand geskend het.

“Ná konsultasies het premier Netanyahu die weermag opdrag gegee om onmiddellik kragtige aanvalle in die Gasastrook uit te voer,” lui ’n verklaring van sy kantoor.

Dit kom kort nadat Hamas glo slegs die gedeeltelike oorskot van ’n Israeliese gyselaar aan Israel terugbesorg het.– AFP

2025-10-28 16:50:34 — Hamas se gewapende vleuel het gesê hy stel die oorhandiging uit van die oorskot van nog ’n gyselaar wat vir Dinsdagaand geskeduleer was ná wat hulle “skendings” van die skietstilstand deur Israel noem.

Hamas se aankondiging het gekom enkele minute nadat Benjamin Netanyahu, die Israeliese premier, sy weermag opdrag gegee het om intense aanvalle op die Gasastrook uit te voer en die militante groep daarvan beskuldig het dat hulle die wapenstilstandsooreenkoms verbreek het.– AFP


2025-10-28 16:51:50 —

Pope Leo XIV attends the international meeting "Daring Peace" in Rome Pope Leo XIV attends an inter-religious meeting for peace inside the Colosseum in Rome, Tuesday, Oct. 28, 2025. Gregorio Borgia/Pool via REUTERS (Gregorio Borgia/via REUTERS)

Pous Leo XIV (middel) woon Dinsdag in die Colosseum in Rome, Italië, ’n intergeloofbyeenkoms by om vir vrede te bid.Foto: Reuters

2025-10-28 17:09:34 — “Klimaatsverandering sal nie tot die mensdom se ondergang lei nie,” sê die miljardêr-filantroop Bill Gates.

Deur op wêreldwye siektes en armoede te fokus, sal arm mense beter voorberei vir ’n warmer aarde, skryf Gates in ’n brief. Die brief, gepubliseer voor die COP30-klimaatberaad in Brasilië, beklemtoon die belang van klimaatsaanpassing en menslike ontwikkeling. Gates erken kritiek oor sy eie koolstofvoetspoor, maar benadruk ook dat hoewel klimaatsverandering wel “ernstige” gevolge het, mense sal voortgaan om te floreer.

Sy “drie waarhede oor klimaat” sluit in dat klimaatsverandering nie die beskawing sal beëindig nie, temperatuur nie die beste maatstaf van vooruitgang is nie en dat gesondheid en voorspoed die beste beskerming bied teen klimaatsversteuring. Gates glo tegnologie sal toekomstige oplossings bring.– AFP

NEW YORK, NEW YORK - SEPTEMBER 24: Bill Gates attend a meeting of Bloomberg at the Plaza Hote on September 23, 2025 in New York City. Queen Maxima visits New York in her capacity as United Nations Secretary General's Special Advocate for Financial Health. (Photo by Patrick van Katwijk/Getty Images) (Patrick van Katwijk/Getty Images)

Bill GatesFoto: Getty Images

2025-10-28 17:16:40 — Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het die weermag beveel om kragtige aanvalle in die Gasastrook uit te voer, het hy Dinsdag gesê nadat hy die militante groep Hamas daarvan beskuldig het dat hy die skietstilstand in die Palestynse gebied verbreek het.

’n Verklaring van Netanyahu se kantoor het nie ’n spesifieke rede vir die beplande aanvalle gegee nie.

Hamas het die skietstilstand verbreek deur ’n aanval op Israeliese magte in ’n gebied onder Israeliese beheer uit te voer, sê ’n Israeliese militêre beampte. “Dis nog ’n blatante verbreking van die skietstilstand.” –Reuters

2025-10-28 17:25:02 — Die orkaan Melissa het Jamaika Dinsdag getref met woeste winde en stortreën.

Volgens kenners is dit die kragtigste storm tot nog toe wat die eiland getref het. Waarskuwings oor rampspoedige oorstromings en lewensgevaarlike toestande is vroeër uitgereik.

Die maksimum volgehoue windsnelheid van die storm was 295 km/h. Kategorie 5-orkane is die hoogste op die Saffir-Simpson-skaal en dui orkaanwinde aan van sterker as 252 km/h. Dis genoeg om geboue te beskadig, bome te ontwortel en grootskaalse verwoesting te saai.

Jamaika lê in die orkaangordel van die Atlantiese Oseaan en hoewel orkane gereeld voorkom, is ’n kategorie 5-storm seldsaam en besonder gevaarlik.– AFP

2025-10-28 17:59:30 —

Hurricane Melissa approaches, in Jamaica Downed tree branches block a road as Hurricane Melissa approaches, in Gordon Town, Jamaica October 28, 2025. REUTERS/Gilbert Bellamy (Gilbert Bellamy/REUTERS)

Die takke van ontwortelde bome versper ’n pad in Gordon Town, Jamaika, nadat die orkaan Melissa die gebied getref het.

Foto: Reuters


2025-10-28 18:06:12 — Israel het Dinsdag minstens drie lugaanvalle op die Gasastrook uitgevoer kort nadat Benjamin Netanyahu, premier van Israel, sy weermag beveel het om nuwe aanvalle uit te voer, sê die burgerlike beskermingsagentskap in die Gasastrook.

“Die besettingsmag bombardeer nou die Gasastrook met minstens drie lugaanvalle, ondanks die skietstilstandooreenkoms,” sê Mahmoed Bassal, woordvoerder van die agentskap.

Getuies het ook bevestig dat hulle die ontploffings gehoor het. Die jongste aanvalle volg kort op Netanyahu se bevel vir “kragtige” nuwe optrede ná bewerings van die verbreking van die skietstilstand deur Hamas.– AFP

2025-10-28 18:15:05 — Hamas het Israeliese troepe aangeval, ondanks ’n skietstilstand in die Gasastrook, sê Israel Katz, dié land se minister van verdediging.

Volgens Katz sal Hamas ’n hoë prys daarvoor betaal. “Die terreurorganisasie Hamas sal ’n swaar prys betaal vir die aanval op Israeliese soldate in die Gasastrook en die verbreking van die ooreenkoms om die oorskot van die gyselaars terug te besorg.”

Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het vroeër die weermag beveel om aanvalle op die Gasastrook uit te voer nadat hy Hamas daarvan beskuldig het dat die groep die Amerikaans bemiddelde skietstilstand verbreek het.– AFP

2025-10-28 18:27:31 —

MUNICH, GERMANY - OCTOBER 28: Military police of the Bundeswehr, the German armed forces, participate in the "Marshal Power" exercise on October 28, 2025 near Essenbach, Germany. Approximately 500 Bundeswehr troops and members of local emergency services, including fire departments and police, are simulating various scenarios in public spaces. (Photo by Alexandra Beier/Getty Images) (Alexandra Beier/Getty Images)

Lede van Duitsland se gewapende magte neem deel aan oefeninge naby München in Duitsland.Foto: Getty Images

2025-10-28 18:37:45 — Israeliese vegvliegtuie het Dinsdag aanvalle op ’n gebied naby die Al-Sjifa-hospitaal, die grootste operasionele hospitaal in die noorde van die Gasastrook, uitgevoer.

Die aanvalle is die jongste geweld in ’n brose drie weke oue skietstilstand en het gevolg op ’n verklaring van Benjamin Netanyahu, premier van Israel, se kantoor dat hy onmiddellike aanvalle beveel het.

Hamas het vroeër gesê hy hou by die skietstilstand se bepalings en beskuldig Netanyahu daarvan dat hy verskonings soek om van Israel se verpligtinge af te wyk.

Hamas wou Dinsdag die oorskot van ’n vermiste gyselaar oorhandig wat in ’n tonnel in die Gasastrook gevind is, maar het die oorhandiging uitgestel weens Israel se beweerde verbrekings van die skietstilstand.– Reuters

2025-10-28 19:01:37 — ’n Enorme dwelmklopjag in Rio de Janeiro, Brasilië, het luidens die jongste syfers wat deur ’n plaaslike veiligheidsbron verskaf is, die lewe van minstens 64 mense geëis.

Volgens ’n bron van die Rio-staat se veiligheidsdienste sluit die dodetal vier polisiebeamptes in. Vroeër is die dodetal as 20 aangedui, onder wie twee polisiebeamptes.

Tientalle vermeende lede van ’n dwelmsmokkelnetwerk is ook in hegtenis geneem.

Claudio Castro, die goewerneur van die staat Rio, het vroeër op ’n mediakonferensie gesê die operasie, waarin 2 500 wetstoepassers op ’n vermeende dwelmsmokkelnetwerk in ’n favela in Rio toegeslaan het, is die “grootste in die geskiedenis” van die staat.– AFP

Polisiebeamptes bewaak Dinsdag vermeende lede van ’n dwelmsmokkelnetwerk wat in hegtenis geneem is in operasie in ’n favela in Rio de Janeiro, Brasilië.Foto: AFP


2025-10-28 19:33:38 — Hamas het Dinsdagaand verantwoordelikheid ontken vir ’n aanval op Israeliese soldate in die stad Rafah in die suide van die Gasastrook wat Israel genoop het om hernude aanvalle uit te voer.

Die militante Palestynse groep het ook in ’n verklaring gesê hy is steeds verbind tot die Amerikaans bemiddelde skietstilstand-ooreenkoms in die Gasastrook.

Vroeër Dinsdag het Israeliese media berig oor ’n skietgeveg tussen Israeliese magte en Hamas-vegters in Rafah. Israel se weermag het nie op ’n versoek om kommentaar oor die berigte gereageer nie.– Reuters

2025-10-28 19:43:19 —

A woman reacts as residents are evacuated from Playa Siboney to safe locations ahead of the arrival of Hurricane Melissa, in Santiago de Cuba, Cuba, on October 28, 2025. Hurricane Melissa was set to strike nearby eastern end of Cuba late Tuesday after pummeling Jamaica. (Photo by YAMIL LAGE / AFP) (YAMIL LAGE/AFP)

’n Vrou huil Dinsdag terwyl inwoners per bus uit die strandoord Playa Siboney, naby Santiago de Cuba, Kuba, na veiligheid gebring word in afwagting op die aankoms van orkaan Melissa. Die orkaan sou laat Dinsdagaand die oostelike punt van Kuba tref.Foto: AFP

2025-10-28 20:02:28 — Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het die Amerikaanse president aangemoedig om druk op pres. Xi Jinping van China uit te oefen om sy ondersteuning aan Rusland in te perk wanneer die twee supermoonthede se leiers later vandeesweek vergader.

“Ek dink dit kan een van (pres. Donald Trump se) sterk stappe wees, veral as China gereed is om invoer te verminder ná hierdie beslissende sanksies,” het Zelenski Dinsdag aan joernaliste gesê.

Trump het verlede week sanksies teen twee groot Russiese oliemaatskappye ingestel en dring by kopers van Russiese olie en gas – spesifiek China en Indië – aan om hul aankope te verminder.– AFP

2025-10-28 20:20:50 — Visepres. JD Vance van Amerika het Dinsdag gesê die skietstilstand in die Gasastrook hou ten spyte van Israel se aanvalle op die stad Gasa en sowel Israel as Hamas wat mekaar van skendings beskuldig.

“Die skietstilstand hou. Dit beteken nie dat daar nie klein skermutselings hier en daar gaan wees nie,” het Vance aan verslaggewers gesê.

“Ons weet dat Hamas, of iemand anders in Gasa, Israeliese soldate aangeval het. Ons verwag dat Israel gaan reageer, maar ek dink die president (Trump) se vrede gaan bly staan, ten spyte daarvan.”– Reuters

2025-10-28 20:35:33 —

University students protest in Lisbon A student shouts slogans during a protest against a proposed hike in tuition fees in the government's 2026 budget, as parliament votes on the budget's first reading, in Lisbon, Portugal, October 28, 2025. REUTERS/Pedro Nunes TPX IMAGES OF THE DAY (Pedro Nunes/REUTERS)

’n Student in Lissabon, Portugal, skree Dinsdag slagspreuke tydens ’n betoging teen ’n voorgestelde verhoging in klasgelde in die regering se 2026-begroting.Foto: Reuters


2025-10-29 03:31:32 — Orkaan Melissa het ’n pad van verwoesting deur Jamaika geskeur nadat dit Dinsdag as een van die kragtigste orkane tot nog toe die land bereik het.

Die orkaan het die eilandnasie met wrede winde en stortreën geteister voordat dit na Kuba voortgestorm het.

Die omvang van Melissa se skade in Jamaika was nog nie duidelik nie omdat ’n omvattende assessering dae kan neem.

Op sy hoogtepunt het die storm hewige volgehoue winde van 300 km/h gehad.

Onmiddellike besonderhede rakende sterftes of beserings was nie beskikbaar nie.– Reuters

High seas and strong winds batter eastern Cuba ahead of Hurricane Melissa’s landfall A man herds cattle along the coastline ahead of Hurricane Melissa's landfall, in Santiago de Cuba, Cuba, October 28, 2025. REUTERS/Norlys Perez TPX IMAGES OF THE DAY (Norlys Perez/REUTERS)

’n Man pas beeste op aan die kuslyn van Santiago de Cuba, Kuba, voor orkaan Melissa toeslaan.Foto: Reuters

2025-10-29 03:50:51 — Minstens nege mense is dood en vyf word vermis in Sentraal-Viëtnam weens vloede wat deur ’n rekordvolume reën veroorsaak is, het die regering se rampbestuursagentskap Woensdag gesê.

Meer as 103 000 huise is oorstroom, meestal in Hwê en Hoi An.

Duisende mense in Viëtnam het die laaste paar dae hul huise ontruim nadat reën van meer as 1 meter diep binne 24 uur tussen Sondag en Maandag die stad Hwê oorstroom het.– Reuters

2025-10-29 03:58:07 — Pres. Donald Trump het Woensdag in Suid-Korea geland vir die laaste deel van sy besoek aan Asië.

Trump, wat uit Tokio aangekom het, sal na verwagting op ’n spitsberaad uitvoerende hoofde toespreek.

Die hoofitem op Woensdag se agenda sal die onopgeloste handelsooreenkoms tussen Amerika en Suid-Korea wees.

Trump sal Donderdag met Xi Jinping, leier van China, samesprekings voer, en die vooruitsig van die gesprekke het reeds wêreldmarkte versterk.– Reuters

2025-10-29 04:08:04 — Indië beplan om ’n vliegtuig te stuur om nagenoeg 500 van sy burgers te repatrieer wat oor die grens na Thailand gevlug het ná ’n militêre klopjag op ’n berugte sentrum in Mianmar waar aanlyn bedrog gepleeg word.

Die klopjagte in die KK Park-kompleks het ’n groot getal mense, meestal buitelandse burgers wat daar gewerk het, na die Thaise grensdorp Mae Sot gedryf.

Meer as 1 500 mense uit 28 lande het gevlug en is nou in Thailand.– Reuters

2025-10-29 04:21:10 — Die lyke van minstens 18 migrante wat omgekom het toe hul boot wes van Tripoli,  die Libiese hoofstad, omgeslaan het, is gevind, terwyl meer as 90 oorlewendes gered is.

’n Organisasie in Sabratha, ’n kusdorp sowat 76 km wes van Tripoli, het gesê hulle het Maandag laat ’n verslag van die boot ontvang en ’n reddingsoperasie tot vroeg Dinsdagoggend uitgevoer.

Die dooies is aan die kus naby die hawe van Soerman gevind.– Reuters


2025-10-29 04:32:27 — Amerika het sy burgers in Mali Dinsdag aangeraai om die land onmiddellik met kommersiële vlugte te verlaat.

Dit kom terwyl die regering van Mali onder toenemende druk is van militante met Al-Kaïda-bande.

Die militante het vroeg in September met ’n blokkade van brandstofinvoer na die land begin.

Hulle het sedertdien konvooie brandstoftenkwaens aangeval wat die land probeer binnegaan het om Bamako, die hoofstad, te bereik.

Die lughawe in Bamako bly oop en Amerikaners word weens die risiko van “terreuraanvalle langs nasionale snelweë” gemaan om kommersiële vlugte te haal eerder as om padlangs na buurlande te reis.– Reuters

2025-10-29 05:26:59 — Stembusse het Woensdag sonder hoof-opposisielede geopen in Tanzanië se verkiesings nadat hulle óf tronk toe gestuur is óf verbied is om deel te neem.

Menseregtegroepe het dit as ’n “golf van terreur” bestempel. Pres. Samia Suluhu Hassan (65) is vasbeslote om haar posisie te verstewig met ’n oortuigende oorwinning wat kritici binne haar eie party sal stilmaak, sê ontleders.

Sy is in 2021 van vise-president bevorder ná die dood van haar ystervuis-voorganger, John Magufuli, maar het teenkanting ervaar as die land se eerste vroueleier.– AFP

Meeting At Elysee Palace For The "Summit On Clean Cooking In Africa" Tanzania's President Samia Suluhu Hassan is arriving ahead of a meeting as part of the ''Summit on Clean Cooking in Africa'' at the Elysee Presidential Palace in Paris, France, on May 14, 2024. (Photo by Daniel Pier/NurPhoto via Getty Images) (NurPhoto/NurPhoto via Getty Images)

Pres. Samia Suluhu Hassan van Tanzanië.Getty Images/NurPhoto

2025-10-29 05:33:19 — Die Internasionale Federasie van Rooi Kruis- en Rooi Halfmaanverenigings (IFRC) het Dinsdag gesê vyf van sy vrywilligers in Soedan is dood en drie word vermis.

Die vyf vrywilligers is op 27 Oktober in die stad Bara dood terwyl hulle kos versprei en amptelike baadjies gedra het.

Die IFRC het geen besonderhede verskaf oor hoe hulle gesterf het nie.

Soedan se paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF), wat sedert April 2023 in ’n burgeroorlog met die Soedannese weermag gewikkel is, het Bara vroeër vandeesweek oorgeneem.– Reuters

2025-10-29 05:40:12 — Die Britse polisie het ’n buitelander in hegtenis geneem in verband met die dood van ’n 49-jarige man wat Dinsdag doodgesteek is en twee mense wat beseer is in ’n aanval in Wes-Londen.

Die Britse media het berig dat die verdagte ’n Afgaanse burger is, terwyl die ministerie van binnelandse sake slegs bevestig het dat hy ’n buitelander is wat sedert 2022 wettig in Brittanje woon.

Benewens die slagoffer wat op die toneel dood is, is ’n man (45) ernstig gewond en het ’n seun (14) beserings opgedoen wat nie lewensgevaarlik is nie.

Die polisie beskou nie die aanval as ’n terroriste-voorval nie.– AFP

2025-10-29 06:21:17 — Minstens 50 mense, onder wie 22 kinders, is dood in tientalle aanvalle deur Israel op die Gasastrook, het die Gasastrook se burgerlike verdedigingsagentskap Woensdag gesê.

Ongeveer 200 mense is gewond “in ’n duidelike en flagrante skending van die skietstilstand”, het Mahmoed Bassal, woordvoerder van die agentskap, gesê.

Die Israeliese weermag het Woensdag gesê dat een van sy soldate in die Gasastrook dood is tydens die skietstilstand met Hamas.

Die soldaat het Dinsdag in gevegte in die suide van die Gasastrook omgekom, volgens die weermag.– AFP

Aftermath of an overnight Israeli strike, in Gaza City Palestinians work to recover the body of Fathi Oweida from under the rubble of a house hit in an overnight Israeli strike, in Gaza City, October 29, 2025. REUTERS/Dawoud Abu Alkas (DAWOUD ABU ALKAS/REUTERS)

Palestyne werk Woensdag om die lyk van Fathi Oweida onder die puin uit te haal van ’n huis wat in ’n Israeliese aanval in die stad Gasa getref is.Foto: Reuters


2025-10-29 06:54:15 — Die Nepalese en Chinese kante van die Everest-streek was Woensdag vir toeriste gesluit weens buitengewoon swaar sneeuval.

’n Helikopter het neergestort terwyl probeer is om gestrande stappers te red.

Die streek rondom die berg Everest, wat deur duisende stappers en klimmers besoek word, is sedert Maandag met sneeu bedek nadat ’n sikloon vanaf die Baai van Bengale oor Indië heen verwoesting gesaai het.

Dit het ’n tweede vlaag van erge sneeuval in die Himalajas vandeesmaand ingelui.– Reuters

2025-10-29 07:22:31 — Brittanje sê ’n Ethiopiese asielsoeker wat verkeerdelik uit die tronk vrygelaat is, het Woensdag in Ethiopië aangekom nadat amptenare hom gedeporteer het.

Hadush Gerberslasie Kebatu (38) is in September tronkstraf van 12 maande opgelê vir die seksuele aanranding van ’n 14-jarige meisie en ’n vrou.

Amptenare het hom op 24 Oktober per ongeluk uit die tronk vrygelaat. Hy is drie dae later opgespoor.

Sy inhegtenisneming in Julie het maande lange anti-immigrasiebetogings ontketen.– Reuters

2025-10-29 07:34:16 — Stemlokale het Woensdag geopen in die Nederlandse verkiesing, wat as ’n aanduiding van die sterkte van Europa se verregses beskou word.

Alle oë is op die vertoning van Geert Wilders, leier van die verregse PVV-party.

Opnames dui daarop dat die uitslag van die blitsverkiesing te naby is om te voorspel, met Wilders wat drie ander partye van die gematigdes of linkse vleuel net-net afweer.

Wilders sal waarskynlik nie die premier word nie, ongeag die uitslag.– AFP

2023 Dutch General Elections THE HAGUE, NETHERLANDS - NOVEMBER 22: PVV leader Geert Wilders is seen casting his vote in the Dutch General Elections on November 22, 2023 in The Hague, Netherlands. Voters go to the polls in a snap general election called two years early. (Photo by Patrick van Katwijk/BSR Agency/Getty Images) (BSR Agency/Getty Images)

Geert WildersFoto: Getty Images/BSR Agency

2025-10-29 08:11:25 — Die orkaan Melissa het vroeg Woensdagoggend in Kuba aan land gekom nadat dit ’n pad van verwoesting deur Jamaika gebaan het.

“Die uiters gevaarlike orkaan Melissa kom aan land aan die suidkus van die ooste van Kuba,” het die Nasionale Orkaansentrum (NHC) gesê.

Ten spyte daarvan dat dit tot ’n kategorie 3-storm verswak het, het Melissa die provinsie Santiago de Cuba getref met maksimum volgehoue windsnelhede van ongeveer 195 km/h.– AFP

2025-10-29 08:18:07 — Kapt. Maxwell Wanda, ’n voormalige lid van die taakspan wat politieke moorde ondersoek, verduidelik aan die Madlanga-kommissie die omstandighede van die inhegtenisneming van die omstrede sakeman en moordbeskuldigde Katiso (KT) Molefe by sy huis in Sandhurst, Johannesburg.

Wanda was op 5 Desember in Durban toe hy ’n oproep van sy bevelvoerder ontvang het dat hy moet gaan help met ’n arrestasie in Gauteng.

Hulle het op 6 Desember omstreeks 02:00 Durban per motor verlaat en omstreeks 08:30 in Gauteng gearriveer.

Hulle het omstreeks 09:00 met die bevelvoerder vergader, waar hulle ingelig is oor die inhegtenisnemings wat dié betrokke dag sou plaasvind. Wanda was vanaf 31 Desember 2023 tot April vanjaar 'n lid van die taakspan.

Hy het 32 jaar ervaring in die polisiediens. Hy werk hoofsaaklik as misdaadondersoekbeampte in die polisiediens.

Sy werk behels dat hy bewyse op die toneel moet versamel en verseker dat dit nie gekompromitteer word nie. Adv. Lee Segeels-Ncube lei die getuienis.

Wanda sê by die woning van Molefe het hulle ’n vloot van motors gesien. In een van die motors, ’n wit BMW, was ’n geweer en drie of vier magasyne gelaai met ammunisie op die agterste sitplek.


2025-10-29 08:29:55 —

Kapt. Maxwell Wanda.Foto: Skermgreep

2025-10-29 08:32:20 — Wanda was verbaas dat beamptes van die Valke by Molefe se huis opgedaag het toe die taakspan besig was met sy inhegtenisneming.

Hy was binne die huis besig toe een van die lede van die taakspan hom gekontak het om na buite, na die hek, te gaan. “Daar was ’n groep omstanders en beamptes van die Valke wat buite gestaan het. Van die voertuie was nie gemerk nie. Ek het nie verwag dat die Valke deel sal wees van die operasie nie.”

Hy sê sy bevelvoerder het hom ook nie ingelig dat ander beamptes deel sou wees van die operasie nie. “Die teenwoordigheid van die Valke was kommerwekkend vir my. Hulle het in groot getalle opgedaag (by Molefe se huis). Ek het nie verwag hulle sou in daardie getalle opdaag nie. Toe ek met hulle gepraat het, was hulle aggressief en het antwoorde van my geëis en vrae aan my gerig. Dit het my ongemaklik laat voel nie. Hoekom so ’n groot aantal?"

2025-10-29 08:32:35 — Khawaja Asif, minister van verdediging van Pakistan, het Woensdag gedreig om die regerende Taliban in die naburige Afganistan “uit te wis”.

Dit is ’n dramatiese eskalasie van retoriek ná die ineenstorting van gesprekke oor ’n blywende vrede tussen die lande.

“Pakistan hoef nie eens ’n fraksie van sy volle arsenaal te gebruik om die Taliban-regime heeltemal uit te wis en hulle terug te stoot na die grotte om weg te kruip nie,” het Asif gesê.– Reuters

2025-10-29 08:39:42 — Die Israeliese weermag (IDF) het Woensdag die skietstilstand in die Gasastrook heringestel nadat hulle sedert die vorige dag ’n reeks aanvalle op tientalle militante teikens uitgevoer het.

“Ná ’n reeks aanvalle waarin tientalle terreurteikens en terroriste aangeval is, het die IDF begin met die hernieude afdwinging van die skietstilstand in reaksie op Hamas se oortredings,” het die IDF gesê.– AFP

2025-10-29 08:53:59 — Volgens Wanda het die gemoedere tussen hom en beamptes van die Valke bedaar toe hy aan hulle genoem het dat die projekkoördineerder lt.genl. Dumisani Khumalo, misdaadintelligensiehoof, is.

Wanda was verbaas dat die Valke sou inmeng met ’n wettige operasie. “Ek het nie verwag daar sou ’n versteuring en inmenging wees nie.”

Segeels-Ncube vra aan Wanda of die Valke aan hom verduidelik het wat hulle by Molefe se woning gedoen het. Wanda antwoord die beamptes van die Valke het aan hom genoem dat hulle ingelig is dat daar mense by dié woning was wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het.

Hulle het daarna vir hom gesê hulle is verkeerdelik ingelig dat daar ’n onwettige operasie was met mense wat hulle as polisiebeamptes voordoen. “Hulle het toe ná die verduideliking verstaan dat dit ’n wettige operasie was.” Wanda sê nogtans was hy verbaas oor die manier hoe die beamptes daar opgedaag het en oor hul optrede.


2025-10-29 09:02:40 — Wanda sê ’n ene Maloi, wat in Molefe se huis was, het hom gevra wat nou met Molefe gaan gebeur en of Wanda weet dat Molefe ’n vriend van die minister van polisie, Senzo Mchunu, is.

Mchunu is tans met spesiale verlof.

Wanda het verduidelik wat die proses gaan wees ná Molefe se inhegtenisneming. Wanda het nie verder vir Maloi uitgevra oor wat hy bedoel het met Molefe en Mchunu wat vriende was nie.

2025-10-29 09:16:28 — Internasionale media sal toegelaat word om Mianmar se komende verkiesing deur die junta te dek, het die verkiesingsowerheid Woensdag gesê.

Mianmar se junta het “die medialandskap verpletter” met sensuur en intimidasie sedert die staatsgreep in 2021 wat ’n burgeroorlog ontketen het, sê Verslaggewers Sonder Grense.

Plaaslike joernaliste het onder onderdrukking gebuk gegaan terwyl buitelandse media die land verlaat het.

AFP is die enigste internasionale nuusagentskap wat ’n volledige binnelandse buro onderhou.– AFP

2025-10-29 09:23:49 — Gasa se burgerlike verdedigingsagentskap en hospitale het Woensdag gesê dat ’n reeks Israeliese aanvalle meer as 100 mense oor die Palestynse gebied heen dood gelaat het.

“Minstens 101 sterfgevalle is na hospitale gebring, insluitend 35 kinders,” het Mahmoed Bassal, woordvoerder van die agentskap, gesê.

Die dodetal is bevestig deur ’n AFP-telling van verslae van gesondheidsorgwerkers by vyf hospitale in die Gasastrook wat die oorledenes en gewondes ontvang het.

’n Vroeëre telling het aangedui minstens 50 mense is dood.– AFP

2025-10-29 09:49:04 —

Aktiviste teen pres. Donald Trump hou ’n reusebanier met sy gesig vas terwyl hulle deelneem aan ’n saamtrek teen Trump se besoek aan Suid-Korea vir die Asië-Stille Oseaan- ekonomiese samewerkingsleiersberaad in Gyeongju, Suid-Korea. Trump het Woensdagoggend in Suid-Korea aangekom.Foto: Reuters

2025-10-29 09:49:10 —

Anti-Trump activists hold a giant banner depicting U.S. President Trump on the occasion of Trump's visit to South Korea for the 2025 APEC leaders' summit in Gyeongju Anti-Trump activists hold a giant banner depicting U.S. President Donald Trump, as they take part in a rally on the occasion of Trump's visit to South Korea for the 2025 Asia-Pacific Economic Cooperation (APEC) leaders' summit in Gyeongju, South Korea, October 29, 2025. Yonhap/via REUTERS ATTENTION EDITORS - THIS IMAGE HAS BEEN SUPPLIED BY A THIRD PARTY. NO RESALES. NO ARCHIVE. SOUTH KOREA OUT. NO COMMERCIAL OR EDITORIAL SALES IN SOUTH KOREA. TPX IMAGES OF THE DAY (YONHAP/via REUTERS)

Aktiviste teen pres. Donald Trump hou ’n reusebanier met sy gesig vas terwyl hulle deelneem aan ’n saamtrek teen Trump se besoek aan Suid-Korea vir die leiersberaad van die Asies-Pasifiese forum vir ekonomiese samewerking (Apec) in Gyeongju, Suid-Korea. Trump het Woensdagoggend in Suid-Korea aangekom.Foto: Reuters


2025-10-29 10:00:56 —

Brig. Lesiba MokoenaFoto: Skermgreep

2025-10-29 10:02:33 — Mokoena beweer die dag van Molefe se inhegtenisneming is hulle ingelig daar is mense by Molefe se huis wat hulle as lede van die Valke voordoen.

Mokoena, wat sedert 1991 in die polisiediens is, is ’n dag voor Molefe se inhegtenisneming tot brigadier bevorder.

Volgens Mokoena het sy afdelingshoof hom ingelig dat lt.genl. Godfrey Lebeya, afgetrede Valke-hoof, ’n oproep ontvang het dat daar mense by ’n huis in Sandhurst is wat hulle as Valke voordoen.

Mokoena het nie geweet wie by die adres is nie. Hy, sy afdelingshoof en Lebeya was die betrokke dag by ’n toekenningsgeleentheid.

Mokoena het toe vir brig. Barry Kruger van die Valke opdrag gegee om te verifieer of die mense by die huis wel Valke-lede is.

Kruger was toe hy die oproep kry in Pretoria-Noord en het aan Mokoena genoem dis spitsverkeer, hulle het nie blou ligte nie en die motorbande was byna gedaan.

Oudregter Mbuyiseli Madlanga, voorsitter van die kommissie, wou by Mokoena weet waarom hy nie vir die Sandton-polisie gevra het om te gaan vasstel of die Valke by die huis in Sandhurst is nie.

“Dit wat Kruger gesê het, moes jou laat besef het dit gaan hulle lank vat om daar (by Molefe se huis) te kom.” Mokoena antwoord Kruger was deel van sy span.

2025-10-29 10:22:19 — Byna 42 miljoen mense gaan voedselhulp verloor weens die tweede langste Amerikaanse federale regeringsluiting, terwyl Demokrate en Republikeine in die Kongres mekaar vir die regeringsluiting  blameer.

Geen party het tekens getoon dat hulle hul standpunt gaan verander nie dae voordat finansiering  vir die aanvullende voedingsbystandsprogram, ook bekend as voedselkoepons, van Saterdag af  verval.

Die Amerikaanse departement van landbou het verlede week besluit om nie uit ’n noodfonds geld te onttrek om vir ’n deel van November se voordele te betaal nie.– Reuters

Federal Government Shuts Down After Congress Fails To Pass Funding Bill NEWARK, NJ - OCTOBER 27: Federal workers, including Transportation Security Administration (TSA) officers and air-traffic controllers, line up to receive food parcels at Newark Liberty International Airport as the workers have been impacted by the government shutdown on October 27, 2025 in Newark, New Jersey. The morning event was organized by the Community FoodBank of New Jersey (CFBNJ), the state�s largest anti-hunger organization. The dozens of federal workers who attended the event received one box of nonperishable items, one premium 10-pound produce box, along with potatoes, spaghetti squash, and apples. Federal workers are set to miss their first full paycheck on Wednesday, October 29th, as the government shutdown continues. Spencer Platt/Getty Images/AFP (Photo by SPENCER PLATT / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP) (SPENCER PLATT/Getty Images via AFP)

Federale werkers staan Maandag tou om voedselpakkies by die Newark Liberty Internasionale Lughawe in New Jersey te ontvang.Foto: Getty Images/AFP

2025-10-29 10:22:31 — Byna 42 miljoen mense gaan voedselhulp verloor weens die tweede langste Amerikaanse federale regeringsluiting, terwyl Demokrate en Republikeine in die kongres mekaar vir die sluiting blameer.

Geen party het tekens getoon dat hulle hul standpunt gaan verander nie dae voordat finansiering vir die aanvullende voedingsbystandsprogram, ook bekend as voedselkoepons, van Saterdag af verval.

Die Amerikaanse departement van landbou het verlede week besluit om nie geld uit ’n noodfonds te onttrek om vir ’n deel van November se voordele te betaal nie.– Reuters

Federal Government Shuts Down After Congress Fails To Pass Funding Bill NEWARK, NJ - OCTOBER 27: Federal workers, including Transportation Security Administration (TSA) officers and air-traffic controllers, line up to receive food parcels at Newark Liberty International Airport as the workers have been impacted by the government shutdown on October 27, 2025 in Newark, New Jersey. The morning event was organized by the Community FoodBank of New Jersey (CFBNJ), the state�s largest anti-hunger organization. The dozens of federal workers who attended the event received one box of nonperishable items, one premium 10-pound produce box, along with potatoes, spaghetti squash, and apples. Federal workers are set to miss their first full paycheck on Wednesday, October 29th, as the government shutdown continues. Spencer Platt/Getty Images/AFP (Photo by SPENCER PLATT / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP) (SPENCER PLATT/Getty Images via AFP)

Federale werkers staan Maandag tou om kospakkies by die Newark Liberty Internasionale Lughawe in New Jersey te ontvang.Foto: Getty Images/AFP

2025-10-29 10:23:16 — Skermgrepe van boodskappe tussen die betrokke partye op die dag.


2025-10-29 10:24:38 — Volgens Mokoena is dit nie ongewoon vir mense om hulle as Valke-lede voor te doen nie, selfs polisiebeamptes. Hy sê daarom was dit belangrik om dit te bevestig.

Segeels-Ncube vra vir Mokoena of hy weet wie Lebeya gebel het.

Hy sê aan Segeels-Ncube hy weet nie wie Lebeya gebel en hom vertel het van die operasie by Molefe se huis nie.

Mokoena sê Kruger het hom later gekontak en laat weet dit was ’n wettige operasie nadat hy met Wanda gepraat het om dit vas te stel.

Adv. Sandile Khumalo SC, ’n kommissaris van die kommissie, sê aan Mokoena daar was ’n WhatsApp-groep en boodskappe is van 16:44 tot 16:52 gestuur dat dit ’n wettige operasie was en wie in beheer daarvan was.

Kruger het om 17:00 op die toneel opgedaag.

Khumalo vra waarom het Mokoena nie toe die Valke van die toneel onttrek nie.

“Dit vat toe nog ’n uur vir jou om die beamptes in te lig dat hulle moet onttrek? Hoekom moes die Valke-beamptes nog ’n uur lank daar bly?”

2025-10-29 10:46:26 — Suid-Korea en Amerika het ’n breë handelsooreenkoms bereik wat beleggings en skeepsbou dek, het Kim Yong-beom, presidensiële assistent van die regering in Seoel, Woensdag gesê.

Die ooreenkoms dek ook die besonderhede van tariewe wat Amerika teen Suid-Korea ingestel het.

“Suid-Korea se finansiële beleggingspakket vir Amerika van $350 miljard, bestaan uit $200 miljard in kontantbeleggings en $150 miljard in skeepsbou-samewerking.”

Trump, wat Woensdagoggend in Suid-Korea aangekom het, het bevestig dat ’n ooreenkoms bereik is.– AFP, Reuters

2025-10-29 11:03:46 — Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) sê dat hy vooraf ingelig is oor Amerika se planne om sommige van sy troepe wat op die oostelike flank van die alliansie ontplooi is, te verminder.

Die skuif word as ’n “aanpassing” en “niks ongewoons nie” beskryf. Washington se verbintenis tot die alliansie bly “duidelik” en sy teenwoordigheid in Europa aansienlik, het ’n Navo-amptenaar Woensdag gesê.

“Selfs met hierdie aanpassing bly Amerika se magsposisie in Europa groter as wat dit in baie jare was, met baie meer Amerikaanse magte op die vasteland as voor 2022,” sê die amptenaar.

Daar is verwag dat die VSA die onttrekking van troepe in Europa sal aankondig ná ’n hersiening van sy militêre ontplooiings wêreldwyd, maar geen skuif is nog amptelik bekend gemaak nie.– AFP

US Army soldiers of the NATO multinational battle group on the territory of Bulgaria stand in formation with a US flag and an US Army armoured vehicle during the visit of NATO Secretary General Mark Rutte at the Novo Selo military ground near Mokren, northwestern Bulgaria, on December 19, 2024. (Photo by Nikolay DOYCHINOV / AFP) (Photo by NIKOLAY DOYCHINOV/AFP via Getty Images) (NIKOLAY DOYCHINOV/AFP via Getty Images)

’n Argieffoto wys Amerikaanse soldate van Navo se multinasionale gevegsgroep naby Mokren, noordwes van Bulgarye.Foto: AFP

2025-10-29 11:12:33 — Russiese soldate is naby daaraan om die oostelike Oekraïense stad Pokrofsk te beset nadat klein groepies hoogs mobiele Russiese eenhede die stad omsingel en toe binnegedring het.

Pokrofsk is ’n pad- en spoorwegsentrum in die oostelike Donetsk-streek van Oekraïne met ’n bevolking van sowat 60 000 mense. Die meeste mense het reeds uit die stad gevlug.

Alle kinders is verwyder en min burgerlikes bly oor. Die stad lê op ’n sleutelroete wat deur die Oekraïense weermag gebruik word.– Reuters

2025-10-29 11:20:01 — Adv. Sesi Baloyi SC, ’n kommissaris van die kommissie, wil by Mokoena weet of daar ’n volledige verslag is van die operasie waarin hy beamptes van die Valke opdrag gegee het om na Molefe se adres te gaan om vas te stel of dit ’n wettige operasie is. Mokoena antwoord nee.

Baloyi wil weet of dit reëlmatig was dat ’n operasie van die Valke onverantwoord is. Mokoena antwoord dit was ’n noodoperasie. “Dit was onreëlmatig vir ons.”

Balyoi sê Suid-Afrikaners sal bekommerd wees dat daar nie ’n rekord van die operasie is nie.

Mokoena verduidelik hulle was nie daar vir ’n operasie nie, maar dat hulle daar was om vas te stel of dit ’n wettige operasie was. Wanda se getuienis vroeër was dat daar tussen ses en agt beamptes van die Valke by Molefe se woning was.

Mokoena sê hy het net vir Kruger en nog ’n ander beampte na die woning gestuur en dra geen kennis van die ander beamptes wat op die toneel was nie. Kruger getuig ná etenstyd.


2025-10-29 11:21:17 — Die mediese liefdadigheidsorganisasie Dokters Sonder Grense (MSF) sê dat hy beveel is om Libië teen 9 November te verlaat. Dit volg nadat MSF reeds in Maart gedwing is om sy bedrywighede op te skort.

“Geen rede is gegee om ons uitsetting te regverdig nie,” het Steve Purbrick, wat MSF se programme in Libië lei, in ’n verklaring gesê.

MSF is ’n internasionale humanitêre organisasie wat wêreldwyd mediese sorg bied aan mense in nood, dikwels in konflik- of rampgebiede. MSF is aktief in Libië, ’n land wat sedert 2011 deur ’n burgeroorlog en politieke onstabiliteit geteister word.– AFP

2025-10-29 12:03:15 — Johann Wadephul, Duitse minister van buitelandse sake, het Woensdag sy “diepe kommer” uitgespreek ná die dodelikste aand van bombardering in die Gasastrook sedert ’n Amerikaans bemiddelde skietstilstand vroeër vandeesmaand in werking getree het.

Meer as 100 mense, insluitend minstens 35 kinders, is volgens die burgerlike beskermingsagentskap en mediese bronne by vyf hospitale dood. Wadephul het Israel versoek om militêre selfbeheersing toe te pas om verdere lyding te voorkom.

Die Israeliese weermag het lugaanvalle uitgevoer nadat ’n soldaat gesterf het, en aangekondig dat die implementering van die skietstilstand hernu word.

Wadephul het Hamas ook gevra om sy deel van die ooreenkoms na te kom deur wapens neer te lê en die oorskot van gestorwe gyselaars te oorhandig.– AFP

2025-10-29 12:08:11 — Pres. Wladimir Poetin het Woensdag gesê dat Rusland ’n Poseidon-kernkrag-supertorpedo getoets het en dat dit ’n groot sukses was.

Amerikaanse en Russiese amptenare het albei Poseidon as ’n nuwe kategorie vergeldingswapen beskryf, wat radioaktiewe oseaangolwe kan veroorsaak om kusstede onbewoonbaar te maak.

Poetin het aan soldate wat in die Oekraïne-oorlog gewond is, gesê dat die toets Dinsdag plaasgevind het. Hy het die toets as ’n “reusesukses” beskryf.– Reuters

2025-10-29 12:13:26 —

BUSAN, SOUTH KOREA - OCTOBER 29: U.S. President Donald Trump disembarks Air Force One as he arrives at Gimhae International Airport on October 29, 2025 in Busan, South Korea. Trump is in South Korea for the APEC meetings, following an appearance at the ASEAN summit in Malaysia, and a trip to Japan, where he called on Japanese Emperor Naruhito and new Prime Minister Sanae Takaichi. (Photo by Andrew Harnik/Getty Images) (Andrew Harnik/Getty Images)

Pres. Donald Trump groet met sy aankoms op die Gimhae- internasionale lughawe in Busan, Suid-Korea. Trump het die afgelope week Maleisië en Japan besoek.Foto: Getty Images

2025-10-29 12:20:59 — Die Belgiese owerhede het ’n formele ondersoek begin nadat verskeie hommeltuie twee nagte agtereenvolgens oor ’n militêre basis in Marche-en-Famenne, in die suidooste van die land, opgemerk is.

Theo Francken, minister van verdediging, het in ’n plasing op X verduidelik dat die barakke se wagte Sondag, sowel as Dinsdag, verskeie hommeltuie oor sleutelgebiede opgemerk het. Volgens ’n bron naby die ondersoek is sowat vyf hommeltuie Saterdag en twee ander Dinsdag waargeneem.

“Dit was nie amateurs nie, maar bekwame hommeltuigvlieëniers,” het Francken gewaarsku. Die polisie en intelligensiediens ondersoek die voorvalle.

Ander lande van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) handhaaf ook verhoogde waaksaamheid ná soortgelyke voorvalle op militêre basisse en lughawens oor Europa heen.– Reuters


2025-10-29 12:35:23 — Kapt. Barry Kruger van die Valke is deur sy bevelvoerder, brig. Lesiba Mokoena, opdrag gegee om te gaan vasstel of dit werklik Valke-beamptes was wat ’n operasie by Molefe se huis uitgevoer het.

Die betrokke dag voor 16:00 was hy in Noord-Pretoria toe hy ’n oproep gekry het van Mokoena met die opdrag. Kruger het aan Mokoena gesê hy is in Noord-Pretoria en dat hy in die verkeer is en nie gou by die adres kan uitkom nie.

Hy sê Mokoena het vir hom gesê om te gaan bevestig of dit ’n wettige operasie is.

Kruger is al 32 jaar in die polisiediens. Hy het verlede jaar in April by die Valke aangesluit.

Kruger sê aan die komitee Mokoena het aan hom foto’s van voertuie gestuur wat by Molefe se woning was. Mokoena het nie vir hom gesê waar hy die foto’s gekry het nie. Kruger sê hy het ’n WhatsApp-groep gestig en het ander lede by die groep, insluitend Mokoena, ingesluit.

“Ek het die groep gestig sodat lede wat nader is gouer kan reageer om te bevestig of dit ’n wettige operasie was.”

Hy verduidelik hy het die groep gestig omdat hy agtergekom het daar is ’n dringendheid van Mokoena se kant af om te bevestig of dit Valke-lede was.

2025-10-29 12:38:53 — Kapt. Barry Kruger van die Valke.Foto: Skermgreep

2025-10-29 12:55:24 —

Skermgreep van die WhatsApp-groep.

Kruger het Mokoena se boodskappe wat na hom gestuur is in die WhatsApp-groep gedeel. Daarin word genoem dat daar iemand is wat voorgee hy is Lebeya en ander lede van die Valke.

George Raftopoulos, hoofinspekteur van die Gautengse verkeerspolisie, is ook by die groep ingesluit.

Khumalo vra ook vir Kruger waarom hy nie die Sandton-polisie gekontak het om te gaan vasstel nie, maar vir Raftopoulos se hulp gevra het.

Hy sê hy het Raftopoulos se mense vertrou en dat hy ook self sou moes vasstel of dit ’n wettige operasie was. Kruger sê die dringendheid om vas te stel of dit wettige beamptes was, is omdat daar mense is wat voorgee hulle is van die polisie en dan mense beroof en afpers.

2025-10-29 13:14:50 — Pres. Miguel Diaz-Canel van Kuba sê Orkaan Melissa het “omvattende skade” aangerig nadat die storm oornag die suidelike kusgebied getref het.

“Dit was ’n baie moeilike oggend gewees,” het Diaz-Canel in ’n plasing op sosiale media geskryf. Volgens hom het die orkaan verwoesting gesaai. Diaz-Canel het ’n beroep op mense gedoen om nie hul waaksaamheid te verslap soos wat die orkaan oor die gebied beweeg.

Mense moet onmiddellik op rampmaatreëls reageer en beskutting soek, aangesien die orkaan steeds gevaar inhou.– AFP

2025-10-29 13:28:25 — Lockheed Martin, ’n Amerikaanse vervaardigingsmaatskappy, het Woensdag aangekondig dat hy $50 miljoen gaan belê om hommeltuie met missiele toe te rus wat aan boord van skepe vervoer kan word.

Die plan vorm deel van die Pentagon se poging om China se groeiende vlootmag in die Stille Oseaan teen te werk en lesse toe te pas wat geleer is uit Oekraïne se effektiewe gebruik van plofstofbelaaide seehommeltuie teen Russiese oorlogskepe in die Swart See.

Die hommeltuie sal die eerste keer in 2026 ter water getoets word, sê die maatskappy.– Reuters


2025-10-29 13:40:55 — Brittanje het Woensdag aangekondig dat hy 2,5 miljoen pond (ongeveer R62 miljoen) in noodhulpbefondsing beskikbaar gestel om die Karibiese streek te help herstel ná die verwoesting van Orkaan Melissa, met gefokusde bystand aan Jamaika.

Die hulppakket sluit die vinnige verskaffing van tydelike skuilings, waterfilters en komberse in. Die orkaan het Woensdag vroeg Kuba getref, slegs ure nadat dit groot skade in Jamaika aangerig het. Dit is die sterkste storm wat die eiland nog ooit getref het.– Reuters

2025-10-29 13:45:19 —

Residents walk past debris and fallen trees after Hurricane Melissa struck Santiago de Cuba on October 29, 2025. A powerful Hurricane Melissa made landfall in eastern Cuba on Wednesday, causing damage and flooding to homes and streets in Santiago de Cuba province, an AFP team on the ground reported. (Photo by YAMIL LAGE / AFP) (YAMIL LAGE/AFP)

Inwoners loop verby puin nadat Orkaan Melissa die gebied van Santiago de Cuba in Kuba getref het.Foto: AFP

2025-10-29 13:56:12 —

Kruger sê 10 minute voordat hy by die woning opgedaag het, is hy ingelig dat dit ’n wettige operasie was.

Khumalo sê hoewel Kruger geweet het dat dit ’n wettige operasie was, het hy nie die beamptes en die ander hulp wat ingeroep is, gesê om te onttrek nie.

Kruger antwoord hy was ’n paar minute weg van die adres af en dat hy steeds moes gaan vasstel wat die situasie is. Hy sê hy het ander beamptes betrek, want “jy is onbewus van wat jy by so ’n situasie kan verwag”.

“Mense kan jou in ’n hinderlaag lei.”

Een van die bewerings van die taakspan was dat die Valke ingemeng het met die operasie. Toe Kruger by die adres opdaag, het hy na die taakspan se beamptes gestap. Hy sê hulle het nie die perseel binnegegaan nie en gevra om met iemand te praat wat in beheer was van die operasie.

Kruger het sy polisie-aanstellingsertifikaat by hom gehad en sy dagboek wat met die Valke-logo gemerk is sodat hulle kan sien dat hy van die polisie is.

Hy was eers ’n bietjie versigtig omdat die lede van die taakspan gewapen was. Volgens Kruger was dit ’n moeilike situasie. Hy sê hy het sy ervaring gebruik en moes sy eie diskresie gebruik.

Volgens hom kon dit tot ’n skietery tussen die Valke en die polisie gelei het.

2025-10-29 14:01:34 — Die kunsmatige-intelligensie-maatskappy Nvidia het Woensdag die eerste maatskappy ter wêreld geword met ’n markwaarde van $5 000 miljard.

Die Kalifornië-gebaseerde maatskappy se aandeelprys het met 4,91% gestyg tot $210,90 teen die opening van handel op Wall Street, wat Nvidia se markwaarde oor die $5 000 miljard-drumpel gestoot het. –AFP

2025-10-29 14:19:40 — Minstens 10 mense in Haïti is dood in oorstromings wat veroorsaak is deur orkaan Melissa, het plaaslike owerhede Woensdag gesê.

Die La Digue-rivier, in die kusdorpie Petit-Goave, het sy walle oorstroom en verskeie mense meegesleur.

Volgens die dorp se burgemeester en die hoof van ’n plaaslike hospitaal is meer as tien liggame reeds gevind, terwyl die soektog na vermistes voortduur. –AFP


2025-10-29 14:23:12 — Kruger sê 10 minute voor hy by die woning opgedaag het, is hy ingelig dat dit ’n wettige operasie was.

Khumalo sê hoewel Kruger geweet het dat dit ’n wettige operasie was, het hy nie die beamptes en die ander hulp wat ingeroep is, gesê om te onttrek nie.

Kruger antwoord hy was ’n paar minute weg van die adres af en dat hy steeds moet gaan vasstel wat die situasie.

Hy sê hy het ander beamptes betrek, want “jy is onbewus van wat jy by so ’n situasie kan verwag”.

“Mense kan jou in ’n hinderlaag lê.”

Een van die bewerings van die taakspan was dat die Valke ingemeng het met die operasie. Toe Kruger by die adres opdaag, het hy na die taakspan se beamptes gestap.

Hy sê hulle het nie die perseel binnegegaan nie en gevra om met iemand te praat wat in beheer was van die operasie.

Kruger het sy polisie-aanstellingsertifikaat by hom gehad en sy dagboek wat met die Valke-logo gemerk is sodat hulle kan sien dat hy van die polisie is.

Hy was eers bietjie versigtig omdat die lede van die taakspan gewapen was. Volgens Kruger was dit ’n moeilike situasie. Hy sê hy het sy ervaring gebruik en moes sy eie diskresie gebruik.

Volgens hom kon dit tot ’n skietery tussen die Valke en die polisie gelei het.

2025-10-29 14:33:17 — Die Duitse regering het ’n verhoging in die minimumloon tot 14,60 euro (sowat R290) per uur goedgekeur, die grootste verhoging sedert die land tien jaar gelede ’n minimumloon ingestel het.

Die verhoging sal in twee fases plaasvind: van die huidige 12,82 euro tot 13,90 euro aan die begin van volgende jaar, en dan weer tot 14,60 euro per uur op 1 Januarie 2027.

Die algemene minimumloon in Suid-Afrika is R28,79 per uur. –AFP

2025-10-29 14:47:04 —

An Israeli settler argues with a Palestinian farmer, during olive harvesting in Silwad An Israeli settler argues with a Palestinian farmer, during olive harvesting in Silwad, near Ramallah, in the Israeli-occupied West Bank, October 29, 2025. REUTERS/Mohammed Torokman TPX IMAGES OF THE DAY (Mohamad Torokman/REUTERS)

’n Israeliese setlaar stry Woensdag met ’n Palestynse boer nadat hy sy olyfoes probeer ontwrig het in ’n boord naby die Palestynse dorpie Silwad, noordoos van Ramallah in die Israelies besette Wesoewer. Foto: Reuters

2025-10-29 15:02:45 — Kirill Dmitriev, die spesiale gesant van die Russiese president, Wladimir Poetin, het by ’n beleggingskonferensie in Saoedi-Arabië gesê dat die oorlog in Oekraïne binne ’n jaar sal eindig.

Dmitriev het hierdie stelling gemaak ná vergaderings met Amerikaanse amptenare verlede naweek.

"Ons is seker dat ons op die pad na vrede is, en as vredemakers moet ons dit laat gebeur," het Dmitriev gesê.

Gevra of vrede in Oekraïne binne ’n jaar moontlik is, het Dmitriev gesê: "Ek glo so."

Terwyl hy in Amerika was, het Dmitriev gesê dat Rusland en Amerika naby is aan ’n "diplomatieke oplossing" vir die oorlog. –Reuters

2025-10-29 15:26:34 — Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Woensdag gesê hy is hewig ontsteld oor berigte dat meer as 460 mense in ’n hospitaal in die Soedanse stad El-Fasjer, wat onlangs deur paramilitêre magte oorgeneem is, doodgemaak is.

Dié stad in Soedan se Darfoer-streek is Sondag ná ’n beleg wat 18 maande geduur het deur die paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF) ingeneem.

“Die WGO is geskok en hewig ontsteld oor berigte van die tragiese dood van meer as 460 pasiënte en hul metgeselle by die Saoedi-kraaminrigting in El-Fasjer in Soedan,” het Tedros Adhanom Ghebreyesus, die WGO-hoof, op X gesê.– AFP

This image grab taken from handout video footage released on Sudan's paramilitary Rapid Support Forces (RSF) Telegram account on October 26, 2025, shows RSF fighters holding weapons and celebrating in the streets of El-Fasher in Sudan's Darfur. The governor of Darfur, allied with the Sudanese army, on October 27, 2025, called for the "protection of civilians" in the famine-stricken city of El-Fasher, after the paramilitary Rapid Support Forces (RSF) claimed to have taken control. (Photo by Rapid Support Forces (RSF) / AFP) / === RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / HO / SUDAN RAPID SUPPORT FORCES (RSF) TELEGRAM ACCOUNT" - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS === (-/AFP)

’n Skermgreep uit ’n video wat Soedan se paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF) op 26 Oktober vrygestel het kort nadat hulle beheer oor El-Fasjer geneem het.Foto: AFP


2025-10-29 15:41:00 — ’n Vermindering van Amerikaanse troepe aan Navo se oostelike flank is nie ’n Amerikaanse onttrekking uit Europa nie en sal nie die veiligheidsomgewing daar verander nie, het die Amerikaanse weermag Woensdag gesê.

“Dit is nie ’n Amerikaanse onttrekking uit Europa of ’n teken van ’n verminderde verbintenis tot Navo nie,” het die weermag gesê.

“Inteendeel, dit is ’n positiewe teken van verhoogde Europese vermoë en verantwoordelikheid.”– AFP

2025-10-29 15:44:44 — Kruger sê daar was ook ander Valke-lede wat daar was, maar hy weet nie wie hulle opdrag gegee het om daar te wees nie.

Hy sê op ’n vraag van Baloyi dié beamptes was nie deel van sy eenheid nie.

Kruger sê hy het nie geweet by wie se huis hulle was nie. Madlanga wil weet waarom daar nie ’n ondersoeknommer van die voorval was nie.

Hy het sy kommer uitgespreek dat daar geen ondersoeknommer vir die operasie vir verslagdoeleindes geskep is nie. Kruger kan nie met duidelikheid sê of dit hy of Mokoena is wat hiervoor verantwoordelikheid moet neem nie.

Die kommissie verdaag vir die dag.

2025-10-29 16:01:18 — Minstens 132 mense is in Dinsdag se polisieklopjagte op Rio de Janeiro se dwelmhandelaars dood, het die openbare verdediger se kantoor, wat regshulp aan armes verskaf, Woensdag gesê.

Dit is meer as dubbel die huidige amptelike dodetal.

Claudio Castro, goewerneur van die Rio-deelstaat, het die dodetal Woensdag op sowat 60 geraam, maar gewaarsku dat die dodetal waarskynlik hoër is aangesien lyke steeds nog na die lykshuis gebring word.– AFP

2025-10-29 16:21:32 — Een van die twee mans wat vroeër dié maand in ’n aanval op ’n sinagoge in Manchester dood is, het gesterf weens ’n skoot wat deur ’n polisiebeampte afgevuur  is, is Woensdag in ’n geregtelike ondersoek getuig.

Adrian Daulby (53) is dood weens ’n skietwond aan die bors. Die ander slagoffer, Melvin Cravitz (66), is deur die aanvaller met ’n mes doodgesteek.

Die hoof van die polisie in die Manchester-gebied het getuig Daulby is in die bors getref terwyl hy aan die ander kant van ’n deur geskuil het toe ’n polisiebeampte wat op die situasie gereageer het, verskeie skote afgevuur het.– AFP

2025-10-29 16:31:54 —

A billboard featuring Dua Lipa, part of 'Thank God For Immigrants' campaign, in London A person walks past a billboard featuring Dua Lipa, part of the "Thank God For Immigrants" campaign by activist group Everyone Hates Elon, celebrating immigrant icons of British culture with visuals inspired by Jeremy Deller's 2024 Wham poster and made with his endorsement, in London, Britain, October 29, 2025. REUTERS/Jack Taylor TPX IMAGES OF THE DAY (Jack Taylor/REUTERS)

’n Man loop Woensdag verby ’n advertensiebord waarop die sangeres Dua Lipa pryk. Dit is deel van die “Thank God For Immigrants”-veldtog deur die aktivistegroep Everyone Hates Elon. Dié groep vier immigrant-ikone van die Britse kultuur. Dua Lipa se ouers is Albaniese immigrante van Kosovo.Foto: Reuters


2025-10-29 16:47:15 — Die Israeliese weermag het Woensdag gesê hy het ’n geteikende aanval op ’n wapenopslagplek in die Beit Lahia-gebied in die noorde van die Gasastrook uitgevoer.

Die weermag het vroeër Woensdag gesê hy het weer begin om die bepalings van die Gasa-skietstilstand af te dwing ná ’n reeks aanvalle op die enklawe in reaksie op beweerde Hamas-skendings daarvan.– Reuters

2025-10-29 17:17:10 — Frankryk het Woensdag sy verkragtingswetgewing verander om duidelik die belangrikheid van toestemming te beklemtoon.

Die wetswysiging, nou meer in pas met ander Europese lande, volg ná die ontsteltenis oor die Gisèle Pelicot-massaverkragtingsaak. Tot nou toe het die Franse wet vereis dat aanklaers moes bewys die daad is deur geweld, dwang of dreigemente gepleeg sonder spesifieke verwysing na toestemming. Dié tekortkoming het dit uitdagend gemaak om vervolgings te laat slaag.

Die nuwe wet beklemtoon nou dat toestemming noodsaaklik is vir wettige seksuele omgang. Pelicot se voormalige man, Dominique, het verlede jaar skuld beken in die hof nadat hy haar herhaaldelik bedwelm en tientalle mans gereël het om haar te verkrag terwyl sy bewusteloos was.– Reuters

2025-10-29 17:26:08 — Twee mans wat weens die diefstal van juweliersware by die Louvre-museum in Parys, Frankryk, in hegtenis geneem is, gaan nou aangekla word van diefstal en misdadige sameswering.

Hulle het die aanklagte deels erken, sê Laure Beccuau, aanklaer. Die verdagtes sal in die hof verskyn met die oog op formele aanklagte van georganiseerde diefstal, wat tot 15 jaar tronkstraf kan lei, en misdadige sameswering, waarvoor ’n verdere 10 jaar tronkstraf opgelê kan word. Die gesteelde juweliersware wat op 19 Oktober verdwyn het, is volgens Beccuau nog nie teruggevind nie.

Die Louvre in Parys is internasionaal bekend as die wêreld se grootste kunsmuseum, die tuiste van meesterstukke soos Leonardo da Vinci seMona Lisa.– AFP

2025-10-29 17:36:50 — Die Israeliese weermag sê hy het Woensdag ’n wapenopslagplek in die Gasastrook aangeval. Dit volg ure ná die dodelikste nag van bomaanvalle in die Gasastrook sedert die begin van ’n skietstilstand. Israel waarsku hy sal voortgaan om oënskynlike bedreigings uit die weg te ruim.

’n Presisie-aanval is op ’n terrein in die Beit Lahia-gebied in die noorde van die Gasastrook uitgevoer waar Israel sê wapens geberg is vir “ ’n dreigende terreuraanval”.

Israeliese soldate is steeds ontplooi “in ooreenstemming met die skietstilstandooreenkoms en sal voortgaan om enige onmiddellike bedreiging te verwyder”, lui ’n verklaring van die Israeliese weermag.– AFP

2025-10-29 17:43:11 —

Damage to homes after Hurricane Melissa swept through Jamaica Drone view of flooding after Hurricane Melissa made landfall in St Elizabeth, Jamaica, October 29, 2025. REUTERS/Maria Alejandra Cardona (Maria Alejandra Cardona/REUTERS)

’n Huis is onder water in St. Elizabeth, Jamaika, weens die orkaan Melissa.Foto: Reuters


2025-10-29 18:14:23 — Spanje moet die oorsake van verlede jaar se verwoestende vloede deeglik ondersoek om waardevolle lesse daaruit te leer, sê koning Felipe VI.

Sy oproep kom te midde van fel kritiek oor die Spaanse owerhede se hantering van die dodelikste natuurramp in dekades.

“Dis noodsaaklik om die oorsake en omstandighede van die tragedie verder te ontleed om só die nodige lesse met deeglikheid en kalmte te leer en ons vermoë te verbeter om toekomstige groot katastrofes die hoof te bied,” het die koning by ’n staatsherdenking vir vloedslagoffers gesê.– AFP

2025-10-29 18:26:45 — Die Amerikaanse departement van justisie het Woensdag twee aanklaers op verlof geplaas ure nadat hulle na ondersteuners van pres. Donald Trump wat die Amerikaanse kongresgebou op 6 Januarie 2021 bestorm het, in ’n vonnisopleggingsmemorandum as “ ’n skare opstokers” verwys het.

Samuel White en Carlos Valdivia is op administratiewe verlof geplaas ’n dag voor die vonnisoplegging van Taylor Taranto. Taranto is skuldig bevind aan ’n vuurwapen-aanklag nadat hy in Junie 2023 gewapen na oudpres. Barack Obama se huis gery het, kort nadat Trump beweer het dat hy Obama se adres aanlyn geplaas het.

Taranto is in die woonbuurt deur die Amerikaanse geheimediens in hegtenis geneem.– Reuters

2025-10-29 18:37:08 — Die Amerikaanse federale reserwebank (Fed) het Woensdag sy tweede agtereenvolgende rentekoersverlaging van ’n kwart persentasiepunt aangekondig om die sukkelende arbeidsmark te ondersteun. Die besluit, geneem te midde van verdeelde menings onder beleidmakers, het die sentrale bank se uitleenkoers tot tussen 3,75% en 4% verlaag.

10 lede het die verlaging gesteun, terwyl twee daarteen beswaar aangeteken het. Goew. Stephen Miran het ’n groter halfpersentasiepunt-verlaging verkies en Jeff Schmid, president van die federale reserwebank in die stad Kansas, is teen enige verandering gekant.

Die verlaging is bedoel om die Amerikaanse ekonomie ’n hupstoot te gee, veral omdat ondernemings steeds onder die impak van pres. Donald Trump se invoertariewe gebuk gaan.– Reuters

2025-10-29 18:41:58 —

U.S. Vice President J.D. Vance travels to attend Turning Point USA event, at Joint Base Andrews U.S. Vice President J.D. Vance and second lady Usha Vance board Air Force Two for travel to attend a Turning Point USA event with Charlie Kirk's widow, Erika Kirk, in Mississippi, at Joint Base Andrews, Maryland, U.S., October 29, 2025. REUTERS/Jonathan Ernst/Pool (Jonathan Ernst/REUTERS)

Visepres. JD Vance en sy vrou, Usha, gaan aan boord van ’n vliegtuig in Maryland vir ’n reis om ’n Turning Point USA-geleentheid saam met Charlie Kirk se weduwee, Erika, in Mississippi by te woon.Foto: Reuters

2025-10-29 19:05:39 — Die orkaan Melissa het ’n vlak van verwoesting gesaai wat nog nooit tevore in Jamaika ervaar is nie, het die Verenigde Nasies se koördineerder in die land Woensdag gesê.

“Daar was geweldige, ongekende verwoesting van infrastruktuur, eiendom, paaie en netwerkverbinding,” het Dennis Zulu op ’n perskonferensie gesê.

“Ons het mense in skuilings oor die land heen en op die oomblik toon voorlopige assesserings dat die land verwoes is op ’n vlak wat nog nooit tevore ervaar is nie.”– AFP

Aftermath of Hurricane Melissa, in Jamaica Camilla Powell 27, and daughter Destiny Ellington, 5, stand outside of their home after Hurricane Melissa made landfall, in Alligator Pond, Jamaica, October 29, 2025. REUTERS/Octavio Jones TPX IMAGES OF THE DAY (Octavio Jones/REUTERS)

Camilla Powell (27) en haar dogter Destiny Ellington (5) Woensdag buite hul huis in Alligator Pond, Jamaika, nadat orkaan Melissa van Jamaika af aanbeweeg het.Foto: Reuters


2025-10-29 19:37:43 — António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, is “diep besorg” oor die dodetal ná ’n polisieklopjag op dwelmbendes in Rio de Janeiro, Brasilië, het sy woordvoerder Woensdag gesê.

Meer as 100 mense is dood toe sowat 2 500 wetstoepassers op ’n dwelmsmokkelnetwerk in ’n favela toegeslaan het.

“Hy (Guterres) benadruk dat die gebruik van geweld in polisieoperasies in ooreenstemming moet wees met internasionale menseregte en standaarde, en versoek dat die owerhede dit ondersoek,” het Stéphane Dujarric aan verslaggewers gesê.

Op sy beurt is pres. Luiz Inacio Lula da Silva van Brasilië “met afgryse gevul” oor die dodetal, het een van sy ministers gesê.– AFP

2025-10-29 20:05:55 — Die verwoesting wat deur orkaan Melissa veroorsaak is, is ’n “hartverskeurende” herinnering aan die nodigheid om die “balans” in die natuur te herstel, het koning Charles van Brittanje Woensdag gesê.

In ’n boodskap op sosiale media het die koning gesê hy en koningin Camilla is “diep hartseer om die katastrofiese skade te sien wat deur die felheid van Melissa in Jamaika en oor die Karibiese gebied heen veroorsaak is”.

“Hierdie aaklige, rekordbrekende storm herinner ons aan die toenemende dringende behoefte om die balans en harmonie in die natuur te herstel, ter wille van almal wie se lewe en bestaansmiddele deur die hartverskeurende ramp verwoes is,” het hy gesê.– AFP

A bed washed away by floods is seen after the passage of Hurricane Melissa through the town of San Miguel de Parada in Santiago de Cuba province on October 29, 2025. A powerful Hurricane Melissa made landfall in eastern Cuba on Wednesday, causing damage and flooding to homes and streets in Santiago de Cuba province, an AFP team on the ground reported. (Photo by YAMIL LAGE / AFP) (YAMIL LAGE/AFP)

’n Bed wat in oorstromings weggespoel het Woensdag buite die dorp San Miguel de Parada in Kuba nadat orkaan Melissa die eiland getref het.Foto: AFP

2025-10-29 20:23:10 — Nederlandse kiesers het oënskynlik die verregse leier Geert Wilders verwerp ten gunste van ’n sentristiese party, wys ’n uitgangspeiling ná Woensdag se skielike verkiesing.

Die D66-party sal luidens die Ipsos-peiling na verwagting 27 van die 150 setels in die parlement wen. Dit is twee meer as dié van Wilders en sy Vryheidsparty.

Stemdagpeilings in Nederland gee gewoonlik ’n akkurate weergawe van die parlementêre samestelling, maar die setels kan verander namate die stemme getel word.– AFP

2025-10-29 20:32:18 —

Joburg Ballet photocall before Royal Opera House debut, in London Dancers of the Joburg Ballet perform during a photocall before the company's Royal Opera House debut, in London, Britain, October 29, 2025. REUTERS/Isabel Infantes TPX IMAGES OF THE DAY (Isabel Infantes/REUTERS)

Dansers van die Suid-Afrikaanse Joburg Ballet Woensdag tydens ’n fotosessie voor die geselskap se debuutoptrede Vrydag in die Royal Opera House se Linbury-teater in Londen.Foto: Reuters

2025-10-30 03:35:53 — Die owerhede in Indonesië ondersoek vandeesweek voedselvergiftiging waarby meer as 660 kinders in die provinsie Yogyakarta betrokke is.

Dit volg nadat die kinders maaltye geëet het wat berei is as deel van pres. Prabowo Subianto se gratis skoolmaaltydprogram.

Die kinders het by twee afsonderlike skole siek geword.

Die program, wat in Januarie van stapel gestuur is, was ’n belangrike belofte van Subianto se verkiesingsveldtog, maar teen Woensdag het sowat 15 000 kinders reeds siek geword, toon data van ’n plaaslike nieregeringsorganisasie.– Reuters


2025-10-30 03:43:11 — Pres. Donald Trump het Donderdag gesê hy het die departement van verdediging opdrag gegee om onmiddellik die toets van kernwapens op ’n “gelyke grondslag” met ander kernmoondhede te hervat.

“As gevolg van ander lande se toetsprogramme, het ek die departement opdrag gegee om ons kernwapens op ’n gelyke grondslag te begin toets. Daardie proses sal onmiddellik begin,” het Trump op Truth Social gesê.

“Rusland is tweede en China is ’n verre derde, maar sal binne vyf jaar gelyk wees.”– Reuters

2025-10-30 03:57:13 — Die orkaan Melissa het Woensdag deur die noordelike Karibiese Eilande getrek nadat dit Kuba se tweede grootste stad verwoes, honderde landelike gemeenskappe geïsoleer en verwoesting in Jamaika veroorsaak het.

Minstens 25 mense is in Haïti dood.

Melissa het Jamaika Dinsdag getref as ’n kategorie 5-orkaan en die sterkste orkaan ooit wat sy kus direk getref het.

Teen 20:00 plaaslike tyd Woensdag was Melissa ’n kategorie 1-orkaan wat wind, reën en stormvloede meegebring het terwyl dit noordoos deur die Bahamas-argipel beweeg het.– Reuters

Flooded homes are seen after the passage of Hurricane Melissa in Howard Acres neighbourhood in St. Elizabeth, Jamaica on October 29, 2025. Hurricane Melissa ripped up trees and knocked out power after making landfall in Jamaica on October 28, 2025 as one of the most powerful hurricanes on record, inundating the island nation with rains that threaten flash floods and landslides. (Photo by Ricardo MAKYN / AFP) (RICARDO MAKYN/AFP)

Oorstroomde huise Woensdag in die Howard Acres-woonbuurt in St. Elizabeth, Jamaika, nadat die orkaan Melissa getref het.Foto: AFP

2025-10-30 04:09:37 — Die Amerikaanse weermag het Woensdag vier mans in die ooste van die Stille Oseaan doodgemaak in ’n aanval op ’n vaartuig wat glo dwelms gesmokkel het, het Pete Hegseth, Amerikaanse minister van oorlog, gesê.

“Hierdie vaartuig, soos al die ander, was volgens ons intelligensie betrokke by onwettige dwelmsmokkelary. Dit het langs ’n bekende dwelmsmokkelroete gevaar en dwelmmiddels vervoer,” het Hegseth op X gesê.

Hegseth se plasing het ’n kort videogreep ingesluit van ’n boot in die water wat getref word en ontplof.– Reuters

2025-10-30 04:23:32 — Republikeinse en Demokratiese senatore het ’n sterk reaksie van pres. Donald Trump se administrasie versoek nadat die paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF) ’n nuwe gebied in Soedan beset het en na bewering burgerlikes aangeval het.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Woensdag gesê hy is hewig ontsteld oor berigte dat meer as 460 mense in ’n hospitaal in die stad El-Fasjer doodgemaak is.

’n Republikeinse senator het ’n beroep op Amerika gedoen om die RSF amptelik tot ’n buitelandse terroriste-organisasie te verklaar.– Reuters

2025-10-30 04:52:06 — Kritieke gesprekke tussen pres. Donald Trump en pres. Xi Jinping van China is Donderdag in minder as twee ure afgehandel sonder enige onmiddellike openbare kommentaar van enige van die leiers oor of vordering rakende die handelsoorlog gemaak is.

Trump is daarna direk na Air Force One in Busan, Suid-Korea, ná sy eerste persoonlike vergadering in ses jaar met Xi. Trump het gewaai en sy hand in die lug gepomp toe hy aan boord van die vliegtuig geklim het. Die straler het minute later opgestyg.– AFP

U.S. President Donald Trump meets with Chinese President Xi Jinping on the sidelines of the APEC summit, in Busan U.S. President Donald Trump and Chinese President Xi Jinping react as they hold a bilateral meeting at Gimhae International Airport, on the sidelines of the Asia-Pacific Economic Cooperation (APEC) summit, in Busan, South Korea, October 30, 2025. REUTERS/Evelyn Hockstein TPX IMAGES OF THE DAY (Evelyn Hockstein/REUTERS)

Pres. Donald Trump en pres. Xi Jinping van China Donderdag by die Gimhae- internasionale lughawe in Busan, Suid-Korea.Foto: Reuters


2025-10-30 05:11:15 — Australiese krieket is Donderdag geruk deur die dood van ’n tienerspeler wat in ’n oefening by sy klub in Melbourne deur ’n bal getref is.

Ben Austin (17) is Dinsdag hoog in die nek getref deur ’n bal terwyl hy in die nette by die Ferntree Gully-krieketklub gekolf het, het die beheerliggaam Cricket Victoria (CV) gesê.

Hy is hospitaal toe gehaas en op ’n lewensondersteuningstelsel geplaas, maar is Woensdag oorlede.– Reuters

2025-10-30 06:20:02 — Die owerhede in Tanzanië het Donderdag staatsamptenare en studente opdrag gegee om tuis te bly.

Dit volg een dag ná ’n algemene verkiesing wat deur gewelddadige betogings geruk is en daartoe gelei het dat die polisie ’n aandklokreël in Dar es Salaam ingestel het.

Betogers het Woensdag ten tyde van die stemmery die strate van Dar es Salaam en verskeie ander stede ingevaar weens woede oor die uitsluiting van pres. Samia Suluhu Hassan se twee grootste teenstanders.– Reuters

2025-10-30 06:26:24 — Pres. Donald Trump het Donderdag se vergadering met pres. Xi Jinping van China ’n “groot sukses” genoem.

Die twee lande het ’n ooreenkoms bereik om tariewe wat verband hou met fentaniel te verlaag en die voorraad van kritieke seldsame aardmetale aan die gang te hou.

“Ek het gedink dit was ’n wonderlike vergadering,” het Trump gesê.

Trump het gesê die ooreenkoms behels onder meer dat China onmiddellik “geweldige hoeveelhede sojabone en ander landbouprodukte” koop.

Daar was geen onmiddellike kommentaar van die Chinese regering nie.– AFP

2025-10-30 06:47:50 — Elf mense is oornag gewond in Russiese hommeltuig- en missielaanvalle in Oekraïne en ’n groot deel van die land is sonder krag gelaat, het die owerhede Donderdag gesê.

Residensiële geboue is ook getref. Ses kinders van drie tot ses jaar oud is onder die gewondes.

Switlana Grintsjoek, Oekraïne se minister van energie, het gesê “Rusland het weereens ’n massiewe missiel- en hommeltuigaanval op Oekraïne se energie-infrastruktuur geloods”.– AFP

Aftermath of a Russian missile and drone attack in Zaporizhzhia Police investigators inspect debris at a site of a dormitory building heavily damaged during an overnight Russian missile and drone strikes, amid Russia's attack on Ukraine, in Zaporizhzhia, Ukraine October 30, 2025. REUTERS/Stringer TPX IMAGES OF THE DAY (Stringer/via REUTERS)

Polisieondersoekers inspekteer die puin by die terrein van ’n koshuisgebou wat erg beskadig is in Russiese aanvalle op Zaporizjzjia, Oekraïne.Foto: Reuters

2025-10-30 07:11:12 — ’n Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die Louvre-rooftog in Parys, het die Franse TV-stasie BFM Donderdag berig.

Die inhegtenisneming het laat Woensdag plaasgevind en die man word daarvan verdink dat hy op die misdaadtoneel teenwoordig was toe die rooftog plaasgevind het.

Vier diewe het op 19 Oktober kosbare juwele uit die Louvre se Apollo-galery gesteel.

Twee mans wat verlede naweek in hegtenis geneem is, het hul betrokkenheid by die rooftog “gedeeltelik erken”, het die aanklaer Woensdag gesê.

Die juweliersware is nog nie opgespoor nie.– Reuters

(FILES) This photograph shows "Collier et boucles d'oreilles de la parure d��meraudes de l'imp�ratrice Marie-Louise" (necklace and earrings of the set of jewelry of Empress Marie-Louise) displayed at Apollon's Gallery on January 14, 2020 at the Louvre museum in Paris after the reopening of the Gallery following ten months of renovations. Thieves raided Paris's Louvre museum in broad daylight on October 19, 2025, taking just seven minutes to grab some of France's priceless crown jewels, but dropping a gem-encrusted crown as they fled, officials and sources said. "Two high-security display cases were targeted, and eight objects of invaluable cultural heritage were stolen," said the ministry statement. They included the emerald-and-diamond necklace that Napoleon gave his wife Empress Marie Louise, and the crown of Empress Eugenie, the wife of Napoleon III. (Photo by STEPHANE DE SAKUTIN / AFP) (STEPHANE DE SAKUTIN/AFP)

’n Smarag-en-diamant-halssnoer wat Napoleon aan sy vrou, keiserin Marie Louise, gegee het, is in die rooftog by die Louvre-museum in Parys gebuit.Foto: AFP


2025-10-30 08:07:25 — Pres. Xi Jinping van China het bevestig die land het konsensus met Amerika bereik oor ekonomiese en handelskwessies.

Trump en Xi het vir die eerste keer sedert 2019 in Busan, Suid-Korea, vergader terwyl hul twee lande steeds in ’n hewige handelsoorlog vasgevang is.

Xi het Donderdag aan Trump gesê dat die twee lande “positiewe interaksies op die streeks- en internasionale verhoog moet hê”, het die Chinese staatsnuusagentskap Xinhua berig.

Vroeër is berig Trump het die vergadering met Xi ’n “groot sukses” genoem.– AFP

2025-10-30 08:12:01 — Die polisie in Tanzanië se hoofstad, Dar es Salaam, het Donderdag geweerskote en traangas afgevuur om betogers uiteen te jaag.

Protesoptogte het Woensdag in Dar es Salaam en verskeie ander stede uitgebreek gedurende die algemene verkiesing, met betogers wat woedend was oor die uitsluiting van pres. Samia Suluhu Hassan se twee grootste uitdagers, asook wat hulle sê toenemende onderdrukking van regeringskritici is.

Die polisie het ’n oornag-aandklokreël in Dar es Salaam gelas.– Reuters

2025-10-30 08:23:13 — Pres. Donald Trump sê tariewe op Chinese invoer sal van 57% tot 47% verminder word deur die koers van tariewe wat verband hou met handel in fentaniel tot 10% te halveer.

Pres. Xi Jinping van China sal “baie hard werk om die vloei” van fentaniel, ’n dodelike sintetiese opioïed wat die hoofoorsaak van Amerikaanse oordosissterftes is, te stop, het Trump gesê.

Die tarief is verminder “omdat ek glo hulle doen werklik kragtige stappe”.– Reuters

2025-10-30 08:59:55 — Pres. Donald Trump sê amptenare van Washington en Beijing sal vergader om ’n moontlike energie-ooreenkoms tussen die twee lande te bespreek.

“China... het ooreengekom dat hy die proses sal begin om Amerikaanse energie te koop,” het Trump op Truth Social gesê ná gesprekke met Xi Jinping, president van China

“Ons onderskeie spanne oor energie sal vergader om te sien of so ’n ooreenkoms uitgewerk kan word,” het Trump bygevoeg.– Reuters

2025-10-30 09:12:16 — Dit lyk asof Nederland se volgende regering die verregses sal uitsluit, en deur ’n openlik gay minister gelei kan word ná verkiesings waarin Geert Wilders se verregse Vryheidsparty steun verloor en steun vir die gematigde party D66 toegeneem het.

Met 98% van die stemme getel, was D66 en Wilders se party Donderdag vroeg gelykop, met albei wat na verwagting 26 setels in die laerhuis sal inneem.

Alle groot hoofstroompartye het die moontlikheid uitgesluit om saam met Wilders te regeer nadat hy die vorige koalisie omvergewerp het.– Reuters


2025-10-30 09:24:47 — Twee kinders en hul ouers is dood toe ’n gebou in ’n dorp naby Istanbul in Turkye ineengestort het, het die owerhede Donderdag gesê.

’n Metro-tonnel word gegrawe naby die woongebou van sewe verdiepings in Gebze, ongeveer 60 km oos van Istanbul, en na berig word, is die owerhede gewaarsku dat die gebou kraak.

Honderde reddingswerkers het deur die puin gegrawe en die lyke van die twee kinders is Woensdag ontdek. Dié van hul ouers is Donderdag met dagbreek gevind.– AFP

2025-10-30 09:37:46 — Pres. Donald Trump sê Taiwan het nooit in sy gesprekke met pres. Xi Jinping van China ter sprake gekom nie.

Sommige kenners het vrese uitgespreek dat Trump toegewings oor Taiwan kan maak.

Amerikaanse wetgewing vereis dat Washington Taiwan die middele moet gee om homself te verdedig.

Sedert hy vroeër vanjaar aan die bewind gekom het, het Trump gehuiwer oor sy posisie oor Taiwan wat demokratiese regeer word, maar China sê dit is sy grondgebied.– Reuters

2025-10-30 10:00:11 — Pres. Donald Trump sê Amerika en China het ooreengekom om meer saam te werk om ’n einde aan die oorlog in Oekraïne te bring.

China sê hy is ’n neutrale party in die konflik, maar Kijif en Westerse regerings beskuldig Beijing lank daarvan dat dit politieke en ekonomiese steun aan Moskou bied.

Trump sê die onderwerp het “baie sterk” tydens sy gesprekke met pres. Xi Jinping van China na vore gekom.– AFP

US President Donald Trump gestures as he boards Air Force One after talks with China's President Xi Jinping at the Gimhae Air Base, located next to the Gimhae International Airport in Busan on October 30, 2025. US President Donald Trump and China's leader Xi Jinping opened on October 30 their first face-to-face meeting in six years, seeking a truce to end a trade war that has roiled the world economy. (Photo by ANDREW CABALLERO-REYNOLDS / AFP) (ANDREW CABALLERO-REYNOLDS/AFP)

Pres. Donald Trump Donderdag op Air Force One tydens sy vertrek uit Busan, Suid-Korea, ná sy vergadering met pres. Xi Jinping van China.Foto: AFP

2025-10-30 10:15:48 — António Guterres, hoof van die Verenigde Nasies (VN), het Donderdag ’n onmiddellike einde aan die militêre eskalasie in Soedan geëis.

Dit kom ná berigte dat meer as 460 mense deur die paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF) by ’n kraamhospitaal doodgeskiet is.

Guterres sê in ’n verklaring hy is baie bekommerd oor die eskalasie in El-Fasjer en het gevra vir “ ’n onmiddellike einde aan die beleg en vyandelikhede”.

Internasionale moondhede sukkel al maande om ’n einde te maak aan die gevegte tussen die RSF en die weermag, wat sedert April 2023 woed.– AFP

A displaced woman rests in Tawila, in the country's war-torn western Darfur region, on October 28, 2025, after fleeing El-Fasher following the city�s fall to the Rapid Support Forces (RSF). Fears mounted in Sudan on October 28, three days after paramilitaries seized the key city of El-Fasher, amid reports of mass atrocities and the killing of five Red Crescent volunteers in Kordofan. The capture of El-Fasher, the historic heart of Darfur, has sparked fears of mass killings reminiscent of the region�s darkest days. (Photo by AFP) (-/AFP)

’n Ontheemde vrou rus Dinsdag in die Darfoer-streek nadat sy uit El-Fasjer gevlug het toe die paramilitêre Blitsondersteuningsmag die stad oorneem.Foto: AFP

2025-11-03 03:29:37 — Minstens 10 mense is dood en 260 beseer toe ’n aardbewing van 6,3 Afganistan vroeg Maandagoggend naby die stad Mazar-e Sjarif getref het.

Die Amerikaanse organisasie vir geologiese opname (USGS) het gesê die aardbewing het op ’n diepte van 28 km naby Mazar-e Sjarif toegeslaan.

Die getal sterftes en beseerdes is op hospitaalverslae gegrond.

Die land se nasionale rampbestuuragentskap het gesê verslae oor slagoffers en skade sal later uitgereik word.– Reuters, AFP


2025-11-03 03:35:36 — Pres. Donald Trump het Sondag gesê hy kry die Britse koninklike familie jammer nadat koning Charles sy broer Andrew van sy titel as prins gestroop het te midde van toenemende druk oor Andrew se bande met wyle Jeffrey Epstein, veroordeelde seksmisdadiger.

“Dit is ’n verskriklike ding wat met die familie gebeur het,” het Trump aan verslaggewers aan boord van Air Force One gesê toe hy oor Charles se optrede gevra is.

“Dit is ’n tragiese situasie en dit is aaklig. Ek voel jammer vir die familie.”– Reuters

2025-11-03 03:44:59 — Hamas het Sondag die lyke van drie gyselaars aan Israel oorhandig.

Israeliese magte in die Gasastrook het doodskiste ontvang nadat Hamas dit aan die Rooi Kruis besorg het, het die kantoor van premier Benjamin Netanyahu gesê.

Die oorskot sal na Israel vervoer word vir identifikasie.

Die lyke is na verwagting dié van drie van die 11 gyselaars wie se oorskot Israel uit die Gasastrook wou hê ingevolge die bepalings van ’n skietstilstand.– Reuters

2025-11-03 04:09:01 — Minstens 26 mense is dood in ’n grondstorting weens swaar reën in die Skeurvallei in Wes-Kenia.

Altesaam 25 mense word ná verwoestende vloede in die Elgeyo-Marakwet-distrik steeds vermis en 26 is gered, volgens ’n regeringswoordvoerder.

Die regering het militêre vliegtuie en spesialis-rampwerkers ontplooi om ’n soek-en-reddingsoperasie uit te voer.

Honderde mense is die laaste paar jaar dood in grondstortings en vloede in Kenia.

Wetenskaplikes sê klimaatsverandering veroorsaak meer intense en gereelde uiterste weerstoestande.– Reuters

2025-11-03 04:13:10 — Pous Leo XIV het Sondag sy beroep om ’n onmiddellike skietstilstand in Soedan herhaal.

“Met groot hartseer volg ek die tragiese nuus wat uit Soedan kom, veral uit die stad El-Fasjer,” het die pous gesê.

Hy het “lukrake geweld teen vroue en kinders en aanvalle op ongewapende burgers” veroordeel en gesê dit skep “ernstige struikelblokke vir humanitêre optrede” wat “’n reeds uitgeputte bevolking ná lang maande van konflik onaanvaarbare lyding  besorg het”.– AFP

2025-11-03 04:46:37 — Minstens 23 mense is Saterdag weens ’n ontploffing in ’n supermark in Noord-Mexiko dood en 12 beseer.

Van die slagoffers was minderjariges, het die owerheid gesê.

Die meeste is dood nadat hulle giftige gas ingeasem het.

Ondersoekers het gesê die ontploffing was ’n ongeluk wat moontlik deur ’n foutiewe elektriese transformator veroorsaak is.– AFP


2025-11-03 05:19:03 — Pres. Donald Trump het Sondag gesê hy oorweeg vir eers nie ’n ooreenkoms wat Oekraïne in staat sal stel om Tomahawk-missiele vir gebruik teen Rusland te bekom nie.

Trump is tot dusver huiwerig oor ’n plan vir Amerika om Tomahawks aan Navo-nasies te verkoop wat hulle aan Oekraïne sal oordra.

“Nee, nie regtig nie,” het Trump gesê toe hy deur verslaggewers gevra is of hy ’n ooreenkoms oorweeg om die missiele te verkoop.

Hy het egter bygevoeg dat hy van plan kan verander.– Reuters

2025-11-03 05:20:20 — Die Mexikaanse president, Claudia Sheinbaum, het geregtigheid belowe nadat die burgemeester van die stad Uruapan Saterdag doodgeskiet is.

Carlos Manzo (40) het op die Dag van die Dooies-fees ’n kersliggeleentheid bygewoon toe hy vermoor is. Hy was ’n openlike kritikus van georganiseerde misdaad.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem en ’n derde is dood, het die ministerie van sekuriteit gesê.

Verskeie politici en joernaliste is die laaste paar jaar in dié stad in die geweldgeteisterde staat Michoacán in Wes-Mexiko vermoor.– AFP

2025-11-03 05:39:08 — Die dodetal weens ’n aardbewing in Afganistan het toegeneem tot meer as 20, het die ministerie van gesondheid gesê. Ongeveer 320 mense is ook beseer.

Dié ongevalle is in die provinsies Balkh en Samangan aangeteken. Dit is slegs voorlopige syfers.

Vroeër is berig ’n aardbewing van 6,3 het Afganistan vroeg Maandagoggend naby die stad Mazar-e Sjarif getref.– AFP

2025-11-03 06:37:06 — Vyf Duitse bergklimmers het Saterdag in ’n sneeustorting in die Dolomietberge in Italië omgekom.

Twee groepe bergklimmers is in die stortvloed van sneeu vasgevang.

“Die eerste groep van drie mense was heeltemal begrawe” onder die sneeu, het Italië se reddingsdienste gesê.

Twee klimmers van ’n tweede span van vier mense het oorleef nadat hulle skuiling gevind het.

Die lyke van die ander twee ander klimmers, ’n pa en sy dogter (17), is Sondagoggend gevind.– AFP

2025-11-03 06:42:59 — Die Israeliese owerhede het die oorskot van drie dooies wat deur Hamas oorhandig is geïdentifiseer as gyselaars wat in Oktober 2023 gevange geneem is, het die kantoor van premier Benjamin Netanyahu Maandag gesê.

Die owerheid sê die oorledenes is “in aksie” dood.

Die oorskot sluit in dié van Omer Neutra, ’n Amerikaans-Israeliese kaptein wat 21 jaar oud was toe hy as gyselaar geneem is. Die ander twee is kpl. Oz Daniel (19) en kol. Assaf Hamami (40).– AFP


2025-11-03 06:54:06 — Die dodetal weens die orkaan Melissa in Jamaika het Sondag van 19 tot 28 gestyg.

Andrew Holness, premier van Jamaika, het die nuwe sterftesyfer bevestig.

Hy het gesê daar is “nog verslae van moontlike sterftes wat inkom en nog bevestig moet word”.

Melissa het verlede week die eiland as ’n kategorie 5-orkaan getref.– AFP

Aftermath of Hurricane Melissa in Belmont A drone view of damage caused by Hurricane Melissa, in Belmont, Jamaica, November 2, 2025. REUTERS/Raquel Cunha TPX IMAGES OF THE DAY (Raquel Cunha/REUTERS)

’n Foto vanaf ’n hommeltuig van skade wat deur die orkaan Melissa in Belmont, Jamaika, veroorsaak is.Foto: Reuters

2025-11-03 07:35:00 — ’n Groep ongematigde individue wou aan boord van ’n skip gaan wat in waters oos van Mogadisjoe, Somalië, vaar, het die Britse Maritieme Handelsoperasies (UKMTO) Maandag gesê.

“Die kaptein het aangemeld dat vier ongemagtigde persone probeer het om aan boord van sy vaartuig te gaan,” lui ’n verklaring deur die UKMTO.

“Alle bemanningslede is veilig en reis na die volgende hawe. Die owerhede het ’n ondersoek van stapel gestuur. Skepe word aangemoedig om met versigtigheid te reis.”– Reuters

2025-11-03 07:54:17 — Die Madlanga-kommissie hoor Maandag verdere getuienis aan oor hoe die omstrede sakeman en moordbeskuldigde Katiso (KT) Molefe op 6 Desember verlede jaar in hegtenis geneem is. Die taakspan wat politieke moorde ondersoek en by Molefe se inhegtenisneming betrokke was, het vroeër voor die kommissie getuig oor hoe hy in hegtenis geneem is. Van die lede het ook getuig hoe die Valke ingemeng het in Molefe se inhegtenisneming. Lede van die Valke wat voor die kommissie kom getuig het, sê weer hulle het nie ingemeng nie, maar dat hulle by Molefe se huis in Sandhurst, Johannesburg, opgedaag het omdat hulle inligting ontvang het dat daar mense by Molefe se huis is wat hulle as beamptes van die Valke  voordoen.

2025-11-03 08:11:43 — George Raftopoulos, provinsiale hoofinspekteur van Gauteng se verkeerspolisie, praat oor sy betrokkenheid op die dag wat die omstrede sakeman en moordbeskuldigde Katiso (KT) Molefe in hegtenis geneem is.

Hy is die betrokke dag deur kapt. Barry Kruger van die Valke gekontak omdat daar glo mense was wat hulle as polisiebeamptes voordoen by die betrokke huis.

Volgens Raftopoulos help hulle gewoonlik die polisie met sommige operasies. Raftopoulos sê daar was al voorheen voorvalle waar mense hulle as polisiebeamptes voordoen.

Hy vertel van twee gevalle. Twee mense het hulle as verkeersbeamptes in Pretoria voorgedoen waar hulle vragmotors gekaap het. Hulle het die volle uniform van ’n verkeersbeampte gehad, maar geeneen was ’n verkeersbeampte nie.

In ’n ander geval was daar ’n huisroof in Alberton waar mense hulle as polisiebeamptes voorgedoen het. Hulle het polisie-identifikasievorms gehad, maar was nie polisiebeamptes nie.

George Raftopoulos, provinsiale hoofinspekteur van Gauteng se verkeerspolisie.Foto: Skermgreep

2025-11-03 08:13:21 — Raftopoulos praat oor die dag van Molefe se inhegtenisneming. Omdat hy nie enige mannekrag op daardie spesifieke tyd gehad het nie, het hy self die helikopter gevlieg.

Dit het hom sowat sewe minute geneem om by Molefe se huis uit te kom. Hulle is in Midrand gestasioneer en Molefe bly in Sandhurst, Sandton.

Hy het om 16:40 opgestyg. Om 16:44 het Kruger ’n boodskap in ’n WhatsApp-groep gedeel dat dit ’n wettige operasie is. Toe Raftopoulos die boodskap om 16:47 sien, was hy reeds by die adres. Hy het ook ’n video geneem.

Raftopoulos sê aan die kommissie as dit mense is wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, sou hulle probeer weghardloop het toe hulle die helikopter gesien het.

Raftopoulos praat nou oor die bewerings van inmenging. “Ek het gehoor ons het ingemeng. Ek is ontsteld oor die kommentaar. Dis onwaar. Ek weet nie wie Molefe is nie. Ek het net ’n span gehelp wat ek voorheen gehelp het.”

Raftopoulos is klaar met sy getuienis.

Skermgreep van die tyd toe Raftopoulos opgestyg en geland het.


2025-11-03 08:22:38 — Tienduisende Soedannese burgers het uit dorpe in ’n uitgestrekte streek oos van Darfoer gevlug, het die Verenigde Nasies (VN) gesê.

Dit kom net meer as ’n week nadat die paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF) die stad El-Fasjer oorgeneem het.

Die VN se migrasie-agentskap het laat Sondag gesê dat ’n geskatte 36 825 mense uit vyf plekke in die noorde van Kordofan gevlug het.

Dit is ’n streek ’n paar honderd kilometer oos van Darfoer.– AFP

Local residents take part in a demonstration in Omdurman on October 31, 2025, to protest against the Rapid Support Forces� reported �atrocities� in El-Fasher in western Sudan. Sudan's paramilitary Rapid Support Forces said they had arrested several of their fighters accused of committing abuses during the capture of the city of El-Fasher, including a man identified by AFP in multiple execution videos. The RSF, at war with the army since April 2023, seized El-Fasher -- the army's last stronghold in western Darfur -- on October 26, after an 18-month siege. (Photo by Ebrahim Hamid / AFP) (EBRAHIM HAMID/AFP)

Plaaslike inwoners in die stad Omdoerman neem Vrydag deel aan ’n betoging teen die paramilitêre Blitsondersteuningsmag.Foto: AFP

2025-11-03 08:38:35 — Pres. Donald Trump het Sondag beweer dat lande, insluitend Rusland en China, ondergrondse kernwapentoetse uitgevoer het wat nie aan die publiek bekend gemaak is nie.

“Rusland toets, en China toets, maar hulle praat nie daaroor nie,” het Trump gesê en ook na Noord-Korea en Pakistan verwys.

“Ek wil nie die enigste land wees wat nie toets nie.”

Trump het verlede week beveel dat Amerika kernwapentoetse moet hervat.

Daar is egter verwarring oor die spesifieke aard van die toetse.– AFP

2025-11-03 08:45:10 — Pres. Donald Trump het Sondag beweer dat lande insluitend Rusland en China ondergrondse kernwapen toetse uitgevoer het wat nie aan die publiek bekendgemaak word nie.

“Rusland toets, en China toets, maar hulle praat nie daarvan nie,” het Trump gesê en ook verwys na Noord-Korea en Pakistan.

“Ek wil nie die enigste land wees wat nie toets nie,” Trump het verlede week bevel dat Amerika kernwapen toetse moet hervat.

Daar is egter verwarring oor die spesifieke aard van die toetse.– AFP

2025-11-03 08:51:56 — AO Sabelo Nkosi van die Valke se taktiese operasionele eenheid (Toms) het ’n oproep van brig. Lesiba Mokoena, Toms-afdelingshoof, ontvang om na die betrokke adres te gaan.

Die Madlanga-kommissie het ook verlede week gehoor dat Mokoena vir Kruger en nog ’n ander beampte opdrag gegee het om na die adres te gaan om te gaan vasstel of dit ’n wettige operasie by Molefe se adres was.

Nkosi het Mokoena se operasie vreemd gevind. Hy sê hy en Kruger, wat toe daardie tyd in Pretoria was, was veronderstel om op Vrydag 6 Desember om 19:00 ’n operasie in Noordwes uit te voer. Volgens hom het Mokoena geweet van die lewensgevaarlike operasie in Noordwes.

“ ’n Redelike persoon sou geweet het die lewensgevaarlike operasie sou prioriteit geniet. As jy ons verwyder, raak die span swak, want jy wyk af van jou operasieplan.”

Volgens hom was dit onbelangrik om te gaan vasstel of dit ’n wettige operasie is omdat daar plaaslike polisiebeamptes in die gebied was wat dit kon doen.

Volgens hom was hy sowat 60 km weg van die adres in Sandhurst waar Molefe woon.

AO Sabelo Nkosi van die Valke se taktiese operasionele eenheid. Foto: Skermgreep

2025-11-03 08:54:45 — Carlos Mazon, die leier van Spanje se Valencia-streek, het bedank oor sy administrasie se hantering van die katastrofiese vloede wat verlede jaar die streek getref het.

Mazon het daaglikse oproepe vir sy bedanking ontvang sedert swaar reën op 29 Oktober 2024 tot die dood van 229 mense gelei het en miljarde euro’s se skade veroorsaak het.

Inwoners van die geaffekteerde gebiede beskuldig die streeksregering daarvan dat hy ’n waarskuwing te laat uitgereik het nadat geboue reeds onder water was en baie mense verdrink het.– Reuters


2025-11-03 09:06:31 — Nkosi sê toe hulle hoor dit is ’n wettige operasie, het hulle gewag om te hoor of hulle kan onttrek. Hy sê daar was ’n WhatsApp-groep waar inligting gedeel is en waarvan Mokoena deel was. “Ek het gewag vir die brigadier. Hy was die een wat ons die opdrag gegee het.” Volgens hom het hy om 16:00 die opdrag van Mokoena ontvang om na die adres te gaan en teen 17:00 was hy naby die adres. Volgens hom sal misdadigers nie so lank vat as hulle ’n huis beroof nie. “Hulle sou lankal weg gewees het.”’n Deel van die WhatsApp-gesprek.

2025-11-03 09:11:52 — Twee Italiaanse bergklimmers het in Nepal vermis geraak terwyl hulle ’n afgeleë piek geklim het. Dit kom nadat die sikloon Montha weer in die streek ontwrig het.

Die bergklimmers, Farronato Stefano en Caputo Alessandro, het probeer om die Panbari-berg van 6 887 m in die weste van Nepal as deel van ’n span van drie te klim.

“Die twee was vasgevang in kamp een weens swaar sneeuval en is sedert Saterdag weg,” het Nepal se departement van toerisme gesê.– AFP

2025-11-03 09:35:34 — Pres. Samia Suluhu Hassan van Tanzanië (65) is Maandag ingehuldig vir haar eerste verkose termyn nadat sy ’n verkiesingsoorwinning behaal het wat tot noodlottige betogings gelei het.

Hassan, wat in 2021 aan die bewind gekom het ná die dood van haar voorganger, is tot wenner van verlede week se verkiesing verklaar met 97,66% van die stemme.

Sy het slegs teen kandidate van kleiner partye meegeding omdat haar hoofopposisiekandidate of in die tronk is of verbied is om deel te neem.– Reuters

2025-11-03 09:47:38 — ’n Man sal Maandag op 10 aanklagte van poging tot moord in die hof verskyn ná ’n aanval Saterdag op ’n trein wat na Londen onderweg was.

Anthony Williams (32) word ook aangekla van poging tot moord en die besit van ’n skerp voorwerp weens ’n vroeëre voorval in die ooste van Londen.– Reuters

Aftermath of a stabbing incident at a train station in Huntingdon A police officer and emergency personnel work at the site of the incident, as objects lie scattered on the ground at Huntingdon Station following a series of stabbings on a train, near Cambridge, Britain, November 2, 2025. REUTERS/Jack Taylor TPX IMAGES OF THE DAY (Jack Taylor/REUTERS)

Beamptes op die toneel nadat die trein by die Huntingdon-treinstasie naby Cambridge in Engeland gestop het.– Reuters

2025-11-03 09:55:36 — Nkosi praat nou oor toe hy omstreeks 17:15 by Molefe se huis opgedaag het. Hy het baie motors buite gesien. Volgens hom was dit ’n bevestiging dat dit ’n wettige operasie was, anders sou die misdadigers reeds weggejaag het.

Nkosi het nie verstaan hoekom hulle so lank by die adres was nie omdat hulle toe geweet het dat dit ’n wettige operasie is. Kruger het aan hom gesê dat Mokoena wou hê dat hy (Kruger) met kapt. Maxwell Wanda van die taakspan praat wat in beheer was van die operasie by Molefe se huis. Volgens hom was dit nie nodig dat hulle daar is nie, want daar is bevestig dis ’n operasie. Een van die Toms-beamptes was saam met ’n beampte van die taakspan op spesiale taakmag-opleiding. “Dit was verdere bevestiging dat dit ’n wettige operasie is.”

Nkosi sê nog twee Toms-lede – ’n AO Dlamini en konst. Vikilahle – het in ’n Golf 7 daar opgedaag. “Hulle het gevra wat aangaan en ek het dit aan hulle verduidelik.” Volgens hulle het Mokoena hulle opdrag gegee om na die adres te kom.


2025-11-03 10:10:50 — Die Israeliese polisie het ’n voormalige militêre aanklaer in hegtenis geneem ná ’n skandaal wat ontketen is toe sy ’n video uitgereik het wat wys hoe soldate ’n Palestynse gevangene mishandel.

Yifat Tomer-Yerushalmi het volgens haar bedankingsbrief erken dat haar kantoor die video verlede jaar aan die media beskikbaar gestel het.

Vyf reserviste is aangekla sedert die video in 2024 uitgereik is.

Die aanklagte teen Tomer-Yerushalmi is nog nie bekend gemaak nie.– AFP

2025-11-03 10:12:45 — Nkosi sê terwyl hulle by die adres was, het ’n onbekende man hom genader wat buite Molefe se huis gestaan het. “Hy het my gegroet en gevra of ek van die Valke is. Ek het ja geantwoord en hy het gesê hy het (lt.genl.) Patrick (Mbotho, die Valke se afdelingskommissaris vir nasionale prioriteitsmisdade) gebel.” Dit het toe vir Nkosi interessant geword. Die man het homself as mnr. Mthethwa voorgestel.

Nkosi het Mthethwa gevra wat sy verhouding met Mbotho is. “Hy het geantwoord hulle is vriende. Hy het gesê hy woon nie in die huis nie, maar dat die huis (van Molefe) aan die eienaar behoort.” Nkosi het aan Kruger gesê dat Mthethwa die ene is wat hulle soos “dwase laat rondhardloop het”.  Mokoena het vroeër gesê dat Mbotho hom opdrag gegee het om te gaan vasstel of dit ’n wettige operasie is.

Skermgreep van die gesprek in die WhatsApp-groep.

2025-11-03 10:29:38 — Pres. Alexander Stubb van Finland sê ’n “nuwe era van kernwapens” het begin, nadat Amerika verlede week aangekondig het dit beplan om kernwapentoetse te hervat.

Stubb sê die “logika van afskrikking en strategiese stabiliteit tussen supermoondhede” ondergaan ’n transformasie.

“Ons het ’n nuwe era van kernwapens betree, waarin die betekenis van kernwapens ongelukkig toeneem,” het Stubb in ’n toespraak in Helsinki gesê.– AFP

2025-11-03 10:44:54 — Bella Culley (19), ’n swanger Britse tiener wat vroeër vanjaar op aanklagte van dwelmhandel in Georgië in hegtenis geneem is, is Maandag vrygelaat.

Culley, van Billingham in die noordooste van Brittanje, het in Thailand vermis geraak voordat sy in Mei na Georgië gevlieg het.

Sy is met haar aankoms by die lughawe aangekeer. Aanklaers sê sy het 14 kg dagga in haar bagasie gehad. Culley het aanvanklik skuld ontken in Julie, maar haar familie het verlede week $187 000 in vergoeding betaal om vir ’n ligter vonnis te onderhandel.

Sy is toe gevonnis tot vyf maande en 24 dae – die tyd wat sy reeds in aanhouding uitgedien het.– Reuters

2025-11-03 10:45:37 — Nkosi hou voet by stuk dat die opdrag van Mokoena aan hulle ongegrond was.

Hy sê in die eerste vyf minute dat hy daar was, is bevestig dis ’n wettige operasie.

“Ons het langer daar gebly as wat ons moes.” Nkosi sê as hy Kruger was, sou hy lankal die toneel verlaat het en vir Mokoena gesê het wat by Molefe gebeur het, is wettig.

“Kruger het misluk om sy standpunt te handhaaf. Hy het nie die moed gehad (om vir Mokoena te sê dat hulle nie langer by die huis gaan bly) nie.” Nkosi sê Kruger het verder gegaan as die gegewe opdrag van Mokoena. Nkosi sê hy verstaan ​​nie hoekom Kruger nie vir die kommissie gesê het dat hy Dlamini en Vikahle ken nie.

Kruger het verlede week getuig hy het nie die ander Valke-beamptes geken wat by Molefe se huis was nie. Nkosi is klaar met sy getuienis.

Volgende is Mbotho.


2025-11-03 11:01:28 — Mbotho is die laaste getuie van die dag.

Die Madlanga-kommissie het vroeër van Nkosi gehoor ene mnr. Mthethwa het vir Mbotho gebel oor die operasie by Molefe se huis wat die taakspan wat politieke moorde ondersoek, uitgevoer het.

Mbotho het vir Mokoena beveel om van sy lede opdrag te gee om te gaan bevestig of dit ’n wettige operasie by Molefe se huis was.

Mthethwa het aan Nkosi gesê hy is vriende met Mbotho. Mbotho sê op die betrokke dag omstreeks 15:45 is hy deur lt.genl. Godfrey Lebeya (64), afgetrede hoof van die Valke, gekontak oor of hy bewus is van ’n operasie in Sandton.

"Sy woorde aan my was dat hy ’n oproep gekry het dat hulle deur hom gestuur is om ’n operasie daar te gaan uitvoer. Mbotho het nie vir Lebeya gevra wie vir hom die inligting gegee het nie."

Hy het vir Mokoena gevra om te gaan bevestig wat by die betrokke adres gebeur en om ’n voertuig te stuur wat naby is. “My denke was dat dit iemand is wat naby of in die omgewing was. Toe ek die opdrag gee, het ons nie geweet wat ons kan verwag nie. Ek het net gevra vir ’n voertuig om te gaan kyk wat by die betrokke adres gebeur.”

2025-11-03 11:04:13 — Lt.genl. Dumisane Patrick Mbotho, die Valke se afdelingskommissaris vir nasionale prioriteitsmisdade.Foto: Skermgreep

2025-11-03 11:14:34 — Die nywerheidsministers van 17 lande van die Europese Unie (EU), insluitend Duitsland, Frankryk, Italië, Spanje en Pole, het Maandag in Berlyn 'n verklaring onderteken wat hulle oproep tot die radikale vereenvoudiging van die EU se regulering vir nywerhede.

Die verklaring sluit in ’n sterker basis vir verdediging sowel as nuwe finansiële maniere om toegang tot kritieke grondstowwe te verseker. Die doel is om die EU se nywerheidsmededingendheid te verbeter en minder afhanklik te maak van invoer soos energie en grondstowwe, veral te midde van wêreldwye konflik, verskuiwings in handel en toenemende mededinging vanuit China en Amerika.

Daar is ook toenemende druk om die EU se regulasies te vereenvoudig omdat sakeondernemings kla dat oormatige regulering die sektor se groei belemmer.– Reuters

2025-11-03 11:27:00 — 'n Amerikaanse federale regter het 'n bevel wat pres. Donald Trump verhoed om Nasionale Garde-troepe in Portland in die deelstaat Oregon te ontplooi, vir vyf dae verleng hangende 'n finale uitspraak.

Trump, 'n Republikein, het die Nasionale Garde vanjaar na drie Demokraties-geleide stede, Los Angeles, Washington en Memphis, gestuur, maar sy pogings om soldate in Portland en Chicago te ontplooi, is deur die howe gestuit.

Trump beskou Portland as ‘n "oorloggeteisterde stad wat deurspek is met geweldsmisdaad”. Regter Karin Immergut sê egter daar is "geen geloofwaardige bewyse" daarvoor nie.– AFP

dpatop - 16 October 2025, USA, Washington Dc: US National Guard soldiers walk up the steps to the Lincoln Memorial in the early morning. Photo: Kay Nietfeld/dpa (Photo by Kay Nietfeld/picture alliance via Getty Images) (picture alliance/dpa/picture alliance via Getty I)

Lede van die Nasionale Garde loop verby die Lincoln-gedenkteken in Washington ten tyde van hul ontplooiing in die Amerikaanse hoofstad.Foto: Getty Images

2025-11-03 11:37:33 — Die Nederlandse linkse Groen-Arbeider-groepering het Maandag die jeugdige, sosialemedia-vaardige Jesse Klaver as hul nuwe hoof gekies. Klaver vervang die voormalige visepresident van die Europese Kommissie Frans Timmermans, wat ná 'n teleurstellende verkiesing bedank het.

Klaver (39) se eerste taak sal waarskynlik koalisiegesprekke met Rob Jetten, die verkiesingswenner, wees, wat 'n breë span wil hê wat die linkse en regse kant van die Nederlandse politiek dek.

"Jesse is een van die dryfkragte agter ons linkse samewerking," skryf die Groen-Arbeider-groep in 'n plasing op X nadat Klaver verkies is.– AFP

Jesse Klaver, the new party leader of GroenLinks-PvdA party, speaks to journalists after being appointed during a parliamentary group meeting in The Hague on November 3, 2025. (Photo by Koen van Weel / ANP / AFP) / Netherlands OUT (Photo by KOEN VAN WEEL/ANP/AFP via Getty Images) (KOEN VAN WEEL/ANP/AFP via Getty Images)

Jesse Klaver, nuwe partyleier van die Nederlandse linkse Groen-Arbeider-groepering, praat met joernaliste nadat hy op 'n parlementêre vergadering in Den Haag verkies is.Foto: AFP


2025-11-03 12:05:05 — Samewerking tussen Iran en Amerika is nie moontlik nie solank as wat Washington voortgaan om Israel te ondersteun, militêre basisse handhaaf en in die Midde-Ooste inmeng, sê die ajatolla Ali Chamenei, opperleier van Iran.

Chamenei se kommentaar kom terwyl pres. Donald Trump se administrasie poog om druk op Iran te verhoog. "Die Amerikaners sê soms dat hulle graag met Iran wil saamwerk. Samewerking met Iran is nie moontlik solank die VSA voortgaan om die vervloekte Sionistiese regime te ondersteun, militêre basisse te handhaaf en in die streek in te meng nie," sê Chamenei.

Trump het in Oktober aangedui dat die VSA bereid is om 'n ooreenkoms met Iran te sluit wanneer Teheran gereed is om dit te doen en gesê: "Die hand van vriendskap en samewerking met Iran is oop”.– Reuters

2025-11-03 12:11:04 — ’n Werker is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem ná die gedeeltelike ineenstorting van ’n Middeleeuse toring tydens opknapping naby die Colosseum in Rome. Twee ander werkers is lig beseer, berig Italiaanse media.

Volgens Luca Cari, woordvoerder van die nasionale brandweerdiens, was nooddienste vroeër besig om ’n werker, wat onder die puin vasgekeer is, te bevry.

Die 29 meter hoë Torre dei Conti staan in die Via dei Fori Imperiali, die breë laan wat van die sentrale Piazza Venezia na die Colosseum lei.– Reuters

2025-11-03 12:19:15 —

President of Valencia's Region Carlos Mazon gives a press conference as he announces his resignation at Valencia's Palau de la Generalitat on November 3, 2025. The leader of Spain's flood-hit Valencia region has faced fierce scrutiny over his handling of the October 29, 2024 catastrophe that killed more than 230 people, consistently rebuffing calls for his resignation. (Photo by Jose JORDAN / AFP) (JOSE JORDAN/AFP)

Carlos Mazón, president van die Valencia-streek in Spanje, staan Maandag joernaliste te woord ná sy bedanking. Mazón is ondersoek oor sy hantering van die katastrofiese vloede verlede jaar, wat tot die dood van 229 mense gelei het.Foto: AFP

2025-11-03 12:24:37 — Volgens WhatsApp-boodskappe wat deel is van Mbotho se verklaring aan die Madlanga-kommissie is dit Lebeya wat hom ingelig het oor die operasie by Molefe se huis en dat daar mense is wat voorgee hulle is van die Valke en is deur Lebeya gestuur.

Mbotho het toe die adres aan Mokoena gestuur.

Oudregter Mbuyiseli Madlanga, wat die kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel lei, vra aan Mbotho of hy geweet het dis Molefe se huis.

Hy antwoord nee. Mbotho het eers op 6 Julie vanjaar gehoor dis Molefe se huis toe lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, op ’n mediakonferensie in Durban beweer het dat ’n misdaadkartel die polisie geïnfiltreer het.

Mbotho het eers met sy interaksie met die kommissie gehoor dat Mokoena verskeie lede opdrag gegee het om die inligting te verifieer.

Mbotho wou weet of dit ’n wettige polisieoperasie is en of dit só is dat Lebeya hulle soontoe gestuur het.

“Dit was my opdrag aan Mokoena.”

2025-11-03 12:25:39 — Skermgreep van kontak tussen Lebeya en Mbotho.


2025-11-03 12:27:10 — Skermgreep van boodskappe tussen Mbotho en Mokoena.

2025-11-03 12:30:47 — Israel het Maandag die oorskot van 45 Palestyne terugbesorg wat die totale getal wat ingevolge die skietstilstand in die Gasastrook oorhandig is op 270 te staan bring.

Israel moet ingevolge die ooreenkoms wat deur pres. Donald Trump bemiddel is, die oorskot van 15 Palestyne oorhandig vir elke oorlede Israeli wat oorhandig word.

Israel het Maandag bevestig dat die oorskot wat die vorige dag deur Hamas oorhandig is, dié is van drie gyselaars wat in die aanval op 7 Oktober 2023 gevange geneem is – kapt. Omer Neutra, kpl. Oz Daniel en kol. Assaf Hamami.– AFP

2025-11-03 12:47:28 — Mbotho sê die belange in die aangeleentheid is omdat daar mense is wat voorgee hulle is polisielede. Hy maak melding van 33 sulke voorvalle.

Adv. Sandile Khumalo SC, ’n kommissaris van die kommissie, vra aan Mbotho hoekom hy nie self vir lt.genl. Dumisani Khumalo, hoof van misdaadintelligensie, gevra het of dit sy operasie by Molefe se huis was nie.

Volgens Khumalo het Mbotho geweet dis ’n wettige operasie. “Steeds wou jy gehad het dat die Valke die mense ondervra oor wie hulle na die huis gestuur het.”

Mbotho antwoord hy wou net vir Lebeya die regte terugvoer gegee het.

Om 16:58 het Mokoena aan Mbotho gesê dis ’n wettige operasie, maar om 17:18 wou hy nog 'n antwoord gehad het oor wie gesê het dat Lebeya hulle soontoe gestuur het.

Adv. Lee Segeels-Ncube, wat die getuienis aanvoer, vra vir Mbotho of hy enige oproep van ’n mnr. Mthethwa ontvang het.

“Ek het nie ’n oproep van enige persoon ontvang wie se naam Mthethwa is nie,” sê Mbotho. “As die persoon vir my gekontak het, waarom het ek vir genl. Lebeya vir kontaknommers en vir ’n adres gevra? Dis baie moeilik dat die weergawe (dat Mthethwa hom gebel het) waar is.”

2025-11-03 12:49:13 — Skermgreep van 'n WhatsApp-groepsgesprek tussen Mbotho en Mokoena.

2025-11-03 13:07:58 — Die kantoor van die aanklaer by die Internasionale Strafhof (IS) in Den Haag het Maandag gewaarsku dat gruweldade wat in die Soedanse stad el-Fashir gepleeg is, as oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom beskou kan word.

Ná 18 maande van beleg, bombardering en hongersnood het die paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF) op 26 Oktober beheer oor die stad geneem en die laaste vesting van die weermag in Soedan se westelike Darfoer-streek verdryf.

Die IS het sy “uiterste kommer” uitgespreek oor die massamoorde, verkragtings en ander beweerde misdade in el-Fashir. “Dié gruweldade is deel van ’n breër patroon van geweld wat die hele Darfoer-streek sedert April 2023 teister,” lui ’n verklaring.– AFP


2025-11-03 13:14:11 — Khumalo soek klarigheid oor die kwessie waarom ’n private persoon sê hy het Mbotho gebel. Khumola benadruk dit bekommer kom.

Volgens Mbotho kan die kommissie hom vir sy telefoonrekords dagvaar. “Alles op my foon is beskikbaar om ontleed te word.”

Adv. Sesi Baloyi SC, ’n kommissaris van die kommissie, vra Mbotho of hy nie nuuskierig is oor Mthethwa wat sê hy ken hom nie.

“Ek is nuuskierig oor dit en dat julle nie ondersoek waarom hy jou naam gebruik het nie.”

Mbotho sê hy ken Mthethwa nie. “Wat sou die skade gewees het as ek die oproep van Mthethwa ontvang het? Ek ken nie dié Mthethwa nie. Dis ’n gewone persoon van die publiek.”

Volgens Baloyi is dit kommerwekkend dat ’n lid van die publiek vir ’n lid van die Valke kan sê dat hy ’n generaal van die Valke gebel het om mense te ontplooi.

Baloyi vra of die Valke Mthethwa sal ondersoek. Mbotho sê hulle kan nie ’n gelyktydige ondersoek saam met die kommissie uitvoer nie.

Volgens hom kan die kommissie Mthethwa versoek om ook te kom getuig.

2025-11-03 13:17:23 —

An Afghan earthquake survivor sits over the remains of a damaged house at a village in Tashqurghan, in the Khulm district of Samangan province on November 3, 2025. A 6.3-magnitude strong earthquake that struck overnight killed at least 20 people in northern Afghanistan, authorities said on November 3, just months after another deadly tremor that left the country reeling. (Photo by Atif ARYAN / AFP) (ATIF ARYAN/AFP)

’n Seun sit tussen die puin van ’n beskadigde huis ná ’n aardbewing in die dorpie Tasjkoergan in die Choelm-distrik van die Samangan-provinsie van Afganistan.Foto: AFP

2025-11-03 13:24:10 — Vier mense is Maandag lig beseer toe ’n trein vroegoggend ontspoor het ná ’n grondverskuiwing in die afgeleë heuwels in die noordweste van Engeland.

Tientalle passasiers is om 04:28 van die Avanti Weskus-dienstrein van Glasgow in Skotland na die Londen Euston-stasie afgelei nadat dit by Shap, Cumbria, ontspoor het.

“Die voorste treinwa het van die spore afgekom, maar het regop gebly,” het vervoerowerhede gesê en bygevoeg dat 85 mense van die trein af begelei is. Die voorval word ondersoek, sê die plaaslike spoorwegdiens.– AFP

2025-11-03 13:32:13 — China sê hy wil sy samewerking met Rusland versterk en hul gesamentlike veiligheidsbelange verdedig. Li Qiang, Chinese premier, het so ’n samewerking Maandag aan die besoekende Russiese premier, Michail Misjoestin, belowe.

Li het tydens gesprekke in Hangzhou die twee lande beskryf as “goeie bure en betroubare vennote”. Die gesprekke het gefokus op ekonomiese en tegnologiese samewerking te midde van Westerse sanksies teen Rusland weens die oorlog in Oekraïne, en handelspanning tussen China en die VSA.

Hoewel Rusland en China in 2022 ’n “sonder beperkinge”-vennootskap gesluit het, het Chinese uitvoer na Rusland onlangs afgeneem. Chinese maatskappye het invoer van Russiese olie gestaak ná Amerikaanse sanksies.

Nietemin neem Chinese invoer uit Rusland weer toe, veral van koper, nikkel en landbouprodukte.– Reuters

2025-11-03 13:58:31 — Mbotho sê dit was Mokoena wat aan hom gesê het hy sal vir Kruger stuur. Toe Mokoena vir Kruger opdrag gee om te gaan vasstel wat in Sandhurst gebeur, was hy in Pretoria-Noord.

“Mokoena het nie melding gemaak van waar Kruger op daardie oomblik was nie. Ek het verwag dat hy iemand sal stuur wat naby is wat sal reageer. Enige ander voertuig sou ver gewees het.”

Mbotho het verwag dat Mokoena iemand van Ekurhuleni of Soweto sou stuur.

Madlanga vra Mbotho waarom hulle nie die Sandton-polisie gekontak het om te gaan vasstel of dit ’n wettige operasie is nie.

Volgens Mbotho sal dit nie die doel gedien het nie. “Hulle sou daar met met hul amptelike voertuie met blou ligte opgedaag het. As jy dit doen, kan jy hul lewe in gevaar stel.”

Volgens Mbotho was dit nooit sy oordeel om die polisie te betrek nie. Mbotho sê hy het nie geweet na wie se adres die Valke gaan nie.

“Toe ek vir hulle die adres gee, het ek nie geweet wie die eienaar van die huis was nie. Ek dink ook nie hulle (die Valke-lede) het geweet wie se adres dit was nie.”

Hy sê dit was nie hul doel om in te meng met Molefe se inhegtenisneming nie.


2025-11-03 14:00:33 — Khumalo vra Mbotho oor die bewerings dat die Valke die saaknommer by die taakspan wou weet asook wie in hegtenis geneem word.

“Ons het hulle nie daarvoor gestuur nie,” antwoord Mbotho.

Khumalo sê wat hom bekommer oor wat op 6 Desember 2024 gebeur het, was dat die Valke byna ’n uur by die adres was.

“Binne vyf minute moes hulle geweet het dit is die polisie. Wat het die Valke vir die res van die tyd daar gedoen?

“Jy kan verstaan waarom daar bewerings was dat hulle ingemeng en die taakspan geïntimideer het.”

Mbotho sê hy verstaan ook nie hoekom die lede so lank by die adres was nie.

Volgens Mbotho was hul opdrag om te bepaal of dit lede van die Valke was en of Lebeya hulle soontoe gestuur het.

*Die kommissie verdaag tot Dinsdag om 09:30.

2025-11-03 14:01:25 —

A man is carried out of a vehicle following an earthquake at an unidentified location in Afghanistan A man is carried out of a vehicle following an earthquake at an unidentified location in Afghanistan, in this handout image released November 3, 2025. Afghan Red Crescent/Handout via REUTERS THIS IMAGE HAS BEEN SUPPLIED BY A THIRD PARTY. NO RESALES. NO ARCHIVES. MANDATORY CREDIT THIS PICTURE WAS PROCESSED BY REUTERS TO ENHANCE QUALITY. AN UNPROCESSED VERSION HAS BEEN PROVIDED SEPARATELY. TPX IMAGES OF THE DAY (Afghan Red Crescent/via REUTERS)

’n Beseerde man word Maandag uit ’n voertuig gehelp in ’n ongeïdentifiseerde plek in Afganistan ná ’n aardbewing van 6,3. Die aardbewing oornag het die lewe van minstens 20 mense in die noorde van Afganistan geëis en meer as 500 beseer, het owerhede gesê.Foto: Verskaf/Afgaanse Rooi Halfmaan via Reuters

2025-11-03 14:14:36 — Bangladesj het planne gekanselleer om musiekonderwysers vir primêre skole aan te stel, het ’n regeringsamptenaar Maandag gesê, nadat dit fel teenstand van Islamitiese groepe in dié Moslem-meerderheidsland gekry het.

“Die musiek- sowel as liggaamlike-opvoedingposte is nou laat vaar,” het ’n senior amptenaar op voorwaarde van anonimiteit aan AFP gesê.

Bangladesj se grootste Islamitiese politieke party, Jamaat-e-Islami, en ander Islamitiese organisasies het gesê dit is onaanvaarbaar om musiek- en dansonderwysers aan te stel sonder om ook godsdienstige instrukteurs in diens te neem.– AFP

2025-11-03 14:39:19 — China het Maandag ontken dat hulle kernwapentoetse gedoen het nadat pres. Donald Trump beweer het dat dié land toetse uitvoer waarvan die publiek nie weet nie.

“China het nog altyd die pad van vreedsame ontwikkeling gevolg, ’n beleid nagestreef om nie eerste kernwapens te gebruik nie, ’n selfverdedigende kernstrategie gehandhaaf, en ooreenkomstig sy verbintenis om kerntoetse op te skort, opgetree,” het ’n woordvoerder van die ministerie van buitelandse sake gesê.– AFP

2025-11-03 15:03:46 —

Farewell ceremony for Canadian volunteer, who served in Ukrainian Armed Forces and recently was killed at a front line in a fight against Russian troops, in Kyiv A brother-in-arm of Nolan Durie, 21-year-old Canadian and serviceman of a foreign volunteer unit of the 3rd Separate Assault Brigade, who was killed in on the front line in a fight against Russian troops, reacts as he attends a farewell ceremony for him, in Kyiv, Ukraine November 3, 2025. REUTERS/Alina Smutko (Alina Smutko/REUTERS)

’n Makker van Nolan Durie, ’n 21-jarige Kanadese lid van die Oekraïense buitelandse vrywilligerseenheid wat in gevegte teen Russiese magte dood is, neem Maandag van hom afskeid op ’n geleentheid in Kijif, Oekraïne.Foto: Reuters


2025-11-03 15:16:42 — Twee aanvalle deur die Israeliese weermag op dorpe in die suide van Libanon het Maandag die lewe van twee mense geëis en sewe gewond gelaat, het die Libanese gesondheidsministerie gesê, kort nadat Israel gedreig het om sy aanvalle teen die Iran-gesteunde Hezbollah uit te brei.– AFP

2025-11-03 15:34:11 — Aanklaers van die Internasionale Geregshof (Wêreldhof) het Maandag gesê hulle samel bewyse in oor beweerde massaslagtings en verkragtings nadat die paramilitêre Blitsondersteuningsmag die stad al-Fashir in Soedan se Darfoer-streek verlede week in besit geneem het.

Die Wêreldhof ondersoek reeds sedert 2005 beweerde volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in Darfoer.

Meer as 70 000 mense het al-Fashir al verlaat, en oorlewendes het vertel van verkragtings en die teregstelling van mans wat die stad vir veiligheid wou verlaat.– Reuters

2025-11-03 16:03:11 —

A boy flies a kite in front of destroyed buildings in Gaza City on November 3, 2025, during a ceasefire in the two-year-long Israel-Hamas war. (Photo by Omar AL-QATTAA / AFP) (OMAR AL-QATTAA/AFP)

’n Seun vlieg Maandag ’n vlieër voor vernietigde geboue in die stad Gasa.– Foto: AFP

2025-11-03 16:14:31 — Meer as 150 000 mense het Maandag skuiling gesoek in die Filippynse kusprovinsies in die aangesig van die kragtige tifoon Kalmaegi, wat na verwagting binnekort aan land sal kom.

Die tifoon, op koers om die Visayas-eilandgroep eerste te tref, gaan gepaard met winde van tot 170 km/h, sê die land se nasionale weerdiens.– AFP

2025-11-03 16:43:22 — Turkye wil ’n naoorlogse raamwerk vir die Gasastrook sien waarin "Palestyne Palestina se regering en veiligheid verseker", het Hakan Fidan, Turkse minister van buitelandse sake, Maandag gesê ná ’n vergadering in Istanbul waaraan Katar, Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate, Jordanië, Pakistan, Indonesië en Turkye deelgeneem het.

Fidan sê verder Israel moet ophou met sy gereelde skendings van die skietstilstand in die Gasastrook en ook sy plig nakom om humanitêre hulp toe te laat.– Reuters


2025-11-03 17:35:25 — Federale aanklaers het twee mans aangekla wat verbind word met wat hulle beweer 'n Isis-geïnspireerde komplot vanuit Michigan was om 'n aanval in die VSA uit te voer.

Luidens 'n hofdokument het Mohmed Ali en Majed Mahmoud elkeen die afgelope paar maande vuurwapens gekoop en deelgeneem aan aanlyn gesprekke wat aandui dat hulle kennis gedra het van 'n aanvalsplan.

Ali en Mahmoud word aangekla kragtens federale wetgewing wat die poging of sameswering verbied om vuurwapens en ammunisie te verkry wat vermoedelik in 'n terreurmisdaad gebruik kan word, in hierdie geval die verskaffing van materiële ondersteuning aan Isis.

31 Oktober is volgens die FBI  as die aanvalsdatum beplan.– Reuters

2025-11-03 17:43:48 — Groot kommer heers in Tanzanië ná verlede week se presidents- en parlementsverkiesings. Volgens waarnemers kon burgers nie vrylik stem nie, weens dreigemente, sensuur en die feit dat opposisiekandidate uitgesluit is.

Berigte dui aan dat honderde mense omgekom het tydens betogings ná die stemmery op 29 Oktober. Sommige belangrike opposisiekandidate is in hegtenis geneem of verbied om deel te neem. Pres. Samia Suluhu Hassan is Maandag ingehuldig nadat sy glo 98% van die stemme gewen het, maar die opposisie sê die verkiesing was nie regverdig nie.

’n Groot aantal kiesers het glo uit vrees van die stembusse weggebly. Daar is ook berig oor stembriefbedrog, waar sommige mense meer as een stem uitgebring het.– AFP

2025-11-03 17:50:36 — Oekraïne toon "merkwaardige toewyding" om hom by die Europese Unie (EU) aan te sluit, maar moet onlangse negatiewe tendense in die stryd teen korrupsie omkeer en die hervorming van die regstaat versnel, lui 'n verslag van die Europese Kommissie.

Die teks, deel van 'n EU-uitbreidingsverslag wat na verwagting Dinsdag aangeneem sal word, lui "ten spyte van die baie moeilike omstandighede waarin die land hom bevind as gevolg van Rusland se oorlog van aggressie, het Oekraïne die afgelope jaar steeds merkwaardige toewyding aan die EU-toetredingspad getoon".

Oekraïne het aansoek gedoen om hom by die EU aan te sluit dae nadat Rusland sy volskaalse inval in Februarie 2022 begin het.– Reuters

2025-11-03 17:55:49 —

RIO DE JANEIRO, BRAZIL - NOVEMBER 03: Prince William, Prince of Wales poses for pictures with members of the public on a visit to Sugarloaf Mountain during day one of his visit to Brazil on November 03, 2025 in Rio de Janeiro, Brazil. Prince William is undertaking a number of engagements related to the environment in Rio De Janeiro ahead of his attendance at the fifth annual Earthshot Prize awards ceremony. (Photo by Chris Jackson/Getty Images) (Chris Jackson/Getty Images)

Prins William van Brittanje poseer vir foto's saam met lede van die publiek tydens 'n besoek aan Rio de Janeiro, Brasilië, voor sy bywoning van die jaarlikse Earthshot-toekenningseremonie ten bate van omgewingsbewaring.Foto: Getty Images

2025-11-03 18:14:19 — Die regse party Alternatief vir Duitsland (AfD) het Maandag die uitbrand van een van sy parlementslede se motor as ’n “aanval op demokrasie” beskryf.

Die voertuig van Bernd Baumann het vroegoggend in die Othmarschen-distrik van Hamburg uitgebrand en die polisie vermoed dit was ’n “politiek gemotiveerde” daad.

Alice Weidel en Tino Chrupalla, medeleiers van die AfD, is baie ontsteld en meen ’n aanval op ’n lid van die grootste opposisiegroep is ook ’n direkte aanslag op demokrasie in Duitsland.

Die AfD het tans 151 van die 630 setels in die parlement. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.– AFP


2025-11-03 18:19:19 — Die Trump-administrasie het aangekondig dat hy slegs gedeeltelik vir voedselhulp aan miljoene Amerikaners sal betaal, nadat twee regters beveel het dat noodfondse gebruik moet word om November se kos-toelae tydens die regeringsluiting uit te betaal.

Die Amerikaanse departement van landbou (USDA) het bevestig dat $5,25 miljard se kontingensiefondse in die program vir bystand aan behoeftige huishoudings (SNAP) aangewend word. Dit dek egter slegs ongeveer 50% van die normale voordele vir sowat 42 miljoen mense.

Volgens die USDA is $600 miljoen vir administrasie gereserveer en die res sal na die gesinne gaan. Sommige state sal weke en selfs maande benodig om hul stelsels aan te pas vir die verminderde uitbetalings.– Reuters

2025-11-03 18:27:04 — Oekraïne sal vanjaar kantore vir wapenuitvoer en gesamentlike wapenproduksie in Berlyn en Kopenhagen oprig, sê pres. Wolodimir Zelenski. Hommeltuie en artilleriestelsels is onder die wapens wat uitgevoer sal word, sê hy.

"Dit gaan oor medevervaardiging en die uitvoer van die wapens wat ons onsself kan toelaat om te verkoop om meer geld te maak vir die items waaraan ons ’n tekort het,” sê hy.

Oekraïne is steeds afhanklik van sy bondgenote vir wapens soos vegvliegtuie en lugverdedigingstelsels, maar het vordering gemaak met die ontwikkeling van sy hommeltuig- en missielprogramme. Volgens Zelenski beplan Oekraïne om teen einde vanjaar met die massavervaardiging van sy plaaslike missiele, die Flamingo en Ruta, te begin.– Reuters

2025-11-03 18:31:21 —

LONDON, ENGLAND - NOVEMBER 3: British Prime Minister Keir Starmer welcomes military veterans to a reception at 10 Downing Street on November 3, 2025 in London, England. (Photo by Kin Cheung - WPA Pool/Getty Images) (WPA Pool/Getty Images)

Keir Starmer, Britse premier, verwelkom militêre veterane by ’n onthaal by 10 Downingstraat in Londen.Foto: Getty Images

2025-11-03 19:00:39 — Die voormalige advokaat-generaal van Israel se weermag is in hegtenis geneem nadat sy erken het dat sy verlede jaar ’n video laat uitlek het wat wys hoe Israeliese soldate glo ’n Palestynse gevangene op ’n weermagsbasis mishandel.

Yifat Tomer-Yerushalmi het Vrydag uit haar pos bedank en gesê sy het die video laat uitlek om vals propaganda teen die weermag se wetstoepassers te neutraliseer nadat verregse politici gesê het bewerings van mishandeling is opgemaak.

Vyf Israeliese reserviste is sedertdien in verband met die voorval aangekla. Hulle ontken skuld. Tomer-Yerushalmi sal glo aangekla word van regsverydeling.– AFP

2025-11-03 19:36:16 — Een uit vyf sterftes weens kardiovaskulêre siektes in Europa kan voorkom word deur omgewingsrisiko's soos lugbesoedeling te verminder, het die Europese Unie (EU) se omgewingsagentskap Maandag gewaarsku.

Die hantering van ekstreme temperatuurskommelinge, blootstelling aan giftige chemikalieë, besoedeling en ander faktore is "deurslaggewend vir voorkoming", sê die Europese Omgewingsagentskap in ’n nuwe verslag.

Luidens die verslag is sulke faktore verantwoordelik vir minstens 18% van die meer as 1,7 miljoen mense wat in 2022 in Europa aan kardiovaskulêre siektes gesterf het.– AFP


2025-11-03 19:48:46 —

Houston residents line up in their cars for a special free food distribution by the Houston Food Bank at the NRG Stadium in Houston, Texas, on November 1, 2025. Approximately one in eight Americans receive food stamp benefits from the US government, a program at risk of not being funded as of Saturday by the federal Supplemental Nutrition Assistance Program (SNAP) due to the government shutdown. (Photo by Mark Felix / AFP) (MARK FELIX/AFP)

Inwoners van Houston, Texas, wag in hul motors by die Houston Food Bank by die NRG-stadion. Sowat een uit agt Amerikaners ontvang voedselhulp van die Amerikaanse regering deur die program vir bystand aan behoeftige huishoudings (Snap), ’n program wat in gevaar is om nie volledig gefinansier te kan word nie weens die regeringsluiting.Foto: AFP

2025-11-03 20:03:17 — Mamady Doumbouya, Guinee se junta-leier, het Maandag gesê hy gaan staan in die presidentsverkiesing op 28 Desember, ’n stap wat hom nog vyf jaar leier van die land kan maak.

Die 40-jarige Doumbouya het belowe om nie aan verkiesings deel te neem toe hy in 2021 die bewind in die Wes-Afrikaland oorgeneem het nie. ’n Nuwe grondwet wat in September goedgekeur is, het egter die weg vir sy kandidatuur gebaan.

Die nuwe grondwet vervang bepalings ná die staatsgreep wat lede van die junta verbied het om aan verkiesings deel te neem.– Reuters

2025-11-03 20:18:59 — Meer as 3,2 miljoen Amerikaanse lugpassasiers is geraak deur vertragings of kansellasies van vlugte weens personeeltekorte onder lugverkeerbeheerders sedert die land se regeringsluiting op 1 Oktober begin het, het ’n lugrederygroep Maandag gesê.

Airlines for America, wat onder meer American Airlines, United Airlines en Delta Airlines verteenwoordig, sê 16% van die vertragings in Oktober kan aan personeelprobleme toegeskryf word, teenoor die tipiese 5% voor die regeringsluiting.

Vrydag alleen is meer as 300 000 passasiers geraak, die ergste dag sedert die sluiting begin het, het die groep bygevoeg.– Reuters

2025-11-03 20:21:13 —

Britain�s Prince William (C), Prince of Wales, prepares to shoot during the �Community Football� event with children who are part of social projects, at Maracana Stadium in Rio de Janeiro on November 3, 2025. Prince William visits Brazil to host the Earthshot Prize awards and will later attend the UN COP30 climate summit on behalf of King Charles. (Photo by Daniel RAMALHO / AFP) (DANIEL RAMALHO/AFP)

Prins William van Brittanje skiet Maandag ’n doel in die Maracanã-stadion in Rio de Janeiro op ’n geleentheid saam met kinders. William besoek Brasilië om die jaarlikse Earthshot-toekenningseremonie aan te bied en sal later die Verenigde Nasies se 30ste klimaatberaad (COP30) namens koning Charles bywoon.Foto: AFP

2025-11-04 03:26:14 — Een persoon het gesterf toe die tifoon Kalmaegi die Sentraal-Filippyne Dinsdag getref het, het die nasionale rampagentskap hier gesê.

Stortreën, sterk winde en stormvloede het tienduisende mense genoop om hul huise te ontruim.

Die tifoon het vroeg Dinsdag land bereik met volgehoue winde van 150 km/h en rukwinde van tot 205 km/h.

Daar word voorspel dat Kalmaegi, wat plaaslik Tino genoem word, teen Woensdag oor die Visayas-eilandstreek en oor die Suid-Chinese See sal beweeg.– Reuters


2025-11-04 03:44:31 — Pres. Donald Trump het Maandag sy ondersteuning toegesê aan Andrew Cuomo, ’n onafhanklike kandidaat, in die stryd om die burgemeesterskap van die stad New York.

Trump, ’n Republikein, het homself in wedloop ingewurm en gedreig om federale finansiering aan die stad te besnoei as Zohran Mamdani, die Demokrate se kandidaat, Dinsdag se verkiesing wen.

Trump lewer gereeld kommentaar  oor die burgemeestersverkiesing in New York. Hy het egter sy party se grense oorskry deur voorkeur te gee aan Cuomo eerder as Curtis Sliwa, die Republikeinse kandidaat wat sleg vaar in meningspeilings, en Mamdani.

Mamdani is die voorloper.– Reuters

New York City Mayoral Candidates Face Off In Debate NEW YORK, NY - OCTOBER 16: Democratic mayoral nominee Zohran Mamdani speaks during a mayoral debate at Rockefeller Center on October 16, 2025 in New York City. The candidates for New York City mayor are facing off in their first debate ahead of the November 4 election. (Photo by Angelina Katsanis-Pool/Getty Images) (Pool/Getty Images)

Zohran Mamdani, Demokratiese burgemeesterskandidaat vir die stad New York.Foto: Getty Images/Pool

2025-11-04 04:00:54 — ’n Roemeense werker wat Maandag ure lank onder puin in Rome vasgekeer was ná die gedeeltelike ineenstorting van ’n Middeleeuse toring naby die Colosseum, is dood, het plaaslike media berig.

Die man is Maandag laat deur nooddienste gered en in ’n ernstige toestand hospitaal toe geneem.

Dele van die 29 meter meter hoë Torre dei Conti, wat in die 13de eeu deur pous Innocentius laat oprig is, het by minstens twee geleenthede ineengestort.

Die eerste ineenstorting het omstreeks 10:30 (plaaslike tyd) plaasgevind en die tweede ongeveer 90 minute later.– Reuters

Parts of Torre dei Conti tower collapse in Rome Dust rises as part of the Torre dei Conti tower collapses following an earlier partial collapse, near Via dei Fori Imperiali, near the Colosseum, in Rome, Italy, November 3, 2025. REUTERS/Remo Casilli (Remo Casilli/REUTERS)

’n Stofwolk verberg Maandag die Torre dei Conti naby die Colosseum in Rome, Italië, toe dele van dié toring ineengestort het.Foto: Reuters

2025-11-04 04:17:47 — Peru het besluit om diplomatieke betrekkinge met Mexiko te verbreek.

Dit kom nadat Betsy Chavez, voormalige premier van Peru wat onder pres. Pedro Castillo gedien het, glo na die Mexikaanse ambassade in die land gevlug het om asiel te vra.

Chavez is strafregtelik aangekla weens haar beweerde rol in Castillo se poging om die kongres in 2022 te ontbind.

Die verbreking van diplomatieke betrekkinge is “in reaksie op hierdie onvriendelike daad, en met inagneming van die herhaalde geleenthede waarin daardie land in die interne sake van Peru ingemeng het, het Hugo de Zela, minister van buitelandse sake van Peru, gesê.

Mexiko se ministerie van buitelandse sake het nie onmiddellik op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.– Reuters

2025-11-04 04:27:00 — Pres. Donald Trump se administrasie sal wel November se voedselvoordele vir miljoene Amerikaners deels finansier nadat ’n regter Vrydag gelas het dat noodgeld gebruik word om die Bystandsprogram vir Aanvullende Voeding (Snap) te dek.

Die regering het egter gewaarsku dat dit sommige deelstate weke of maande kan neem om stelselveranderinge aan te bring en die verminderde voordele aan mense te verskaf.

Die administrasie het gesê hy sal die volle $5,25 miljard van die gebeurlikheidsfonds spandeer, maar nie ander finansiering waarmee hy die volle Snap-voordele van minstens $8 miljard vir 42 miljoen Amerikaners sou kon dek nie.

Snap-voedselkoepons is die eerste keer tot nog toe Saterdag teruggehou weens die verlengde sluiting van die federale regering.– Reuters

2025-11-04 04:45:50 — Die Amerikaanse aktrise Diane Ladd (89) is Maandag oorlede.

Ladd is vir Oscars benoem vir haar ondersteunende rolle inAlice Doesn’t Live Here Anymorevan 1974,Wild at Heartvan 1990 enRambling Rosevan 1991.

Ladd is in haar huis in Kalifornië oorlede, het Laura Dern, die dogter van Ladd en haar eksman Bruce Dern, gesê.

Bruce en Laura is ook albei akteurs.

Ladd was bekend om die vertolking van sterk, intelligente en komplekse vroue tydens ’n loopbaan van sewe dekades wat in die 1950’s begin het.– Reuters

AMPAS 30th Anniversary Screening Of "National Lampoon's Christmas Vacation" BEVERLY HILLS, CALIFORNIA - DECEMBER 12: Diane Ladd attends the Academy of Motion Picture Arts and Sciences 30th Anniversary Screening of "National Lampoons Christmas Vacation" at the AMPAS Samuel Goldwyn theatre on December 12, 2019 in Beverly Hills, California. (Photo by Jean Baptiste Lacroix/Getty Images) (Jean Baptiste Lacroix/Getty Images)

Diane Ladd by ’n geleentheid in Kalifornië in die VSA op 12 Desember 2019.Foto: Getty Images


2025-11-04 05:20:39 — Dertien vermeende lede van ’n dwelmkartel is Maandag doodgeskiet in ’n onderonsie met veiligheidsbeamptes in die Mexikaanse staat Sinaloa.

Nog vier verdagtes is in hegtenis geneem en nege mense wat deur die bende ontvoer is, is ná die voorval vrygelaat.

Veiligheidspersoneel wat ’n patrollie uitgevoer het, is aangeval deur gewapende mans wat onder ’n brug weggekruip het.

Sinaloa word al langer as ’n jaar geskud deur konflik tussen faksies van ’n magtige plaaslike dwelmkartel.

Minstens 1 700 mense het in die geweld gesterf en bykans 2 000 word vermis.– AFP

2025-11-04 05:36:05 — ’n Franse vlootskip het Maandag 40 ton hulpvoorraad aan Jamaika afgelewer terwyl dié eilandstaat steier onder die verwoesting van die orkaan Melissa.

Die vrag sluit in basiese noodsaaklikhede vir 500 gesinne en twee waterbehandelingseenhede wat deur die Franse Rooi Kruis verskaf is, het ’n woordvoerder van Frankryk se ministerie van buitelandse sake gesê.

Die helfte van die voorraad is deur die Verenigde Nasies geskenk.

Die orkaan het Jamaika op 28 Oktober getref, dorpe verwoes en minstens 28 mense dood gelaat.– AFP

2025-11-04 05:51:27 — Die Britse akteur Jonathan Bailey (37) is vanjaar die tydskrifPeoplese sexyste lewende man.

Peoplehet die aankondiging Maandag gedoen.

Bailey het gesê dit is ’n “groot eer” om die popkultuur-eerbewys te ontvang wat voorheen toegeken is aan sterre soos Chris Hemsworth en George Clooney.

“Ek voel natuurlik ongelooflik gevlei. En dit is heeltemal absurd,” het Bailey aanPeoplegesê.

Hy het geskerts dat hy die nuus slegs met sy hond, Benson, gedeel het.

Bailey het prins Fiyero gespeel in verlede jaar se lokettrefferWicked.– Reuters

TIME100 Next red carpet arrivals in New York Jonathan Bailey attends the TIME100 Next red carpet in New York City, U.S., October 30, 2025. REUTERS/Eduardo Munoz (Eduardo Munoz/REUTERS)

Jonathan BaileyFoto: Reuters

2025-11-04 06:41:34 — Die dodetal in Sentraal-Viëtnam het Dinsdag op 40 gestaan ná ’n week van oorstromings en ’n ongeëwenaarde volume reënval, het die owerheid gesê.

Nog ’n kragtige storm het die streek intussen getref.

Die stortreën het strate in kanale omskep, riviere het oor hul oewers gebars en van die land se mees besoekte geskiedkundige bakens is oorstroom.

Reën van tot 1,7 meter diep het binne ’n tydperk van 24 uur geval –  ’n stortbui wat die hoogste nasionale syfers tot nou toe oortref het.– AFP

2025-11-04 07:26:31 — Die dodetal weens die tifoon Kalmaegi in die Filippyne het tot minstens vyf gestyg.

Honderdduisende mense is ook verplaas toe reën Dinsdag dele van die sentrale Filippyne oorstroom het.

Hele dorpe op die eiland Cebu is oorstroom, terwyl motors, vragmotors en selfs massiewe skeepshouers gesien kon word wat deur modderige vloedwater meegesleur is.

“Die situasie in Cebu is werklik ongekend. Die vloedwater is net verwoestend,” het Pamela Baricuatrohet, provinsiale goewerneur, gesê.– AFP

A rescuer walks past piled up cars washed away by floods at the height of Typhoon Kalmaegi in a subdivision of Cebu City in the central Philippines on November 4, 2025. Residents sought refuge on rooftops and cars floated through flooded streets on November 4 as Typhoon Kalmaegi battered the central Philippines, leaving at least two people dead. (Photo by Alan TANGCAWAN / AFP) (ALAN TANGCAWAN/AFP)

’n Reddingswerker loop Dinsdag verby opgestapelde motors wat deur vloede weggespoel is in Cebu in die sentrale Filippyne.Foto: AFP


2025-11-04 08:09:17 — Lt.genl. Dumisani Khumalo, hoof van misdaadintelligensie, sê die moord op Armand Swart was ’n deurslaggewende gebeurtenis vir die taakspan wat politieke moorde ondersoek.

Swart, ’n ingenieur, is op 17 April 2024 buite sy werkplek, Q-Tech Engineering in Vereeniging, in ’n huurmoord vermoor nadat hy verkeerdelik vir ’n fluitjieblaser oor Transnet-bedrog aangesien is.

Khumalo sê die moord het gelei tot die inhegtenisneming van sy huurmoordenaars later die dag. “Toe was dit nog net ’n Gautengse georganiseerde-misdaad-ondersoek. Later is Katiso (KT) Molefe (die omstrede sakeman) in hegtenis geneem.”

Die kommissie het gehoor Molefe is op 6 Desember 2024 in hegtenis geneem weens die moord op Swart. Khumalo sê dis toe dat hulle agtergekom het dat die misdaadsindikate die polisie geïnfiltreer het.

Hy sê die inhegtenisneming van ’n adjudant-offisier wat in die polisie gedien het as een van Swart se huurmoordenaars, was nog ’n teken dat die polisie geïnfiltreer word deur misdaadsindikate. “Wat ons ondersoek opgetel het, is dat die sindikate polisiebeamptes werf om huurmoorde uit te voer.”

2025-11-04 08:17:31 — Sommige Tanzaniërs het Dinsdag weer uitgegaan nadat beperkings, insluitend ’n aandklokreël en die onderbreking van internettoegang, gedeeltelik opgehef is.

Dit volg nadat verlede week se presidentsverkiesings noodlottige betogings ontketen het.

Volgens die opposisie is honderde mense weens die betogings dood.

Pres. Samia Suluhu Hassan is Maandag weer in die amp beëdig.

’n Totale onderbreking van internettoegang sedert verlede week is gedeeltelik opgeskort, maar dit bly moeilik om inligting uit die land te bevestig.– AFP

2025-11-04 08:32:19 — Hy sê terwyl die eenheid die Swart-moord ondersoek het, het hulle ook die ontvoering van die sakeman Jerry Boshoga ondersoek. Dieselfde tyd het die aanklaer in die Swart-moord ’n brief aan die senior lede in die polisie gestuur dat die beamptes wat die saak ondersoek, Getuie A en Getuie B, se lewe bedreig word. Getuie A en Getuie B is tans in ’n plek van veiligheid.

Die brief van die aanklaer het ook melding gemaak van hoe georganiseerde misdadigers enigiets sal doen om bewyse te vernietig en die verhoor in die Swart-saak te vertraag.

Volgens Khumalo was daar rooi vlae wat aangedui het dat Getuie A en Getuie B se lewe bedreig word. Hy sê hul fokus was daarna om agter die kap van die byl te kom oor wie die sindikaat is.

“Ek het voorgestel dat ons ’n teenintelligensie-ondersoek registreer om vas te stel wie agter die sindikaat sit. Ons het aanbeveel dat dit met die Gautengse eenheid teen georganiseerde misdaad moet saamwerk.”

2025-11-04 08:38:01 — Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, het Dinsdag gewaarsku teen skendings van die skietstilstand in die Gasastrook wat twee jaar van ’n verwoestende oorlog in die Palestynse gebied beëindig het.

Guterres het aan verslaggewers in Doha, Katar, gesê hy is “diep bekommerd oor die voortgesette skendings van die skietstilstand”.

“Dit moet stop en alle partye moet die besluite van die eerste fase van die vredesooreenkoms nakom.”– AFP

A displaced Palestinian girl looks out of a tent amid a ceasefire between Israel and Hamas, in Gaza City A displaced Palestinian girl looks out of a tent amid a ceasefire between Israel and Hamas, in Gaza City, November 4, 2025. REUTERS/Mahmoud Issa TPX IMAGES OF THE DAY (Mahmoud Issa/REUTERS)

’n Ontheemde Palestynse meisie kyk Dinsdag by ’n tent uit in die stad Gasa te midde van ’n skietstilstand tussen Israel en Hamas.Foto: Reuters

2025-11-04 08:54:19 — Minstens 23 mense word ná stortreën in ’n afgeleë gebied van Indonesië vermis.

Die vloede, wat deur swaar reën Saterdag veroorsaak is, het twee afsonderlike dele van die provinsie Papua Pegunungan getref.

Vyftien van die 23 mense wat vermis word, is deur die vloede meegesleur terwyl hulle probeer het om ’n rivier oor te steek, het Abdul Muhari, woordvoerder van die nasionale agentskap, gesê.

Soek-en-reddingspogings duur voort, maar word deur grondstortings belemmer.– AFP


2025-11-04 09:24:00 — Khumalo sê die taakspan het ’n ander werketiek gehad. Volgens hom kan hulle nie die gewone manier van ondersoek doen, volg nie. “Dit was ’n ander soort operasie (wat hulle gevolg het). Een van die mikpunte is om die bedreiging te neutraliseer. Hoe gouer wat jy dit neutraliseer, hoe gouer neem die bedreiging af sodat jy die ondersoekspan en die ondersoek beskerm.”

Hy sê die taakspan is op 19 November saamgestel en op 6 Desember is Molefe in hegtenis geneem. Volgens hom was die omkeertye van die taakspan korter as die van die gewone polisie omdat die taakspan by die ondersoektydperk moes inpas.

Oudregter Mbuyiseli Madlanga, wat die kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel lei, vra waarom die modus operandi van die taakspan nie oral in die land gedupliseer word nie.

Khumalo sê hulle sal aanbeveel dié metodologie word veral vir georganiseerde misdaad gebruik. Hy sê die tradisionele manier kan nog steeds toegepas word vir ander misdade.

Khumalo sê daar was ’n suksesvolle poging waar hulle al die provinsies gevra het om ses van hul polisielede te stuur om by die taakspan te kom leer. “Die probleem was met die implementering. Soos hulle teruggegaan het na hul provinsies, het die bevelvoerders nie verstaan nie.”

2025-11-04 09:50:42 — ’n Filippynse militêre helikopter wat ontplooi is om met hulpverlening weens die tifoon Kalmaegi te help, het Dinsdag op die eiland Mindanao neergestort, het ’n streeksbevelsentrum gesê sonder om te onthul of daar oorlewendes is.

Die Super Huey-helikopter het neergestort terwyl dit na die kusstad Butuan onderweg was “ter ondersteuning van hulpverlening” weens die kragtige storm.

Vroeër is berig minstens vyf mense is dood en honderdduisende ontheem toe reën Dinsdag die sentrale dele van die Filippyne getref het.– AFP

2025-11-04 09:52:00 — ’n Man (20) is Dinsdag doodgesteek en twee beseer op die Griekse eiland Evia in twee afsonderlike voorvalle.

Vyf mense is in hegtenis geneem, insluitend die twee beseerde mans, wat in verskillende gebiede gevind is, het Constantina Dimoglidou, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die polisie probeer bevestig of dit met sokkergeweld verband hou,” sê Dimoglidou.

Minstens agt mense was by die gewelddadigheid betrokke. Die verdagtes is ondersteuners van twee mededingende sokkerspanne.– Reuters

2025-11-04 09:59:01 — China het Dinsdag vyf mense ter dood veroordeel weens hul betrokkenheid by ’n gewelddadige misdaadbende wat bedrog in die Kokang-streek in Mianmar gepleeg het.

Bedrog-sentrums gedy in Mianmar se wettelose grensgebiede.

Die misdade van die vyf mense het gelei tot die “dood van ses Chinese burgers, een se selfdood en dat verskeie ander beseer is”, berig die nuusagentskap Xinhua.– AFP

2025-11-04 10:05:12 — Adv. Adila Hassim SC, getuienisaanvoerder, vra Khumalo oor die bewerings teen die Valke dat hulle ingemeng het by die inhegtenisneming van Molefe.

Sy vra hoekom die Valke nie deel was van die ondersoek op die dag van die inhegtenisneming nie. Vroeër het lede van die taakspan en Khumalo gesê hulle beskou die Valke se gedrag as inmengery.

Adv. Sandile Khumalo SC, ’n kommissaris van die kommissie, vra Khumalo hoe seker hy is dat die taakspan, die Gautengse teenintelligensie-operasie en die Valke nie dieselfde onderwerp ondersoek nie. Hy vra of hulle met mekaar praat om misverstande te vermy.

Kommissaris Khumalo vra of lt.genl. Khumalo se kantoor met die Valke oor die operasie (Molefe se inhegtenisneming) gepraat het. Volgens lt.genl. Khumalo is dit een van die operasies wat hulle moes beskerm. “Tydens ons ondersoeke en die insameling van intelligensie het ons agtergekom dat daar sekere individue in die omgewing van die Valke dalk betrokke is. Ons het nie ’n gesprek met die Valke oor die operasie gehad nie.”

Hassim vra wat lt.genl. Khumalo hiermee bedoel. Hy sê tydens hul ondersoek het dit aan die lig gekom dat een van die Valke se taktiese operasionele eenhede (Toms) met die misdaadsindikaat werk. “Voor die inhegtenisneming (van Molefe) was daar ’n rooi vlag dat ons die ondersoek teen die Valke moet beskerm.”


2025-11-04 10:18:19 — Khumalo sê ’n ene Zungu wat deel is van die Valke werk glo saam met die sindikate. Hy sê hulle het al in Mei 2024 gehoor dat mense wat hulle ondersoek het, bande met die Valke het en Zungu se naam is genoem.

“Dis die inligting wat ons ontvang het voor 6 Desember (toe Molefe gearresteer is).”

Hassim vra of hy weet wie vir lt.genl. Godfrey Lebeya, afgetrede hoof van die Valke, die dag gebel het dat daar ’n operasie by Molefe se huis in Sandhurst, Sandton, was wat daartoe gelei het dat die Valke by die huis aangekom het.

Khumalo sê hulle ondersoek wys die vinger na ene Mthethwa. Die kommissie het Maandag gehoor dat hy die Valke gebel het oor die taakspan wat by Molefe se huis was om hom in hegtenis te neem.

Lede van die Valke het getuig hulle het nie geweet na wie se huis hulle gaan nie, maar dat hulle gaan vasstel het of dit ’n wettige operasie was omdat taakspan-lede wat daar was, gesê het Lebeya het hulle soontoe gestuur. Die Valke het nie van so ’n operasie geweet nie.

Die kommissie het gehoor dat Mthethwa glo ’n familielid van Molefe is.

Khumalo sê die naam van Senzo Mchunu, minister van polisie wat op spesiale verlof is, is gebruik in die inhegtenisneming van Molefe en toe die polisie op 6 Desember by Vusimuzi (Cat) Matlala se huis was. Dit was nie vir Khumalo ’n verrassing dat die Valke die betrokke dag by Molefe se huis was nie.

2025-11-04 10:26:07 — Die dodetal weens die tifoon Kalmaegi in die Filippyne het tot minstens 26 gestyg.

Vroeër die dag was dit minstens vyf.

Een en twintig van die sterftes is op die eiland Cebu.

’n Amptenaar sê die meerderheid van die slagoffers het verdrink.

Minstens 183 mm reën het geval in die 24 uur voordat die tifoon aan land gekom het. Die maandelikse gemiddelde reënval is 131 mm.

Die owerhede het geweier om kommentaar te lewer oor of daar enige oorlewendes is nadat ’n militêre helikopter wat vir hulpverlening ontplooi is, neergestort het.– AFP

2025-11-04 10:32:23 — Huishoudings in Australië sal toegang hê tot drie uur per dag se gratis sonkrag as deel van ’n program om energie te bespaar.

“Ons wil sien dat almal voordeel trek uit hernubare energie,” sê Chris Bowen, minister van energie.

Die Solar Sharer-skema sal van volgende jaar af in sommige gebiede, insluitend Nieu-Suid-Wallis en Suid-Australië, uitgerol word voordat dit dalk uitgebrei word.

Australië het miljarde dollars in onder meer sonkrag en windturbines gestort en belowe om die land ’n supermoondheid in hernubare energie te maak.– AFP

2025-11-04 10:50:25 — Noorweë se soewereine welvaartfonds, wat een van Tesla se 10 grootste aandeelhouers is, sê dat hulle teen die maatskappy se voorgestelde salarispakket vir Elon Musk ter waarde van moontlik meer as $1 000 miljard sal stem.

Tesla-aandeelhouers sal die salarispakket Donderdag op ’n vergadering in Austin, Texas, oorweeg.

Norges Bank Investment Management sê op sy webwerf hoewel dit “die beduidende waarde wat onder mnr. Musk se visioenêre leierskap geskep is, waardeer”, is dit onder meer bekommerd oor die grootte van die pakket.– AFP

2025-11-04 10:54:59 — Khumalo sê volgens hul verslae en ondersoek het Boy Mthethwa die Valke geaktiveer na Molefe se huis.

Hy sê Mthethwa het van buite gekom en hom voorgestel as ’n broer van Molefe en wou in die huis kom waar die taakspan besig was om Molefe te arresteer. “Toe dit nie gewerk het nie, het hy gesê hy gaan die Valke bel om soontoe te kom.”

Hy sê kapt. Maxwell Wanda van die taakspan wat in beheer was van die operasie, het toe met brig. Lesiba Mokoena van Toms op Mthethwa se foon gepraat.

Hy sê die Valke is geaktiveer onder die dekmantel dat daar mense is wat voorgee hulle is van die polisie. Hy hou vol die Valke het ingemeng in die inhegtenisneming van Molefe en sê vroeër is melding gemaak dat sommige lede van die Valke met die sindikaat saamwerk.

Hy beskou dit as regsverydeling. Volgens Khumalo is Mthethwa ’n vennoot van Molefe. Hy wil nie verder hieroor uitwei nie aangesien dit deel is van ’n bestaande ondersoek.

Khumalo kan ook nie bekend maak wie in die Valke het Mthethwa gebel nie as gevolg van die ondersoek. Khumalo sê ’n sers. F.E. Nkosi, – wat deel is van lt.genl. Shadrack Sibiya, geskorste nasionale adjunkpolisiekommissaris, se kantoor – het ook vir Matlala gebel en ingelig dat die taakspan hom gaan arresteer.


2025-11-04 11:07:13 — Khumalo sê Nkosi was nie deel van hul span nie.

“Ten tyde van ons operasie beperk ons mense wat deel is van die arrestasies.”

Adv. Sesi Baloyi SC, nog ’n kommissaris van die kommissie, wil by Khumalo weet hoe Nkosi geweet het dat hulle op die betrokke dag na Matlala se huis toe gaan.

“Ons stel dit nog vas – hoe het hy geweet wat ons span die betrokke dag geweet het? Ons beskerm ons inligting en nie baie (mense) het geweet wat ons die betrokke dag sou doen nie.”

Khumalo praat nou oor Nkosi se inmenging. Hy sê Nkosi is na aan Sibiya.

Khumalo sê hulle het op 6 Desember verlede jaar beslag gelê op die kringtelevisie-beeldmateriaal van Molefe. Op 27 November 2024 was Nkosi by Molefe se huis.

Hy sê dis ’n polisievoertuig op die beeldmateriaal, ’n wit BMW, wat toegeken is aan Sibiya se kantoor.

Hy sê dis beleid dat elke voertuig met ’n opsporingstoestel toegerus word. In die kringtelevisie-beeldmateriaal wat aan die kommissie vertoon is, het Nkosi sowat sewe minute by Molefe se huis deurgebring. Toe Nkosi daar opdaag, het hy nie 'n sak by hom gehad nie. Toe hy later verdaag, het hy met ’n sak daar weggeloop en is deur Molefe na sy kar vergesel.

Khumalo sê hulle weet nie wat in die sak was nie. “Dit lyk of hy net iets kom afhaal het wat reeds vir hom gepak is.” Hy sê hulle probeer nog vasstel wat in die sak was.

2025-11-04 11:10:26 — Rachel Reeves, Britse minister van finansies, het Dinsdag gewaarsku dat belastingverhogings vir werkers moontlik volgende maand op pad is.

Reeves het in ‘n seldsame toespraak voor die begroting gesê "ons almal moet bydra" om die Britse ekonomie te verbeter. Sy het gewaarsku van moeilike besluite in die begroting van 26 November aangesien Brittanje met hoë skuld en inflasie sukkel.

Sy het gesê sy sal doen wat nodig is om gesinne teen hoë inflasie te beskerm. Die regering van Keir Starmer, Britse premier, het reeds vroeër belasting op sakeondernemings verhoog, wat blameer word vir swak ekonomiese groei.

Reeves het die vorige konserwatiewe regering en internasionale druk, soos die Amerikaanse tariewe en Brexit, die skuld vir die huidige probleme gegee.– AFP

Rachel Reeves, UK chancellor of the exchequer, delivers a speech in London, UK, on Tuesday, Nov. 4, 2025. An exit charge for wealthy Britons leaving the country and increased levies on expensive homes are on a long-list of possible tax increases being considered by Reeves ahead of the budget. Photographer: Andy Rain/EPA/Bloomberg via Getty Images (Bloomberg/Bloomberg via Getty Images)

Rachel Reeves, Britse minister van finansies, lewer Dinsdag 'n toespraak in Londen waar sy gewaarsku het oor belastingverhogings.Foto: Getty Images

2025-11-04 11:21:35 — Kiesers in die Amerikaanse deelstate New Jersey en Virginië stem Dinsdag vir hul volgende goewerneurs – ’n belangrike aanduiding van hoe Amerikaners oor pres. Donald Trump voel ná nege maande in die amp.

In New York se burgemeestersverkiesing pak Zohran Mamdani die oud-goewerneur Andrew Cuomo. In Kalifornië besluit kiesers of die Demokrate meer beheer oor die kiesafdelingskaart moet kry.

In New Jersey bly die wedloop hewig, met die Demokraat Mikie Sherrill wat net voor haar Republikeinse teenstander is. Abigail Spanberger, ook ’n Demokraat, het 'n groter voorsprong in Virginië en in New York loop Mamdani tans voor.

Meer as drie miljoen Amerikaners het vroeg gestem, ’n groot toename in vergelyking met ander jare.– Reuters

2025-11-04 11:33:28 — Dick Cheney, voormalige visepresident van Amerika, is in die ouderdom van 84 oorlede. Cheney was van 2001 tot 2009 die visepresident van die VSA onder pres. George W. Bush. Hy was ook die minister van verdediging onder pres. George H.W. Bush, en het oor dekades heen ’n invloedryke rol in Amerikaanse politiek gespeel.

Cheney is bekend vir sy sterk standpunte oor buitelandse beleid, veral tydens die Irak-oorlog, en sy invloed binne die Republikeinse Party.– Reuters

WASHINGTON, DC - FEBRUARY 10: Former U.S. Vice President Dick Cheney attends the Conservative Political Action conference (CPAC), on February 10, 2011 in Washington, DC. The CPAC annual gathering is a project of the American Conservative Union. (Photo by Mark Wilson/Getty Images) (Mark Wilson/Getty Images)

Dick CheneyFoto: Getty Images

2025-11-04 12:45:53 — 'n Skermgreep van die wit BMW wat agter die wit Toyota-Hilux-bakkie ry.

Khumalo sê hulle probeer nog vasstel wie inligting oor hul operasies laat uitlek het deurdat Nkosi vir Matlala gesê het van hul operasie.

Volgens Khumalo het hulle net vir genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, ingelig oor Molefe se arrestasie. ’n Video word nou vertoon van die dag toe die polisie op 9 Oktober ’n operasie op Sibiya se huis in Centurion uitgevoer het, van waar Sibiya in ’n Toyota-Hilux-bakkie klim.

Die wit BMW wat by Molefe se huis was, is ook opgemerk by Sibiya se huis. Khumalo sê hulle kon nog nie vasstel wie die BMW verlede maand bestuur het nie. Die BMW was ook deel van Sibiya se konvooi wat sy huis op 9 Oktober verlaat het ná die polisie se operasie.

Khumalo gaan ook deur verskeie beeldmateriaal van kringtelevisie waar die BMW agter die Toyota-bakkie op verskeie dae en roetes ry. Hy sê hulle probeer die twee voertuie se bewegingspatrone vasstel. “Ons het ’n deeglike ontleding gedoen oor hul (die voertuie se) bewegings.

"Ons sal versoek dat dit nog nie openbaar gemaak word nie.”

Khumalo sê hy kan nog nie sê wie die voertuie bestuur het nie.


2025-11-04 13:04:19 — Brittanje het Dinsdag verpligte onderdakmaatreëls wat die hele Engeland dek ingestel vir pluimvee met ingang vanaf Donderdag in ’n poging om die verspreiding van voëlgriep te vertraag. Die siekte versprei vinnig in Europa, met die hoogste aantal lande in ten minste ’n dekade wat vroeë uitbrekings aangemeld het.

Dit wek kommer oor ’n herhaling van vorige krisisse wat gelei het tot die uitdunning van tientalle miljoene voëls en hoër voedselpryse. Twee uitbrekings by kommersiële pluimvee-eenhede is Maandag bevestig, een in Noord-Yorkshire en die ander in Devon, en ’n derde onder voëls in Oos-Sussex.– Reuters

2025-11-04 13:05:20 — Die Verenigde Nasies (VN) het Dinsdag gesê ’n miljoen mense in die Gasastrook het al kospakkies ontvang sedert die skietstilstand tussen Hamas en Israel van krag geword het, maar waarsku dat die organisasie steeds “in ’n wedloop is om lewens te red”.

Die Wêreldvoedselprogram (WFP) sê alle grensposte na die Gasastrook moet toeganglik wees sodat noodleniging vinniger kan plaasvind.

Tot dusver bly die noordelike grensoorgange met Israel gesluit sonder enige verduideliking. Abeer Etefa, WFP-woordvoerder, sê sowat 700 000 mense ontvang daagliks vars brood, maar basiese kossoorte soos groente, vleis en vrugte is steeds skaars.– AFP

2025-11-04 13:06:08 —

SYDNEY, AUSTRALIA - NOVEMBER 04: NSW Police clash with pro-Palestine protesters outside the Indo Pacific International Maritime Exposition at Darling Harbour on November 04, 2025 in Sydney, Australia. The Indo Pacific International Maritime Exposition is the region's premier commercial maritime and naval defence event. Activists said they would attempt to blockade the event over the presence of Israeli companies, local media reports said. (Photo by Lisa Maree Williams/Getty Images) (Lisa Maree Williams/Getty Images)

Pro-Palestynse betogers bots met polisiebeamptes in Sydney, Australië, by die Indo-Pasifiese internasionale maritieme uitstalling weens die teenwoordigheid van Israeliese uitstallers.Foto: Getty Images

2025-11-04 13:06:59 — Dick Cheney (84), voormalige visepresident van Amerika, is dood weens gesondheidskomplikasies, berig die Amerikaanse media met verwysing na ’n verklaring wat Dinsdag deur sy familie uitgereik is.

Cheney was die 46ste Amerikaanse visepresident en het tussen 2001 en 2009 twee termyne in die amp gedien.

Die voormalige kongreslid en minister van verdediging “het gesterf weens komplikasies van longontsteking en hart- en vaskulêre siektes,” lui ’n verklaring deur sy familie.

“Oor dekades het Dick Cheney ons nasie gedien, insluitend as Withuis-stafhoof, as kongreslid vir Wyoming, minister van verdediging en visepresident van die VSA,” lui die verklaring.– AFP

2025-11-04 13:11:01 — 'n Skermgreep van Scharnick Stuart James, wat teenwoordig was toe Sibiya voor die parlementêre ad hoc-komitee getuig het.

’n Skermgreep van die aanklagte waarop James skuldig bevind is.

Khumalo sê die wit Toyota Hilux-bakkie waarin Sibiya op 9 Oktober geklim het, behoort aan Scharnick Stuart James.

Volgens Khumalo het James 34 sake teen hom, waarvan hy op 18 skuldig bevind is, op 5 onskuldig bevind is en 11 teruggetrek is.

James is skuldig bevind op aanklagte wat wissel van motorkaping tot motordiefstal. Volgens Khumalo is deel van hul ondersoek of James tronkstraf uitgedien het omdat die skuldigbevindings so kort ná mekaar gebeur het.

Khumalo sê James was ook teenwoordig by Sibiya se verskyning voor die parlementêre ad hoc-komitee.

“Hy (James) het twee dae opgetree as sy (Sibiya se) persoonlike beskermer in die hoogste regeringskantoor.”


2025-11-04 13:30:22 — Khumalo sê hulle het bewyse dat James die eienaar van die Toyota Hilux is.

Volgens Khumalo is James nie deur die polisie as Sibiya se beskermer aangestel nie.

Khumalo sê die infiltrasie van die polisie deur die sindikate is kommerwekkend.

Hy sê as daar na James se misdaadprofiel gekyk word, blyk dit dat hy deel is van ’n motorkaping-sindikaat.

“Dis kommerwekkend dat ons maklik geïnfiltreer word. Dit is van ons uitdagings en dit maak dit moeilik vir diegene wat die sake ondersoek.

“Dis ’n moet vir professionele misdadigers wat deel is van sindikate en kartelle om bande met senior polisielede te versterk om hulle (misdadigers) te beskerm. Ons is bekommerd oor dié neiging wat die werk vir ander moeilik maak.”

2025-11-04 14:00:52 —

Former England footballer David Beckham (L) poses next to his wife singer and fashion designer Victoria Beckham (R) with his medal after being appointed as a Knight Bachelor (Knighthood) for services to sport and charity at an investiture ceremony at Windsor Castle on November 4, 2025. (Photo by Andrew Matthews / POOL / AFP) (ANDREW MATTHEWS/AFP)

Die Engelse oudsokkerspeler David Beckham poseer saam met sy vrou, die sangeres en modeontwerper Victoria Beckham, met sy medalje nadat hy Dinsdag by die Windsor-kasteel tot ridder geslaan is vir sy diens aan sport en liefdadigheid.Foto: AFP

2025-11-04 14:21:50 — Singapoer beplan om aanlyn swendelaars met minstens ses houe met ’n rottang te straf, het ’n minister Dinsdag aan wetgewers gesê.

Dié stadstaat, Suidoos-Asië se tweede grootste ekonomie, het van 2020 tot en met die eerste helfte van 2025 meer as $2,8 miljard verloor weens bedrog, het Sim Ann, senior minister van binnelandse sake, aan die parlement gesê.

Sowat 190 000 voorvalle van bedrog is in dié tydperk aangemeld.

“Ons sal verpligte lyfstraf vir bedrieërs instel,” het sy gesê. “Oortreders wat bedrog aanlyn pleeg … sal gestraf word met minstens ses houe met ’n rottang,” het sy gesê.– AFP

2025-11-04 14:39:12 — Die wêreld het daarin misluk om sy hoofteiken vir klimaatsverandering – om die styging in globale temperature tot 1,5 °C te beperk – te bereik en sal waarskynlik dié drempel in die volgende dekade oorskry, het die Verenigde Nasies (VN) se Omgewingsprogram (Unep) Dinsdag gesê.

Internasionale verbintenisse om besoedeling wat hitte vaskeer, te verminder, sal globale verhitting tot 2,5 °C hierdie eeu beperk – verreweg nie genoeg om verwoestende klimaatimpakte te voorkom nie, het Unep in sy jaarlikse Emissions Gap-verslag gesê.– AFP

2025-11-04 15:01:28 —

Rescuers carry a resident past cars washed away by floods at the height of Typhoon Kalmaegi at a subdivision of Cebu City in the central Philippines on November 4, 2025. At least 26 people have been killed and hundreds of thousands displaced as rains driven by Typhoon Kalmaegi flooded swathes of the central Philippines on November 4. (Photo by Alan TANGCAWAN / AFP) (ALAN TANGCAWAN/AFP)

Reddingswerkers dra Dinsdag ’n inwoner verby motors wat deur vloedwater van die tifoon Kalmaegi meegesleur is in ’n woonbuurt in die stad Cebu in die Sentraal-Filippyne. Minstens 39 mense is dood en honderdduisende verplaas nadat vloedwater groot dele van die Sentraal-Filippyne oorstroom het.Foto: AFP


2025-11-04 15:18:29 — Pres. Donald Trump het Maandag vir Zohran Mamdani, wat moontlik New York se eerste Moslem-burgemeester kan word, as ’n "Jodehater" uitgekryt wat Jode nie moet ondersteun nie.

"Enige Joodse persoon wat vir Zohran Mamdani stem, ’n bewese en selfverklaarde JODEHATER, is dom!!!" het Trump op sy sosiale media-platform geskryf.

Mamdani, die 34-jarige Demokratiese kandidaat, is tans die voorloper in stryd om New York se burgemeesterskap.

Trump het Maandag gedreig om federale finansiering aan die stad te besnoei sou Mamdani wen, en het hom ook al as ’n “kommunis” beskryf. – AFP

2025-11-04 15:20:56 — Jode moet nie vir ‘Jodehater’ Mamdani stem – Trump Pres. Donald Trump het Maandag vir Zohran Mamdani, wat moontlik New York se eerste Moslem-burgemeester kan word, as ’n "Jodehater" uitgekryt wat Jode nie moet ondersteun nie.

"Enige Joodse persoon wat vir Zohran Mamdani stem, ’n bewese en selfverklaarde JODEHATER, is dom!!!" het Trump op sy sosiale media-platform geskryf.

Mamdani, die 34-jarige Demokratiese kandidaat, is tans die voorloper in stryd om New York se burgemeesterskap.

Trump het Maandag gedreig om federale finansiering aan die stad te besnoei sou Mamdani wen, en het hom ook al as ’n “kommunis” beskryf. – AFP

2025-11-04 15:22:40 — Pres. Donald Trump het Maandag Zohran Mamdani, wat moontlik New York se eerste Moslem-burgemeester kan word, as ’n "Jode-hater" uitgekryt en gesê Jode moet hom nie ondersteun nie.

"Enige Joodse persoon wat vir Zohran Mamdani stem, ’n bewese en selfverklaarde JODE-HATER, is dom!!!" het Trump op Truth Social geskryf.

Mamdani, die 34-jarige Demokratiese kandidaat, is tans die voorloper in die stryd om New York se burgemeesterskap.

Trump het Maandag gedreig om federale finansiering aan die stad te besnoei sou Mamdani wen, en het hom ook al as ’n “kommunis” beskryf.– AFP

Democratic New York City mayoral candidate Zohran Mamdani smiles after voting at a polling location at Frank Sinatra School of Arts in the Queens borough of New York City on November 4, 2025. New Yorkers will pick a new mayor on November 4 after an unpredictable race that has drawn attention from far beyond the largest city in the United States, with President Donald Trump branding frontrunner Zohran Mamdani "a communist." Breakout Democratic Party candidate Mamdani, a naturalized Muslim American who represents Queens in the state legislature, leads former governor and sex assault-accused Andrew Cuomo, running as an independent after losing his party's primary contest to Mamdani. (Photo by Leonardo Munoz / AFP) (LEONARDO MUNOZ/AFP)

Zohran Mamdani   Foto: AFP

2025-11-04 15:43:47 — ’n Voormalige opposisieleier in Eswatini is Dinsdag vrygelaat nadat hy begenadig is ná meer as vier jaar in die tronk weens pro-demokrasie-betogings in 2021.

Afrika se laaste absolute monargie word geregeer deur koning Mswati III, wat sedert 1986 op die troon is en onbeperkte mag het sonder enige betekenisvolle uitdaging van sy gesag.

Mthandeni Dube is in Julie 2021 in hegtenis geneem saam met 'n mede-LP Mduduzi Bacede Mabuza weens die aanhitsing van onrus ten tyde van pro-demokrasie-protesoptredes wat gewelddadig deur die veiligheidsmagte onderdruk is. Tientalle mense het in dié onluste gesterf.– AFP

2025-11-04 16:03:34 —

Hindu devotees observe the Rakher Upobash festival at a temple in Dhaka Hindu devotees sit together with oil lamps to pray to Lokenath Brahmachari, a Hindu saint and philosopher, as they observe the Rakher Upobash festival at a temple in Dhaka, Bangladesh, November 4, 2025. REUTERS/Mohammad Ponir Hossain TPX IMAGES OF THE DAY (Mohammad Ponir Hossain/REUTERS)

Hindoe-gelowiges sit Dinsdag by olielampe om Lokenath Brahmatsjari, ’n Hindoe-heilige en filosoof, te aanbid terwyl hulle die Racher Oepobasj-fees by ’n tempel in Dakka, Bangladesj, vier.Foto: Reuters


2025-11-04 16:10:45 — Noord-Korea het sedert September reeds sowat 5 000 konstruksietroepe na Rusland gestuur om te help met "die heropbou van infrastruktuur", het ’n Suid-Koreaanse parlementslid Dinsdag gesê ná ’n inligtingsessie deur die land se intelligensieagentskap.– AFP

2025-11-04 16:24:15 — Europa sal sukkel om genoeg troepe en wapentuig te mobiliseer of vinnig genoeg wapens te vervaardig in die geval van ’n direkte konfrontasie met Rusland.

“Uit die 20 uit 30 Navo- of Europese Unie-lande maak die professionele grondmagte minder as 15 000 uit," waarsku 'n nuwe studieverslag deur die Franse Instituut vir Internasionale Betrekkinge.

"Afgesien van ’n paar gevegsfrontlande wat reserwemagte en nasionale gardes op hul grondgebied kan mobiliseer, sal die ander nie meer as ’n paar bataljons in die veld kan stoot nie."– AFP

2025-11-04 16:38:25 — Voedselhulp, waarvan miljoene Amerikaners afhanklik is, sal eers hervat as die regeringstaking eindig, het pres. Donald Trump Dinsdag gesê, hoewel sy administrasie Maandag gesê het die hulp sal gedeeltelik hervat word.

Trump pak ook weer die skuld vir die dooiepunt in die regeringstaking op die Demokrate.

Voedselhulp "sal slegs gegee word wanneer die Radikale Linkse Demokrate die regering oopmaak, wat hulle maklik kan doen – en nie voor dit nie!" skryf Trump in ’n Truth Social-plasing.

Sowat een uit agt Amerikaners ontvang voedselhulp van die regering deur die program vir bystand aan behoeftige huishoudings (Snap).– AFP, Reuters

2025-11-04 17:16:16 — Die Amerikaanse regeringsluiting het Dinsdag sy 35ste dag bereik, wat die rekord van pres. Donald Trump se eerste termyn ewenaar.

Sonder ’n groot deurbraak lyk dit byna seker dat die geslote federale regering op pad is na die langste sluiting tot nog toe. Tog is daar hoop, aangesien leiers “optimisties” is dat nuwe onderhandelinge tussen die Republikeine en die Demokrate dalk ’n einde daaraan kan bring.

Sedert 30 September is 1,4 miljoen staatsamptenare sonder betaling of op gedwonge verlof, terwyl belangrike programme soos koshulp in die weegskaal is. Die knelpunt bly gesondheidsorgbesteding. Die Demokrate wil seker maak subsidies duur voort, terwyl die Republikeine eers die regering weer wil open voordat gesondheidsorg bespreek word.– AFP

2025-11-04 17:22:54 — Rusland bly in deurlopende kontak met Venezuela te midde van spanning in die Karibiese streek.

Volgens Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder, is Rusland en Venezuela gereeld in kontak. Hy wou nie verder uitwei oor dié interaksie nie.

Peskof beklemtoon ook dat Rusland hoop die situasie tussen Venezuela en Amerika bedaar en dat geen nuwe konflikte uitbreek nie.

Rusland het die afgelope naweek “oormatige militêre mag” deur Amerika in die Karibiese See veroordeel en openlik sy steun aan Venezuela se regering bevestig. Amerika handhaaf tans ’n groot militêre teenwoordigheid in die streek, veral in sy veldtog teen beweerde dwelmsmokkelary.– Reuters


2025-11-04 17:31:51 — Dit is onwaarskynlik dat Amerika militêre mag teen kartelle op Mexikaanse grondgebied sal gebruik, sê pres. Claudia Sheinbaum van Mexiko na aanleiding van gerugte dat Amerika dit oorweeg om troepe suid van die grens te ontplooi.

“Dit sal nie gebeur nie. Ons stem nie saam met enige ingryping nie,” sê Sheinbaum.

Pres. Donald Trump beskuldig Mexiko daarvan dat hy nie genoeg doen om die vloei van dwelms na Amerika te keer nie. ’n Operasie in Mexiko sal ’n drastiese eskalasie van Trump se militêre veldtog teen Latyns-Amerikaanse dwelmsmokkelaars aandui.

Minstens 62 mense is in die laaste paar weke dood in Amerikaanse aanvalle op beweerde dwelmbote in die Stille Oseaan en in die omgewing van die Karibiese Eilande.– AFP

2025-11-04 17:36:41 —

WASHINGTON, DC - NOVEMBER 4: The American flag is flown at half-staff at the White House on November 4, 2025 in Washington, DC. Former Vice President Dick Cheney has passed away at 84 years old. (Photo by Andrew Harnik/Getty Images) (Andrew Harnik/Getty Images)

Amerikaanse vlae by die Withuis in Washington hang halfstok ná die afsterwe van Dick Cheney, voormalige visepresident van Amerika.Foto: Getty Images

2025-11-04 18:06:31 — Indien die federale regering nog ’n week lank gesluit bly, kan dit tot “massachaos” lei en hom dwing om van die nasionale lugruim vir lugverkeer te sluit, het Sean Duffy, Amerikaanse minister van vervoer, Dinsdag gewaarsku.

Dis ’n drastiese stap wat Amerikaanse lugvaart kan omverwerp. “Julle sal massachaos sien, julle sal massavlugvertragings sien. Julle sal massakansellerings sien en julle kan dalk sien dat ons sekere dele van die lugruim sluit, want ons kan dit net nie bestuur nie,” het Duffy Dinsdag op ’n mediakonferensie gesê.

Met die sluiting van die regering wat Dinsdag sy 35ste dag binnegegaan het, het die Federale Lugvaartadministrasie nog vlugte vertraag. Volgens lugdienste is 3,2 miljoen passasiers die afgelope week deur vertragings of gekanselleerde vlugte geraak weens ’n toename in die afwesigheid van lugverkeerbeheerders.– Reuters

2025-11-04 18:13:43 — Die Amerikaanse mediamaatskappy Getty Images het die grootste deel van sy hofsaak teen die Britse kunsmatige intelligensie (KI)-maatskappy Stability AI in Londen verloor, het die hof Dinsdag beslis.

Getty het beweer dat Stability AI, wat deur onder andere die Kanadese rolprentmaker James Cameron bestuur word, miljoene foto’s sonder toestemming van Getty se webwerwe onttrek het om sy KI-model, Stable Diffusion, op te lei.

Getty het egter in die verhoor sy aanklagte van direkte kopieregskending teruggetrek. Die hof het bevind dat daar geen bewyse is dat die opleiding van Stable Diffusion in Engeland plaasgevind het nie en die uitspraak is dus beperk tot enkele oorblywende eise soos handelsnaamskending.

Stability AI is net gedeeltelik skuldig bevind, want sommige foto’s het steeds die Getty- of die iStock-watermerk bevat. Getty waarsku nou dat die uitspraak ’n uitdaging is vir kopiereghouers wêreldwyd en vra om sterker reëls oor KI-deursigtigheid.– AFP

2025-11-04 18:21:45 — Die verhoor van Sean Dunn, voormalige Amerikaanse ministeriële werknemer, het Dinsdag in Washington begin nadat hy na bewering ’n toebroodjie na ’n federale agent gegooi het tydens pres. Donald Trump se polisiemag-optrede.

Dunn staan tereg op ’n aanklag van ligte aanranding. ’n Video van die voorval, waar Dunn ’n toebroodjie na ’n federale agent gooi en vloekwoorde skree, het vinnig versprei en hom ’n simbool van kritiek teen Trump se beleid gemaak.

Dunn het skuld ontken, maar sy regspan erken hy het die toebroodjie gegooi, en noem dit ’n “onskadelike gebaar” uit protes teen immigrasie- en polisiereëls wat hy as rassisties en onderdrukkend beskou.– Reuters


2025-11-04 18:31:19 —

A "Vote" sign outside a polling station at Chesterbrook Elementary School in McLean, Virginia, US, on Tuesday, Nov. 4, 2025. Abigail Spanberger is facing off with Winsome Earle-Sears in a race that will give the state its first female governor. Photographer: Graeme Sloan/Bloomberg via Getty Images (Bloomberg/Bloomberg via Getty Images)

’n Aanwysing wys waar om te stem in McLean in die Amerikaanse deelstaat Virginië. Die Demokraat Abigail Spanberger kom te staan teen die Republikein Winsome Earle-Sears in ’n verkiesing wat die deelstaat sy eerste vrouegoewerneur sal gee.

Foto: Getty Images

2025-11-04 19:00:39 — Ses mense is Dinsdag dood nadat ’n Filippynse militêre helikopter tydens ramphulpverlening neergestort het nadat die tifoon Kalmaegi dele van die land getref het.

Volgens die weermag is ses lyke, glo dié van die vlieënier en vyf bemanningslede van die Huey-helikopter, op die eiland Mindanao gevind.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Die dodetal weens tifoon Kalmaegi in die sentrale deel van die Filippyne het laat Dinsdag tot 40 gestyg, het owerhede gesê.– Reuters

2025-11-04 19:26:44 — Die veiligheidsmagte in Kameroen het 48 mense doodgemaak in hul optrede verlede week teen betogings oor die herkiesing van pres. Paul Biya, het twee bronne van die Verenigde Nasies Dinsdag aan Reuters gesê.

Die meeste van die slagoffers is doodgeskiet, hoewel verskeie gesterf het nadat hulle met stokke en knuppels geslaan is, het die twee bronne gesê.

Biya se regering het nie ’n sterftesyfers in die betogings gegee nie en ’n staatswoordvoerder het nie Dinsdag op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.– Reuters

2025-11-04 19:42:47 —

Election Day in New York City Brooklyn borough A girl waits in line with her parents as voters fill out their ballots at a polling site on Election Day in the New York mayoral election in the Brooklyn borough of New York City, U.S., November 4, 2025. REUTERS/Angelina Katsanis TPX IMAGES OF THE DAY (Angelina Katsanis/REUTERS)

’n Meisie wag Dinsdag in die ry saam met haar ouers in ’n stemlokaal in Brooklyn om hul stemme in die New Yorkse burgemeestersverkiesing uit te bring. Die stembusse sluit Woensdag om 04:00 (SA tyd).Foto: Reuters

2025-11-04 20:03:07 — Franse owerhede het Dinsdag gesê hulle het ’n ondersoek begin na die Chinese sosialemedia-platform TikTok en die risiko's dat sy algoritmes jongmense tot selfdood kan aanhelp.

Laure Beccuau van die Paryse aanklaerskantoor het gesê die ondersoek is in reaksie op ’n versoek van ’n parlementêre komitee om ’n strafregtelike ondersoek te begin na TikTok wat moontlik jong gebruikers se lewe bedreig.

Sy het gesê ’n verslag deur die komitee het gewys op “TikTok se onvoldoende moderering, maklike toegang vir minderjariges en gesofistikeerde algoritmes wat kwesbare individue na selfdood kan dryf deur hulle vinnig vas te vang in ’n siklus van toegewese inhoud”.– Reuters


2025-11-04 20:24:01 — Amerika werk saam met ander lande om die konflik in Soedan te beëindig, het Karoline Leavitt, die Withuis-woordvoerder, Dinsdag gesê. Dit volg op berigte van massaslagtings nadat paramilitêre magte die stad Al-Fasjer verlede week ingeneem het.

“Amerika is aktief betrokke by pogings om ’n vreedsame oplossing vir die verskriklike konflik in Soedan teweeg te bring,” het Leavitt gesê.

Aanklaers van die Internasionale Geregshof het Maandag gesê hulle samel bewyse in van beweerde massaslagtings en verkragtings in Al-Fasjer.– Reuters

2025-11-04 20:40:38 —

This handout photograph taken on October 25, 2025, and released on November 4, 2025, by the Press Service of the 24th Mechanized Brigade of Ukrainian Armed Forces shows a serviceman of a motorized infantry battalion cooking a meal in a dugout at the front line position near the town of Chasiv Yar in the Donetsk region, amid the Russian invasion of Ukraine. (Photo by Handout / 24th Mechanized Brigade of Ukrainian Armed Forces / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / HANDOUT/ OLEG PETRASIUK/24TH MECHANIZED BRIGADE OF UKRAINIAN ARMED FORCES " - HANDOUT - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS - AFP CANNOT INDEPENDENTLY VERIFY THE AUTHENTICITY OR LOCATION, DATE, AND CONTENT OF THESE IMAGES. / (HANDOUT/AFP)

In hierdie foto, wat deur die 24ste gemeganiseerde brigade van die Oekraïense weermag uitgereik is, berei ’n soldaat ’n maaltyd in ’n skuiling aan die frontlinie naby die dorp Tsjasif Jar in die Donetsk-streek.Foto: Oekraïense weermag/AFP

2025-11-05 03:38:42 — Zohran Mamdani (34) van die Demokratiese Party het Dinsdag se burgemeestersverkiesing in die stad New York gewen.

Mandani, wat in Uganda gebore is, sal die eerste Moslem-burgemeester van Amerika se grootste stad wees.

In ’n teken van hoe Mamdani se veldtog baie kiesers aangewakker het, is meer as 2 miljoen stembriewe, insluitend vroeë stemme, uitgebring, volgens die verkiesingsraad.

Dit is die meeste stemme in ’n burgemeestersverkiesing sedert minstens 1969.– Reuters

NYC Mayoral Candidate Zohran Mamdani Campaigns In Brooklyn On First Day Of Early Voting NEW YORK, NEW YORK - OCTOBER 25: Democratic Mayoral Candidate Zohran Mamdani looks at the menu inside of Kreyol Flavor as he takes a tour of the neighborhood on October 25, 2025 in the East Flatbush neighborhood of the Brooklyn borough in New York City. Mamdani was joined by Assembly member Rodneyse Bichotte Hermelyn and Councilmember Farah Louis as they greeted voters on the first day of early voting in November's general elections. Mamdani is leading in the polls ahead of Andrew Cuomo, who is running as an independent, and Republican nominee Curtis Sliwa. (Photo by Michael M. Santiago/Getty Images) (Michael M. Santiago/Getty Images)

Zohran MamdaniFoto: Getty Images

2025-11-05 03:53:41 —

New Yorkers Watch Results Come In For City's Mayoral Election NEW YORK, NEW YORK - NOVEMBER 4: New Yorkers celebrate as NY1 projects Zohran Mamdani winner in the mayoral election, at the Bohemian Hall & Beer Garden on November 4, 2025 in the Queens borough of New York City. The watch party was one of many hosted by the New York City chapter of the Democratic Socialists of America in support of Mamdani. (Photo by Jeremy Weine/Getty Images) (Jeremy Weine/Getty Images)

New Yorkers is Dinsdag in die Bohemian Hall & Beer Garden in die Queens-distrik van die New York ooglopend oorstelp van vreugde toe Zohran Mamdani as die nuwe burgemeester aangewys word.Foto: Getty Images

2025-11-05 03:53:54 —

New Yorkers vier Dinsdag terwyl Zohran Mamdani as die wenner in die burgemeestersverkiesing aangewys is, by die Bohemian Hall & Beer Garden in die Queens-distrik van New York-stad.Foto: Getty Images


2025-11-05 03:58:56 — Benewens Zohran Mamdani se oorwinning in die burgemeestersverkiesing in die stad New York het die Demokrate Dinsdag ook twee ander verkiesings gewen.

Abigail Spanberger het as wenner uit die stryd getree in die deelstaat Virginia en Mikie Sherrill in die deelstaat New Jersey se goewerneursverkiesings.

Al drie Demokratiese kandidate het ekonomiese kwessies, veral bekostigbaarheid, beklemtoon.– Reuters

2025-11-05 04:21:07 — Minstens sewe mense is dood en 11 beseer toe ’n UPS-vragvliegtuig Dinsdag kort ná opstyging by die Louisville Internasionale Lughawe in Kentucky neergestort het.

Die vliegtuig het sakeondernemings langs die lughawe getref.

Die Amerikaanse Federale Lugvaartadministrasie (FAA) het gesê die vliegtuig, met Hawaii as bestemming, het omstreeks 17:15 plaaslike tyd neergestort.

Andy Beshear, goewerneur van Kentucky, het gesê hy verwag dat die getal oorledenes en beseerdes sal toeneem.

UPS het gesê drie bemanningslede was aan boord van die vliegtuig. Dit is onbekend of hulle oorleef het.– AFP, Reuters

https://www.youtube.com/watch?v=qQJLzzrL3sU

2025-11-05 04:39:49 — Die dodetal weens die tifoon Kalmaegi in die Sentraal-Filippyne het Woensdag tot minstens 66 gestyg.

Die tifoon het ’n spoor van verwoesting gelaat wat Woensdag voortgeduur het terwyl dit na die Suid-Chinese See beweeg.

Onder die sterftes is ses militêre personeel wie se helikopter in Agusan del Sur op die eiland Mindanao tydens ’n humanitêre sending neergestort het.

Minstens 13 mense word vermis.– Reuters, AFP

Aftermath of Typhoon Kalmaegi in Cebu, Philippines Drone view of the damage caused by Typhoon Kalmaegi in Talisay, Cebu, Philippines, November 5, 2025. REUTERS/Eloisa Lopez (Eloisa Lopez/REUTERS)

Skade wat veroorsaak is deur die tifoon Kalmaegi in Talisay, Cebu, in die Filippyne.Foto: Reuters

2025-11-05 04:46:04 — Minstens 10 mense is dood en verskeie beseer in ’n brand wat Dinsdagnag in ’n tehuis vir bejaardes in die dorp Tuzla in Noord-Bosnië uitgebreek het.

Die brand het omstreeks 21:00 plaaslike tyd uitgebreek en is omstreeks 22:00 geblus, het plaaslike media berig.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.

Minstens vyf mense is beseer en drie is in intensiewe sorg.

Verskeie van die pasiënte is vir koolstofmonoksiedvergiftiging behandel.– Reuters

2025-11-05 05:04:03 — België se lughawens in Brussel en Luik is Dinsdagaand gesluit nadat hommeltuie opgemerk is.

Kurt Verwilligen, ’n woordvoerder van die Belgiese lugverkeersbeheerdiens, het kort voor 20:00 plaaslike tyd gesê ’n hommeltuig is naby die Brussel-lughawe bespeur.

Die lughawe is toe as ’n veiligheidsmaatreël gesluit.

Die lughawe is ná twee uur heropen, maar weer gesluit nadat nog hommeltuie opgemerk is.

Die Liege-lughawe is ook gesluit en dit is onduidelik wanneer vlugte by al twee lughawens sal hervat.– Reuters


2025-11-05 05:22:52 — Israel het Woensdag bevestig dat die oorskot wat Hamas die vorige dag oorhandig het, wel dié van die Israelies-Amerikaanse soldaat Itay Chen is.

Chen het by Israel se grens met die Gasastrook gewerk toe Hamas en sy bondgenote Israel op 7 Oktober 2023 aangeval het.

Chen is op daardie dag as gyselaar geneem.

Sy ouers het die laaste keer met hom kontak gehad toe die aanval begin het.

Die Israeliese weermag het in Maart 2024 bekend gemaak dat Chen gesneuwel het.– Reuters

2025-11-05 06:14:48 — Christopher Landau, Amerikaanse adjunkminister van buitelande sake, het Dinsdag gesê hy het met Abdoulaye Diop, sy ampsgenoot van Mali, gepraat om gedeelde veiligheidsbelange in die streek te bespreek.

Jama’at Nusrat al-Islam wal-Muslimin (JNIM) het in September ’n verbod op brandstofinvoer na die land afgekondig en sedertdien konvooie brandstoftenkwaens aangeval wat die land probeer binnegaan.

Amerika het verlede week sy burgers in Mali aangemoedig om onmiddellik die land te verlaat.– Reuters

2025-11-05 06:28:23 — Iran het twee Franse burgers, Cécile Kohler (41) en haar lewensmaat, Jacques Paris (72), uit die gevangenis vrygelaat.

Jean-Noel Barrot, minister van buitelandse sake, het Dinsdag gesê dat Kohler en Paris “veilig” is by die Franse ambassade in Teheran “voor hul finale vrylating”.

Esmaeil Baghaei, woordvoerder van die ministerie van buitelandse sake van Iran, het later gesê dat die twee op borgtog vrygelaat is en in Iran “onder toesig sal bly tot die volgende fase van die geregtelike verrigtinge”.

Die twee is skuldig bevind aan spioenasie vir Frankryk en Israel.– Reuters

2025-11-05 06:36:23 — Amerikaanse magte het Dinsdag twee mense doodgemaak in ’n aanval op ’n boot in die Stille Oseaan, het Pete Hegseth, Amerikaanse minister van verdediging, gesê.

Hy het in ’n inskrywing op X gesê daar is bevestig dat die vaartuig by onwettige dwelmsmokkelary betrokke was.

Hegseth se inskrywing sluit ’n video in van ’n boot wat in vlamme gehul word.

Amerika het vroeg in September met sulke aanvalle begin, wat volgens kenners op buitegeregtelike moorde neerkom.

Minstens 67 is al in die Karibiese Eilande en die Stille Oseaan doodgemaak.– Reuters

2025-11-05 07:47:13 — Pous Leo XIV het Dinsdag die Amerikaanse militêre ontplooiing in die Karibiese Eilande gekritiseer, sonder om pres. Donald Trump by die naam te noem.

Die pous het gereageer op ’n vraag deur ’n joernalis terwyl hy sy woning in Castel Gandolfo verlaat het.

Die pous het gesê ’n land het die reg dat sy weermag “vrede verdedig”.

“In hierdie geval lyk dit egter ’n bietjie anders... elke keer nader aan die kus van Venezuela,” het hy gesê in verwysing na Amerikaanse bote.

“Ek dink nie ons wen met geweld nie. Die ding om te doen is om dialoog te soek.”– AFP


2025-11-05 07:56:57 — Lt.genl. Dumisani Khumalo, hoof van misdaadintelligensie, praat nou oor die omstrede sakeman Vusimuzi (Cat) Matlala se hofaansoek teen die taakspan wat politieke moorde ondersoek.

Die taakspan het op 6 Desember 2024 op Matlala se huis toegeslaan. Hy het op 17 Desember die hof genader sodat die taakspan sy Rolex-horlosie, sy vrou se Cartier-horlosie, vyf vuurwapens, een MacBook en selfone aan hom terugbesorg.

Volgens Khumalo het hulle beslag gelê op die wapens en die selfone, maar nie die ander artikels nie. Die hof het die dringende aansoek op 24 Desember aangehoor en die hof het later in sy uitspraak Matlala se aansoek met koste van die hand gewys.

Khumalo sê hy het op 23 Desember met Bheki Cele, voormalige minister van polisie, vergader.

Cele het aan hom genoem dat Matlala vir hom (Cele) gesê het dat Senzo Mchunu, minister van polisie wat op spesiale verlof geplaas is, en lt.genl. Shadrack Sibiya, geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, hom aangemoedig het om vals klagte teen hom (Khumalo) en sy beamptes in te dien. Volgens Cele het Matlala die goedere gehad wat hy gesê het is gesteel.

2025-11-05 07:59:36 — Ondersoekers in Frankryk wat probeer om ’n moordsaak op te los waarin ’n lyk in die helfte gekap is, het Dinsdag gesê dat ’n Franse vrou in Switserland in hegtenis geneem is.

’n DNS-toets word uitgevoer om die slagoffer te identifiseer.

Die man se lyk is Saterdag op ’n rivieroewer in die ooste van Frankryk gevind, slegs in onderklere geklee, in die helfte gesny by die middel en met ’n wit stof bedek.

Daar word geglo dat die slagoffer ’n 75-jarige Switserse man is wat sedert Vrydag vermis word.

Die verdagte, wat in haar 30’s is, was glo die man se huurder.– AFP

2025-11-05 08:12:27 —

2025-11-05 08:37:04 — Khumalo het die brief van Mchunu wat die taakspan op 31 Desember verlede jaar ontbind het, op sosiale media gesien.

In die brief het Mchunu ook poste in misdaadintelligensie bevries.

Khumalo, die hoof van misdaadintelligensie, is nie vooraf hieroor ingelig of geraadpleeg nie.

“Dit was nie ’n gelukkige Nuwejaar vir my en my span nie. Hulle wou geweet het oor die ontbinding van die taakspan wat hulle op sosiale media gehoor het en ek het nie antwoorde gehad nie. Ek het nie goed gevoel oor die brief nie.”

Volgens Khumalo is hy nie genader oor die ontbinding van die taakspan nie en of daar voorheen ontevredenheid was met die taakspan se werk nie. “Dit was vir my ’n verrassing (dat die taakspan ontbind word).”

2025-11-05 08:41:35 — Die ministers van klimaat van die EU-lande het Woensdag ’n teiken vir 2040 goedgekeur om uitlaatgasse met 90% te verminder, maar met buigsaamheid om hierdie doelwit te verslap.

Die ministers het in ’n openbare stemming die 90%-teiken goedgekeur, wat lande in staat sal stel om buitelandse koolstofkrediete te koop om tot 5% van die 90%-uitlatingsverminderingsdoelwit te dek.

Dit sal die vermindering van uitlaatgasse wat van Europese nywerhede vereis word, effektief tot 85% verslap.– Reuters


2025-11-05 08:48:31 — Altesaam 40 mense is dood in ’n aanval op ’n begrafnis in die stad El-Obeid in die sentrale Kordofan-streek in Soedan, het die Verenigde Nasies (VN) se humanitêre kantoor Woensdag gesê.

Die verklaring het nie aangedui op watter dag die aanval plaasgevind het of wie dit uitgevoer het nie.

Die aanval het gekom voor ’n verwagte aanval op die stad deur die paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF), met troepe van die weermag wat ook bymekaarkom in ’n poging om die RSF af te weer.

“Die veiligheidsituasie in die Kordofan-streek bly versleg,” het die VN gesê.– AFP

2025-11-05 09:18:07 — Die dodetal weens ’n brand by ’n tehuis vir bejaardes in Tuzla in Noord-Bosnië het Woensdag tot 11 gestyg en ongeveer 30 mense is beseer, sê die polisie.

Die brand het Dinsdag omstreeks 21:00 op die sewende verdieping van die ou gebou van nege verdiepings uitgebreek.

Plaaslike media sê baie van die oorledenes was mense met gestremdhede.

Sommige van die beseerdes is in ’n kritieke toestand. Vroeër is berig verskeie van die pasiënte is vir koolstofmonoksiedvergiftiging behandel. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.– Reuters

2025-11-05 09:35:20 — Pres. Donald Trump beplan om Maandag met pres. Ahmed al-Sjaraa van Sirië in die Withuis te vergader.

Sedert hy in Desember die mag van Basjar al-Assad oorgeneem het, het Al-Sjaraa ’n reeks buitelandse reise onderneem terwyl sy oorgangsregering poog om Sirië se bande met wêreldmoondhede te herstel.

Trump het ’n goeie verhouding met Al-Sjaraa nagestreef.

Hy het in Junie die meeste Amerikaanse sanksies teen Sirië herroep.– Reuters

2025-11-05 10:09:27 — Die dodetal weens die tifoon Kalmaegi in die sentrale deel van die Filippyne het Woensdag tot meer as 100 gestyg namate die verwoestende impak op die provinsie Cebu duideliker word ná erge oorstromings.

Die dodetal Woensdag vroeg was minstens 66.

Vloedwater wat as ongekend beskryf word, het ’n dag tevore deur Cebu gestroom en motors, hutte op rivieroewers en massiewe skeepshouers meegesleur. Minstens 76 van die sterftes is hier aangemeld.

Twaalf mense word op die naburige eiland Negros vermis.–  AFP

2025-11-05 10:23:16 — Adv. Adila Hassim SC, wat Khumalo se getuienis aanvoer, fokus nou op die notule van die eerste vergadering van die interministeriële komitee op 21 Mei 2018 wat toesig oor die taakspan se werk gehou het. Die taakspan het politieke moorde in KwaZulu-Natal ondersoek.

Pres. Cyril Ramaphosa het die komitee in 2018 saamgestel. Die komitee het toe bestaan uit Cele, Dipuo Letsatsi-Duba, voormalige minister van staatsveiligheid, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, voormalige minister van verdediging en militêre veterane, Michael Masutha, voormalige minister van justisie en korrektiewe dienste, en Willies Mchunu, voormalige premier van KwaZulu-Natal.

Luidens die notule het die ministers op die vergadering hul kommer uitgespreek dat politieke moorde in KwaZulu-Natal toeneem. Die taakspan moes ’n strategie ontwikkel om politieke moorde te ondersoek en die Nasionale Vervolgingsgesag moes die sake suksesvol vervolg.

Khumalo se getuienis fokus op die rol van die taakspan en die interministeriële komitee. Hassim sê die presidensie het die notule van die vergadering. Khumalo verduidelik hoe die taakspan te werk gegaan het in hul ondersoeke na politieke moorde en die vordering wat hulle aan die interministeriële komitee verskaf het.

Volgens Khumalo was hul mandaat om politieke moorde te ondersoek, maar die mandaat het met tyd verander. Hy sê in sommige gevalle is ’n vuurwapen in verskeie misdade gebruik.

Die laaste interministeriële  komiteevergadering was in September 2023. Ronald Lamola, wat toe minister van justisie en korrektiewe dienste was, het die taakspan geprys vir hul werk en gesê dat die taakspan nie ontbind moet word nie. Voor die 2024-verkiesing het die taakspan ook vir Ramaphosa oor sy werksaamhede ingelig.


2025-11-05 10:24:52 — Japan het Woensdag troepe na die noorde van die land ontplooi om bere te vang.

Die operasie het in die dorpie Kazoeno begin.

Daar was sedert April vanjaar meer as 100 beeraanvalle en 12 sterftes oor Japan heen.

Tweederdes van die sterftes was in die Akita-prefektuur, waar Kazoeno geleë is.

Die owerhede in Akita sê waarnemings van bere het vanjaar sesvoudig tot meer as 8 000 gestyg.

Die troepe gaan staalstrikke vervoer, opstel en inspekteer wat gebruik word om bere te vang.

Die bere sal later deur opgeleide jagters, wat gehuur word om die bevolking uit te dun, geskiet word.– Reuters

2025-11-05 10:44:11 —

’n Resolusie wat die interministeriële komitee in September 2023 aanvaar het om nie die taakspan te ontbind nie.

2025-11-05 10:47:34 — Oudregter Mbuyiseli Madlanga, wat die kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel lei, vra vir Khumalo of Mchunu die besluit geneem het om die taakspan te ontbind sonder om eers daaroor te dink.

Khumalo sê hy is van 2018 lid van die taakspan en volgens sy kennis is daar by die laaste interministeriële komitee vergadering gesê die taakspan moenie ontbind word nie. Volgens hom moes Mchunu nie die besluit geneem het om die taakspan te ontbind nie.

Madlanga vra vir wie Mchunu eers moes gekonsulteer het voordat hy die taakspan ontbind het. Volgens Khumalo moes die minister eers ’n agtergrond gekry het van die taakspan se werk en met die ministerieë wat deel was van die interministeriële komitee vergader het.

“Die minister het met geeneen van die ministerieë van die interministeriële komitee beraadslaag oor sy besluit nie. Nie eens die adjunkministers van polisie is gekonsulteer nie. Ons (die polisie) is ook nie gekonsulteer of ingelig oor die besluit om die taakspan te ontbind nie.”

Madlanga vra waarom.  “Ek weet nie waarom die konsultasie nie plaasgevind het nie. Ek hou by my standpunt totdat ek die regte rede hoor.” Volgens hom was die doel om die taakspan te ontbind.

2025-11-05 11:13:24 — Bangladesj het Woensdag kontantbelonings aangekondig as masjiengewere, gewere en pistole wat verlede jaar in ’n opstand gebuit is, aan die owerhede terugbesorg word in die hoop om voor ’n belangrike verkiesing honderde wapens in te samel.

Na raming 6 000 vuurwapens is uit polisiebewaring gesteel ten tyde van die dodelike onluste in Augustus 2024, wat die bewind van sjeik Hasina, die destydse premier, omvergewerp het.

Meer as 1 300 vuurwapens word steeds vermis, sê die polisie. Die kontantbelonings wissel van R69 920 vir ’n ligte masjiengeweer, R13 984 vir ’n aanvalsgeweer en R6 992 vir ’n haelgeweer of pistool. Kontant word ook vir ammunisie betaal.– AFP

(Douglas Sacha/Getty Images)

Sowat 6 000 vuurwapens is uit polisiebewaring gesteel ten tyde van die dodelike onluste in Bangladesj in Augustus 2024.Foto: Getty Images

2025-11-05 11:15:54 — Khumalo, wat die projekleier van die taakspan was, sê hy het eers op 14 Januarie vanjaar amptelik Mchunu se brief van genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, ontvang.

“Dis toe ek kon bevestig het dit is nie fopnuus nie. Dit was amptelike kommunikasie tussen die minister en die nasionale kommissaris. Dit was die eerste keer dat ek die brief gesien het.”

Volgens Khumalo het lt.genl. Shadrack Sibiya, geskorste nasionale adjunkpolisiekommissaris, se kantoor voor 14 Januarie e-posse aan hom gerig oor ’n versoek dat ’n verslag opgestel word oor die ontbinding van die taakspan, maar die amptelike brief van die ontbinding was nie aangeheg nie. Masemola was toe tot 14 Januarie met verlof en Khumalo het vir Masemola gewag om die kwessie te bespreek.

Volgens Khumalo was Masemola ook in die duister oor die ontbinding van die taakspan. “Albei van ons kon nie die brief verstaan of wat daartoe gelei het nie.”

Volgens Khumalo was daar ook verwarring omdat daar van hom verlang is om ’n voorlopige verslag op te stel oor die ontbinding van die taakspan, terwyl die brief gelui het dat die taakspan reeds ontbind is. Die verslag is aan Mchunu gestuur.

Madlanga vra wat Khumalo se bevinding was. Volgens Khumalo is bevind dat die taakspan nie ontbind moet word nie.


2025-11-05 11:21:24 — Twee mense is ernstig beseer toe ’n motoris Woensdag op Frankryk se toeriste-eiland Oléron naby die Atlantiese kus in voetgangers en fietsryers  vasgery het.

Laurent Nunez, Franse minister van binnelandse sake, sê die man is deur die polisie in hegtenis geneem en 'n ondersoek is geopen. Altesaam nege mense is beseer, sê Thibault Brechkoff, burgemeester van Dolus-d'Oléron. Die verdagte is ongeveer 30 jaar oud, het hy gesê.

Die verdagte het glo "Allahu Akbar" (Arabies vir God is die grootste) geskree toe hy in hegtenis geneem is. Luidens die koerantLe Parisienword die moontlikheid ondersoek dat die verdagte geestesversteurd is.– Reuters

2025-11-05 11:28:01 — Lede van die Hongkongse polisie het Woensdag gesê hulle het 80 mense in hegtenis geneem in verband met die stad se grootste kripto-bedrogspul ooit.

Die JPEX-kripto-uitruilskandaal beloop HK$1,6 miljard.

Sedert September 2023 word JPEX ondersoek nadat die effekte-reguleerder die platform van “verdagte” bedrywighede en die bemarking van produkte sonder ’n lisensie beskuldig het.

Sestien van die aangeklaagdes is reeds van bedrog aangekla terwyl ondersoeke voortduur. Volgens die polisie is dit die grootste saak in sy soort in Hongkong, met meer as 2 700 klagte wat ingedien is en miljarde dollar se verliese.– AFP

2025-11-05 11:33:11 —

RIO DE JANEIRO, BRAZIL - NOVEMBER 05: A general view of Rio de Janeiro from Christ the Redeemer on November 05, 2025 in Rio de Janeiro, Brazil. The Earthshot Prize celebrates and supports those who are finding solutions to the world's most pressing environmental issues. (Photo by Chris Jackson/Getty Images) (Chris Jackson/Getty Images)

'n Algemene uitsig oor Rio de Janeiro in Brasilië vanaf die Christus die Verlosser-standbeeld.Foto: Getty Images

2025-11-05 12:17:27 — Ierland het ’n uitbreking van die hoogs aansteeklike H5N1-voëlgriep op ’n kalkoenplaas in die oostelike deel van die land aangemeld, sê die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (WOAH) te midde van ’n vinnige seisoenale toename in die dodelike siekte in Europa.

Die verspreiding van voëlgriep wek kommer onder regerings en die pluimveebedryf omdat dit die laaste paar jaar wêreldwyd voorraad ontwrig, voedselpryse laat styg en die risiko van oordrag na mense verhoog het.

Die H5N1-virus is in 3 240 voëls in die dorp Carlow ontdek, wat tot 3 130  voëlvrektes gelei het, sê die WOAH. Die oorblywende voëls is as voorsorgmaatreël van kant gemaak.– Reuters

2025-11-05 12:30:08 — Oekraïne het Woensdag “verbeterde vennootskap”-status in die Gesamentlike Ekspedisiemag (JEF) verkry, het John Healey, Britse minister van verdediging, aangekondig.

Die JEF, wat uit 10 Navo-lande in Noord-en Oos-Europa bestaan, fokus op vinnige krisisreaksie en samewerking. Die verdedigingsministers het die ooreenkoms op ’n vergadering in Bodo, Noorweë, onderteken.

Healey meen dit stuur ’n duidelike boodskap aan Rusland: Europa staan bankvas agter Oekraïne. Die vennootskap versterk samewerking en bring Oekraïne nader aan volledige lidmaatskap van Navo.

Die JEF is in 2014 ná Rusland se anneksasie van die Krim-skiereiland gevorm. Oekraïne se kundigheid oor hibriede aggressie, lugafweerstelsels en hommeltuie sal die alliansie versterk.– AFP

KHARKIV, UKRAINE - DECEMBER 6: A soldier of 13th Khartiia Brigade in a trench during a snowstorm on December 6, 2024 in Kharkiv, Ukraine. (Photo by Nikoletta Stoyanova/Getty Images) (Nikoletta Stoyanova/Getty Images)

’n Oekraïense soldaat staan in ’n loopgraaf in die Charkif-streek in Oekraïne.Foto: Getty Images


2025-11-05 12:43:15 — ’n Verplieër in Duitsland is Woensdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op 10 pasiënte en poging tot moord op nog 27 deur dodelike inspuitings.

Die hof in Aken het bevind die 44-jarige man het die misdade tussen Desember 2023 en Mei 2024 in ’n hospitaal naby Aken gepleeg.

Die man, wie se naam nie bekendgemaak is nie, is deur aanklaers daarvan beskuldig dat hy die "meester van lewe en dood" gespeel het oor diegene wat in sy sorg was.

Hy het groot dosisse kalmeermiddels en pynstillers, insluitend morfien en midazolam, aan die slagoffers toegedien om sy werklas op nagskofte te verminder. Daar word steeds ondersoek ingestel na nog moontlike slagoffers.– AFP

2025-11-05 12:53:44 — Khumalo se verslag oor die taakspan was tweedelig. Khumalo en Masemola was bekommerd oor die besluit omdat dit uit die bloute gekom het.

Volgens Khumalo het Masemola pogings aangewend om met Mchunu te praat. “Ons wou Mchunu inlig oor die taakspan en wou weet waarom die taakspan eintlik ontbind is. Op die vergadering van 14 Januarie het ons bespiegel wat die redes was.”

Khumalo sê hulle wou ook weet oor die kwessies rondom misdaadintelligensie omdat poste in dié eenheid bevries is. Daar was ’n versoek dat Mchunu, Masemola en Khumalo op 16 Januarie vergader.

Deel van Khumalo se verslag was om ’n prentjie te skets van die misdaadkartel se ondersteuningstruktuur, wat sommige polisielede ingesluit het wat met die kartel saamwerk.

Hy het Sibiya, lt.genl. Shibiri, brig. Nkwashu en kapt. Makgotle se name genoem wat glo saamwerk met die kartel. Khumalo wil nie die naam van die vyfde polisiebeampte noem nie omdat die ondersoek voortduur.

Volgens Khumalo was Mchunu geskok en hy het aan hulle gesê dat hulle moet voortgaan met die ondersoeke na die polisielede en dat hulle hom daaroor moet inlig.

2025-11-05 13:07:02 — Khumalo sê die besluit om die taakspan te ontbind, is beïnvloed deur 'n assessering wat bevind het dat die eenheid nie meer sy mandaat nakom nie.

Khumalo het nog nie die assesseringsverslag gesien nie. Sibiya het op 17 Januarie aan Khumalo geskryf, ’n dag nadat Khumalo en Masemola met Mchunu vergader het.

In die skrywe sê Sibiya dat die taakspan se ondersoeke nie gekompromitteer moet word nie en dat ander eenhede binne die polisie dit sal oorneem.

Volgens Khumalo was daar nie maatreëls in plek oor wie toesig sal hou oor die taakspan se dossiere nie en hoe die sake verder ondersoek sal word nie.

Die taakspan is juis gestig omdat die huidige eenhede in die polisie versuim het om die sake te ondersoek. “Hulle was ook swak toegerus.”

Volgens Khumalo verskil ’n eenheid van ’n taakspan. “ ’n Taakspan put kundigheid van verskillende eenhede om ’n taakspan saam te stel. Dit sou naïef wees om te dink dat ’n eenheid sal doen wat ’n taakspan kan doen.”

2025-11-05 13:07:14 —

EDINBURGH, SCOTLAND - NOVEMBER 01: Protesters demonstrate Princess Street Gardens against the government plans to introduce digital ID on November 01, 2025 in Edinburgh, Scotland. The Labour government plan to introduce digital ID for Right to Work checks by the end of the Parliament in a bid to help combat illegal working while making it easier for the people to use vital government services. (Photo by Jeff J Mitchell/Getty Images) (Jeff J Mitchell/Getty Images)

Mense betoog in Edinburg, Skotland, teen die Britse regering se plan om digitale ID’s in te stel.Foto: Getty Images

2025-11-05 13:14:25 — 18 mense is in hegtenis geneem ná ’n internasionaal gekoördineerde ondersoek onder leiding van Duitsland na aanlyn bedrog- en geldwasserynetwerke wat betaaldiensverskaffers gebruik.

Altesaam 44 verdagtes, insluitend ses voormalige werknemers van groot Duitse betaaldiensverskaffers, is glo betrokke by die skema wat die kredietkaartbesonderhede van sowat 4,3 miljoen mense in 193 lande gesteel het, sê die Duitse polisie

Die verdagtes het individue se data gesteel en toe intekeninge geskep vir herhalende rekeninge op vals pornografie- en afspraakdienste, alles met die ondersteuning van betaalfirmas, wat meer as €300 miljoen in skadevergoeding opgelewer het.– Reuters


2025-11-05 13:20:14 — Die internasionale lughawe in Louisville, Kentucky, waar ’n wyeromp-vragvliegtuig neergestort het wat tot die dood van sewe mense gelei het, is vroeg Woensdag 12 uur ná die ongeluk weer vir lugverkeer oopgestel.

Ondersoekers van Amerika se nasionale vervoerveiligheidsraad is intussen na die ongelukstoneel gestuur om die proses te begin om uit te vind wat verkeerd geloop het toe die 34 jaar oue MD-11-vragvliegtuig Dinsdag in vlamme uitgebars het en toe neergestort het.

Die aanloopbaan van waar die vragvliegtuig opgestyg het, sal na verwagting nog vir 10 dae gesluit wees.– Reuters

2025-11-05 13:28:45 — Owerhede oor Noord-Duitsland heen gaan gesamentlik hul hommeltuig-verdediging versterk ná ’n toename in verdagte hommeltuie, wat deels aan Rusland toegeskryf word. Hamburg het Woensdag die inisiatief aangekondig, met die fokus op strategiese plekke soos lughawens en militêre basisse.

Die federale regering het reeds goedkeuring gegee dat die Duitse polisie hommeltuie mag afskiet of elektronies neutraliseer. Verteenwoordigers van kusstate tesame met kenners en nyweraars sal Vrydag vergader om strategieë te beplan. In die afgelope maande het voorvalle naby die Oossee en by lughawens soos Bremen en München vir ontwrigting gesorg.

Die verdagte hommeltuie word glo van Russiese skepe gelanseer as deel van ’n breër sabotasie- en intimidasieveldtog teen Duitsland en ander Europese bondgenote van Oekraïne.– AFP

2025-11-05 13:43:44 — Khumalo sê hy verstaan nie waarom hy ’n verslag moet saamstel oor die ontbinding van die taakspan en wat daartoe gelei het nie.

Hy het die versoek van Sibiya ontvang. “Ek is nie by die besluit ingesluit of gekonsulteer oor die ontbinding van die taakspan nie.”

Volgens Khumalo het hy instruksie ontvang om ’n analise van die taakspan se doeltreffendheid in te sluit en die ontbinding daarvan.

“Indien die minister (Mchunu) se besluit om die eenheid te ontbind werklik te goeder trou was, sou hy vermoedelik reeds dié analise voltooi het voordat hy dit ontbind het.

“Die minister het duidelik in sy direktief verklaar dat hy waargeneem het dat die voortgesette bestaan van die taakspan nie meer nodig is nie en geen waarde tot Suid-Afrikaanse polisiëring bydra nie.

“As die minister geen analise van die taakspan se doeltreffendheid en uitwerking op misdaadbekamping gehad het toe hy besluit het om dit te ontbind nie, kon hy nie te goeder trou besluit het dat dit geen waarde toevoeg nie.”

Khumalo het nie ingestem om die verslag saam te stel nie. Hy meen dit lyk, nadat daar baie vrae was oor die ontbinding, asof hulle hom wou gebruik het om die gemors uit te sorteer. Volgens Khumalo was dit duidelik dat Mchunu niemand oor die ontbinding van die taakspan gekonsulteer het nie, nie eens die Nasionale Vervolgingsgesag of die Staatsveiligheidsagentskap nie.

2025-11-05 13:45:08 — ’n Skermgreep van die versoek aan Khumalo om ’n verslag oor die ontbinding van die taakspan saam te stel.

2025-11-05 14:00:41 —

Britain's King Charles visits Chatfield Health Care Britain's King Charles III meets members of the public and Leif, 7 years old, after a visit to Chatfield Health Care to find out more about the services and bespoke support they provide to veterans in Battersea, London, Britain, November 5, 2025. Kirsty Wigglesworth/Pool via REUTERS TPX IMAGES OF THE DAY (Kirsty Wigglesworth/via REUTERS)

Brittanje se koning Charles gesels Woensdag met lede van die publiek, insluitend Leif (7), ná ’n besoek aan Chatfield Health Care in Battersea, Londen, om meer uit te vind oor die dienste en spesifieke ondersteuning wat aan oorlogsveterane gebied word.Foto: Reuters


2025-11-05 14:14:15 — Pres. Wladimir Poetin van Rusland het senior militêre en verdedigingsamptenare Woensdag opdrag gegee om voorstelle in te dien vir die moontlike uitvoering van kernwapentoetse in reaksie op verklarings deur pres. Donald Trump dat Amerika sy eie toetse gaan uitvoer.

Poetin het gesê as ander lande sulke toetse doen, behoort Rusland dienooreenkomstig te reageer.– Reuters

2025-11-05 14:38:04 — Pres. Donald Trump het Woensdag probeer om “kamikaze”-Demokrate die skuld te gee vir die langste Amerikaanse regeringsluiting tot nog toe nadat dit die rekord van 35 dae oortref het wat in sy eerste termyn opgestel is.

“ … Ek dink hierdie ouens is kamikazes,” het Trump by ’n ontbytbyeenkoms van Republikeinse wetgewers by die Withuis gesê. “Hulle sal die land laat ondergaan as hulle moet."

Trump het ook gesê die verkiesingsuitslae die vorige aand was nie goed vir die Republikeine nie, en hy dit deels aan die regeringsluiting toegeskryf, wat volgens hom die Demokrate nie op die manier skade berokken het wat hy gedink het dit sou nie.– AFP, Reuters

2025-11-05 15:00:32 —

A jet flies past the November full moon, also known as "Beaver Moon", over the banking district of Frankfurt am Main, western Germany on November 5, 2025. (Photo by Kirill KUDRYAVTSEV / AFP) (KIRILL KUDRYAVTSEV/AFP)

’n Straler vlieg Woensdag verby die November-volmaan bokant die bankdistrik van Frankfurt am Main in Wes-Duitsland.Foto: AFP

2025-11-05 15:11:50 — ’n Man is in hegtenis geneem nadat hy Claudia Sheinbaum, die Mexikaanse president, betas en probeer soen het terwyl sy ondersteuners in die land se hoofstad gegroet het.

Die voorval het Dinsdag plaasgevind terwyl Sheinbaum na ’n geleentheid naby die presidensiële paleis geloop en hand geskud en saam met mense vir foto’s geposeer het.

Die man het sy arm om Sheinbaum se skouers gesit en met sy  ander hand haar heup en bors aangeraak terwyl hy probeer het om haar nek te soen.

Een van haar lyfwagte het die man weggestoot. Hy was glo onder die invloed van dwelms of alkohol.

Ten spyte van sy gedrag het Sheinbaum die man hoflik behandel, ingestem om saam met hom vir ’n foto te poseer, en hom toe op die rug geklop.– AFP

2025-11-05 15:27:55 — Adv. Sesi Baloyi SC, ’n kommissaris van die kommissie, wil weet oor die huidige klag teen Khumalo. Khumalo en ses ander polisielede verskyn tans in die hof op aanklagte van bedrog en korrupsie. Dit hou verband met ’n aanstellingsproses en dat Khumalo en vier medebeskuldigdes na bewering tydens die aanstellingsproses wanvoorstellings oor kandidate se vaardighede gemaak het en toetse nie behoorlik geëvalueer het nie.

Khumalo sê: “Hy is nie geskors nie, maar word nie toegelaat om sy pligte uit te voer nie.”Baloyi wil weet of dit Masemola is wat hom nie toelaat om sy pligte uit te voer nie. Khumalo antwoord dis deel van sy borgtogvoorwaardes.

Khumalo praat nou oor die afskaling van die taakspan. Hy sê daar was ’n vergadering op 6 Maart vanjaar met Mchunu, Masemola, Sibiya en Cedrick Nkabinde, stafhoof van Mchunu.

Khumalo sê hy was ook deel van die vergadering, asook ander senior polisielede. Die vergadering is belê om ’n plan goed te keur vir die afskaling van die taakspan.Volgens Khumalo was Sibiya en Nkabinde teen die plan vir afskaling gekant, en wou hulle hê dat die taakspan onmiddellik ontbind moet word. Khumalo meen dit was onvanpas van Nkabinde om kommentaar te lewer oor die plan.Volgens Khumalo was die voorgestelde plan vir die taakspan nog nie goedgekeur nie. Op 27 Maart was daar weer ’n vergadering. Die twee adjunkministers van polisie – Shela Paulina Boshielo en Cassel Mathale – was ook deel van die vergadering.


2025-11-05 15:35:21 — Die dodetal in die ongeluk van ’n UPS-vragvliegtuig wat kort ná opstyging by die Louisville Internasionale Lughawe in Kentucky in die VSA neergestort het, het tot nege gestyg, het amptenare van die stad en die staat Woensdag gesê.

Andy Beshear, die goewerneur van Kentucky, het op sosiale media gesê dit is moontlik dat die dodetal verder kan toeneem.

Amptenare het gesê 11 beseerdes is na hospitale geneem.– Reuters

2025-11-05 15:53:25 — Volgens Khumalo was Mchunu kwaad vir hom en Masemola omdat hulle voorgestel het dat die taakspan nie ontbind moet word nie, en dat dit eerder geleidelik afgeskaal moet word.

“Die ministers wou na niemand luister nie en het my gekritiseer, wat in beheer is van die taakspan en misdaadintelligensie. Hy wou weet hoekom ek en die nasionale kommissaris daarop aandring om die taakspan te behou.”

Volgens Khumalo wou Mchunu hê dat die taakspan onmiddellik ontbind word. Khumalo sê hulle het ook gesê dat Ramaphosa die taakspan op die been gebring het. “Hy het gesê ons moenie die president se naam noem nie en dat hy moeg is daarvan om van die president te hoor. Hy het ook gesê die president stem saam met die ontbinding. Ek was geskok oor dié stelling, want die president was ingelig oor die werk van die taakspan”

Mchunu het toe gesê daar sal nie verdere vergaderings oor die taakspan wees nie. “Dit het ’n politieke besluit geverg om dit te stig en dit sal een neem om dit te ontbind,” was Mchunu se woorde.

Volgens Khumalo was dit ’n onaangename vergadering. Khumalo het toe die dossiere van die taakspan oorhandig. Volgens Khumalo het brig. Nkhwashu probeer om die dossier van die omstrede sakeman en moordbeskuldigde Katiso (KT) Molefe te bekom, maar hy sê dat die versoek van die hand gewys is. Molefe word verbind met die moord op die ingenieur Armand Swart.

2025-11-05 16:06:00 —

Field of Remembrance at Wesminster Abbey Crosses commemorating those who died fighting in World Wars and recent conflicts are planted in the Field of Remembrance in Westminster Abbey in London, Britain, November 5, 2025. REUTERS/Hannah McKay TPX IMAGES OF THE DAY (Hannah McKay/REUTERS)

Kruise wat diegene herdenk wat hul lewe verloor het in die twee Wêreldoorloë en onlangse konflikte, is hier in die Veld van Herinnering by die Westminster-abdy in Londen. Herinneringsdag word internasionaal op 11 November herdenk.Foto: Reuters

2025-11-05 16:26:35 — Sewe Italiaanse klimmers word in Nepal se Himalaja-gebergte vermis, het amptenare Woensdag gesê, ná dae van woeste storms en ’n sneeustorting wat reeds die lewe van nege mense geëis het.

Van die nege bevestigde sterftes sedert Vrydag – afsonderlik van die sewe wat nou vermis word – was drie Italianers.

“Plaaslike owerhede het tot dusver die sterftes van drie Italiaanse klimmers bevestig," sê Italië se ministerie van buitelandse sake in ’n verklaring.

"Daar is geen nuus oor sewe ander Italianers nie.”

Kommunikasie met afgeleë valleie in die bergreeks is weens die storms afgesny.– AFP

2025-11-05 16:32:51 — Khumalo sê die aksies van die taakspan op 6 Desember soos die inhegtenisneming van Molefe en die taakspan wat op Matlala se huis toegeslaan het, het ’n kettingreaksie veroorsaak.

“Dit het daartoe gelei dat die taakspan geteiken was en ’n veldtog is begin om die taakspan te teiken en te ontbind.”

Hy sê voor Mchunu die taakspan op 31 Desember verlede jaar ontbind het was daar nie enige gesprekke om die taakspan te ontbind nie “Niemand het ook gesê dat hulle ongelukkig was met die taakspan se werk nie.”

Khumalo sê daar was ook pogings om die taakspanlede te intimideer en kriminele sake is teen van hulle geopen. “Dit het dit moeilik vir hulle gemaak om hul pligte doeltreffend uit te voer.”

Hy is klaar met sy getuienis. Hy sal op ’n verdere stadium later weer voor die kommissie verskyn.

* Die kommissie verdaag tot Donderdag om 09:30.


2025-11-05 16:46:39 — Hamas se gewapende vleuel sê hulle sal later Woensdag die oorskot van nog ’n gyselaar oorhandig soos ingevolge die skietstilstand met Israel in die Gasastrook vereis word.

Volgens die Ezzedine Al-Kassam-brigade sal die lyk, wat in ’n woonbuurt van die stad Gasa gevind is, omstreeks 21:00 (SA tyd) oorhandig word.

Van die 28 oorlede gyselaars wat Hamas ingevolge die ooreenkoms aan Israel gaan oorhandig, is 21 terugbesorg, insluitend 19 Israeli's, een Thaise burger en een Nepalees.– AFP

2025-11-05 17:16:12 — Rusland sê sy magte gaan probeer om volle beheer oor die Oekraïense stad Pokrofsk te neem, terwyl die Oekraïense weermag sê hy gaan hard veg om te probeer keer dat die Russe nuwe grond wen.

Oekraïne erken dat sy troepe hulself in ’n moeilike situasie in dié strategiese oostelike stad bevind.

Pokrofsk was eens ’n belangrike vervoer- en logistieke spilpunt vir die Oekraïense weermag, wat Rusland al meer as ’n jaar probeer verower. Rusland beskou die stad as die poort na sy verowering van die oorblywende 10%, of 5 000 km², van Oekraïne se oostelike nywerheidstreek Donbas.– Reuters

2025-11-05 17:24:27 — Die tiener wat verlede jaar drie jong meisies tydens ’n Taylor Swift-dansklas in Southport, Brittanje, vermoor het, het hom dikwels aangerand en gedreig om hom dood te maak, het sy pa Woensdag aan ondersoekers gesê.

Axel Rudakubana is in Januarie tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens die grusame mesaanval toe hy 17 jaar oud was. Bebe King (6), Elsie Dot Stancombe (7) en Alice da Silva Aguiar (9) is in die aanval doodgesteek. Dit het gelei tot die ergste onrus in Brittanje in dekades.

Alphonse Rudakubana, wat die Rwandese volksmoord oorleef en na Brittanje gevlug het, sê sy seun se gedrag het verander sedert hy in 2019 van die skool geskors is weens ’n mes. Hy het soms tot twee gewelddadige uitbarstings per dag gehad. Hy het nie die voorvalle by die owerhede aangemeld nie uit vrees dat hul seun van hom en sy vrou weggeneem sou word.– AFP

2025-11-05 17:32:26 — Tanzanië se algemene verkiesing het nie voldoen aan die Afrika-Unie (AU) se beginsels, ander internasionale verpligtinge en standaarde vir demokratiese verkiesings nie, het verkiesingswaarnemers Woensdag gesê.

“Tanzanië moet verkiesings- en politieke hervormings prioritiseer om die onderliggende oorsake van sy demokratiese en verkiesingsuitdagings aan te pak wat voor, gedurende en ná verlede week se verkiesing waargeneem is,” lui ’n verklaring.

Die AU stuur dikwels verkiesingswaarnemers om verkiesingsintegriteit in lidlande te monitor. Waarnemers grond hul verslae op internasionaal aanvaarde norme soos vryheid van uitdrukking, ’n oop politieke proses en die beskerming van stemregte.– Reuters

2025-11-05 17:41:24 —

New York City mayor-elect Zohran Mamdani holds a press conference in the Queens borough of New York City New York City mayor-elect Zohran Mamdani leaves following a press conference at the Unisphere in the Queens borough of New York City, U.S., November 5, 2025. REUTERS/Kylie Cooper (Kylie Cooper/REUTERS)

Zohran Mamdani, pas verkose burgemeester van die stad New York, word bestorm deur joernaliste op pad na ’n mediakonferensie in die Queens-distrik.Foto: Reuters


2025-11-05 17:52:27 —

TOPSHOT - This aerial photo shows damaged houses in the aftermath of Typhoon Kalmaegi in Talisay, in Cebu province on November 5, 2025. The death toll from Typhoon Kalmaegi in the Philippines climbed to 66 on November 5, as residents of hardest-hit Cebu province began picking through homes and businesses devastated by the worst flooding in recent memory. (Photo by Jam STA ROSA / AFP) (Photo by JAM STA ROSA/AFP via Getty Images) (JAM STA ROSA/AFP via Getty Images)

’n Lugfoto wys beskadigde huise in die nadraai van die tifoon Kalmaegi in Talisay in die Cebu-provinsie in die Filippyne.Foto: Getty Images

2025-11-05 18:09:01 — Die wêreld het ál die nodige gereedskap om $1 300 miljard in klimaatfinansiering aan kwesbare lande te verskaf, van skuldverligting tot belasting en beter koördinering, lui ’n “padkaart” wat Woensdag voor die COP30-beraad in Brasilië uitgereik is.

Die verslag van 81 bladsye is uitgereik deur die hoofde van verlede jaar se COP29-konferensie in Azerbeidjan en die komende COP30-beraad in Belem, Brasilië, terwyl leiers hulle voorberei om Donderdag en Vrydag te vergader.

“Dié ‘padkaart’ is daarop gemik om as katalisator en fondament vir die volgende fase van klimaatoptrede by te dra. Dit herinner ons daaraan dat die hulpbronne bestaan, die gereedskap gereed is en die tyd nou is,” skryf Moektar Babajef, COP29-president, en André Aranha Corrêa do Lago, COP30-president, in die voorwoord van die verslag.– AFP

2025-11-05 18:36:30 — Die Hollywood-ster Angelina Jolie het Woensdag ’n verrassingsbesoek aan ’n suidelike Oekraïense stad aan die frontlinie gebring tydens haar tweede besoek aan dié land sedert Rusland se inval.

Jolie, wat voorheen ’n Verenigde Nasies (VN)-ambassadeur vir vlugtelinge was, het ’n kraamsaal en ’n kinderhospitaal besoek in Cherson, ’n stad wat in 2022 kortliks onder Russiese beheer was en steeds daagliks gebombardeer word.

Jolie, bekend om rolprente soosMaleficentenMr. & Mrs. Smith, asook dieLara Croft-reeks, het van 2012 tot 2022 as ’n spesiale VN-gesant vir vlugtelinge gedien.– AFP

US actress Angelina Jolie attends the world premiere of "Couture" at the Princess of Wales Theater during the Toronto International Film Festival (TIFF) in Toronto, Ontario, Canada, on September 7, 2025. (Photo by VALERIE MACON / AFP) (Photo by VALERIE MACON/AFP via Getty Images) (VALERIE MACON/AFP via Getty Images)

Angelina JolieFoto: Getty Images

2025-11-05 18:45:02 — Die Hollywood-ster Angelina Jolie het Woensdag ’n verrassingsbesoek aan ’n suidelike Oekraïense stad aan die frontlinie gebring op haar tweede besoek aan dié land sedert Rusland se inval.

Jolie, wat voorheen ’n Verenigde Nasies (VN)-ambassadeur vir vlugtelinge was, het ’n kraamsaal en ’n kinderhospitaal besoek in Cherson, ’n stad wat in 2022 kortliks onder Russiese beheer was en steeds daagliks gebombardeer word.

Jolie, bekend om rolprente soosMaleficentenMr. & Mrs. Smith, asook dieLara Croft-reeks, het van 2012 tot 2022 as’n spesiale VN-gesant vir vlugtelinge gedien.– AFP

2025-11-05 19:02:49 —

He Xiaopeng, cofounder and chairman of Chinese electric vehicle maker Xpeng, launches Xpeng's next-gen Iron humanoid robot during AI Day press conference at its headquarter in Guangzhou, in southern China's Guangdong province on November 5, 2025. (Photo by Jade GAO / AFP) (JADE GAO/AFP)

He Xiaopeng, medestigter en voorsitter van die Chinese elektriesevoertuig-vervaardiger XPeng, stel Woensdag die maatskappy se volgende generasie mensagtige robot, Iron, bekend by XPeng se hoofkantoor in Guangzhou, China.Foto: AFP


2025-11-05 19:14:14 — Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Woensdag gesê ’n totaal van 404 bevestigde menslike gevalle van slenkdalkoors, insluitend 42 sterftes, is tussen 20 September en 30 Oktober deur die gesondheidsowerhede in Mauritanië en Senegal aangemeld.– Reuters

2025-11-05 19:39:14 — ’n Regse Israeliese minister het Woensdag New York se Joodse inwoners aangemoedig om na Israel te verhuis nadat Zohran Mamdani tot die stad se burgemeester verkies is.

Amichai Chikli, Israel se minister van diaspora-sake, het die linkse Demokraat as ’n “Hamas-ondersteuner” gebrandmerk.

Mamdani (34) sal die stad se eerste Moslem-burgemeester word wanneer hy in Januarie sy amp aanvaar.

“Die stad wat eens ’n simbool van wêreldvryheid was, het sy sleutels aan ’n Hamas-ondersteuner oorhandig,” het Chikli op X geskryf.

“New York sal nooit weer dieselfde wees nie, veral nie vir sy Joodse gemeenskap nie,” het hy bygevoeg. “Ek nooi die Jode van New York uit om ernstig te oorweeg om die land van Israel hul nuwe tuiste te maak.”– AFP

2025-11-05 20:00:23 —

Protest to mark one year since the re-election of U.S. President Donald Trump, at the Washington Monument in Washington, D.C. A woman wearing a Statue of Liberty-style headpiece attends a protest marking one year since the re-election of U.S. President Donald Trump, in Washington, D.C., U.S., November 5, 2025. REUTERS/Evelyn Hockstein TPX IMAGES OF THE DAY (Evelyn Hockstein/REUTERS)

’n Vrou wat ’n Statue of Liberty-kopstuk dra, woon Woensdag in Washington DC ’n betoging by wat een jaar sedert die herkiesing van pres. Donald Trump herdenk.Foto: Reuters

2025-11-05 20:15:08 — Amerika het sy “soewereiniteit” verloor nadat New Yorkers die linkse Zohran Mamdani tot hul volgende burgemeester verkies het, het pres. Donald Trump Woensdag gesê en beweer die land se grootste stad sal kommunisties word.

“Ons sal dit hanteer,” het Trump gesê sonder om uit te wei oor wat hy bedoel.

In ’n toespraak in Miami, Florida, ’n dag ná Mamdani se oorweldigende oorwinning, het Trump gesê dat Miami “binnekort die toevlug sal wees vir dié wat die kommunisme in New York ontvlug”.

“Die besluit wat alle Amerikaners in die gesig staar, kan nie duideliker wees nie: Ons het ’n keuse tussen kommunisme en gesonde verstand,” het hy gesê. Hy het die keuse uitgebeeld as ’n “ekonomiese nagmerrie” of ’n “ekonomiese wonderwerk”.

Trump het wel gesê hulle “wil hê New York moet suksesvol wees” en dat hy moontlik hulp aan Mamdani kan bied. “Ons sal hom help, miskien ’n bietjie,” het Trump gesê.– AFP, Reuters

2025-11-06 03:37:25 — Die sterftesyfer in die Filippyne weens die tifoon Kalmaegi het tot 114 gestyg.

Nog 127 mense word steeds vermis, het die rampbeheeragentskap Donderdag gesê.

Die storm het die sentrale dele van die land verwoes voordat dit opnuut krag opgebou het terwyl dit na Viëtnam voortsnel.

Ongeveer 350 000 mense in die provinsie Gia Lai in Viëtnam sal na verwagting teen die middel van dag ontruim wees.

Die owerheid hier het waarskuwings uitgereik oor swaar reën en skadelike winde.– Reuters


2025-11-06 03:51:03 — Amerikaanse federale veiligheidsondersoekers het die vlugopnemers herwin uit die wrakstukke van ’n UPS-vragvliegtuig wat Dinsdag in Kentucky geval het.

Die vliegtuig het kort ná opstyging vanaf die Louisville- internasionale lughawe neergestort.

Die breëromp-vragvliegtuig, wat na Hawaii sou vlieg, het ontplof toe dit sakeondernemings langs die lughawe getref het.

Die dodetal het gestyg na minstens 12, en verskeie mense word steeds vermis.

Die sterftes sluit in die drie bemanningslede wat aan boord van die vliegtuig was en nege mense op die grond.– Reuters

UPS Cargo Plane Crashes In Louisville LOUISVILLE, KENTUCKY - NOVEMBER 04: Fire and smoke mark where a UPS cargo plane crashed near Louisville Muhammad Ali International Airport on November 04, 2025 in Louisville, Kentucky. The fully fueled plane crashed shortly after takeoff with a shelter-in-place order issued for within 5 miles of the airport. (Photo by Stephen Cohen/Getty Images) (Stephen Cohen/Getty Images)

Die toneel waar die UPS-vragvliegtuig neergestort het in Louisville, Kentucky.Foto: Getty Images

2025-11-06 04:06:25 — Die vrou van ’n burgemeester wat Saterdag in die staat Michoacan in Mexiko vermoor is, is Woensdag in haar man se plek aangestel.

Grecia Quiroz is beëdig as burgemeester van die stad Uruapan om om haar man, Carlos Manzo, te vervang.

Manzo het op die Dag van die Dooies-fees ’n kersliggeleentheid bygewoon toe hy vermoor is.

Hy was ’n openlike kritikus van georganiseerde misdaad.

“Hulle gaan my nie stilmaak nie. Ek gaan in sy voetspore volg,” het Quiroz gesê en beloof om haar man se kruistog teen georganiseerde misdaad voort te sit.– Reuters

Wife of assassinated Mexican mayor assumes his office, vows to fight cartels Grecia Quiroz is sworn in as mayor of Uruapan, Mexico's avocado capital, after the state congress unanimously approved her appointment to replace her husband, Carlos Manzo, who was killed during Day of the Dead celebrations, in Morelia, Mexico, November 5, 2025. REUTERS/Ivan Arias TPX IMAGES OF THE DAY (Ivan Arias/REUTERS)

Grecia Quiroz word beëdig as die burgemeester van die stad Uruapan, Mexiko.Foto: Reuters

2025-11-06 04:21:03 — Noord-Korea het pres. Donald Trump se administrasie gekritiseer oor die oplegging van sanksies “wat vyandigheid aanwakker” en gesê hulle sal dienooreenkomstig reageer.

Amerika het Dinsdag agt individue en twee entiteite finansiële sanksies opgelê wat na bewering by verskeie geldwassery-kuberskemas betrokke was.

Volgens die Amerikaanse tesourie is die doel van die sanksies om finansiering vir Noord-Korea se wapenprogramme te blokkeer.

“Daar is niks so dwaas soos om ’n nuwe resultaat te verwag terwyl jy die ou draaiboek van die mislukte verlede herhaal nie,” het ’n Noord-Koreaanse adjunkminister volgens die staatsmedia-instelling KCNA gesê.– Reuters

2025-11-06 04:35:01 — Israel het Woensdag die oorskot van nog ’n gyselaar uit die Gasastrook ontvang, het die kantoor van die premier gesê.

Hamas se gewapende vleuel het die oorskot aan die Rooi Kruis oorhandig.

Israel se forensiese owerheid sal die identiteit van die oorskot bevestig.

Indien bewys word dat die oorskot dié van ’n gyselaar is, beteken dit daar is nog die oorskot van ses gesneuwelde gyselaars in die Gasastrook oor.– Reuters

2025-11-06 06:04:07 — Ses mense is vermoedelik nog vasgekeer onder die puin van ’n Suid-Koreaanse kragstasie in die stad Ulsan nadat ’n groot struktuur Donderdag ineengestort het, het die nuusagentskap Yonhap berig.

Onder die aanvanklike vermoedelik agt wat onder die struktuur beland het, is twee gered.

Beamptes van die brandweer in die distrik waar die aanleg in Ulsan geleë is, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.– Reuters


2025-11-06 06:39:44 — Amnestie Internasionaal het Tunisië Donderdag beskuldig van “wydverspreide menseregteskendings” teen migrante, waaronder verkragting en marteling.

Tunisië is ’n belangrike vertrekpunt vir tienduisende migrante, van wie baie uit Afrika suid van die Sahara kom, wat jaarliks probeer om die Mediterreense See oor te steek na Europa.

“Tunisië se migrasie- en asielstelsel word nou gekenmerk deur rassistiese polisiëring en wydverspreide menseregteskendings,” het die organisasie gesê.– AFP

2025-11-06 06:54:28 — Amerika het vyf individue op Duitsland se versoek in hegtenis geneem.

Dit is deel van ’n internasionale ondersoek wat deur Duitsland gelei word oor aanlyn bedrog- en geldwasserynetwerke wat betaaldiensverskaffers gebruik.

Die individue, vier Amerikaanse burgers en een Kanadees, is in Kalifornië vasgetrek en het Woensdag die eerste keer in die hof verskyn.

Duitse amptenare het Woensdag gesê dat 18 mense vroeër vandeesweek danksy speurtogte van Singapoer tot Kanada in hegtenis geneem is.– Reuters

2025-11-06 06:59:17 — Die Naftan-olie-aanleg in Belarus, een van die land se twee grootstes, is aan die brand, maar dit is in bedwang gebring, het die staatsnuusagentskap Belta Donderdag berig.

Belta het gesê die brand is veroorsaak deur ’n voorval met diesel.

Die aanleg, wat in Nowopolotsk in die noorde van Belarus is, het ’n verwerkingskapasiteit van ongeveer 200 000 vate per dag.– Reuters

2025-11-06 08:30:05 — Die owerhede in Suid-Korea vrees dat vyf mense steeds vasgekeer is nadat ’n struktuur by ’n kragstasie Donderdag in die stad Ulsan ineengestort het.

Beeldmateriaal van die toneel wys ’n massiewe staalstruktuur wat omgeval het en omring is deur soortgelyke strukture.

Kim Jung-shik, ’n brandweeramptenaar, sê werkers was besig om dele van die struktuur af te breek om dit voor te berei vir die sloping daarvan binne sowat 10 dae toe die ongeluk plaasgevind het.

Twee mense is vinnig gered en daarna is twee ander uit die puin bevry.– Reuters

This handout photo taken on November 6, 2025 and released by the Ulsan Fire Department via Yonhap shows a 60 meter-high boiler tower (back C) at the Korea East-West Power Corporation after it collapsed in the southeastern city of Ulsan. At least seven people were trapped after a power plant structure collapsed on South Korea's east coast, the National Fire Agency said on November 6. (Photo by Handout / ULSAN FIRE DEPARTMENT / AFP) / - South Korea OUT / - SOUTH KOREA OUT / - SOUTH KOREA OUT / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / ULSAN FIRE DEPARTMENT VIA YONHAP" - HANDOUT - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS (HANDOUT/AFP)

Die toneel waar ’n struktuur Donderdag ineengestort het.Foto: AFP/Ulsan-brandweer

2025-11-06 08:53:40 — ’n Man van Frankryk het vroeër vanjaar goud ter waarde van €696 000 ontdek terwyl hy ’n swembad in sy tuin gegrawe het, het plaaslike amptenare Donderdag gesê.

Die owerhede het hom toegelaat om die goud te hou omdat dit nie op ’n argeologiese terrein gevind is nie.

Hy het vyf goudstawe en baie munte in plastieksakke gevind.

Die polisie het vasgestel die goud is wettig verkry en is “ongeveer 15 of 20 jaar gelede” by ’n nabygeleë aanleg gesmelt.

Die vorige eienaar van die tuin het gesterf. Dit is onbekend hoe die goud daar beland het.– AFP


2025-11-06 08:58:40 — Israel sê die oorskot wat Woensdag deur Hamas oorhandig is, is dié van Joshua Loitu Mollel (21).

Mollel was ’n Tanzaniese student wie se lyk na die Gasastrook geneem is nadat hy in Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober 2023 doodgemaak is.

Vroeër is berig die oorskot van ses gyselaars is steeds in die Gasastrook.– AFP

2025-11-06 09:02:52 — Hezbollah sê hy het die reg om homself teen Israel te verdedig en het die vooruitsig van enige politieke onderhandelinge tussen Libanon en sy buurland verwerp.

Dié uitlatings kom nadat Israel gewaarsku het dat hy operasies in Libanon teen Hezbollah kan verskerp.

“Ons herbevestig ons wettige reg om onsself te verdedig teen ’n vyand wat oorlog op ons land afdwing en nie sy aanvalle staak nie,” sê Hezbollah.– AFP

2025-11-06 09:06:04 — Jabulani Mapiyeye, hoof van die Ekurhuleni-metropolisiediens (EMPD), verduidelik aan die Madlanga-kommissie hoe die strukture van die metro werk en wat die funksies van die metropolisie is. DIs hoofsaaklik om munisipale verordeninge op die paaie toe te pas.

Mapiyeye noem aan die kommissie hy is die afgelope 12 maande geskors. Volgens Mapiyeye kan die metropolisie meer doen as hulle meer magte kry. “As ons iemand in hegtenis neem, moet ons die persoon na ’n polisiekantoor neem en dit is waar ons werk eindig. Die polisie het baie ander werk en ons kan dalk bloedmonsters na die laboratorium neem."

Volgens hom kan beamptes hul mag misbruik. “Net omdat jy ’n uniform dra, beteken dit nie jy kan teen die wet optree nie. Daar is beamptes wat ondersoek instel by eiendomme wat nie hul mandaat is nie. Dit is die funksie van die polisie. Die metropolisie het geen ondersoekende magte nie.”

Sy getuienis kan dalk meer lig werp op brig. Julius Mkhwanazi, adjunkpolisiehoof van die EMPD, se beweerde bande met die sakeman Vusimuzi (Cat) Matlala.

2025-11-06 09:08:31 —

Jabulani Mapiyeye, hoof van die Ekurhuleni-metropolisie wat tans geskors is.

2025-11-06 09:36:08 — Israel Katz, Israeliese minister van verdediging, het die weermag opdrag gegee om die gebied by die grens met Egipte in ’n geslote militêre sone te verander om die smokkelary van wapens via hommeltuie te bekamp.

Katz sê dit stel die land se veiligheid in gevaar.

“Wapensmokkelary via hommeltuie is deel van die oorlog in die Gasastrook en is bedoel om ons vyande te bewapen, en alle moontlike maatreëls moet getref word om dit te stop.”– AFP


2025-11-06 09:51:41 — Afganistan en Pakistan sal Donderdag vredesgesprekke in Istanbul hervat.

Die weermagte van dié twee lande het verlede maand geveg en tientalle mense is dood in die ergste geweld sedert die Taliban in 2021 na die bewind in Afganistan teruggekeer het.

Albei kante het ’n skietstilstand op 19 Oktober onderteken, maar ’n tweede ronde van onderhandelinge in Istanbul verlede week sonder ’n langtermynooreenkoms beëindig.

“Ons hoop dat wysheid seëvier en vrede in die streek herstel word,” het Khawaja Asif, minister van verdediging van Pakistan, gesê.– Reuters

2025-11-06 10:07:40 — Mapiyeye verduidelik aan die kommissie dat besluite binne sy departement om beamptes aan te stel of te bevorder sonder sy kennis of insae geneem is.

Hy sê hy het vroeg in 2024 tot sy ontsteltenis uitgevind dat Mkhwanazi met ’n proses begin het om beamptes vir die metropolisie te werf en te bevorder.

Hy het aan die hoof van hulpbronne by die Ekurhuleni-metro geskryf dat hulle maak en doen net soos hulle wil nie en dat hy wat Mapiyeye is, moet deel wees van die proses, omdat hy in beheer van die metropolisie is.

Die hoof van hulpbronne het nie sy brief geantwoord nie, maar het saam met Mkhwanazi die onderhoude gevoer. Adv. Sandile Khumalo SC, ’n kommissaris van die kommissie, vra wie moet vir Mkhwanazi opdrag gee om die onderhoude te voer.

Mapiyeye sê hy moet dit magtig, maar het dit nie gedoen nie.

Mapiyeye handel nou oor Mkhwanazi se gedrag. “Brig Mkhwanazi het oor die jare met die ondersteuning van (die voormalige) stadsbestuurder van Ekurhuleni, dr. Imogen Mashazi, skaamteloos my gesag geminag.”

2025-11-06 10:20:18 — Een persoon is dood en twee gewond toe gewapende mans op motorfietse ’n politieke saamtrek in Bangladesj aangeval het.

Die skietvoorval het plaasgevind by ’n saamtrek van die Bangladesj Nasionale Party wat deur honderde mense in die hawestad Chattogram bygewoon is.

Groot partye het Woensdag hul veldtogte van stapel gestuur vir die verkiesing wat vir Februarie 2026 beplan word.

Dit is die eerste verkiesing sedert ’n dodelike opstand verlede jaar die outokratiese regering van sjeik Hasina, voormalige premier, omvergewerp het.– AFP

2025-11-06 10:42:22 —

2025-11-06 11:07:11 — Volgens Mapiyeye het Mkhwanazi tussen Mei en Julie 2025 sowat 55 aanstellings en bevorderings binne die metropolisie gedoen sonder sy betrokkenheid. Die poste wissel van direkteure, adjunkdirekteure en inspekteurs. Volgens Mapiyeye het van die kandidate nie die nodige ervaring vir die poste gehad nie.

Adv. Sesi Baloyi SC, nog ’n kommissaris van die kommissie, vra of Mapiyeye met verlof was toe die aanstellings en bevorderings gedoen is.

Mapiyeye antwoord nee. “Dit het in my teenwoordigheid gebeur.”

Volgens Mapiyeye het Mashazi mondelings vir Mkhwanazi opdrag gegee om die onderhoude te voer. Mapiyeye het sy ontevredenheid uitgespreek.


2025-11-06 11:08:21 — Mapiyeye sê hulle het in Februarie ’n media-navraag ontvang oor die gebruik van blou ligte wat in gewone burgers se motors geïnstalleer is.

“Die bewering was dat brig. Mkhwanazi onwettig die gebruik van blou ligte gemagtig het en in CAT VIP Protection (Matlala se sekuriteitsmaatskappy) se motors geïnstalleer het.”

Mapiyeye was met verlof toe die medianavraag ontvang is. Ene bevelvoerder Spies, wat die waarnemende metropolisiehoof was, het die klag ondersoek en dit na interne sake verwys vir verdere ondersoek.

’n Klag weens bedrog en korrupsie is ook by die polisiekantoor in Boksburg teen Mkhwanazi ingedien.

“Sover ek verstaan, ontken brig. Mkhwanazi hierdie bewerings. Hy (Mkhwanazi) hou vol die EMPD en CAT VIP Protection het 'n formele werksverhouding. Hy sê CAT VIP Protection het voertuie aan die EMPD geskenk.”

Volgens Mapiyeye het hy nie so ’n verstandhoudingsooreenkoms tussen die EMPD en CAT VIP Protection onderteken nie. Die ooreenkoms is op 13 Oktober 2021 onderteken toe Mkhwanazi nog die direkteur van spesiale dienste by die Ekurhuleni-metro was.

2025-11-06 11:10:02 — Pres. Donald Trump het Donderdag die leiers van vyf Sentraal-Asiatiese lande by die Withuis verwelkom in ’n poging om Amerika se invloed in ’n streek wat deur Rusland oorheers is en waar China voortaan sterk belange toon, te vergroot.

Die beraad vind ook plaas te midde van ’n hewige stryd om toegang tot die streek se groot mineraalhulpbronne.

Die sogenaamde C5+1-platform, wat die VSA en Kazakstan, Kirgisië, Tadjikistan, Turkmenistan en Oesbekistan insluit, fokus op ekonomiese, energie- en veiligheidsamewerking. Kazakstan en Oesbekistan, albei groot uraanprodusente, is sentraal tot Amerika se strewe om toegang tot kernbrandstof te beveilig.

Aanduidings is dat Trump se administrasie regeringsamewerking sowel as kommersiële ooreenkomste wil bevorder te midde van China en Rusland se invloed.– Reuters

2025-11-06 11:15:14 — Volgens hom is die regte prosedure met donasies nie gevolg nie. “Alle donasies moet ingedien word aan die stadsbestuurder, wat dit ook moet goedkeur. Dit moet ook aan die nasionale tesourie verklaar word.”

Deel van die donasies van CAT VIP Protection was ook vaardigheidsoordrag in tegniese opleiding van die metropolisie.

“Ek moes weet as daar enige diensverskaffer is wat sulke dienste aan ons wil verskaf. Dit moes nie gebeur het nie,” sê Mapiyeye.

* Etenstyd breek aan.

2025-11-06 11:20:59 — Amerikaanse amptenare sê die geskeduleerde kapasiteit vir vlugte in 40 besige lugverkeergebiede landwyd sal weens die regeringsluiting met 10% verminder word.

Federale agentskappe het tot stilstand gekom sedert die kongres op 30 September nie finansiering goedgekeur het nie, met sowat 1,4 miljoen federale werkers, van lugverkeerbeheerders tot parkwagte, wat steeds met gedwonge verlof of op werk sonder betaling geplaas is.

"Daar gaan 'n 10%-vermindering in kapasiteit by 40 van ons liggings wees," het Sean Duffy, minister van vervoer, gesê en bygevoeg dat dit Vrydag in werking tree.– AFP

Zürich, Switzerland - March 31, 2016: Detail shot of the main landing gear on a Boeing 767-400 of United Airlines. The landing gear is the undercarriage of an aircraft or spacecraft, and is used in both takeoff and landing. (Jetlinerimages/Getty Images)

Die geskeduleerde kapasiteit vir vlugte in 40 besige lugverkeergebiede in Amerika sal Vrydag met 10% verminder word weens die regeringsluiting.Foto: Getty Images

2025-11-06 11:29:53 — Adv. Mahlape Sello SC, wat Mapiyeye se getuienis aanvoer, vra of hy sy uitdagings met sy politieke hoof, Sizakele Masuku, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, gedeel het.

Mapiyeye antwoord hy het, maar daar was ook ander kwessies. Volgens hom wou sy politieke hoof gehad het dat hy gelyke indiensneming implementeer met toekennings wat beamptes vir lang diens moet ontvang.

“Ons het hierdie toekenningseremonie. As jy 10 jaar of 20 jaar of 30 jaar in die stelsel is, kry jy gewoonlik ’n medalje vir 10 jaar, 20 jaar, 30 jaar of 40 jaar (diens). Nou, in die departement is daar ongeveer 3 000 werknemers. Dit maak nie saak of hierdie werknemer swart of wit is nie, of wat ook al." Hy benadruk as die werknemer 40 jaar in diens is, is hy 40 jaar in diens.

“Ek kan nie regstellende aksie implementeer met werknemers wat hul medaljes moet ontvang nie. Ek onthou in ’n stadium het ek omtrent agt wit amptenare gehad wat medaljes moes ontvang. Ek is tot orde geroep oor waarom ek nie gelyke diensneming in my departement implementeer nie.” Mapiyeye sê hy het probeer verduidelik.

“As jy 40 jaar in diens is en ’n swart beampte, vroulik of manlik of bruin is, is jy 40 jaar in die stelsel. Jy moet daardie toekenning kry. Dit gaan dus nie oor die kwessies van ras dat ek billikheid kan implementeer nie. Dis van die uitdagings wat ek uitgewys het.”


2025-11-06 11:35:55 — ’n Skip, dieHellas Aphrodite, is Donderdag deur seerowers naby Somalië aangeval.

Al 24 bemanningslede is veilig. Die seerowers het die skip, wat petrol van Indië na Suid-Afrika vervoer, oorgeneem.

Die bemanning het ten tyde van die aanval in die skip se versterkte veiligheidskamer geskuil. Die Europese Unie se vlootmagte is intussen om hulp genader.

Die voorval volg ná ’n soortgelyke aanval vroeër die week naby Mogadisjoe. Hierdie aanvalle wek kommer oor die veiligheid van skeepsroetes in ’n baie belangrike gebied vir wêreldhandel.– Reuters

2025-11-06 13:05:33 — Paul Biya (92) is Donderdag vir ’n agtste termyn as president van Kameroen ingeseën ná ’n omstrede verkiesing wat tot massabetogings gelei het. Biya, wat al 43 jaar regeer, het luidens amptelike uitslae 53,7% van die stemme op hom verenig. Sy hoofteenstander, Issa Tchiroma Bakary, het 35,2% gekry, maar hou voet by stuk hy is die werklike wenner.

Biya is die wêreld se oudste staatshoof en het belowe om hard te werk om sy land te dien.

Die Verenigde Nasies en die Europese Unie het die regering se gewelddadige optrede teen betogers veroordeel en ’n ondersoek geëis.

Die politieke spanning in Kameroen duur voort, met die risiko van verdere onrus.– AFP

Paul Biya behou sy ystergreep op Kameroen.

Foto: Getty Images

2025-11-06 13:08:04 — ’n Omgewingsaktivis maak of hy geldnote eet tydens ’n betoging buite regeringskantore in Londen, Engeland, teen die ontginning van fossielbrandstowwe.Foto: Getty Images

2025-11-06 13:09:27 — Mapiyeye is van mening dat die twee verstandhoudingsooreenkomste tussen die Ekurhuleni-metro en CAT VIP Protection bedrieglik is.

“Albei die dokumente is slegs deur brig. Mkhwanazi onderteken. Een van die ooreenkomste moes deur my onderteken gewees het om dit goed te keur. Ek het dit nie onderteken of goedgekeur nie.”

Volgens Mapiyeye was CAT VIP Protection nie een van die metro se diensverskaffers toe die ooreenkoms onderteken is nie.

Mapiyeye het daarna ’n verslag van Mkhwanazi aangevra. In die verslag het Mkhwanazi uiteengesit hoe CAT VIP Protection saam met die EMPD sou werk. Dit het behels dat hulle sou saamwerk in operasies om misdaad te bestry. CAT VIP Protection sou ook bystand aan die EMPD lewer deur bykomende tegnologie te verskaf om die optrede en beweging van misdadigers te monitor, hulle op te spoor, te agtervolg en in hegtenis te neem.

Sello vra wat Mapiyeye se mening is oor die wettigheid van dié bedrywighede. Volgens Mapiyeye is dit onwettig.

“Die metropolisie en die veiligheidsmaatskappye het nie die magte om die bedrywighede uit te voer soos in die verslag uiteengesit is nie.”

Hy sê dié bedrywighede val buite hul mandaat en dat dit by die polisie berus om mense in hegtenis te neem en hulle te monitor.

2025-11-06 13:12:40 — Egipte en Katar het Donderdag ooreengekom om saam ’n luukse vaste eiendom- en toerismeprojek aan Egipte se kus langs die Middellandse See te ontwikkel.

Katar gaan in Desember R60,7 miljard betaal vir die grond vir die Alam Al-Roem-projek, as deel van ’n reusebelegging van R130,1 miljard wat Doha aan Kaïro belowe het.

Dié projek sluit gholfbane en marinas in oor ’n 7 km lange strandgebied sowat 480 km noordwes van Kaïro.

Volgens Egiptiese owerhede sal die geld help om skuld te verminder. Egipte kry ook woonstelle ter waarde van R31,2 miljard en 15% van die winste, nadat Katar sy koste verhaal het.

Die gesamentlike beleggingswaarde beloop amper R515,3 miljard. Egipte probeer lankal buitelandse beleggings lok om sy ekonomie te versterk.– Reuters


2025-11-06 13:19:55 — Die internasionale omgewingsorganisasie Greenpeace het Donderdag by die Europese Unie (EU) gekla oor Slowakye se besluit om 350 bruinbere naby die Poolse grens van kant te maak.

Slowakye sê die bere raak te veel en hou ’n gevaar in vir mense, maar in Pole word dié diere beskerm. Greenpeace meen Slowakye se besluit bedreig die kleiner Poolse beerbevolking, want bere swerf gereeld tussen die twee lande. Pole het Slowakye gevra om minstens 30 km van die grens af op te hou jag, maar dié versoek is geïgnoreer.

Volgens EU-reëls mag bere net geskiet word as hulle ’n gevaar inhou of skade aanrig, en dan slegs as daar geen ander oplossing is nie.– AFP

2025-11-06 13:23:16 — Matlala wou ook ’n helikopter vir twee uur per maand aan die EMPD beskikbaar stel. Mapiyeye sê hulle kan nie net skenkings ontvang sonder om die wettige prosesse te volg nie.

Hy het in Desember ’n beëdigde verklaring aan die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) afgelê waarin hy dit duidelik gemaak het dat die memorandum met betrekking tot die sewe voertuie van Matlala ’n bedrieglike dokument is.

Opod se aanbevelings was dat dissiplinêre stappe teen Mkhwanazi ingestel word. Volgens Mapiyeye is geen dissiplinêre stappe teen Mkhwanazi gedoen nie.

Opod het ook gevra vir ’n verslag van die EMPD, maar volgens Mapiyeye het die EMPD nie aan die versoek voldoen nie weens inmenging deur Mashazi en ander. Opod het ook bevind dat Mkhwanazi onwettig opgetree het.

“Volgens Opod het die staat ’n sterk saak teen die verdagte (Mkhwanazi), aangesien hy onwettig opgetree het met die doel van korrupsie, aangesien CAT VIP onbehoorlik voordeel getrek het deurdat die lisensiegelde van hul voertuie deur die Ekurhuleni-metro betaal is. Die verdagte het homself en die EMPD verkeerd voorgestel.”

2025-11-06 13:30:46 —

PORT OF SPAIN, TRINIDAD AND TOBAGO - NOVEMBER 05: A vintage canon at Fort George overlooks part of the skyline on November 05, 2025, in Port of Spain, Trinidad and Tobago. Reports indicate that the United States military is expanding its presence in the Caribbean as speculation continues about possible strikes against targets inside Venezuela. Port of Spain, is a city of approximately 545,000 people that sits next to the Gulf of Paria, an inlet of the Caribbean Sea. It is approximately 7 miles from the coast of Venezuela at its closest point. (Photo by Joe Raedle/Getty Images) (Joe Raedle/Getty Images)

’n Ou kanon staan by Fort George in Port of Spain in Trinidad en Tobago. Amerikaanse magte brei tans hul teenwoordigheid in die Karibiese See uit terwyl bespiegeling voortduur oor moontlike aanvalle teen dwelmkartelle in Venezuela. Port of Spain huisves ongeveer 545 000 mense wat langs die Golf van Paria, 'n inham van die Karibiese See, geleë is. Dit is ongeveer 11 km van die kus van Venezuela.Foto: Getty Images

2025-11-06 13:53:17 — Volgens Mapiyeye het dit voorgekom asof Mkhwanazi vasbeslote was om onafhanklik van die EMPD-struktuur en -gesag op te tree, en vir alle praktiese doeleindes sonder enige aanspreeklikheid.

Hy verwys na Mkhwanazi se ongemagtigde ontplooiing van private veiligheidsdienste vir die stadsrede op 30 Maart 2022.

Volgens hom is bykomende veiligheidsbeamptes deur gespesialiseerde dienste ontplooi wat nie EMPD-beamptes was nie.

Mapiyeye het Mkhwanazi gevra vir ’n verslag oor wie die instruksies vir die bykomende veiligheidsdienste gegee het en wat die naam is van die maatskappy wat die veiligheidsdienste gelewer het.

Luidens Mkhwanazi se antwoord het hulle inligting ontvang dat daar dreigemente was om die stadsrede te ontwrig.

Matlala se veiligheidsmaatskappy, wat nie een van die 10 veiligheidsdiensverskaffers van die metro was nie, is versoek om agt BBP-spesialislede vir die stadsrede beskikbaar te stel.

Mkhwanazi het ook ’n dringende veiligheidsvergadering van gespesialiseerde dienste op die 29ste byeengeroep om op die dreigemente te reageer.

Mapiyeye was nie hiervan bewus nie en het ook nie die veiligheidsplan vir die stadsrede gesien nie.

2025-11-06 14:00:45 — Israel se weermag het inwoners van sekere geboue in drie suidelike Libanese dorpe Donderdag gemaan om die gebiede te ontruim voordat aanvalle op Hezbollah se militêre infrastruktuur uitgevoer sou word.

Op X het die weermag se Arabiese woordvoerder, Avichay Adraee, waarskuwings uitgereik vir inwoners van sekere geboue in die dorpe Taibeh, Tair Debba en Aita al-Djabal.– AFP


2025-11-06 14:15:58 — Mapiyeye benadruk Mkhwanazi was onaantasbaar. Volgens hom het Mashazi Mkhwanazi beskerm. “Hy het ’n noue verhouding met Mashazi gehad. As ek hom wou berispe, is ek aangesê ek moet ophou om persoonlik te wees.”

Baloyi merk op daar was ’n algehele mislukking van aanspreeklikheid. Mapiyeye verwys ook na Mkhwanazi wat ’n eenheid gestig het sonder sy medewete.

“In 2023 het dit onder die EMPD se aandag gekom dat brig. Mkhwanazi op 23 Mei 2022 ’n generiese brief uitgestuur het. Dis ’n generiese brief waarmee hy ’n EMPD-vragmotorkapingseenheid met ’n burgerlike, CJ Smith, op die been gebring het.

“Luidens hierdie brief sou mnr. Smith na bewering verskeie dienste aan die eenheid lewer, insluitend die opsporing van gesteelde en gekaapte voertuie. Die brief het ons verder meegedeel dat nadere besonderhede oor mnr. Smith deur (die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting) Popia beskerm word. En nie bekend gemaak mag word nie.

“Die brief sluit af met ’n dreigement van vervolging indien dit onwettig versprei word.”

Mapiyeye het aan Mkhwanazi gesê daar bestaan nie so ’n eenheid in die EMPD nie en dat dit buite die mandaat van die EMPD val.

“Net die polisie het die magte.”

Die kommissie verdaag tot Vrydagoggend.

2025-11-06 14:24:31 — Pous Leo het Donderdag sy eerste ontmoeting gehad met Mahmoed Abbas, president van die Palestynse Owerheid, om die “dringende behoefte” te bespreek om die burgerlike bevolking in die Gasastrook te help.

Abbas se Fatah-beweging is die mededinger van Hamas, wat in 2007 beheer oor die Gasastrook geneem het.

Dit was die twee se eerste persoonlike ontmoeting sedert die Amerikaner in Mei as hoof van die wêreld se 1,4 miljard Katolieke aangewys is.– AFP

This photo taken and handout on November 6, 2025 by The Vatican Media shows Pope Leo XIV during a meeting with Palestinian President Mahmud Abbas in The Vatican. (Photo by Handout / VATICAN MEDIA / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / VATICAN MEDIA" - NO MARKETING - NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS (HANDOUT/AFP)

Pous Leo XIV en Mahmoed Abbas, president van die Palestynse Owerheid, ontmoet mekaar Donderdag in die Vatikaan.Foto: Vatikaan Media / AFP

2025-11-06 14:39:57 — Ná meer as ’n dekade van ongekende hitte gaan 2025 een van die warmste jare wees wat tot nog toe aangeteken is, het die Verenigde Nasies (VN) Donderdag gesê.

“Die ontstellende reeks buitengewone temperature het in 2025 voortgeduur, en die jaar is op koers om óf die tweede óf derde warmste jaar ooit te wees,” het die Wêreld Meteorologiese Organisasie gesê in ’n opdatering van die stand van die wêreldwye klimaat wat voor volgende week se COP30 -klimaatberaad in Brasilië uitgereik is.– AFP

2025-11-06 15:02:34 —

Berlin Zoo presents their newborn baby hippo Hippo mother Nala and her calf, born in late September, swim at Zoo Berlin, in Berlin, Germany November 6, 2025. REUTERS/Annegret Hilse TPX IMAGES OF THE DAY (Annegret Hilse/REUTERS)

Nala die seekoei-ma en haar kalf, wat aan die einde van September gebore is, swem Donderdag in die Berlynse dieretuin.Foto: Reuters

2025-11-06 15:21:08 — Die tifoon Kalmaegi het Donderdag Viëtnam se reeds stormgeteisterde sentrale gebied getref, waar duisende mense uit gebiede in die pad van een van die wêreld se dodelikste tropiese storms van die jaar gevlug het.

Kalmaegi het vroeër die week ’n pad van verwoesting deur die Filippyne gebaan, met minstens 140 mense wat dood is en nog 127 vermis.

Kalmaegi het Viëtnam getref met volgehoue wind van tot 149 km/h, en veel sterker rukwinde.

Die tifoon het toegeslaan terwyl die sentrale Viëtnam nog besig was om te herstel van meer as ’n week van oorstromings en rekordreën waarin minstens 47 mense dood is.– AFP


2025-11-06 15:41:21 — Die Poolse regering het Donderdag gesê dat dié buurland van Oekraïne en Rusland beplan om teen die einde van volgende jaar tot 500 000 vrywilligers op te lei om sy verdedigingsvermoëns te versterk.

Wladyslaw Kosiniak-Kamysz, die minister van verdediging, sê die doel van die nuwe opleidingsprogram is om die land en sy burgers voor te berei in geval van 'n verdere eskalasie in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne.

Volgens Kosiniak-Kamysz is die program “bedoel vir jonger mense, selfs dié in laer- of hoërskool, sowel as vir werkers, ondernemings, en selfs bejaardes”.

Die regering beoog om 100 000 mense teen die einde van die jaar op te lei, en nóg “sowat 400 000” teen die einde van 2026.– AFP

2025-11-06 16:03:35 —

Women voters stand in queues to cast their ballots at a polling station during the first phase of voting for assembly elections on November 6, 2025, at the Raghopur constituency in the Vaishali district of the Indian state of Bihar. (Photo by Sachin KUMAR / AFP) (SACHIN KUMAR/AFP)

Kiesers staan Donderdag tou om hul stem uit te bring by ’n stempunt in die eerste fase van die verkiesing van streekverteenwoordigers in die Raghopur-kiesafdeling in die Vaishali-distrik van die Indiese deelstaat Bihar.Foto: AFP

2025-11-06 16:13:09 — Nancy Pelosi, die eerste vroulike speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, het Donderdag aangekondig dat sy aan die einde van haar huidige termyn aan die einde van Januarie 2027 gaan aftree.

“Ek sal nie vir herkiesing staan nie,” het die 85-jarige Demokraat gesê.– AFP

2025-11-06 16:22:33 — ’n Federale appèlhof het Donderdag gesê pres. Donald Trump verdien nog ’n kans om te toon dat sy sogenaamde swyggeldsaak in ’n federale hof hoort.

Dit bied opnuut ’n geleentheid vir Trump om sy skuldigbevinding te probeer uitdaag. Hy is skuldig bevind op 34 aanklagte nadat hy ’n betaling van $130 000, wat bedoel was om die porno-ster Stormy Daniels se stilswye te koop, verdoesel het.

Trump het destyds aangevoer dat hy nie vervolg mag word nie omdat Amerikaanse presidente nie vir hul optrede in hul amptelike hoedanigheid vervolg mag word nie.– Reuters

2025-11-06 16:40:42 — ’n Britse man wat glo wapens vir vermeende Hamas-lede in Duitsland vervoer het, is in hegtenis geneem. Die Hamas-lede word daarvan aangekla dat hulle aanvalle op Joodse teikens in Europa beplan het.

Daar is vroeër in Wene, Oostenryk, op die wapens beslag gelê, het die owerhede Donderdag gesê.

Die 39-jarige man is Maandag op versoek van Duitse owerhede in Londen in hegtenis geneem.– AFP


2025-11-06 17:07:44 — Nuwe satellietbeelde wys duidelike tekens van massagrafte in El-Fasjer, Soedan, kort nadat massamoorde daar aangemeld is.Luidens ’n verslag deur navorsers aan die Yale-Universiteit in Amerika blyk dit dat die paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF) die oorskot van slagoffers by ’n moskee en ’n kinderhospitaal begrawe het nadat hulle die stad op 26 Oktober oorgeneem het.

Die navorsers het ook tekens van deur-tot-deur-moorde, bloedbevlekte tonele en lyke naby ander hospitale en moskees gevind. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê meer as 460 pasiënte en mediese personeel is by die Al-Saoedi-hospitaal doodgemaak.

Weens beperkte toegang tot die gebied speel satellietbeelde ’n sleutelrol om die omvang van die krisis te monitor.– AFP

2025-11-06 17:11:27 — Swede en Oekraïne het Donderdag ’n belangrike ooreenkoms gesluit om gesamentlik aan gevorderde verdedigingstegnologieë te werk.

Pål Jonson, Sweedse minister van verdediging, sê  ’n gesamentlike navorsingsentrum sal in Oekraïne opgerig word waar kundiges van albei lande hande sal vat om nuwe tegnologie vir die slagveld te ontwikkel en te vervaardig. Volgens Swede en Oekraïne sal dié samewerking hul vermoë versterk om innoverende oplossings vir moderne oorlogvoering te vind.

Die samewerking is ook deel van Swede se volgehoue steun aan Oekraïne in sy stryd teen Rusland en beklemtoon die waarde van internasionale vennootskappe in tye van konflik.– Reuters

2025-11-06 17:33:49 — Die farmaseutiese maatskappye Eli Lilly en Novo Nordisk het ooreengekom om die pryse van gewilde gewigsverliesmiddels te verlaag, het pres. Donald Trump Donderdag aangekondig.

Volgens Trump sal albei ondernemings hul mees gewilde GLP-1-gewigsverliesmiddels teen groot afslag beskikbaar stel, wat dit meer bekostigbaar en toeganklik vir die publiek sal maak

Die nuwegenerasie-eetlusdempers het die laaste tyd baie gewild geword omdat dit mense help om gewig te verloor.– AFP

TOKYO, JAPAN - OCTOBER 29: U.S. President Donald Trump prepares to board Air Force One to depart for South Korea at Haneda Airport on October 29, 2025 in Tokyo, Japan. Trump is traveling to South Korea for the APEC meetings, following an appearance at the ASEAN summit in Malaysia, and a trip to Japan, where he called on Japanese Emperor Naruhito and new Prime Minister Sanae Takaichi. (Photo by Andrew Harnik/Getty Images) (Andrew Harnik/Getty Images)

Pres. Donald TrumpFoto: Getty Images

2025-11-06 17:59:12 — Die Withuis sal later Donderdag aankondig dat nog ’n land sy betrekkinge met Israel sal normaliseer kragtens die sogenaamde Abraham-ooreenkomste, sê Steve Witkoff, spesiale gesant van pres. Donald Trump van Amerika.

“Ek vlieg vanaand terug na Washington, want ons gaan vanaand aankondig dat nog ’n land hom by die Abraham-ooreenkomste aansluit,” het Witkoff op die America Business Forum in Miami gesê.

Onder die Abraham-ooreenkomste tydens Trump se eerste termyn as president, het ’n aantal Arabiese lande in 2020 betrekkinge met Israel genormaliseer.– AFP

2025-11-06 18:05:38 — Vlugverkeer is Donderdag by die Gothenburg-Landvetter-lughawe aan Swede se weskus gestop nadat een of meer hommeltuie by die lughawe opgemerk is, sê die burgerlike lugvaartagentskap LFV. “ ’n Hommeltuig of hommeltuie is net voor 6 nm. (19:00 SA tyd) by die Landvetter-lughawe opgemerk,” het ’n LFV-woordvoerder gesê.

Die teenwoordigheid van hommeltuie by verskeie lughawens oor  Europa heen het die laaste paar maande tot groot ontwrigtings gelei.

Sommige lande  beskuldig Rusland van sogenaamde “hibridiese oorlogvoering” – waar niemilitêre tegnieke gebruik word om lande te ontwrig – maar Rusland ontken enige betrokkenheid. Gothenburg is Swede se tweede grootste stad en die Landvetter-lughawe is ’n belangrike internasionale lughawe vir dié streek.– Reuters


2025-11-06 18:20:07 — Amerika het Donderdag die strydende partye in Soedan dringend versoek om ooreen te kom op ’n skietstilstand en verwys na die “dringende” behoefte om burgerlikes te beskerm. Dit kom nadat die paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF) aangedui het dat hy ’n voorstel vir ’n humanitêre ooreenkoms ondersteun.

“Ons versoek albei partye om saam te werk aan die Amerikaans geleide poging om ’n humanitêre skietstilstand te sluit, gegewe die onmiddellike dringendheid om die geweld te beperk en die lyding van die Soedanse bevolking te beëindig,” het ’n woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake gesê.

Die RSF is sedert April 2023 in gevegte met die nasionale weermag van Soedan gewikkel.– AFP

2025-11-06 19:02:08 —

Pres. Donald Trump kyk Donderdag toe nadat ’n assistent in die Oval Office in die Withuis flou geraak het tydens 'n aankondiging dat die farmaseutiese maatskappye Eli Lilly en Novo Nordisk ooreengekom het om die pryse van gewilde gewigsverliesmiddels te verlaag.Foto: AFP

2025-11-06 19:23:19 — Opiumverbouing in Afganistan het vanjaar met 20% afgeneem, het die Verenigde Nasies (VN) Donderdag gesê. Die Taliban-owerhede in die land het in 2022 opiumverbouing landwyd verbied.

Die oppervlak wat aan opiumverbouing gewy is, het van 12 800 ha verlede jaar tot 10 200 ha vanjaar afgeneem, lui ’n nuwe VN-verslag.

Die land se opium-uitset, die kernbestanddeel van heroïen, is vanjaar op sowat 296 ton geraam, wat ’n daling van 32% is vergeleke met verlede jaar.

Boere se inkomste uit opiumverkope het byna gehalveer, van $260 miljoen verlede jaar tot $134 miljoen vanjaar.– AFP

2025-11-06 19:41:45 — Pres. Donald Trump het Donderdag gesê hy sal ander opsies oorweeg om handelstariewe in te stel indien die federale hooggeregshof in Washington teen sy vlagskip- ekonomiese beleid beslis.

Die hof het Woensdag met die aanhoor van betoë skepties voorgekom oor die wettigheid van die tariewe.

Trump het gesê ’n uitspraak teen tariewe "sal verwoestend wees vir ons land, maar ek dink ook dat ons ’n plan 2 sal moet ontwikkel".

"Ons kan ander dinge doen, maar dit is stadig in vergelyking," het hy gesê.– AFP

2025-11-06 20:02:13 —

US actor Robert De Niro poses along with Rome's Mayor Roberto Gualtieri after being honored with the city's Lupa Capitolina award (the wolf of the city award) in Rome on November 6, 2025. (Photo by Filippo MONTEFORTE / AFP) (FILIPPO MONTEFORTE/AFP)

Die Amerikaanse akteur Robert de Niro poseer saam met Roberto Gualtieri, Rome se burgemeester, nadat hy Donderdag met die stad se Lupa Capitolina (Wolf van die stad)-toekenning vereer is.Foto: AFP


2025-11-06 20:09:27 — ’n Jurie in die Amerikaanse deelstaat Virginia het Donderdag $10 miljoen toegeken aan ’n voormalige gr. 1-onderwyseres wat deur ’n sesjarige leerling geskiet is.

Abby Zwerner (28) is ernstig gewond in die skietvoorval in Januarie 2023 by ’n laerskool in die stad Newport News.

Sy was twee weke lank in die hospitaal met beserings aan haar hand en bors nadat sy deur ’n koeël getref is.

Zwerner het ’n regsgeding teen die assistent-hoof aanhangig gemaak en haar daarvan beskuldig dat sy waarskuwings geïgnoreer het dat die kind ’n wapen skool toe gebring het.

Sy het beweer daar was sprake van growwe nalatigheid en het $40 miljoen in skadevergoeding geëis.– AFP

2025-11-06 20:29:15 — Oudpres. Cristina Kirchner (72) van Argentinië, wat reeds ’n vonnis van ses jaar onder huisarres weens bedrog uitdien, het Donderdag in ’n nuwe korrupsiesaak verskyn, wat beskryf word as die grootste in die land se geskiedenis.

Sy word daarvan beskuldig dat sy aan die hoof van ’n misdaadonderneming gestaan het wat miljoene dollars aan omkoopgeld van sakemense ontvang het in ruil vir staatskontrakte.

Kirchner was tussen 2007 en 2015 vir twee termyne die staatshoof van Argentinië.– AFP

2025-11-06 20:30:28 —

A Palestinian child plays with a toy amid the rubble of destroyed buildings, amid a ceasefire between Israel and Hamas, in Jabalia A Palestinian child plays with a toy amid the rubble of destroyed buildings, amid a ceasefire between Israel and Hamas, in Jabalia, northern Gaza Strip, November 6, 2025. REUTERS/Mahmoud Issa TPX IMAGES OF THE DAY (Mahmoud Issa/REUTERS)

’n Palestynse kind speel Donderdag op ’n plastiekperdjie midde-in die puin van vernietigde geboue in Djabalia in die noorde van die Gasastrook.Foto: Reuters

2025-11-07 03:39:53 — ’n Aanval deur die Amerikaanse weermag Donderdag in internasionale waters by die Karibiese Eilande op ’n boot wat na bewering dwelms gesmokkel het, het tot die dood van drie mans gelei.

Pete Hegseth, Amerikaanse minister van oorlog, het op X gesê dat die vaartuig deur ’n “aangewese terroriste-organisasie” bedryf word, maar het geen verdere bewyse verskaf nie.

Sy inskrywing het ’n videogreep van 20 sekondes ingesluit van ’n boot in die water wat deur ammunisie getref word en ontplof.

Byna 70 mense is al in sulke Amerikaanse aanvalle dood.– Reuters

2025-11-07 03:54:54 — Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) het sanksies teen Ahmed al-Sjaraa, president van Sirië, opgehef.

Al-Sjaraa vergader Maandag met pres. Donald Trump by die Withuis.

Die VN het ook sanksies teen Anas Khattab, Siriese minister van binnelandse sake, opgehef.

Basjar al-Assad, oudleier van Sirië, is in Desember ná 13 jaar van burgeroorlog in ’n blitsige offensief deur opstandige magte omvergewerp.– Reuters


2025-11-07 04:19:10 — Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, het Donderdag goedkeuring van aandeelhouers gekry vir die grootste korporatiewe betaalpakket in die geskiedenis. Dit volg nadat beleggers sy visie ondersteun het om die vervaardiger van elektriese voertuie in ’n kunsmatige-intelligensie (KI)-en-robotika-reus te omskep.

Die voorgestelde betaalpakket is met meer as 75% se steun goedgekeur.

Musk, wat reeds die wêreld se rykste persoon is, kan oor die volgende dekade tot $1 000 miljard in aandele kry, hoewel vereiste betalings die waarde tot $878 miljard sal verlaag.– Reuters

2025-11-07 04:40:11 — ’n Werker is Vrydag dood en ses is steeds vasgekeer nadat ’n struktuur Donderdagmiddag by ’n kragstasie in die stad Ulsan in Suid-Korea ineengestort het.

Werkers was besig om dele van die struktuur af te breek om dit voor te berei vir sloping oor sowat 10 dae toe die ongeluk plaasgevind het.

Die dood van een werkers is vroeg Vrydag bevestig en die toestand van nog ’n werker is onbekend, het die owerhede gesê.– Reuters

2025-11-07 04:48:45 — Die Kanadese regering gaan meer as 300 volstruise op ’n plaas in Brits-Columbië van kant maak, waar sommige voëls met voëlgriep besmet is.

Dit volg nadat die land se hoogste hof Donderdag geweier het om argumente aan te hoor om nie die voëls van kant te maak nie.

Die Universal Ostrich Farms in Edgewood het aangevoer dat hul voëls die oorspronklike infeksie wat in Desember 2024 bespeur is, oorleef het en immuun geword het.

Kanadese amptenare sê die voëls bly ’n potensiële bron van infeksie vir ander voëls en spesies.– Reuters

2025-11-07 05:02:56 — Bedrywighede by die Brussel-lughawe in België is Donderdag tydelik gestaak weens die waarneming van ’n hommeltuig.

Die owerhede het nie aangedui hoeveel hommeltuie waargeneem is nie.

Die plaaslike media het berig dat hommeltuie ook in ander dele van die land waargeneem is.

Die Belgiese regering het vroeër Donderdagoggend ’n noodvergadering van belangrike ministers en veiligheidshoofde belê nadat waarnemings van hommeltuie Dinsdagaand die sluiting van lughawens en ’n militêre lugmagbasis afgedwing het.– Reuters

2025-11-07 05:18:42 — ’n Tiener (17) is as die moordenaar van die burgemeester van die stad Uruapan in Mexiko geïdentifiseer.

Carlos Manzo is Saterdag op ’n openbare geleentheid in die staat Michoacan doodgeskiet.

Forensiese toetse het bevestig dat Victor Manuel Ubaldo, wat dood is nadat hy deur veiligheidsmagte op die toneel doodgeskiet is, die moord uitgevoer het.

Ubaldo is Woensdag deur sy familielede uitgeken.

Die kantoor van die aanklaer van Michoacan sê bykomende individue was by die voorval betrokke.– Reuters


2025-11-07 05:53:17 — Ontploffings is Vrydag naby Khartoem, die hoofstad van Soedan, gehoor, het getuies aan AFP gesê.

Dit volg een dag nadat die paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF) gesê het dat hy tot ’n humanitêre skietstilstand ingestem het.

Khartoem word deur die weermag beheer.

Inwoners in die naburige stad Omdoerman sê die ontploffings het naby ’n militêre basis en ’n kragstasie plaasgevind.– AFP

2025-11-07 06:16:45 — ’n Federale regter het pres. Donald Trump se administrasie beveel om vandeesmaand se voedselhulp vir 42 miljoen lae-inkomste-Amerikaners teen Vrydag ten volle te finansier.

Die regter het sodoende die administrasie se plan om slegs verminderde voordele gedurende die regeringsluiting te bied, gekeer.

Regter John McConnell het die administrasie daarvan beskuldig dat hy die voordele van die aanvullende voedingsbystandsprogram, bekend as Snap of voedselkoepons, om “politieke redes” weerhou.

Die Trump-administrasie het vinnig ’n appèl teen McConnell se beslissing ingedien wat dit onduidelik maak of Snap-voordele uiteindelik Vrydag ten volle uitbetaal sal word.– Reuters

2025-11-07 06:44:52 — Die hooggeregshof in Indië het Vrydag gesê dat ’n voorlopige verslag oor die noodlottige Air India-ongeluk nie die vlieënier impliseer nie.

Die hof sal ’n pleidooi van die vlieënier se pa op 10 November aanhoor wat ’n onafhanklike ondersoek versoek.

Die vliegtuig was op 12 Junie na Gatwick, Londen, onderweg toe dit kort ná opstyging neergestort het.

Altesaam 260 mense is in die ongeluk dood.

Indië se lugongeluk-agentskap het vroeër vanjaar ’n tussentydse verslag gepubliseer wat vermeld dat albei brandstofskakelaars (wat brandstoftoevoer na die enjins beheer) van die vliegtuig in die afgeskakelde posisie was voordat dit neergestort het.– Reuters

Forensiese kundiges en amptenare op die ongelukstoneel van die Air India-vliegtuig in Ahmedabad, Indië, op 13 Junie 2025.Foto: Getty Images/Hindustan Times

2025-11-07 07:12:46 —

WIF (Women In Film) Honors 2025 in Beverly Hills Jamie Lee Curtis accepts the Jane Fonda Humanitarian Award during the WIF (Women In Film) Honors 2025 at the Beverly Hilton in Beverly Hills, California, U.S., November 6, 2025. REUTERS/Mario Anzuoni TPX IMAGES OF THE DAY (Mario Anzuoni/REUTERS)

Die aktrise Jamie Lee Curtis (66) aanvaar Donderdag die Jane Fonda- humanitêre prys op die WIF (Women In Film) Honors in Beverly Hills, Kalifornië.Foto: Reuters

2025-11-07 07:38:43 — Vyf mense is dood toe die tifoon Kalmaegi Vrydag Viëtnam getref het.

Die owerhede was Vrydagoggend steeds besig om die skade te bepaal, maar die ministerie van omgewingsake het gesê 57 huise in twee streke het ineengestort.

Nog 3 000 huise se dakke het afgewaai of is beskadig, terwyl 11 bote of skepe gesink het.

Die tifoon het vandeesweek rekordreënval en oorstromings in die sentrale Filippyne veroorsaak, waar die dodetal nou op minstens 188 staan.– AFP

A woman looks at a damaged structure with a partially collpased roof in Quy Nhon in Gia Lai province, central Vietnam on November 7, 2025, after typhoon Kalmaegi hit the area. Typhoon Kalmaegi swept across Vietnam early on November 7, weakening into a tropical storm after claiming at least 188 lives in the Philippines. (Photo by Nhac NGUYEN / AFP) (NHAC NGUYEN/AFP)

’n Vrou kyk Vrydag na ’n beskadigde struktuur in Quy Nhon in die provinsie Gia Lai in Sentraal-Viëtnam nadat die tifoon Kalmaegi die gebied getref het.Foto: AFP


2025-11-07 07:44:13 — Verskeie mense is Vrydag beseer in ’n moskee binne ’n skoolkompleks in Djakarta, hoofstad van Indonesië.

Dit was nie onmiddellik duidelik wat die ontploffing veroorsaak het nie. Die plaaslike media het berig dat verskeie mense beseer is, met wisselende getalle. Reuters kon nie die getal beseerdes onafhanklik bevestig nie.

Die polisie van Djakarta het nie onmiddellik op ’n versoek om kommentaar gereageer nie. Die burgemeesterskantoor, distriks- en nasionale polisie kon nie onmiddellik bereik word nie.– Reuters

2025-11-07 07:50:05 — Iran het Vrydag Israel se aanvalle op Libanon veroordeel nadat Israel teikens wat aan Hezbollah behoort, getref het.

Die ministerie van buitelandse sake van Iran het “die Verenigde Nasies, die internasionale gemeenskap en lande in die streek aangespoor om die aanhitsing van oorlog” deur Israel te konfronteer, luidens ’n verklaring.

Die minister het ook sy “meegevoel betuig ná die dood van Libanese burgers in die barbaarse aanvalle”.

Israel het Donderdag gesê hy het ’n reeks teikens wat aan Hezbollah behoort, getref.– AFP

2025-11-07 08:23:15 — Meer as 200 vlugte by die Indira Gandhi- internasionale lughawe in Nieu-Delhi, Indië, is weens ’n tegniese probleem vertraag.

Die fout, wat die vertrek van tientalle vlugte met meer as 30 minute vertraag het, kan tot verkeersknope by ander lughawens in die land lei.

Die Lughawensowerheid van Indië het gesê ’n tegniese probleem met die stelsel wat gebruik word om vlugplanne te genereer, het lugverkeerbeheerders gedwing om dit met die hand te ontwikkel, wat tot vertragings gelei het.– Reuters

2025-11-07 08:31:08 — Minstens 54 mense is in hospitale opgeneem weens ’n ontploffing by ’n moskee binne ’n skoolkompleks in Djakarta, hoofstad van Indonesië.

Vroeër is berig die getal beseerdes is nog nie bekend nie.

Die voorval het ten tyde van Vrydaggebede plaasgevind.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ontploffing op die toneel in Kelapa Gading, in die noorde van Djakarta, het Asep Edi Suheri, stadspolisiehoof, op ’n mediakonferensie gesê.

Die beserings van die slagoffers wissel van matig tot ernstig en sluit brandwonde in.– Reuters

2025-11-07 09:18:03 — Ses immigrante is dood en drie beseer toe hul motor tydens ’n jaagtog met die polisie in ’n meer in die ooste van Bulgarye beland het.

Die ongeluk het Donderdag laat naby die hawestad Burgas gebeur.

“Die polisie het aanvanklik probeer om die voertuig te stop, maar die bestuurder het nie na hulle geluister nie,” sê ’n woordvoerder.

Beamptes het nog twee keer probeer om die motor te stop en met die derde poging het dit die pad verlaat en in die meer gestort.

Die bestuurder, ’n Roemeense burger, is in hegtenis geneem.– AFP


2025-11-07 09:49:27 — Die polisie in Frankryk het vier mense in hegtenis geneem weens betogings wat ’n konsert deur Israel se nasionale orkes in die Paryse Filharmoniese musieksaal ontwrig het.

Verskeie konsertgangers het Donderdagaand se konsert deur die Israeliese Filharmoniese Orkes herhaaldelik onderbreek, insluitend twee keer deur rook.

Die besoek deur die orkes het kritiek van verskeie groepe ontlok weens die oorlog in die Gasastrook.– AFP

2025-11-07 10:14:41 — Die Nederlandse Verkiesingsraad het die party van Rob Jetten (38) Vrydag amptelik as die wenner van verlede week se verkiesing verklaar.

Jetten is ’n gematigde kandidaat.

Sy D66-party, het ’n noue oorwinning van meer 29 668 stemme as dié van die verregse kandidaat Geert Wilders, gekry.

Die verkiesing was beskou as ’n aanduiding vir die opkoms van Europa se verregs.

“Ek dink ons het nou aan die res van Europa en die wêreld gewys dat dit moontlik is om die populistiese bewegings te klop as jy met ’n positiewe boodskap vir jou land veldtog voer,” het Jetten verlede week gesê.– AFP

Rob JettenFoto: Getty Images/Anadolu

2025-11-07 10:14:58 — Die Nederlandse Verkiesingsraad het die party van Rob Jetten (38) Vrydag tot wenner van verlede week se verkiesing verklaar. Jetten is ’n gematigde kandidaat.

Sy D66-party het ’n noue oorwinning van net 29 668 stemme oor dié van die verregse kandidaat, Geert Wilders, gekry.

Die verkiesing is beskou as ’n aanduiding van die opkoms van Europa se verregses.

“Ek dink ons het nou aan die res van Europa en die wêreld gewys dat dit moontlik is om populistiese bewegings te klop as jy met ’n positiewe boodskap vir jou land ’n veldtog voer,” het Jetten verlede week gesê.– AFP

Party leaders meet for post-election talks in The Hague THE HAGUE, NETHERLANDS - NOVEMBER 4: Rob Jetten, leader of D66, speaks to the press during his arrival at the Dutch Parliament (Tweede Kamer) for talks with the Speaker of the House on post-election government formation as part of initial consultations exploring possible coalition options following the national election results, in The Hague, Netherlands, on November 4, 2025. (Photo by Mouneb Taim/Anadolu via Getty Images) (Anadolu/Anadolu via Getty Images)

Rob JettenFoto: Getty Images/Anadolu

2025-11-07 10:30:16 —

Aftermath of a Russian drone attack in Chuhuiv A firefighter works at the site of a Russian drone strike, amid Russia's attack on Ukraine, in Chuhuiv, Kharkiv region, Ukraine November 7, 2025. REUTERS/Sofiia Gatilova TPX IMAGES OF THE DAY (Sofiia Gatilova/REUTERS)

’n Brandbestryder werk Vrydag op die toneel van ’n Russiese hommeltuigaanval in die Charkif-streek in Oekraïne.Foto: Reuters

2025-11-07 10:45:41 — Rusland het gevra dat Amerika opmerkings deur pres. Donald Trump oor die hervatting van kernwapentoetse opklaar.

Maria Zacharowa, woordvoerder van die Russiese ministerie van buitelandse sake, sê die opmerkings vereis klarigheid omdat dit ernstige reaksie van ander lande sal ontketen.

Trump het verlede week die Amerikaanse weermag beveel om die proses vir die toets van kernwapens onmiddellik te hervat ná 33 jaar.

Maar dit is nie duidelik na watter tipe toetse Trump verwys het nie.– Reuters


2025-11-10 08:35:25 — Revo Spies, afgetrede adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisiediens (EMPD), sê hy het gesukkel om antwoorde uit brig. Julius Mkhwanazi te kry oor die ooreenkoms wat hy namens die metro met die omstrede tendermagnaat Vusimuzi (Cat) Matlala se Cat VIP Protection aangegaan het.

Mkhwanazi het die ooreenkoms in Oktober 2021 aangegaan toe hy direkteur van gespesialiseerde dienste was. Die kommissie het gehoor die ooreenkoms is aangegaan sonder die medewete van die hoof van die metropolisie of sy goedkeuring.

Mkhwanazi is deesdae waarnemende metropolisiehoof. Hy word daarvan beskuldig dat hy voertuie wat aan Matlala se Cat VIP Protection behoort, met blou ligte toegerus het.

Volgens Spies was Mkhwanazi se antwoord aan hom dat die EMPD ’n formele verhouding met Cat VIP Protection het en hulle bystand aan die metro lewer by van die operasies. Spies was nie bewus van so ’n ooreenkoms nie.

Mkhwanazi het aan hom WhatsApp-boodskappe gestuur waar Cat VIP Protection deel was van operasies. Hy het ook gesê hulle was deel van die metro se stadsrede in 2022 waar Cat VIP Protection private sekuriteitsdienste verskaf het.

Spies het aangedring op die oorspronklike ooreenkoms, asook die operasionele plan vir die stadsrede, maar Mkhwanazi het WhatsApp-foto’s aan hom gestuur.

Volgens Spies moet enige operasionele plan goedgekeur en afgeteken word.

Revo Spies, afgetrede adjunkhoof van die EMPD.Foto: Skermgreep

2025-11-10 08:55:34 — Volgens Spies was die ooreenkoms met Cat VIP Protection en sy filiaal, die Medicare24-nooddiens, onreëlmatig.

Hy het verder ondersoek ingestel na die ooreenkoms. Dit het behels dat die voertuie van Cat VIP Protection met blou ligte toegerus word en dié van Medicare24 met rooi ligte.

Spies benadruk die metro het nie rooi ligte nie wat deur paramedici en ambulanse gebruik word.

Volgens hom het Mkhwanazi glo Matlala se private voertuie geregistreer op die naam wat die metro gebruik. “Dit is teen enige polisiebeleid.”

Hy sê wat die ooreenkoms behels, lyk dit asof hulle wetstoepassing uitkontrakteer na ’n private maatskappy. “Hulle sê, jy sal namens my reageer. Jy sal eintlik as ’n polisieman optree. Dis wat hierdie ooreenkoms is. Toe ek dit lees, het elke vesel in my liggaam gesê dit is verkeerd. Daar is iets verskriklik verkeerd in hierdie saak. Die registrasie van die voertuie wat op ons naam is, is eintlik ’n rooi vlag. Daar is iets baie dieper en baie verkeerd.”

Hy sê dit het daartoe gelei dat hulle met ’n dissiplinêre ondersoek van wangedrag teen Mkhwanazi begin het.

2025-11-10 10:05:04 — Spies sê hulle het die voorval by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld. Hulle het op 6 Maart 2023 by Opod aangeklop omdat die metropolisie wangedrag kan ondersoek, maar nie strafsake nie. “Ons het nie ondersoekende magte nie. Hoe meer ons hieraan krap, hoe meer dinge het uitgekom. Ons het Opod gevra om ondersoek in te stel na die vals registrasie van voertuie in die metropolisie se naam en die gebruik van hierdie voertuie met blou ligte deur burgerlikes.”

Volgens Spies is hulle met nog skokke begroet. Hy sê die ondersoeker van Opod het aan hulle genoem dat hulle ook EMPD-beamptes ondersoek wat onder Mkhwanazi werk. “Dit het net erger en erger geword, want hulle het diefstal genoem, hulle het moord genoem Ons wou weet watter beamptes. Ons praat hier van een beampte (Mkhwanazi) wat ’n misdaad pleeg, en nou skielik is dit ’n hele groep beamptes. Dit was ’n baie slegte situasie.”

2025-11-10 10:46:47 — Adv. Sandile Khumalo SC, ’n kommissaris van die kommissie, vra vir Spies waarom daar nie dissiplinêre stappe teen beamptes gedoen is wat betrokke was by diefstal en ander misdrywe nie. “Dit lyk asof die EMPD niks daaromtrent doen nie. Dit bevorder ’n kultuur van straffeloosheid in die EMPD.”

Spies stem saam met Khumalo, maar benadruk dat Mkhwanazi en die ander beamptes van gespesialiseerde dienste, waar Mkhwanazi die direkteur was, glo deur Imogen Mashazi, voormalige metrobestuurder, asook die hoof van regsdienste en die hoof van mensebestuur beskerm is.

“Hulle het brig. Mkhwanazi beskerm, in so ’n mate dat ek nie aan jou kan verduidelik die viktimisering wat ek ervaar het nie, waar ek heeltemal uitgeskuif is. Daar is ’n nuwe struktuur aanvaar. My pos as adjunkhoof van hulp- en ondersteuningsdienste is heeltemal uit die struktuur verwyder. Toe ek vra wat ek nou gaan doen, is aan my gesê: ‘Jy sal hier sit en koerante lees vir die volgende drie jaar totdat jou kontrak verstryk.’ ”

Volgens Spies het dinge glo so erg geraak dat die metrobestuurder ingemeng het. Volgens hom is Mkhwanazi en sy beamptes behoorlik beskerm, maak nie saak wat hy gesê of gedoen het nie. “So, daar’s vrees in die metropolisie vir hierdie klein groep beamptes wat die metro heeltemal oorgeneem het, maar met die beskerming van die metrobestuurder, die hoof van mensebestuur en die hoof van regsake wat hulle beskerm. Daar’s selfs vals verslae wat geskep word waar hulle probeer om ons uit die stelsel te kry en ons opsy te skuif.”

2025-11-10 12:54:53 — Volgens Spies is die saak van Mkhwanazi wat handel oor die blou ligte nie meer op die polisie se stelsel nie.

Opod het egter aan hom verseker dat hulle steeds die saak ondersoek. Spies sê hulle het ook die nasionale polisiekommissaris versoek om ’n nasionale taakspan saam te stel om korrupsie en misdaad binne die metropolisie te ondersoek. “Landwyd pleeg die metropolisie misdade, maar hulle word nie behoorlik ondersoek nie.”

Hy praat van omkopery deur verkeersbeamptes en metropolisiebeamptes. Volgens hom is ’n beampte veronderstel om agt boetes per dag uit te reik.

“Daar is egter beamptes wat een boete in ses maande of een in ’n jaar uitreik. Daar is gerugte dat hulle R4 000 tot R5 000 kry van ’n dronkbestuurder. As jy begin somme maak, ontvang daardie tipe beamptes eintlik R100 000 tot R200 000 rand per maand. Dan begin jy kyk na hoe beamptes leef, hulle ry luukse voertuie, hulle woon in luukse landgoedere.”

Hy sê as hulle vir leefstyloudits op beamptes vra, is die antwoord altyd nee. “Leefstyloudits is tans gereserveer vir miskien die hoofde van departemente of die stadsbestuurders, maar op ’n laer vlak is daar glad nie leefstyloudits nie. Dit is iets wat volgens my verpligtend gemaak moet word.”


2025-11-10 13:28:45 — Spies praat nou oor Mkhwanazi wat in 2023 geskors was weens die bewerings teen hom. Volgens hom het die hoof van mensehulpbronne glo ingemeng en aan Mkhwanazi gesê sy skorsing is opgehef.

“Sy het gesê hy moet terugkeer na sy kantoor en met sy werk voortgaan.”

Volgens hom het Jabulani Mapiyeye, geskorste Ekurhuleni-metropolisiehoof, besluit om Mkhwanazi na ’n ander afdeling in die metropolisie oor te plaas.

“Hy (Mkhwanazi) het botweg geweier. Drie weke later het die hoof van mensehulpbronne gesê Mapiyeye mag Mkhwanazi nie oorplaas nie en hy moet weer na sy pos as direkteur van gespesialiseerde dienste terugskuif.”

Volgens Spies het die hoof van menslike hulpbronne onbehoorlik ingemeng by die metropolisie.

“Dit is baie, baie ernstige wangedrag. Hy (Mkhwanazi) word beskerm deur iemand van menslike hulpbronne wat geen magte het om in polisiesake in te meng nie.”

2025-11-10 13:38:04 — Volgens Spies is hy deur ’n beampte by die Staatsveiligheidsagentskap ingelig oor ’n doodsdreigement teen hom.

Volgens hom het die beampte gesê hulle het gehoor dis maklik om hom “uit te haal” omdat hy wat Spies is, sy privaat motor bestuur en lief is vir sy motorfiets. ’n Volledige veiligheidsassessering is gedoen.

“Hulle het teruggekom na my toe en gesê dat die verslag ingedien is en dat daar ’n definitiewe bedreiging vir my is.

“Dit is ook aan die stadsbestuurder voorgelê. Sy het gesê sy verskaf ’n vuurwapen aan my en ek moet na myself omsien.”

Hy sê weens die dreigemente leef hy en sy gesin uiters afgesonderd.

“Ons het ons sekuriteit verbeter, maar ons het opgehou om enigiemand te besoek, ons gaan nie ná-ure uit nie. Ons leef uiters afgesonderd as gevolg van hierdie werklike bedreiging vir my en my gesin.”

• Die kommissie verdaag tot Dinsdagoggend.

2025-11-11 08:15:40 — In Desember 2021 het Jabulani Mapiyeye, EMPD-hoof, ’n opdrag gestuur dat elke afdeling in die Ekurhuleni-metropolisie hul vingerafdrukke moet laat neem.

Revo Spies, voormalige adjunkhoof van die EMPD, sê dat brig. Julius Mkhwanazi se afdeling vir gespesialiseerde dienste se beamptes geweier het om hul vingerafdrukke te laat neem.

Die doel was om vas te stel of EMPD-beamptes misdaadagtergronde het. Mapiyeye het toe Spies vir terugvoer gevra oor die proses wat Spies gelei het op ’n vergadering in Februarie 2022.

Mkhwanazi was glo woedend omdat Spies gesê het dat sy afdeling se beamptes nog nie hul vingerafdrukke geneem het nie.

Volgens Spies was dit sowat 200 beamptes. “Toe ek begin het om my terugvoer aan te bied, het brig. Mkhwanazi begin skree in die vergadering en gesê hy het nie ’n misdaadgeskiedenis nie en my daarvan beskuldig dat ek sê hy het. Ek het verduidelik dat ek bloot rapporteer dat sy afdeling nagelaat het om die vereiste vingerafdrukke te voorsien. Ten spyte hiervan het hy voortgegaan met sy uitbarsting.”

Volgens Spies het Mkhwanazi glo vir Imogen Mashazi, voormalige stadsbestuurder, voor almal gebel . “Ná die oproep het hy aangekondig dat die stadsbestuurder beveel het die proses moet onmiddellik stop. Hy het toe uitgestorm en die deur agter hom toegeslaan.”

Spies het die volgende dag glo ’n e-pos van Linda Gxasheka, mensehulpbronnehoof by die metro, ontvang waarin hy beveel is dat hulle die dokumente aan mensehulpbronne moet oorhandig.

2025-11-11 08:43:51 — Spies sê die proses het gewys dat daar honderde metropolisielede was wat ’n misdaadgeskiedenis het. Uit die byna 3 000 beamptes het 318 ’n misdaadagtergrond. Dit het ingesluit vier wat aan moord skuldig bevind is en 15 wat weens moord aangekla is.

Beamptes skuldig bevind:

* Aanranding: 58 beamptes

* Bestuur onder invloed: 53 beamptes

* Diefstal: 41 beamptes

* Roekelose en nalatige bestuur: 28 beamptes

Ernstige misdrywe – Beamptes wat verhoorafwagtend is:

* Moord: 15 beamptes

* Bedrog: 14 beamptes

* Roof: 8 beamptes

Ernstige misdrywe – Beamptes reeds skuldig bevind, maar steeds in diens:

* Moord: 4 beamptes

* Verkragting: 4 beamptes

* Roof: 3 beamptes

* Bedrog: 7 beamptes

2025-11-11 09:41:46 — In Augustus 2023 was daar gerugte dat Mapiyeye geskors gaan word. Mashazi het Mapiyeye, Spies en ander adjunkhoofde en brigadiers na haar kantoor in Germiston ontbied.

Mashazi het glo die EMPD uitgetrap. Volgens hom het dit gelyk asof Mashazi en Mkhwanazi saamgesweer het en uit dieselfde mond praat.

“Hy (Mkhwanazi) het opmerkings gemaak oor de facto-hoofde en dat Mapiyeye nie die departement bestuur nie en dat hy ’n swak bestuurder is weens hierdie de facto-hoofde. Hy het gesê dat ek een van die hoofde is wat die departement bestuur.”

Op die vergadering het Mkhwanazi glo ook gesê dat hy nie vir Mapiyeye en Spies respekteer nie. Op die vergadering het Mashazi vir Mapiyeye op spesiale verlof geplaas en aan hom gesê om te gaan rus en neutraal terug te kom.

“Jy sal onmiddellik met spesiale verlof gaan sodat jy jou kop kan skoonmaak, rus en neutraal en sonder vooroordeel kan terugkeer.”

Volgens Mashazi was die departement wanfunksioneel.

Revo Spies, voormalige adjunkhoof van die EMPD.Foto: Skermgreep


2025-11-11 10:12:37 — Spies praat oor ’n e-pos wat ’n anonieme persoon op 20 Augustus 2023 aan Jeff Wicks van News24 gestuur het waarin hy ingesluit is, asook ander beamptes van die metro weens “witbroodjies en korrupsie” in die metro. Die fluitjieblaser het gepraat van die verhouding tussen Matlala en Mkhwanazi.

In die e-pos verwys die fluitjieblaser na Mkhwanazi se dissiplinêre verhoor wat in Julie 2023 geskeduleer was en dat die proses op ’n geheimsinnige wyse tot stilstand gekom het.

“Julius Mkhwanazi het sedertdien nie ’n dissiplinêre verhoor gehad nie. Meld dit asseblief by die media aan en stel die munisipaliteit aan die kaak weens die beskerming van korrupte amptenare. Wees egter versigtig, want Julius is hoogs verbind met Matlala. Betroubare bronne het my vertel dat Imogen Mashazi, wat die stadsbestuurder is, die een is wat Julius Mkhwanazi beskerm.”

Spies wis nie wie die e-pos gestuur het nie en daar was ’n heksejag om die fluitjieblaser te ontmasker, maar die metro kon nie die persoon se identiteit vasstel nie.

2025-11-11 10:37:35 — Spies sê hoewel Opod ’n negatiewe bevinding teen Mkhwanazi gemaak het weens oneerlike en wangedrag wat verband hou met die blouligte-saga, het die metro niks daaromtrent gedoen nie.

Hy sê Mkhwanazi is in Desember 2023 tot adjunkhoof bevorder sonder dat Mapiyeye as hoof daaroor ingelig is. “Sy bevordering is nie eens deur die hoof bevestig nie.”

Volgens Spies dra Mkhwanazi ook sy nuwe rang op ’n verkeerde manier.

Skermgreep van Julius Mkhwanazi, waarnemende metropolisiehoof van Ekurhuleni.

2025-11-11 11:53:05 — Volgens Spies het Mkhwanazi homself as waarnemende metropolisiehoof aangestel toe Mapiyeye in September 2024 op spesiale verlof geplaas is.

“Daar is geen aanstellingsbrief nie.”

Op ’n vraag van adv. Sandile Khumalo SC, ’n kommissaris van die kommissie, waarom niemand iets daaromtrent doen nie, sê Spies beamptes vrees viktimisering.

Spies het in Februarie 2025 met vroeë aftrede gegaan. Hy het in November verlede jaar 60 jaar oud geword. Omdat hy op ’n vaste kontrak was, sou sy kontrak eers in 2027 verstryk het.

“Nietemin, weens al die viktimisasie en die misdadigheid wat in die departement voorgekom het, het ek en my gesin ’n ernstige gesprek gehad en besluit dat ek eerder vroeë aftrede sou neem, want ek gaan geestesgesondheidsprobleme en ’n hartaanval kry as ek só aanhou, aangesien al dié misdadigheid om my direk teen my DNS as ’n polisieman ingedruis het.

“Die metro is op ’n pad van verwoesting en ek wil glad nie deel daarvan wees nie.”

Hy sê sy lewensmaat, wat nog by die metropolisie werk, word ook geviktimiseer.

“Dis ’n nagmerrie. Hulle viktimiseer almal. Dit het ’n misdaadonderneming geword.”

2025-11-11 14:13:59 — Die kommissie verdaag tot Woensdag.

2025-11-12 08:01:59 — Volgens Xolani Nciza, voormalige afdelingshoof van werknemerverhoudinge by die Ekurhuleni-metro, was sy direkte lynhoof, Linda Gxasheka, mensehulpbronnehoof, huiwerig om met Julius Mkhwanazi se skorsing voort te gaan weens veiligheidsrisiko’s.

Mkhwanazi is in 2023 deur skorsing in die gesig gestaar oor die blou ligte wat hy aan Vusimuzi (Cat) Matlala se voertuie aangebring het.

Volgens hom het Gxasheka genoem dat Matlala se naam in die nuus genoem is en sy beweerde betrokkenheid by die Tembisa-hospitaal-skandaal.

Die kommissie het vroeër gehoor Gxasheka en dr. Imogen Mashazi, voormalige stadsbestuurder, asook adv. Kemi Behari, hoof van regsdienste, het glo vir Mkhwanazi beskerm teen enige dissiplinêre stappe.

Xolani Nciza, voormalige afdelingshoof van werknemerverhoudinge by die Ekurhuleni-metro.Foto: Skermgreep


2025-11-12 08:13:51 — Nciza sê hulle het baie gesprekke gehad oor die gespesialiseerde eenheid wat deur Mkhwanazi gelei is toe hy die afdeling se direkteur was.

Hy is ook ingelig oor die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) se ondersoek na Mkhwanazi oor die blou ligte en beamptes in sy eenheid.

“Gedurende die inligtingsessie is ook gruwelstories gehoor van wat in die afdeling gebeur het. Die inligting wat ek ontvang het, was oor lede wat by moord, koperdiefstal, afpersing en ander misdrywe betrokke was.”

2025-11-12 09:10:44 — Nciza het op 12 April 2023 ’n verslag van Revo Spies, voormalige adjunkhoof van die EMPD, en Jabulani Mapiyeye, EMPD-hoof, ontvang oor die bewerings teenoor Mkhwanazi. Hy het ’n dissiplinêre tribunaal goedgekeur omdat die klag wangedrag was, wat ’n dissiplinêre tribunaal vereis.

Hy sê daar was nie ’n ooreenkoms tussen die metro en Cat VIP Protection nie. “Dis volgens my growwe oneerlikheid. Hy het nie die mandaat gehad om dit te doen nie. Die tweede wanvoorstelling is die verhouding tussen die metro en Cat VIP Protection. Daar bestaan nie so ’n ooreenkoms nie.”

2025-11-12 09:39:43 — Die ooreenkoms wat Mkhwanazi namens die metro met Cat VIP Protection onderteken het, het nie die behoorlike prosesse van die metro gevolg nie.

Volgens hom is dit net deur Mkhwanazi en het dit nie ander handtekeninge vir goedkeuring gehad nie. Volgens hom moet die metrobestuurder en -raad dit ook goedkeur en ’n resolusie aanvaar.

Nciza maak dit weer duidelik daar was nie ’n staande verhouding tussen die metro en Matlala se maatskappy nie. “Daar is baie verkeerd met die ooreenkoms.”

Die metro het eers in 2023 van die ooreenkoms bewus geword wat Mkhwanazi in 2021 tydens die Covid-19-tydperk onderteken het.

2025-11-12 10:17:17 — Volgens Nciza het Mkhwanazi sy eie ooreenkoms ondersteun toe hy as adjunkhoof van EMPD-operasies in Oktober 2021 waargeneem het wat hy saamgestel het toe hy die direkteur van gespesialiseerde dienste was.

Volgens Nciza is daar ’n proses vir ’n ooreenkoms om goedgekeur te word. Hy sê Mkhwanazi moes die dokument aanbeveel, sy destydse lynhoof, Goodman Mzolo (voormalige adjunkhoof: EMPD-operasies), moes dit ondersteun en Mapiyeye as EMPD-hoof sou dit goedkeur.

“Dit laat die oë rek dat daar ’n memorandum was wat moontlik op die 13de (Oktober 2021) onderteken is, twee dae voordat hy aangestel is om waar te neem. Dan ’n dag nadat hy aangestel is om waar te neem, ondersteun hy die memorandum, terwyl Mzolo dit nie ondersteun nie. Ons het nie bewyse van Mzolo wat dit ondersteun het nie, wat nog te sê van Mapiyeye, wat dit goedkeur het.”

Mapiyeye het voorheen getuig hy het nie die ooreenkoms onderteken nie en was nie daarvan bewus nie. Volgens hom is daar ook glo gepeuter met die datums toe die dokument onderteken is. “Dit was ’n poging om te verberg waarmee hulle besig was.”

2025-11-12 10:41:30 — Nciza benadruk hulle weet nie waarvoor die voertuie van Matlala gebruik is wat in die metro se naam op die eNatis-stelsel geregistreer was en met blou ligte toegerus was nie. Hy sê die metro het nooit die motors gebruik nie.

“Ons weet nie presies wat gebeur het en by watter tipe transaksies hierdie voertuie gebruik is nie.

"Wat ons wel weet, is as wetstoepassingsbeamptes hierdie voertuie teëgekom het, sou hulle dit deurgelaat het omdat hulle sou gedink het dit is wettige munisipale voertuie."

Hy sê die deregistrasie van die voertuie het gebeur danksy die medianavraag van Jeff Wicks van News24, wat navraag gedoen het oor die blou-ligte-sage.

Volgens Nciza weet hulle nie wat die plan was om Matlala se voertuie op die metro se naam te registreer en dit met blou ligte toe te rus nie. “Stel jou voor waar enige van hierdie voertuie betrokke raak by misdaad en wetstoepassers ontdek hierdie voertuie behoort aan die EMPD. Dit sou dan beteken dat ons voertuie in ’n misdaadonderneming gebruik word.”

Volgens hom het Mkhwanazi glo die voertuie gederegistreer nadat hy geskors is.


2025-11-12 11:12:34 — Nciza sê Mkhwanazi is in Maart geskors en hy sou op 24 Mei 2023 teruggekeer het werk toe. Volgens hom was daar ’n versoek om Mkhwanazi se skorsing te verleng. Hy het op 23 Mei om 18:13 ’n oproep van Mashazi ontvang, wat hom glo uitgetrap het oor die besluit om Mkhwanazi se skorsing te verleng.

"Sy het net op my afgekom. Sy het gesê ons haat vir Julius. Sy sê dat ons Julius moet uitlos. En ek sê toe: Nee, nee, nee, waaroor gaan dit?"

Mashazi het toe glo aan Nciza gesê dat Mkhwanazi se skorsing nie verleng gaan word nie. "Dit was nie ’n kalm bespreking nie. My baas is eintlik besig om op my te skree en my uit te skel."

Volgens Nciza het Mashazi glo aan hom gevra of hy dink dis sy munisipaliteit. "'Dink jy jy kan doen wat jy wil?' het sy aan my gesê. Ek kon haar nie kalmeer nie. Sy was boos. Ek ken haar sedert die 1990's. Ek het nog nooit haar só ervaar nie en die vyandigheid."

Hy beskryf die gesprek as venynig. "Dit was ’n persoonlike aanval op my en die hoof Mapiyeye. Dit het niks met die munisipaliteit se prosesse te doen gehad nie."

Nciza is onkant gevang deur Mashazi se houding omdat sy sedert Februarie 2023 geweet het van die dissiplinêre proses teen Mkhwanazi, wat verband hou met die blou ligte.

2025-11-12 12:33:16 — Nciza beskryf Mashazi se optrede as ’n misbruik van mag en gesag in die uiterste deur inmengery met die dissiplinêre proses teen Mkhwanazi. Hy sê hy het ook vir Mapiyeye gebel, wat hom later teruggebel en gesê het dat Mashazi ook vir hom gebel het dat Mkhwanazi op 23 Mei moet terugkeer werk toe.

Adv. Sandile Khumalo SC, ’n kommissaris van die kommissie, wil weet wat Nciza en ander gedoen het omdat hulle geweet het dis verkeerd van Mashazi om in te meng. “Julle weet hoe ernstig die bewerings is. Julle stel dan ’n brief op wat aandui dat Mkhwanazi moet terugkeer. Ek verstaan dit nie.”

Volgens Nciza het Gxasheka hom opdrag gegee om ’n brief op te stel dat Mkhwanazi kon terugkeer werk toe. “Ek stem saam dit was verkeerd omdat die opdrag verkeerd was en nie (op) ’n rasionele grondslag was nie.”

Volgens hom moes Gxasheka (wat sy lynhoof was) opgestaan het teen Mashazi. Hy sê Gxasheka het aan hom gesê om die opdrag uit te voer, glo omdat sy nie verder deur Mashazi uitgeskel wou word nie.

2025-11-12 13:08:46 — Volgens Nciza was dit duidelik dat Mashazi vir Mkhwanazi beskerm het. Volgens hom is Mkhwanazi deur verskeie aanklagte in die gesig gestaar, onder meer growwe oneerlikheid met die opstel van memorandums, misbruik van gesag, en wanbestuur van munisipale hulpbronne, insluitend valse memorandums, ongemagtigde voertuigregistrasies, ’n ongemagtigde R200 000-skenking en dokumentasie wat dit moontlik maak dat mense hulle as polisiebeamptes kan voordoen.

Nciza sê ’n klagstaat sou op 20 Junie aan Mkhwanazi beteken geword het. Mkhwanazi het egter geweier om dit te aanvaar.

Volgens hom was Mkhwanazi se antwoord dat Mashazi en Gxasheka glo aan hom gesê het om nie die klagstaat te aanvaar nie omdat daardie saak op niks sal uitloop nie.

2025-11-12 14:00:20 — Volgens Nciza moet jy soms die temperatuur van die vertrek “lees”. Hy meen die voorval met Mkhwanazi was uniek.

“Ons kon nie teen Mashazi opstaan nie.”

Hy sê dit was die eerste keer in 20 jaar dat hy so ’n oorskryding van mag van ’n munisipale bestuurder ervaar het. Nciza verduidelik omdat die klagstaat nie aan Mkhwanazi beteken is nie, kon die verhoor nie gehou word nie.

“Daarom kon die dissiplinêre proses nie voortgesit word nie.”

Volgens hom het adv. Kemi Behari, hoof van regsdienste by die metro, later by die Mkhwanazi-aangeleentheid betrokke geraak.

Nciza beweer Behari en Gxasheka het twee weke nadat die dissiplinêre proses teen Mkhwanazi in Junie 2023 beëindig is, reuse-salarisverhogings van R600 000 ontvang sonder regverdiging omdat hulle Mkhwanazi beskerm het.

“Dit is ’n moontlike beloning vir lojaliteit wat nie volgens normale munisipale prosedures werk nie aangesien hulle in Maart 2023 aangestel is en nog in hul proeftydperk was.”

Nciza sê hy is in September 2023 geskors en in Maart 2024 sonder ’n verhoor afgedank.

“Ek is persona non grata verklaar.”

2025-11-12 14:11:55 — Oudregter Mbuyiseli Madlanga, wat die kommissie lei, wil weet waarom Mashazi so geïnteresseerd was in Mkhwanazi.

Volgens Nciza was dit ongewoon en ongehoord omdat Mkhwanazi nie aan Mashazi verslag gedoen het nie.

“Daar moenie daardie nabyheid tussen hulle twee wees nie. Daar is daardie ekstra organisatoriese aktiwiteite. So, daar is iets wat buite die organisatoriese reëlings is, wat na my mening bestaan tussen Mashazi en Mkhwanazi. Sy het Mkhwanazi nie net beskerm nie, maar ook bevorder.

"Daar’s soveel dinge. Jy het ’n situasie wat net ongehoord is in die munisipale omgewing.”


2025-11-12 14:12:25 — Die kommissie verdaag tot Donderdagoggend.

2025-11-13 08:06:06 — Dr. Imogen Mashazi, voormalige stadsbestuurder van Ekurhuleni, was ontstoke dat die klagstaat van brig. Julius Mkhwanazi uitgelek het en het vir Xolani Nciza, voormalige afdelingshoof van werknemerverhoudinge by die Ekurhuleni-metro, daarvoor geblameer.

Mkhwanazi is van onder meer wangedrag aangekla omdat hy na bewering blou ligte aan die omstrede sakeman Vusimuzi (Cat) Matlala se voertuie aangebring het en in ’n onreëlmatige ooreenkoms wat hy namens die metro met Matlala se maatskappy Cat VIP Protection aangegaan het.

Nciza sê aan die Madlanga-kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel daar was ’n vergadering oor die uitlek en hulle het sy e-posse nagegaan om vas te stel wie die inligting oor die klagstaat uitgelek het.

Nciza sê hy is in die vergadering aangeval. “Die situasie was vyandig.”

Volgens Nciza het Mashazi bevraagteken waarom hy vir Mkhwanazi dissiplineer omdat Mkhwanazi meer senior as hy is.

Xolani Nciza, voormalige afdelingshoof van werknemerverhoudinge by die Ekurhuleni-metro.Foto: Skermgreep

2025-11-13 08:26:07 — Nciza sê hy is bewus van die uitdagings wat gepaardgaan met sy werk in arbeidsverhoudinge. Hy sê hy is al gedreig en persoonlik aangeval, maar het nie daaroor gekla nie. Hy benadruk die situasie met Mkhwanazi was anders.

“Ek was geskok oor die inmenging by die aangeleentheid. Ek het onder vyf stadsbestuurders gewerk. Niemand het so baie by arbeidsverhoudinge se funksies ingemeng soos hierdie stadsbestuurder (Mashazi) nie.”

Volgens hom was senior bestuur in die metro vasbeslote om Mkhwanazi te beskerm en sy wangedrag toe te smeer.

“Hulle het nie omgegee vir die prosedures en prosesse van die metro nie. Senior bestuurders was soos ’n vakbondverteenwoordiger van ’n werknemer.”

Hy glo hy is in September 2023 geskors weens die Mkhwanazi-kwessie.

2025-11-13 11:11:45 — Volgens Nciza het die metro se dissiplinêre prosedure verander. Hy sê alle moontlike prosesse moes eers deur adv. Kemi Behari, hoof van regsdienste, se kantoor gaan voordat 'n besluit geneem sou word of 'n werknemer van die metro voorlopig ondersoek sou word.

Hy benadruk die veranderinge is gemaak om Mkhwanazi te beskerm en het ook sy magte weggeneem. Volgens hom is amptenare wat hul werk gedoen het, geskors omdat hulle die prosedure van die munisipaliteit gevolg het.

Die kommissie het ook 'n video vertoon waar Mkhwanazi by 'n afskeid van die metro aan Mashazi voor 'n groep mense gesê het hy sal vir Mashazi sterf en 'n koeël vir haar neem. Volgens hom is dit nie gepas vir 'n ondergeskikte om so iets teenoor sy senior kwyt te raak nie. "Dit is 'n aanduiding dat hy lojaal is aan 'n persoon en nie die instelling nie."

2025-11-13 11:17:53 — NB: inskrywing hier onder  - daars 'n fout - verander asb die sin na - Mkhwanazi by 'n afskeid van die metro aan Mashazi voor 'n groep mense gesê het dat hy sal sterf vir Mashazi en 'n koeël virhaarneem


2025-11-13 13:07:05 — Volgens Nciza is Mkhwanazi in Desember 2023 deur ’n onreëlmatige proses tot adjunkhoof van die metropolisie in Ekurhuleni bevorder. Volgens hom was daar baie probleme en is die aanstellingsproses nie gevolg nie.

“Hier sit jy met iemand wat binne een jaar bevorder is nadat hy ’n dissiplinêre proses oor ernstige aanklagte ontduik het. Dis ongehoord. Dit was bewerings van ernstige wangedrag. Dit laat my koue rillings kry.”

Volgens Nciza het die metro later ’n brief geskryf waarin Mkhwanazi van alle bewerings oor die blouligtesaga vrygespreek is. Volgens hom was dit teenstrydig met die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) se verslag oor Mkhwanazi wat bevind het dat Mkhwanazi onwettig opgetree het en dat daar ’n sterk saak teen hom is.

2025-11-13 14:42:33 — Nciza het nooit ’n verslag gesien waarin Mkhwanazi vrygespreek is nie, hoewel Mashazi en Mkhwanazi na sulke verslae verwys het.

“Ek het nog nie ’n verslag gesien wat Mkhwanazi vryspreek van die ernstige wangedrag nie.”

Volgens Nciza is sy skorsingsbrief in die parkeerterrein van die metro aan hom gegee terwyl Mkhwanazi toegekyk het. Nciza verstaan nie hoekom die skorsingbrief in September 2023 in die openbaar aan hom gegee is nadat hy vroeër by sy lynhoof Linda Gxasheka, hoof van mensehulpbronne, was nie.

Hy sê die betrokke aand het vier voertuie van die metropolisie ook na sy huis gekom om ’n brief aan hom te beteken. Hy sê aan die kommissie daar was ook ’n ander voorval waar voertuie van die metro waarop die dwelmeenheid se kenteken sigbaar was, by sy huis was om ’n brief aan hom te gee wat aandui dat sy skorsing verleng gaan word.

“Dit was heeltemal onnodig en onaangenaam. Dit was bedoel om my en my familie te verneder.” Hy beweer Gxasheka het dit doelbewus gedoen om hom te verneder.

Volgens hom het Mashazi, Gxasheka en Behari alles in hul vermoë gedoen om glo ontslae te raak van werkers wat hul onwettige gedrag teenstaan om Mkhwanazi te beskerm. “Mkhwanazi is behandel soos die prins van Ekurhuleni.”

2025-11-13 15:14:37 — Xolani Nciza, voormalige afdelingshoof van werknemerverhoudinge in die Ekurhuleni-metro, voltooi sy getuienis. Die kommissie verdaag tot Vrydag om 09:30.

2025-11-17 04:01:04 — Pres. Donald Trump het Sondag sy mede-Republikeine in die Kongres versoek om te stem vir die vrystelling van lêers wat verband hou met wyle, Jeffrey Epstein, veroordeelde seksoortreder.

“Dit moet vrygestel word, want ons het niks om weg te steek nie,” het Trump in 'n plasing op Truth Social gesê.

“En dis tyd om aan te beweeg van hierdie Demokratiese bedrogspul wat deur Radikale Linkse Gekke gepleeg is om af te lei van die Groot Sukses van die Republikeinse Party, insluitend ons onlangse oorwinning oor die Demokratiese regeringsluiting.”– Reuters

2025-11-17 04:05:45 — Minstens ses mense het in Sentraal-Viëtnam omgekom toe die bus waarin hulle gereis het Sondagaand in ’n grondstorting beland het.

Daar was 32 passasiers op die bus, het die aanlyn koerant VnExpress berig.

Nog 19 passasiers is beseer in die grondstorting, wat deur swaar reën veroorsaak is.

Reddingswerkers is besig om twee ander passasiers te probeer bevry wat steeds in die bus vasgekeer is.– Reuters


2025-11-17 04:18:36 — Pres. Donald Trump het Sondag sy mede-Republikeine in die Amerikaanse kongres versoek om te stem vir die openbaarmaking van lêers wat verband hou met wyle Jeffrey Epstein, geregistreerde seksoortreder.

“Dit moet beskikbaar gestel word, want ons het niks om weg te steek nie,” het Trump in ’n plasing op Truth Social gesê.

“En dis tyd om aan te beweeg van hierdie Demokratiese bedrieëry wat deur Radikale Linkse Kranksinniges gepleeg is om (die aandag) af te lei van die Groot Sukses van die Republikeinse Party, waaronder ons onlangse Oorwinning oor die Demokrate se Sluiting van die Regering.”– Reuters

2025-11-17 04:25:15 — Meer as 70 skole en voorskoolse instellings in Australië en Nieu-Seeland is Maandag gesluit nadat asbes gevind is in speelsand vir kinders wat in verskeie instellings gebruik is.

Verskeie kleurryke speelsandprodukte is herroep nadat spore van tremoliet en witasbes (chrisotiel) in laboratoriumtoetse bespeur is.

Die Australiese kommissie vir mededinging en verbruikers (ACCC) het Woensdag ’n nasionale herroeping uitgereik vir produkte wat deur Educational Colours verskaf is.

Verdere herroepings is toe Saterdag deur Kmart en Target uitgereik vir ’n sandkasteel-boustel wat uit 14 komponente bestaan, sowel as blou, groen en pienk towersand.– Reuters

2025-11-17 04:46:20 — Amerika sal moontlik met Nicolás Maduro, president van Venezuela, vergader, het pres. Donald Trump Sondag gesê.

Venezuela ervaar toenemend druk van die Amerikaanse regering te midde ’n enorme Amerikaanse militêre opbou in die Karibiese Eilande.

Amerika voer dodelike aanvalle uit op bote van vermeende smokkelaars wat na bewering dwelms vervoer aan die kus van Venezuela in die oostelike Stille Oseaan.

“Ons kan dalk gesprekke met Maduro voer, en ons sal kyk wat die uitkoms daarvan is. Hulle wil graag praat.”

Trump beskuldig Maduro daarvan dat hy bande het met handelaars van onwettige dwelms.– Reuters

Venezuela's President Maduro takes part in a march with young members of the United Socialist Party of Venezuela (PSUV) in Caracas Venezuela's President Nicolas Maduro gestures as he takes part in a march with young members of the United Socialist Party of Venezuela (PSUV) in Caracas, Venezuela, November 13, 2025. REUTERS/Leonardo Fernandez Viloria (Leonardo Fernandez Viloria/REUTERS)

Pres. Nicolás Maduro van Venezuela Donderdag by ’n optog met jong lede van sy politieke party in Caracas, Venezuela.Foto: Reuters

2025-11-17 05:00:49 — Drie mense is dood toe Amerika Saterdag nog ’n aanval uitgevoer het op ’n boot wat na bewering dwelms vervoer het in die ooste van die Stille Oseaan, het die regering Sondag gesê.

“Inligting het bevestig dat die vaartuig betrokke was by onwettige dwelmsmokkelary op ’n bekende dwelmsmokkelroete.”

Dit is die 21ste sodanige aanval tot dusver. Minstens 80 mense het reeds in die aanvalle omgekom, volgens statistieke van die Amerikaanse regering.– Reuters

2025-11-17 05:13:21 — Brittanje gaan sy benadering tot menseregtewette hersien om dit makliker te maak om migrante te deporteer wat die land onwettig binnekom.

Dit is deel van ’n groot hersiening van die asielbeleid wat Maandag uiteengesit sal word.

Shabana Mahmood, minister van binnelandse sake, sal uiteensit watter veranderinge sal geld in die interpretasie van howe van die Europese Konvensie oor Menseregte.

“Hierdie hervormings sal eindelose appèlle blokkeer, eise keer wat op die laaste minuut gemaak word, en strenger optrede (moontlik maak) om diegene te verwyder wat geen reg het om hier te wees nie,” het Keir Starmer, premier van Brittanje, in ’n verklaring gesê.– Reuters


2025-11-17 05:22:34 — Die naderende stemming oor die openbaarmaking van lêers wat verband hou met Jeffrey Epstein sal help om bewerings tot ’n einde te bring dat pres. Donald Trump enige verbintenis met dié veroordeelde sekspes se mishandeling van en verhandeling in minderjarige meisies gehad het, glo Mike Johnson, speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers.

“Epstein is (die Demokrate se) hele spelplan, so ons gaan daardie wapen uit hul hande neem,” het Johnson gesê.

“Kom ons kry dit net gedoen en beweeg dit aan. Daar is niks om weg te steek nie.”– Reuters

2025-11-17 05:32:23 — Drie mense is oornag dood in Russiese aanvalle op ’n stad in die ooste van die Charkif-streek in Oekraïne.

Die Russiese weermag het twee missielaanvalle op die sentrum van Balaklija uitgevoer, het Witali Karabanof, ’n militêre amptenaar, op Telegram gesê.

Drie mense is volgens voorlopige inligting dood.

Tien mense is ook gewond. “Ongelukkig kom oproepe oor moontlike beserings steeds in,” het Karabanof gesê.– AFP

2025-11-17 05:47:21 — Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies stem Maandag oor ’n resolusie wat pres. Donald Trump se vredesplan vir die Gasastrook sal versterk, veral die ontplooiing van ’n internasionale mag.

Die konsep “onderskryf” die plan, wat aanvanklik ’n brose skietstilstand tussen Israel en Hamas op 10 Oktober moontlik gemaak het.

Die jongste weergawe van die teks, wat AFP onder oë gehad het, verleen magtiging dat ’n Internasionale Stabiliseringsmag (ISF) gestig word wat met Israel en Egipte en pas opgeleide Palestynse polisie sal saamwerk om grensgebiede te beveilig en die Gasastrook te demilitariseer.– AFP

A Palestinian flag is seen on a building opposite Israeli national flags placed at the entrance of As-Sawiyah village, south of Nablus in the occupied West Bank, on November 16, 2025 after settlers placed handreds of Israeli flags on public roads and the entrance of Palestinians villages. (Photo by Jaafar ASHTIYEH / AFP) (JAAFAR ASHTIYEH/AFP)

’n Palestynse vlag word Sondag vertoon op ’n gebou oorkant Israeliese vlae by die ingang van die dorp As-Sawija, suid van Nabloes aan die besette Wesoewer.Foto: AFP

2025-11-17 06:10:58 — Minstens 32 mynwerkers is dood toe ’n brug by ’n kobaltmyn in die suidooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK)  ineengestort het.

Die brug het Saterdag in ’n oorstroomde gebied by die myn in die provinsie Lualaba ineengestort, het Roy Kaumba Mayonde, provinsiale minister van binnelandse sake, gesê.

’n Soektog na meer oorledenes is van stapel gestuur.

Die DRK vervaardig meer as 70% van die wêreldvoorraad van kobalt, wat noodsaaklik is vir batterye wat in elektriese motors, skootrekenaars en selfone gebruik word.– AFP

2025-11-17 06:16:33 —

16th Governors awards - show US actor producer Tom Cruise poses with his Honorary Academy Award on stage during the 16th Governors Awards at the Ray Dolby Ballroom at Ovation Hollywood in Los Angeles on November 16, 2025. (Photo by Michael Tran / AFP) (MICHAEL TRAN/AFP)

Tom Cruise,  Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger,  poseer met sy ere-Oscar op die verhoog by die 16de Goewerneurs-toekenningsgeleentheid in die Ray Dolby-balsaal by Ovation Hollywood in Los Angeles. Cruise is al vier keer vir die gesogte prys benoem, maar het nog nie voorheen gewen nie.Foto: AFP


2025-11-17 06:36:48 — ’n Stad in die ooste van China gaan geskenkkoepons uitreik  vir paartjies wat hul huwelik tussen 28 Oktober en 31 Desember registreer.

Huwelike in China het verlede jaar met 20% gedaal, die grootste daling tot nog toe.

Die tendens waarin al hoe minder mense belangstel om te trou en met ’n gesin te begin, word toegeskryf aan die hoë koste van kinderversorging en onderwys.

Pasgetroudes in die stad Ningbo kan agt verbruikskoepons ter waarde van 1 000 joean (sowat R2 410) ontvang wat onder meer aan fotografie, huwelikseremonies en hotelverblyf bestee kan word.– Reuters

2025-11-17 07:05:34 — Die federale anti-terreuragentskap in Indië het ’n inwoner van Kasjmir in hegtenis geneem wat daarvan beskuldig word dat hy saamgesweer het met die bestuurder van ’n motor wat verlede Maandag in Delhi ontplof het.

Agt mense is dood en minstens 20 gewond.

Die motor wat in die aanval gebruik is, is in die verdagte, Amir Rashid Ali, se naam geregistreer, het die owerhede gesê.

Ali het na bewering na Delhi gekom om die aankoop van die motor te fasiliteer.

Die Kasjmir-streek is sedert 1947 tussen Pakistan en Indië verdeel.– Reuters

Eight Killed, Many Injured In Explosion Near Red Fort In New Delhi NEW DELHI, INDIA - NOVEMBER 10: Vehicles destroyed in a blast near the Red Fort Metro Station Gate No. 1. on November 10, 2025 in New Delhi, India. Eight deaths have been confirmed in the explosion, the cause of which is yet to be ascertained, with 12 others sustaining injuries. Entire Uttar Pradesh and Maharashtra's Mumbai have been put on alert. (Photo by Sanjeev Verma/Hindustan Times via Getty Images) (Hindustan Times/Hindustan Times via Getty Images)

Motors wat vernietig is in ’n motorbomontploffing verlede Maandag in Delhi, Indië.Foto: Getty Images/Hindustan Times

2025-11-17 07:06:50 — Die Madlanga-kommissie sit Maandag sy verrigtinge voort met sy ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel. Die kommissie sal vandag getuienis van twee getuies aanhoor wat verband hou met die 121 polisiedossiere van die taakspan wat politieke moorde ondersoek. Genl.maj. Mary Motsepe sal die eerste getuie wees.

2025-11-17 07:17:24 — Grondstortings wat verlede week in twee streke in die sentrale deel van die Java-provinsie in Indonesië plaasgevind het, het tot die dood van minstens 18 mense gelei, het die owerhede Maandag gesê. Soek-en-reddingspogings duur voort.

Die grondstortings is deur swaar reën veroorsaak.

Die een grondstorting in die stad Cilacap het verlede week ongeveer ’n dosyn huise in die dorpie Cibeunying begrawe.

Sestien mense is hier dood en sewe word vermis.

Twee mense is dood en 27 word vermis in ’n afsonderlike voorval wat Saterdag in die streek plaasgevind het.– Reuters

Indonesian rescue members search for victims at the site of a landslide, which hit Cibeunying village on November 13, in Cilacap Indonesian rescue members search for victims at the site of a landslide, which hit Cibeunying village on November 13, in Cilacap, Central Java province, Indonesia, November 15, 2025. REUTERS/Stringer (Stringer/REUTERS)

Soek-en-reddingsdienste soek Saterdag na slagoffers op die terrein van ’n grondstorting wat die dorpie Cibeunying in die stad Cilacap in die sentrale deel van die Java-provinsie twee dae tevore getref het.Foto: Reuters

2025-11-17 07:31:25 — Li Qiang, premier van China, het geen planne om met Sanae Takaitsji, premier van Japan, te vergader gedurende die G20-beraad in Suid-Afrika nie.

Takaitsji se kommentaar oor Taiwan het die politieke fondament van betrekkinge ernstig beskadig en Japan moet sy “verkeerde” opmerkings terugtrek, het Mao Ning, woordvoerder van die Chinese ministerie van buitelandse sake, Maandag gesê.

Takaitsji het vroeër vandeesmaand aan die parlement gesê dat ’n aanval op Taiwan deur China tot ’n militêre reaksie van Japan kan lei.

Taiwan word demokraties beheer, maar China beskou dit as sy grondgebied.– Reuters


2025-11-17 07:45:33 — Die owerhede in Iran het wolkbestuiwingsoperasies van stapel gestuur terwyl die land sy ergste droogte in dekades ervaar, het die staatsmedia berig.

Dit behels die bespuiting van deeltjies soos silwerjodied en sout in wolke vanaf vliegtuie om reën te veroorsaak.

Video’s wat Sondag deur die plaaslike media uitgesaai is, het swaar reën en selfs oorstromings in verskeie streke getoon, maar dit was nie duidelik of dit met die proses verband hou nie.

Iran het verlede jaar aangekondig dat hy sy eie tegnologie vir die praktyk ontwikkel het.– AFP

2025-11-17 08:10:05 — Genl.maj. Mary Motsepe is die hoof van die ondersoek na ernstige en geweldsmisdaad by die polisie se hoofkantoor in Pretoria.

Sy sê van die dossiere van die taakspan het hul oorsprong in haar kantoor. Sy word uitgevra hoe sy betrokke geraak het by die 121 dossiere. Volgens haar is sy nooit formeel meegedeel dat die taakspan se 121 dossiere na haar kantoor sou kom nie.

Op 28 Maart vanjaar is sy saam met haar bevelvoerder, lt.kol. Khosi Senthumule, na lt.genl. Shadrack Sibiya, geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris. Sy sê haar kantoor was verantwoordelik daarvoor om die dossiere te ouditeer.

Daar was ook ’n reëling dat die dossiere teruggestuur sal word na KwaZulu-Natal.

2025-11-17 08:17:38 — Volgens haar moes die dossiere al teen 9 of 10 April teruggestuur word na KwaZulu-Natal. Sy was met verlof en teen 30 April was die dossiere steeds by die polisie se hoofkantoor in Pretoria.

“Dit was vir my ’n probleem. Die dossiere was steeds in ’n kluis. Ek was nie betrokke by die oorhandiging van die dossiere nie.”

Motsepe het vir Senthumule gevra wat nou met die dossiere gaan gebeur. Senthumule het toe vir lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, gebel.

Volgens Motsepe het Mkhwanazi glo gesê hy het niks te doen met die dossiere nie. “Die dossiere behoort aan hom.” Sy het gevra hoekom Mkhwanazi die dossiere van die hand gewys het, maar het nie ’n antwoord gekry nie.

Senthumule het toe vir genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, gebel oor wat met die dossiere gaan gebeur.

Hy het glo gesê Sibiya moet sy eie diskresie gebruik.

Genl.maj. Mary MotsepeFoto: Skermgreep

2025-11-17 08:20:47 —

A juvenile Masai giraffe stands inside a transportation crate with its eyes covered by a blanket as rangers from Kenya Wildlife Services (KWS) attempt to load the crate onto a vehicle during an exercise to translocate large herbivores from Kedong Ranch due to land subdivisions and corralling that have disrupted wildlife migratory routes in Naivasha, Nakuru County, on November 16, 2025. Driven by two long ropes held by about twenty rangers, the blindfolded giraffe enters a tall trailer that is to transport it out of its natural habitat in the Rift Valley, which is deteriorating after having been resold. This is the first step in a meticulous relocation operation in the vast Kedong ranch, part of an ancestral corridor between Mount Longonot and Hell's Gate Park, near the iconic Lake Naivasha. (Photo by Tony KARUMBA / AFP) (TONY KARUMBA/AFP)

’n Jong Masai-kameelperd staan Sondag in ’n vervoerkrat met sy oë bedek met ’n kombers terwyl veldwagters van Kenia Wildlewedienste (KWS) probeer om die krat op ’n voertuig te laai. Dit is ’n oefening om groot herbivore van die Kedong-plaas te verskuif weens onder meer grondverdeling wat die migrasieroetes van wildlewe in Naivasha in die Nakuru-provinsie in Kenia ontwrig het.Foto: AFP

2025-11-17 08:37:29 — Volgens Motsepe was die dossiere by die hoofkantoor om geoudit te word. Oudregter Mbuyiseli Madlanga, wat die kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel lei, vra waarom die dossiere in Gauteng geoudit is, en hy benadruk hy verstaan hoekom Mkhwanazi só gereageer het.

“Dit was ’n eenvoudige oefening. Dit kon in KwaZulu-Natal gedoen word,” sê Madlanga. Motsepe antwoord ja.

Volgens haar was daar nie ’n plan wat met die dossiere gaan gebeur nie. Sy het haar span op 19 Mei opdrag gegee om ’n volledige ontleding van die dossiere te doen en om ’n gedetailleerde verslag oor hul bevindings voor te berei.

Motsepe het ook vir Sibiya gevra vir die werklike redes vir die ontbinding van die taakspan.

“Hy het vir my gesê volgens die goedgekeurde organisasiestruktuur sal die taakspan ontbind en onder moord-en-roof val.

Sibiya het ook gesê dat daar ’n billike verteenwoordiging van die moord-en-roof-afdeling in die nege provinsies moes wees, nie net in KwaZulu-Natal nie, en dat die begrotingstoekenning van die taakspan groter is as enige ander eenheid wat dieselfde misdade ondersoek.”


2025-11-17 08:49:38 — Motsepe benadruk sy was nie betrokke by die ontbinding van die taakspan wat politieke moorde ondersoek het nie.

“Ek wil ook noem dat, hoewel ek nie by die proses betrokke was nie, stem ek saam met die siening dat die taakspan sonder behoorlike konsultasie ontbind is. Ek weet nie of die minister (Senzo Mchunu, geskorste polisieminister) die gesag gehad het om die taakspan te ontbind nie.

"Selfs al het die minister die gesag gehad om die PKTT te ontbind, moes hy eers met al die belanghebbendes konsulteer, wat my ook sou insluit. Ek stem ook nie saam dat die taakspan voor die komende verkiesing (2026- munisipale verkiesings) ontbind moes word nie.

"Dit is ’n bekende feit dat KwaZulu-Natal die hoogste voorkoms van politieke moorde het, en daar is gewoonlik ’n toename in polities gemotiveerde moorde voor verkiesings. Dit sou nie sin maak om die taakspan onmiddellik te ontbind nie, tensy die belanghebbendes die minister aangeraai het dat onmiddellike ontbinding gepas sou wees.”

Motsepe stem nie noodwendig saam dat die taakspan meer suksesvol was as enige ander span wat dieselfde tipe misdade ondersoek het nie.

2025-11-17 08:52:01 — ’n Hof in Bangladesj het sjeik Hasina (78), voormalige premier, Maandag skuldig bevind aan misdade teen die mensdom en die doodstraf opgelê.

Hasina het hofbevele verontagsaam dat sy vanaf Indië moet terugkeer om haar verhoor by te woon oor of sy ’n dodelike onderdrukking gelas het teen ’n opstand wat haar in Augustus 2024 omvergewerp het.

Ongeveer 1 400 mense is in die betogings dood.– AFP

Vandalised mural of Bangladeshi PM Hasina after her resignation, in Dhaka A view shows a mural of Bangladeshi Prime Minister Sheikh Hasina vandalised by protesters, a day after her resignation, in Dhaka, Bangladesh, August 6, 2024. REUTERS/Mohammad Ponir Hossain TPX IMAGES OF THE DAY (Mohammad Ponir Hossain/REUTERS)

’n Muurskildery van sjeik Hasina Wazed wat deur betogers gevandaliseer is in Dhaka, Bangladesj, op 6 Augustus 2024.Foto: Reuters

2025-11-17 09:06:37 — Madlanga vra Motsepe waarom sy van mening is dat die taakspan wat politieke moorde ondersoek nie meer suksesvol as ander taakspanne is nie. Motsepe getuig in die ander provinsies ondersoek hulle ook sulke tipe moorde. “As jy sê dis die beste, ontmoedig jy ander beamptes wat net so hard werk. Ons het ook suksesse in ander provinsies met minder hulpbronne.” Volgens haar is dit nie net die taakspan wat sake bespoedig om gouer ballistiese ontledings en DNS-toetse te kry nie. “Daar is sake by die taakspan waar DNS-toetse en ballistiese ontledings nog afgehandel moet word. Dit is omdat die forensiese afdeling oorweldig is.” Sy sê daar is ’n rede vir taakspanne, maar dit sal nie altyd bestaan nie. “Sodra ons die dreigement uitskakel, sal hulle ophou om te bestaan.”

2025-11-17 09:32:08 — Sjeik Hasina, voormalige premier van Bangladesj en ’n voortvlugtige, het Maandag haar skuldigbevinding aan misdade teen die mensdom “bevooroordeeld en polities gemotiveerd” genoem.

“Die uitsprake teen my is gemaak deur ’n gemanipuleerde tribunaal wat ingestel en voorgesit is deur ’n onverkose regering sonder ’n demokratiese mandaat,” sê Hasina in ’n verklaring wat uitgereik is van haar skuilplek in Indië.

“Hulle is bevooroordeeld en polities gemotiveerd.”– AFP

(FILES) Anti-government protestors display Bangladesh's national flag as they storm Prime Minister Sheikh Hasina's palace in Dhaka on August 5, 2024. A Bangladesh court on November 17, 2025, sentenced ousted prime minister Sheikh Hasina to death for crimes against humanity. Hasina, 78, defied court orders that she return from India to attend her trial about whether she ordered a deadly crackdown against a student-led uprising that ousted her in August 2024. (Photo by K M ASAD / AFP) (K M ASAD/AFP)

Betogers vertoon die vlag van Bangladesj terwyl hulle sjeik Hasina, toe premier, se paleis in Dhaka op 5 Augustus 2024 bestorm. Betogings het in Julie verlede jaar uitgebreek oor kwotas vir poste in die staatsdiens. Dit het afgeneem nadat die hooggeregshof ingestem het om die meeste kwotas te skrap. Die onrus het egter oorgegaan in wyer oproepe vir Hasina, wat 15 jaar aan die bewind was, om te bedank.Foto: AFP

2025-11-17 09:37:31 — Weens die ontbinding van die taakspan moes Motsepe se afdeling die ondersoeke oorneem. Sy noem aan die kommissie sy het nie geld gehad vir die ondersoeke nie. Sy het gedink sy sal ’n deel van die taakspan se begroting kry. “Dalk as hulle R10 miljoen het, sal en ’n deel kry, dalk R2 miljoen of R3 miljoen vir die ondersoeke. As daar nie finansiering is nie, kan ons nie voortgaan met die ondersoeke nie.”

Sy sê die doel was om na KwaZulu-Natal te gaan en binne ses maande 70 dossiere van die taakspan te finaliseer. “Dis hoe ons beplan het om ’n impak te maak.”

Madlanga vra waarom lede van die taakspan, wat reeds in KwaZulu-Natal was, nie die ondersoeke gehanteer het nie. “Dit maak nie sin nie.”

Motsepe gee toe sy het met ’n dilemma gesit. Volgens haar was daar ’n lang tyd geen vordering met die dossiere nie. “Ons wou net vir die families antwoorde gee.”


2025-11-17 09:57:02 — Volgens haar was van die verklarings in die dossiere weg. Sy het nie direk vir die taakspan gevra waarom dit die geval is nie, maar het dit deur Sibiya se kantoor gekommunikeer. Motsepe deel nou met die kommissie haar opsomming van die oudit wat haar span gedoen het. Volgens haar opsomming was daar sistemiese probleme in die taakspan wat geoudit is soos swak saakbestuur, onvolledige ondersoeke en die versuim om behoorlike regsprosedures te volg. “Die volgende is ’n paar van die tekortkominge wat geïdentifiseer is. Die aanvanklike verdagtes is deur getuies geïdentifiseer, maar hierdie verdagtes is nie gearresteer nie. Een saak is deur ’n getuie teruggetrek omdat die verdagte siek was en die getuie vir hul lewe gevrees het. In een saak is die verdagte gearresteer sonder enige staatsaanklaer se instruksies in die dossier wat wys dat die verdagte gearresteer en na die hof geneem is, maar dit wys nie al die hofprosesse nie.”

2025-11-17 10:14:37 — Die Britse regering dreig met ’n visumverbod op drie Afrikalande.

Vroeër is berig Brittanje gaan sy benadering tot menseregtewette hersien om dit makliker te maak om immigrante te deporteer wat die land onwettig binnekom.

Dit is deel van ’n groot hersiening van sy asielbeleid.

Brittanje sê dit gaan ophou om visums toe te staan aan burgers van Angola, Namibië en die Demokratiese Republiek die Kongo as hierdie lande nie hul “misdadigers en onwettige immigrante” terug aanvaar nie, sê die ministerie van binnelandse sake in ’n verklaring.– AFP

2025-11-17 10:20:57 — Motsepe sê in van die gevalle is sake op die hofrol geplaas al was daar onvoldoende bewyse. “In hierdie gevalle sal jy vind dat verdagtes voortydig gearresteer word – jy neem die verdagte hof toe, maar daar is geen getuienis om (jou saak) te bewys nie.”

Motsepe stem nie saam met Mkhwanazi dat die dossiere stof opgegaar het toe dit in die polisie se hoofkantoor in Pretoria was nie. “Dit is onwaar.”

Madlanga vra haar hoekom dit nie waar is nie, omdat Mkhwanazi gesê het geen ondersoeke het plaasgevind nie. Motsepe reageer hoewel hulle nie fisiek die ondersoeke gedoen het nie, het hulle inspeksies van die ondersoeke gedoen. “Die dossiere het nie stof opgegaar nie, omdat hierdie dossiere slegs drie maande oud was. Ongeveer drie maande. In Maart en in April is die interne ondersoek voltooi. So die inspeksies wat ons gedoen het, wys ons doen iets met die dossiere.”

2025-11-17 10:33:38 — Die adjunkhoof van ’n staatskosskool in die Kebbi-streek in Nigerië is Maandag omstreeks 01:00 doodgeskiet en ’n onbekende aantal meisiesleerlinge is ontvoer toe die skool deur gewapende mans aangeval is.

Hassan Yakubu Makuku, adjunkhoof, is doodgeskiet terwyl hy die aanvallers probeer afweer het en ’n veiligheidswag het beserings opgedoen, het ’n onderwyser op voorwaarde van anonimiteit weens veiligheidsredes aan Reuters gesê.

Die gewapende mans het met die ontvoerde studente na die naburige Zamfara gevlug, het die onderwyser gesê.– Reuters

2025-11-17 10:46:31 — Die Russiese weermag is in ses Afrikalande bedrywig, het staatstelevisie berig.

Dit is ’n ongewone erkenning van die omvang van Moskou se amptelike militêre teenwoordigheid op die vasteland. Behalwe vir Mali dui die verslag nie aan in watter ander lande Rusland bedrywig is nie.

Daar is voorheen verneem dat Russiese troepe of militêre instrukteurs in Burkina Faso, Niger, Ekwatoriaal-Guinee, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Libië ontplooi is.– AFP


2025-11-17 11:09:09 — Volgens haar is een rede waarom daar nie baie beweging was met die ondersoeke nie, dat sy nog nie ’n begroting gehad het om die dossiere te ondersoek nie. Een van Motsepe se voorstelle is om die dossiere dan na KwaZulu-Natal terug te stuur, want die taakspan daar het ’n begroting gehad.

Volgens Motsepe het Mkhwanazi op 15 Julie gevra om foto’s van die dossiere te neem. Dit was nege dae ná Mkhwanazi se opspraakwekkende bewerings. Ene brig. Kunene het die foto’s kom neem. Volgens haar het Kunene gesê dat die stoorplek waar die dossiere gebêre was, as ’n misdaadtoneel beskou word. Sy het toe vir Kunene gevra watter misdaad gepleeg is. Volgens haar het Kunene gesê dis die opdrag wat hy ontvang het.

Motsepe het daarna vir Sibiya gebel oor die neem van foto’s van die dossiere. Hy het haar sowat 10 minute later teruggebel en gesê Masemola moet magtiging gee dat foto's wel geneem kan word.

Sy sê Masemola het ook in dié tyd gesê daar is nie ’n begroting vir haar span om die taakspan se ondersoeke verder te ondersoek nie. Haar ouditverslag oor die taakspan het op 17 Augustus in die media uitgelek.

Sy het net ’n drukstuk (hard copy) gehad en nie ’n elektroniese ene nie. Sy sê sy het net ’n drukstuk aan Sibiya gee en weet nie hoe dit uitgelek het nie. Sibiya weet ook nie hoe dit uitgelek het nie. Volgens Motsepe het net sy, haar persoonlike assistent, Sibiya en sy persoonlike assistent die verslag gehad. Op 15 September het Masemola haar oor die verslag gebel. Hy het die verslag gesoek. Sy het die fisieke kopie aan Masemola oorhandig.

Sy sluit haar getuienis af deur te sê dat die dossiere nie stof opgegaar het nie. “Ons het ’n oudit van die dossiere gedoen en sodra finansiering goedgekeur is, sou ons dit ondersoek het. Ek het geen betrokkenheid gehad by die ontbinding van die taakspan nie en het ek ook geen betrokkenheid gehad by die oorhandigingsproses van die dossiere nie.”

2025-11-17 11:12:51 — Pole het Maandag twee grensposte met Belarus heropen nadat dit ′n geruime tyd gesluit was weens spanning met Belarus se regering, wat betrekkinge met Rusland het. Volgens die grensowerhede is die grensposte by Koeznica Bialostocka en Bobrowniki weer in gebruik.

’n Woordvoerder van die Poolse grenspolisie sê die regering het na inwoners en ondernemings in die streek geluister, veral vragmotorbestuurders en sakelui, wat ekonomiese nadele ondervind het toe die grens gesluit was weens die toestroming van migrante.

Volgens die grenspolisie is die oostelike grens van Pole “nou beter beskerm as ooit vantevore”.– AFP

2025-11-17 11:18:47 — ’n Amerikaanse appèlhof gaan Maandag betoë aanhoor van gesinne wat hul hofsake oor Tylenol wil hervat. Hulle beweer die pynmiddel lei tot outisme by kinders en verwys na ’n nuuskonferensie waar die Trump-administrasie dié moontlike verband bespreek het.

Meer as 500 gesinne eis skadevergoeding van Kenvue, die vervaardiger van Tylenol, maar ’n laer hof het die sake vroeër vanjaar van die hand gewys omdat die kenners wat deur die gesinne se advokate aangewys is, se metodes bevraagteken is. Wetenskaplikes sê daar is geen bewyse dat Tylenol of asetaminofeen outisme veroorsaak nie.

Kenvue hou ook voet by stuk dat die produk veilig is en meen die beslissing van die laer hof is korrek. Die gesinne glo egter die kenners se getuienis is nie regverdig oorweeg nie.– Reuters

2025-11-17 11:25:32 —

France's President Emmanuel Macron (R) and Ukraine's President Volodymyr Zelensky (L) sign an agreement at the Villacoublay air base, in Velizy-Villacoublay, near Paris on November 17, 2025. Macron and Zelensky signed an arms agreement at an airbase near Paris, which the Ukrainian president described as "historic" to "strengthen" Ukraine's combat aviation and air defense. (Photo by Christophe Ena / POOL / AFP) (CHRISTOPHE ENA/AFP)

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk (regs) en pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne onderteken 'n ooreenkoms by die Villacoublay-lugmagbasis in Vélizy-Villacoublay naby Parys om Oekraïne se lugverdediging met onder meer 100 vegvliegtuie te versterk in sy oorlog teen Rusland.Foto: AFP

2025-11-17 12:02:13 — Roemeense owerhede het Maandag begin om inwoners van die dorp Plauru, naby die Oekraïense grens, uit die gebied te verwyder nadat ’n Russiese hommeltuigaanval in die suide van Oekraïne tot ’n brand gelei het op ’n skip met vloeibare petroleumgas. Sedert Rusland se inval in Oekraïne in 2022 teiken Russiese magte hawens in die Donau-streek.

Ná die jongste aanval het die skip, weens sy nabyheid aan Roemenië en gevaarlike vrag, die owerhede genoop om Plauru as voorsorgmaatreël te ontruim. Inwoners het waarskuwings op hul selfone ontvang oor moontlike vallende voorwerpe.

Pad- en seeverkeer is ook gestop uit vrees vir ’n ontploffing. Volgens die Roemeense departement van verdediging was daar geen onwettige lugruimskendings deur Rusland gedurende die aanval nie.– AFP


2025-11-17 12:08:41 — Die Britse regering gaan Maandag ingrypende veranderinge aan sy asielstelsel aankondig, insluitend die drastiese vermindering van die beskerming vir vlugtelinge en 'n visumverbod vir lande wat weier om onwettige immigrante terug te neem.

Shabana Mahmood, Britse minister van binnelandse sake, sal die maatreëls aankondig, wat geskoei is op Denemarke se streng asielstelsel. Vlugtelingstatus sal tydelik word en elke 30 maande hersien word.

Vlugtelinge sal gedwing word om na hul vaderland terug te keer sodra dié as veilig beskou word. Hulle sal ook 20 jaar moet wag, in plaas van die huidige vyf, voordat hulle vir permanente verblyfreg kan aansoek doen.

Die planne is gekritiseer deur liefdadigheidsorganisasies en wetgewers, wat sê dit kan lei tot die ontworteling van vlugtelinge wat hulle in Brittanje gevestig het.– AFP

2025-11-17 12:09:42 — Die Kremlin het Maandag die hoop uitgespreek dat ’n nuwe beraad tussen pres. Wladimir Poetin en pres. Donald Trump kan plaasvind sodra al die nodige voorbereidings getref is.

Die twee leiers het laas in Augustus in Alaska oor die oorlog in Oekraïne vergader. ’n Beraad in Boedapest is egter verlede maand deur Trump gekanselleer omdat die tydsberekening glo nie reg was nie.

Volgens Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder, weet albei lande so ’n gesprek verg deeglike beplanning. Trump het met die kansellasie sy frustrasie uitgespreek dat vergaderings met Poetin nie tot vordering lei nie.

Hy het ook op 22 Oktober vir die eerste keer in sy tweede termyn nuwe Oekraïne-verwante sanksies teen Rusland ingestel. Die Republikeine in Amerika werk glo aan nog sanksies teen lande wat sake met Rusland doen, iets wat Moskou as negatief beskou.– Reuters

TOPSHOT - US President Donald Trump walks to board Marine One as he departs from the South Lawn of the White House in Washington, DC, on November 14, 2025. Trump is headed to his Mar-a-Lago, Florida, residence where he will spend the weekend. (Photo by SAUL LOEB / AFP) (Photo by SAUL LOEB/AFP via Getty Images) (SAUL LOEB/AFP via Getty Images)

Pres. Donald Trump stap na sy amptelike helikopter, Marine One, vanaf die suidelike grasperk van die Withuis in Washington.Foto: Getty Images

2025-11-17 12:36:38 — Lt.kol. Ntate Khumalo is sedert die aanvang 'n lid van die taakspan wat politieke moorde ondersoek. Hy verduidelik die modus operandi van diegene wat opdrag gee dat huurmoorde uitgevoer word en diegene wat dit uitvoer.

“Daar is baie geld betrokke sodat die vinger nie kan wys na die persoon wat opdrag gegee het vir die huurmoord nie. Hulle sal alles doen om nie in hegtenis geneem te word nie.”

Volgens hom is dit deesdae 'n beroep om 'n huurmoordenaar te wees, en dis wat hulle wil afbreek. “Dis nie ’n een dag lange operasie nie. Die operasie kan tot twee maande neem.”

Volgens Khumalo werk die taakspan volgens kriteria wat fokus op wat die motief vir die moord is. Selfs wanneer ondersoeke onthul dat ’n moord nie polities gemotiveer is nie – soos ’n politikus wat taxi’s besit wat vermoor word weens taxigeweld eerder as politieke redes – gaan die taakspan voort met die ondersoek omdat die slagoffer binne hulle mandaat val.

2025-11-17 12:51:51 — Lt.kol. Ntate KhumaloFoto: Skermgreep

Khumalo benadruk daar is ’n groot risiko weens die werk wat hulle doen.

Hy sê in sy sewe jaar as 'n lid van die taakspan is hulle drie keer aangeval.

Volgens hom het ’n polisiebeampte ’n aandeel in die drie voorvalle gehad.

“In die saak van 2019 is 'n R5-aanvalsgeweer gebruik. ’n R5-aanvalsgeweer word gedra of toegeken aan die polisie. By die ander twee was 'n polisiebeampte ook betrokke.

"In een van hierdie voorvalle was die bestuurder van die verdagte voertuig ’n polisiebeampte en 'n lid van die publiek was ’n passasier wat op ons lede geskiet het.

"Met die ondersoek is bevind die vuurwapen waarmee (die aanvallers) op die polisie geskiet het, het aan die polisie behoort. Dit beteken die polisiebeampte het die vuurwapen aan ‘n lid van die publiek gegee om op hulle te skiet.”

2025-11-17 12:59:14 — Die Duitse regering het Maandag aangekondig dat wapenverkope aan Israel, wat vroeër opgeskort is, hervat sal word mits die huidige skietstilstand en grootskaalse humanitêre hulp gehandhaaf word.

Duitsland, die naasgrootste verskaffer van wapens aan Israel ná die VSA, het in Augustus sekere wapenuitvoere na Israel opgeskort weens groeiende druk oor die oorlog in die Gasastrook. Die opskorting het slegs wapens en toerusting geraak wat moontlik in die Gasastrook gebruik kon word. Volgens ’n regeringswoordvoerder is die skietstilstand tussen Israel en Hamas die grondslag vir die besluit en humanitêre hulp moet voortgesit word.

Duitsland sal uitvoer weer van geval tot geval evalueer en verwikkelinge monitor. Die Duitse regering bly verbind tot ’n tweestaat-oplossing en hulp vir die heropbou van die Gasastrook. Israel het intussen Duitsland se besluit verwelkom en ander lande aangemoedig om sy voorbeeld te volg.– Reuters


2025-11-17 13:00:20 —

Grand Sumo Tournament 2025 / November Fukuoka East Maegashira #4 Tamawashi, 189cm and 181 kg, and West Sekiwake Oho, 191cm and 177 kg, compete in Day 9 of the November Grand Sumo Tournament at the Fukuoka Convention Center in Fukuoka City, Kyushu, Japan, on November 16, 2025. ( The Yomiuri Shimbun ) (Photo by Naoya AZUMA / The Yomiuri Shimbun via AFP) (NAOYA AZUMA/The Yomiuri Shimbun via AFP)

Die soemostoeiers Maegasjira Tamawasji en Sekiwake Oho neem deel aan die November Groot Soemo-toernooi by die Foekoeoka-konferensiesentrum in die stad Foekoeoka in Kioesjoe, Japan.Foto: AFP

2025-11-17 13:12:34 — Pres. Wolodimir Zelenski het Maandag gesê sy land se ooreenkoms met Frankryk om 100 Rafale-vegvliegtuie en agt SAMP/T-lugverdedigingstelsels te ontvang, sal sy verdediging teen Rusland se inval aansienlik versterk.

Zelenski het op ’n nuuskonferensie in Parys bygevoeg dat Oekraïne moontlik in die toekoms saam met Frankryk die Rafale-vliegtuie kan vervaardig.

Hy hoop om verder met pres. Emmanuel Macron van Frankryk te gesels oor maniere om diplomasie te versnel om die oorlog te beëindig.

Die Rafale is ’n moderne Franse vegvliegtuig wat beskou word as een van die mees gevorderde vegvliegtuie in die wêreld en kan ’n wye reeks sendings uitvoer, insluitend luggevegte, grondondersteuning en die insameling van intelligensie. Die SAMP/T is ’n gesofistikeerde lugverdedigingstelsel wat ontwikkel is deur die Franse en Italiaanse weermagte.– Reuters

2025-11-17 13:26:33 — Volgens Khumalo was die moreel in die taakspan baie laag toe hulle gehoor het van die opdrag om die taakspan op 31 Desember 2024 te ontbind.

Hy het selfs voorgestel dat die gesondheid-en-welstand-afdeling met die beamptes kom praat.

“Dit was nie ’n lekker gevoel nie.”

Khumalo sê die opdrag was daarna dat hulle nie die sake verder ondersoek nie, maar dophou wat daarmee in die howe gebeur.

Lt.genl. Dumisani Khumalo, misdaadintelligensiehoof, het Khumalo op 25 Maart vanjaar gebel met die versoek om die dossiere op 26 Maart na die polisie se hoofkantoor in Pretoria te neem.

Adv. Adila Hassim SC, wat Khumalo se getuienis aanvoer, vra of dit ’n onredelike versoek was. Khumalo antwoord ja.

“Dit was baie morsig. As ons meer tyd gehad het, sou daar ’n gladde oorhandiging gewees het. Want oorhandiging is ’n baie belangrike en noodsaaklike proses. As dit nie behoorlik gekoördineer word nie, sal ons begin om vingers na mekaar wys, wat nie nodig is nie.”

Khumalo sê hy het 24 uur gekry om die opdrag uit te voer. Hy antwoord ja toe Hassim hom vra of hy dit nagekom het.

“Ek het so gedoen. Ek is ’n baie gedissiplineerde lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. En ek neem instruksies, solank die instruksie wettig is. As dit ’n wettige instruksie is, en ek kry dit van enige senior beampte, sal ek nooit daardie instruksie bevraagteken nie. Daarom was die instruksie wat ek van genl. Khumalo ontvang het ’n wettige instruksie.”

2025-11-17 13:31:11 — Volgens Khumalo was die moreel onder die taakspan baie laag toe hulle gehoor het van die direktief om die taakspan te ontbind op 31 Desember 2024.

Hy het selfs voorgestel dat die gesondheid-en-welstand-afdeling met die beamptes kom praat. "Dit was nie 'n lekker gevoel nie."

Khumalo sê die opdrag was daarna dat hulle nie die sake verder ondersoek nie, maar dop hou wat met dit gebeur in die howe gebeur.

Lt.genl. Dumisani Khumalo, misdaadintelligensiehoof, het vir Khumalo op 25 Maart vanjaar gebel om die dossiere op 26 Maart na die polisie se hoofkantoor in Pretoria neem.

Adv. Adila Hassim SC wat Khumalo se getuienis aanvoer, vra of dit ’n onredelike versoek was. Khumalo antwoord ja.

“Dit was baie morsig. As ons meer tyd gehad het, sou daar ’n gladde oorhandiging gewees het. Want oorhandiging is 'n baie belangrike en noodsaaklike proses. As dit nie behoorlik gekoördineer word nie, sal ons begin om vingers na mekaar wys, wat nie nodig is nie.”

Khumalo sê hy het 24 uur gekry om die opdrag uit te voer.

Hy antwoord ja toe Hassim hom vra of hy dit nagekom het.

“Ek het so gedoen. Ek is ’n baie gedissiplineerde lid van die Suid-Afrikaanse polisiediens. En ek neem instruksies, solank die instruksie wettig is. As dit 'n wettige instruksie is, kry ek dit van enige senior beampte, sal ek nooit daardie instruksie bevraagteken nie. Daarom was die instruksie wat ek van Generaal Khumalo ontvang het 'n wettige instruksie.”

2025-11-17 13:44:02 — Hy het 118 dossiere in Maart oorhandig wat verband hou met KwaZulu-Natal en die ander drie hou verband met ondersoeke in die Oos-Kaap.

Hy sê hulle kan rekenskap gee van alle verklarings van die dossiere en dat ’n verklaring nie doelbewus verwyder is nie.

Dié uitlating hou verband met Motsepe se getuienis vroeër dat van die verklarings verwyder is toe hulle ’n oudit van die dossiere gedoen het.

In Augustus het Khumalo se span weer die dossiere ontvang.

Volgens hom was daar nie enige ondersoeke gedoen, behalwe vir een dossier, toe die dossiere by die hoofkantoor was nie.

“Toe ons die dossiere in Augustus ontvang het, was slegs 92 daarvan geoudit. Die ander dossiere was nie geoudit nie en daar was geen inspeksienotas daarop nie.”


2025-11-17 14:01:12 — Bangladesj het Maandag geëis dat Indië die afgesette voormalige premier, sjeik Hasina Wazed (78), uitlewer, ure nadat sy en Asadoezzaman Chan Kamal, die voormalige minister van binnelandse sake, in absentia ter dood veroordeel is vir misdade teen die mensdom.

Hasina se outokratiese bewind is deur Indië gesteun, en sy het ná haar omverwerping in Augustus 2024 na Indië gevlug.

Bangladesj het Indië gewaarsku dat “om asiel aan hierdie veroordeeldes te verleen ... uiters onvriendelik en ’n belediging vir geregtigheid” sou wees.– AFP

People run past a sound grenade fired by police to disperse demonstrators in Dhaka People run past a sound grenade fired by police to disperse demonstrators, ahead of the verdict on cases against the ousted Prime Minister Sheikh Hasina, in Dhaka, Bangladesh, November 17, 2025. REUTERS/Abdul Goni TPX IMAGES OF THE DAY (ABDUL GONI/REUTERS)

Mense in Dhaka, Bangladesj, hardloop Maandag verby ’n skokgranaat wat deur die polisie afgevuur is om betogers uiteen te dryf kort voordat sjeik Hasina Wazed (78), voormalige premier, skuldig bevind is aan misdade teen die mensdom en in absentia die doodstraf opgelê is.Foto: Reuters

2025-11-17 14:26:35 — Nigerië se sokkerafrigter het die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) daarvan beskuldig dat hulle “voedoe” beoefen nadat sy span se hoop om vir die 2026-Wêreldbeker-sokkertoernooi te kwalifiseer, beëindig is in ’n strafdoelstryd.

Die DRK en Nigerië was Sondag 1-1 gelykop ná ekstra tyd in ’n kwalifiserende wedstryd en die DRK het uiteindelik ná ’n strafdoelstryd met 4-3 gewen.

In sy opmerkings ná die wedstryd het Eric Chelle, Nigerië se afrigter, gesê ’n lid van die DRK-span het “voedoe gedoen, elke keer, elke keer, elke keer”.– AFP

2025-11-17 14:45:35 —

A Sumatran elephant is sprayed with water by a keeper at Bandung Zoo, which has been ordered to close by the city for three months due to internal management problems, putting its 710 animals at risk, in Bandung, West Java, on November 17, 2025. (Photo by Timur Matahari / AFP) (TIMUR MATAHARI/AFP)

’n Soematraanse olifant word Maandag deur ’n versorger met water natgespuit by die Bandoeng-dieretuin in Wes-Java, wat deur die stad beveel is om vir drie maande te sluit as gevolg van interne bestuursprobleme.Foto: AFP

2025-11-17 14:59:39 — Drie mense is dood aan die dodelike Marburg-virus in Ethiopië, het die land se ministerie van gesondheid Maandag gesê, minder as ’n week nadat ’n uitbreking verklaar is.

Die Marburg-virus, soos ebola, veroorsaak ernstige bloeding, koors, braking en diarree, en word oorgedra deur kontak met liggaamsvloeistowwe. Dit het 'n sterftesyfer van tussen 25% en 80%.

Die uitbreking – die eerste ooit in Ethiopië – is in die stad Jinka bevestig, sowat 430 km suidwes van die hoofstad, Addis Abeba.

Die ministerie het op Facebook gesê dat "17 vermoedelike gevalle getoets is, en 3 sterftes is bevestig as veroorsaak deur die virus."– AFP

2025-11-17 15:28:16 — Pres. Donald Trump het vir die tweede keer ’n lid van ’n regse groep wat betrokke was by die bestorming van die Amerikaanse kongresgebou op 6 Januarie 2021, begenadig.

Dan Wilson, 'n lid van die regse groep Oath Keepers, is reeds met Trump se inhuldiging op 20 Januarie vanjaar saam met meer as 1 500 ander betogers begenadig.

Maar Wilson se aparte skuldigbevinding aan die onwettige besit van vuurwapens in sy huis in Kentucky, is nie deur dié presidensiële begenadiging gedek nie.

Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis en sou in 2028 vrygelaat word.– AFP


2025-11-17 15:44:02 —

An armed Taliban security personnel stands guard beside former drug addicts waiting for their release after their recovery at a rehabilitation centre in the Daman district of Kandahar on November 17, 2025. (Photo by Sanaullah SEIAM / AFP) (SANAULLAH SEIAM/AFP)

’n Gewapende lid van die Taliban se veiligheidspersoneel staan Maandag wag by voormalige dwelmverslaafdes wat wag op hul vrylating ná hul rehabilitasie by ’n sentrum in Kandahar, Afganistan.Foto: AFP

2025-11-17 15:57:33 — Khumalo praat oor bewerings dat daar nie baie beweging was met van die ondersoeke nie.

Hy sê in van die gevalle moet jy ’n bietjie dieper krap.

Volgens hom het die taakspan 98 beamptes gehad voordat dit op 31 Desember ontbind is. Toe die dossiere  aan die taakspan terugbesorg is, was hulle 58 beamptes.

“Dit het ’n impak op die taakspan. Ons werk nie op volle kapasiteit nie.”

Khumalo sê hulle het ook ses nuwe sake bygekry.

“As ons weer op volle kapasiteit is, sal ons optimaal funksioneer.”

Volgens Khumalo het die direktief dat die taakspan ontbind moet word, almal geskok.

Hy maak melding van die voormalige nasionale polisiekommissaris genl. Khehla Sitole wat in 2021 verwys het na die goeie werk van die taakspan en na die span verwys het as die pionier van moderne polisiëring omdat vorige taakspanne nie daarin geslaag het om sulke misdade op te los nie.

Khumalo sê Sibiya het ook die taakspan al in die verlede geloof. Hy sê selfs Motsepe het die lof besing van die taakspan.

Madlanga vra wat Khumalo se kommentaar is oor Motsepe wat vroeër getuig het daar is niks om oor huis toe te skryf oor die taakspan nie.

Khumalo is verras daaroor, gegewe wat sy voorheen gesê het.

Khumalo sê die taakspan is steeds operasioneel. “Hulle moet voortgaan met hul werk en niks vrees nie.”

2025-11-17 15:58:57 — Die kommissie verdaag tot Dinsdag om 09:30.

2025-11-17 16:05:39 — Die Indiese polisie het Maandag gesê ’n busongeluk oornag in Saoedi-Arabië het die lewe van 45 Moslem-pelgrims geëis.

"Die tragiese busongeluk waarby Indiese pelgrims in Saoedi-Arabië betrokke is, is diep ontstellend," het V.C. Sajjanar, polisiekommissaris van die stad Hyderabad, waar baie van die Indiese burgers vermoedelik vandaan kom, aan verslaggewers gesê.

"Volgens voorlopige inligting was daar 46 mense op die bus ten tyde van die voorval en ongelukkig het net een persoon oorleef."– AFP

2025-11-17 16:26:34 — Die BBC sal ’n lastereis beveg wat pres. Donald Trump dreig om teen die uitsaaier in te stel, het Samir Shah, voorsitter, Maandag aan personeel gesê.

Dit kom nadat Trump gesê het hy wil tot $5 miljard in skadevergoeding van die Britse uitsaaier eis nadat ’n BBC-program ’n Trump-toespraak misleidend geredigeer het.

"Ek wil baie duidelik met julle wees – ons standpunt het nie verander nie," het Shah in 'n boodskap aan personeel gesê.

"Daar is geen grondslag vir ’n lastereis nie en ons is vasbeslote om dit teen te staan."– AFP


2025-11-17 16:43:11 —

Tzur Misgavi, an unauthorised Israeli settler outpost, is dismantled by Israeli security forces, in the Israeli-occupied West Bank Israeli border police and a protester argue as Tzur Misgavi, an unauthorised Israeli settler outpost, is dismantled by Israeli security forces, in the Israeli-occupied West Bank, November 17, 2025. REUTERS/Naama Stern TPX IMAGES OF THE DAY (Naama Stern/REUTERS)

’n Lid van die Israeliese grenspolisie en ’n betoger wissel Maandag woorde terwyl Tzur Misgavi, ’n ongemagtigde Israeliese setlaarbuitepos in die besette Wesoewer, deur Israelse veiligheidsmagte afgebreek word.Foto: Reuters

2025-11-17 17:05:41 — Die Israeliese veiligheidsmagte het Maandag ’n ongemagtigde nedersetting bekend as Tzur Misgavi in die besette Wesoewer ontruim en gesloop ná verskeie ernstige voorvalle van geweld.

’n Groot polisiemag is ontplooi om 25 families uit die Gush Etzion-omgewing suid van Bethlehem te verwyder.

Die Israeliese regering sê die operasie was wetlik geregverdig ná toenemende aanvalle deur setlaars op Palestyne en selfs Israeliese soldate. Skietvoorvalle en ander onrus het ná die uitbreek van die oorlog in die Gasastrook in Oktober 2023 in die Wesoewer toegeneem.

Die Verenigde Nasies beskryf Oktober 2025 as die gewelddadigste maand vir setlaar-verwante geweld sedert 2006.

Eyal Zamir, Israel se militêre hoof, het onlangs beloof om hierdie geweld te stop, terwyl Bezalel Smotrich, Israel se verregse minister van finansies en 'n voorstander van die uitbreiding van nedersettings, beveel het dat  Tzur Misgavi gesloop word omdat die grond reeds vir 'n konstruksieprojek geoormerk is.

Volgens Palestynse bronne is meer as 1 000 Palestyne sedert Oktober in die Wesoewer dood.– AFP

2025-11-17 17:06:54 —

GLASGOW, SCOTLAND - NOVEMBER 17: A traffic cone that usually appears atop the Duke of Wellington statue outside the Gallery of Modern Art has been replaced with a new artwork featuring a pigeon on November 17, 2025 in Glasgow, Scotland. The pigeon is depicted reading a newspaper and wearing a miniature traffic cone, referring to the long-running Glasgow tradition of placing an actual traffic cone on the Duke of Wellington's head. Street artist 'Rebel Bear' appears to have taken credit on social media for the latest addition to the famous monument by, which was erected in 1844. (Photo by Jeff J Mitchell/Getty Images) (Jeff J Mitchell/Getty Images)

Die verkeerskegel wat sedert die 1980's gereeld deur lawwe verbygangers op die standbeeld van die Hertog van Wellington in Glasgow, Skotland, geplaas word, het nou 'n nuwe gedaante aangeneem. Die straatkunstenaar 'Rebel Bear' neem op sosiale media krediet vir die jongste toevoeging op die standbeeld - 'n duif wat koerant lees met 'n miniuatuur kegel op sy kop.Foto: Getty Images

2025-11-17 17:15:18 — Meer as 22 miljoen mense, baie van hulle kinders, kan teen 2030 sterf as gevolg van hulpvermindering deur die VSA en Europese lande, sê navorsers.

Die nuwe bevindinge is 'n opdatering van navorsing vroeër vanjaar wat bevind het dat pres. Donald Trump van die VSA se omvattende vermindering van hulp, waaronder die  ontmanteling van die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID), tot 14 miljoen bykomende sterftes kan lei.

Die nuwe navorsing neem die vermindering in alle amptelike ontwikkelingshulp in ag, aangesien Brittanje, Frankryk en Duitsland ook hul hulp aan die ontwikkelende wêreld sny. "Dit is die eerste keer in die afgelope 30 jaar dat Frankryk, Duitsland, Brittanje en die VSA hul hulp gelyktydig verminder," sê Gonzalo Fanjul, navorser en beleids- en ontwikkelingsdirekteur by die Instituut vir Globale Gesondheid (ISGlobal) in Barcelona, Spanje.

– AFP

2025-11-17 18:00:02 — Die popikoon Paul McCartney gaan volgende maand ’n stil snit uitreik as deel van ’n “stil album” uit protes teen beplande wysigings aan Britse kopieregwetgewing.

Ander bekende kunstenaars soos Hans Zimmer en Kate Bush neem ook deel aan die projek om te waarsku teen die gevare wat kunsmatige intelligensie (KI) vir musici inhou. Die album, getiteld “Is This What We Want”, bevat’n twee minute en 45 sekondes lange opname deur McCartney van stilte in ’n leë ateljee.

Meer as 1 000 kunstenaars neem deel aan die projek wat beklemtoon dat die nuwe wetswysigings dit vir KI-ondernemings moontlik maak om op geskeppende werk te “oefen” sonder toestemming of vergoeding van die oorspronklike kunstenaars.– AFP

SNL50: THE ANNIVERSARY SPECIAL -- Pictured: Paul McCartney performs "Medley" on February 16, 2025 -- (Photo by: Todd Owyoung/NBC via Getty Images) (NBC/Todd Owyoung/NBC via Getty Image)

Paul McCartney gaan ’n stil snit uitreik uit protes teen beplande wysigings aan Britse kopieregwetgewing.

Foto: Getty Images


2025-11-17 18:11:19 — België gaan eersdaags hommeltuie aankoop om hom teen onwettige hommeltuie in sy lugruim te beskerm. Dié besluit volg op ’n reeks voorvalle waar die lugruim oor Belgiese lughawens, militêre basisse en selfs ’n kernkragstasie deur vreemde hommeltuie ontwrig is, sê Theo Francken, Belgiese minister van verdediging.

Hoewel Belgiese amptenare meen die voorvalle het die kenmerke van Russiese inmenging, erken hulle daar is geen regstreekse bewys daarvoor nie. Rusland ontken enige betrokkenheid.

Die aankoop van die hommeltuie wat vyandelike hommeltuie kan opspoor en uitskakel, spruit uit ’n ooreenkoms wat Francken in Riga, die hoofstad van Letland, onderteken het.

Die aankoop vorm deel van ’n pakket van 50 miljoen euro, met planne om uiteindelik 500 miljoen euro in gevorderde radar- en blokkeerstelsels te belê om België se sekuriteit te versterk.– Reuters

2025-11-17 18:17:59 —

People spend the evening during sunset on a beach in Mumbai, India, on November 17, 2025. (Photo by Indranil Aditya/NurPhoto via Getty Images) (NurPhoto/NurPhoto via Getty Images)

Mense bewonder 'n sonsondergang op 'n strand in Mumbai, Indië.Foto: Getty Images

2025-11-17 19:01:46 — Eswatini het Maandag die eerste keer bevestig dat hy meer as $5 miljoen van Amerika ontvang het om tientalle gedeporteerdes uit dié land te aanvaar.

Eswatini het reeds 15 mans aanvaar sedert pres. Donald Trump se administrasie grotendeels geheime ooreenkomste met minstens vyf Afrikalande daaroor aangegaan het.

Toe hy in die parlement oor die reëling uitgevra is, het Neal Rijkenberg, minister van finansies, bevestig die regering het $5,1 miljoen ontvang.

Hy het bygevoeg dat die ministerie gedurende die proses in die donker gehou is. Dit was nie onmiddellik duidelik wie van Eswatini die ooreenkoms met Amerika onderteken het nie.– AFP

2025-11-17 19:27:48 — Jordanië se parlement het Maandag ’n wet aanvaar wat diensplig vir mans vanaf vroeg volgende jaar herinstel, meer as 30 jaar nadat verpligte militêre diens beëindig is.

Die herinstelling van diensplig is in Augustus aangekondig om "jong mans voor te berei om gereed te wees om die land te dien en te verdedig".

Die wet sal nou deur die senaat bekragtig word en dan vir die koning se goedkeuring gestuur word.

Jordanië het diensplig in 1991 beëindig, drie jaar voordat hy in 1994 ’n vredesverdrag met Israel onderteken het.– AFP

2025-11-17 19:43:40 —

Grammy-winning musician Lil Nas X appears in court Grammy-winning musician Lil Nas X, whose legal name is Montero Hill, walks outside a court with his attorneys Christy O'Connor and Drew Findling, as he leaves following his preliminary hearing on four felony charges for allegedly assaulting and resisting police officers responding to an incident in August when police approached him while he was reportedly walking nearly naked on the streets of Los Angeles, in Van Nuys, California, U.S., November 17, 2025. REUTERS/Alison Dinner TPX IMAGES OF THE DAY (Alison Dinner/REUTERS)

Die Grammy-bekroonde musikant Lil Nas X, wie se regte naam Montero Hill is, Maandag saam met sy prokureurs Christy O'Connor en Drew Findling buite ’n hof in Los Angeles nadat hy vlugtig verskyn het op vier aanklagte, onder meer beweerde aanranding en verset teen polisiebeamptes. Die aanklagte spruit uit ’n voorval in Augustus toe Hill glo byna kaal in die strate van Los Angeles geloop het.Foto: Reuters


2025-11-17 20:00:32 — Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het die geweld van ’n "handjievol ekstremiste" onder Israeliese setlaars in die besette Wesoewer ná botsings en aanvalle Maandag veroordeel.

"Ek beskou die gewelddadige oproer en die poging van ’n handjievol ekstremiste om eie reg te gebruik in 'n baie ernstige lig," het Netanyahu gesê. Hy het die oortreders beskryf as " ’n groep wat nie Israeliese setlaars in die Palestynse gebied verteenwoordig nie".

Huise en voertuie is Maandagaand in ’n Palestynse dorp in die Wesoewer aan die brand gesteek en gevandaliseer nadat betogers vroeër met veiligheidsmagte slaags geraak het wat besig was om ’n ongemagtigde setlaarsbuitepos in dieselfde gebied af te breek.– AFP

Israeli security forces clash with Hilltop Youth on an earth mover as they evacuate and demolish an illegal outpost built near the Jewish settlement of Metzad east of the Palestinian city of Sa�ir in the occupied West Bank, on November 17, 2025. Israeli security forces evacuated and demolished an illegal settler outpost in the occupied West Bank on November 17, with the authorities citing "severe incidents of violence". Israel has occupied the West Bank since 1967, and more than 500,000 Israelis now live there in settlements. (Photo by Menahem KAHANA / AFP) (MENAHEM KAHANA/AFP)

Israeliese veiligheidsmagte bots Maandag met jeugdiges op grondverskuiwingstoerusting terwyl hulle ’n ongemagtigde setlaarsbuitepos in die besette Wesoewer ontruim en sloop.Foto: AFP

2025-11-17 20:23:58 — Bridget Jones het haar aangesluit by die geledere van Mary Poppins, Harry Potter en ander geliefde filmkarakters met haar eie standbeeld op Londen se Leicester Square.

Oscar-wenner Renee Zellweger, wat die titelkarakter in al vierBridget Jones-films vertolk het, het Maandag die onthulling van die standbeeld bygewoon, wat 25 jaar vier sedert die vrystelling van die eerste film,Bridget Jones's Diary.

Bridget Jones's Diaryis in 2001 uitgereik, enBridget Jones: The Edge of ReasonenBridget Jones's Babyhet in onderskeidelik 2004 en 2016 gevolg.Bridget Jones: Mad About the Boyis in Februarie vanjaar vrygestel. – Reuters

2025-11-17 20:25:54 — Met haar eie standbeeld op Londen se Leicester Square het Bridget Jones haar aangesluit by die geledere van Mary Poppins, Harry Potter en ander geliefde rolprentkarakters.

Die Oscar-wenner Renée Zellweger, wat die titelkarakter in al vierBridget Jones-flieks vertolk het, het Maandag die onthulling van die standbeeld bygewoon, wat 25 jaar vier sedert die eerste fliek,Bridget Jones's Diary,in 2001 in fliekteaters vertoon is.

Bridget Jones: The Edge of ReasonenBridget Jones's Babyhet in onderskeidelik 2004 en 2016 gevolg, enBridget Jones: Mad About the Boyis in Februarie vanjaar uitgereik.– Reuters

FILE PHOTO: World premiere of the film "Bridget Jones: Mad About the Boy" at Leicester Square in London FILE PHOTO: Cast member Renee Zellweger attends the world premiere of the film "Bridget Jones: Mad About the Boy" at Leicester Square in London, Britain, January 29, 2025. REUTERS/Isabel Infantes/File Photo (Isabel Infantes/REUTERS)

Die aktrise Renée Zellweger woon in Januarie vanjaar die wêreldpremière van die rolprentBridget Jones: Mad About the Boyop Leicester Square in Londen by.Foto: Reuters

2025-11-18 03:36:21 — Japan het sy burgers in China gewaarsku om veiligheidsmaatreëls te verskerp en oorvol plekke te vermy te te midde van ’n verergerende dispuut tussen China en Japan oor Taiwan.

Minoroe Kihara, ’n regeringsamptenaar, sê die jongste kennisgewing is ’n hernude beroep om veiligheidsmaatreëls toe te pas, aangesien die stemming teenoor Japan wat in die Chinese media weerspieël word, versleg het.

Sanae Takaitsji, premier van Japan, het die ernstigste diplomatieke krisis tussen die twee Oos-Asiatiese lande in jare ontketen toe sy vandeesmaand aan Japanse wetgewers gesê het dat ’n Chinese aanval op Taiwan wat Japan se oorlewing bedreig, ’n militêre reaksie tot gevolg kan hê.– Reuters

Japan PM leaves for S. Korea Japanese Prime Minister Sanae Takaichi meets the press at her office in Tokyo on Oct. 30, 2025, before leaving for South Korea to attend the Asia-Pacific Economic Cooperation forum meeting in Gyeongju. (Photo by Kyodo News via Getty Images) (Kyodo News/Kyodo News via Getty Images)

Sanae Takaichi, premier van Japan.Foto: Getty Images/Kyodo News

2025-11-18 03:46:16 — Die Amerikaanse huis van verteenwoordigers sal Dinsdag stem oor die openbaarmaking van lêers oor die ondersoek na die veroordeelde seksoortreder wyle Jeffrey Epstein.

Dit is hoogs waarskynlik dat die huis van verteenwoordigers ten gunste van die openbaarmaking daarvan sal stem nadat pres. Donald Trump dit Sondag van sy mede-Republikeine versoek het.

“Dit moet beskikbaar gestel word, want ons het niks om weg te steek nie,” het Trump gesê.

Die Republikeine het ’n meerderheid in die huis van verteenwoordigers.– Reuters


2025-11-18 04:04:49 — Pous Leo het Maandag regerings wêreldwyd gekritiseer omdat hulle tot dusver nie daarin geslaag het om aardverwarming te vertraag nie.

Die pous se boodskap weerspieël toenemende kommer weens ’n gebrek aan internasionale samewerking om koolstof-emissies te verlaag sedert die Parys-ooreenkoms, reeds ’n dekade gelede.

Lande is tans in die tweede week van onderhandelinge op die COP30-klimaatberaad van die Verenigde Nasies in Brasilië.

“Die skepping roep uit deur middel van vloede, droogtes, storms en genadelose hitte,” het die pous gesê in ’n video wat by ’n geleentheid op die beraad gespeel het.– Reuters

2025-11-18 04:29:12 — Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad het Maandag ten gunste ’n resolusie gestem wat pres. Donald Trump se vredesplan vir die Gasastrook versterk.

Die plan sluit in die ontplooiing van ’n internasionale stabiliseringsmag (ISF) en die vorming van ’n vredesraad (BoP) en noem vir die eerste keer die moontlikheid van ’n toekomstige Palestynse staat – iets wat Israel steeds teenstaan.

Hamas, wat deur die resolusie van enige rol in die regering van die Gasastrook uitgesluit word, het gesê die resolusie voldoen nie aan die Palestyne se “politieke en humanitêre eise en regte” nie.– AFP

2025-11-18 04:43:48 — ’n Hof in Venezuela het ’n dokter tot 30 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy die regering van pres. Nicolás Maduro in ’n stemboodskap op WhatsApp gekritiseer het, het menseregtegroepe Maandag aan AFP gesê.

Marggie Orozco (65) is die maksimum vonnis opgelê vir “verraad, aanhitsing tot haat en sameswering” nadat gemeenskapsleiers, wat die boodskap as dislojaal beskou, haar aangemeld het.

Nóg die inhoud van die boodskap nóg die beoogde ontvanger daarvan is bekend gemaak nie.– AFP

2025-11-20 10:17:56 — Dr. Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, is van die eerste wêreldleiers wat vir die G20-leiersberaad die naweek in Suid-Afrika aangekom het. Von der Leyen is deur Gwede Mantashe, minister van minerale en petroleumbronne, op die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park verwelkom. Von der Leyen en António Costa, president van die Europese Raad, hou Vrydag ’n G20-mediakonferensie oor die Europese Unie se verwagtinge.

Foto: GCIS

2025-11-20 11:23:43 — Hierdie eeu moet die eeu van die vrou wees en vroue moet hul regmatige plek in die samelewing inneem, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Hy het veral verwys na die skadelike invloed wat geweld teen vroue en die moord op vroue op gemeenskappe het toe hy die maatskaplike beraad van die G20 in Boksburg afgesluit het.

Volgens Ramaphosa gaan geslagsgeweld en die moord op vroue tot ’n krisis verklaar word. Alles moontlik sal gedoen word om ’n einde aan hierdie krisis te maak.Foto: GCIS


2025-11-20 11:33:10 — Geen nasie mag ’n ander een boelie nie, want almal is gelyk, sê Ramaphosa. ’n Land se geografiese posisie, sy inkomste en die grootte van sy weermag mag nie bepaal “wie ’n stem het” en wie met minagting behandel word nie. Ramaphosa het nie na enige spesifieke land verwys nie, maar sy aanmerkings kom teen die agtergrond van verskeie onverkwiklike uitlatings oor Suid-Afrika wat die laaste ruk in Amerika gemaak is. Die G20 sal nie sy doel kan bereik om finansiële stabiliteit en ekonomiese samewerking wêreldwyd te verbeter as daar “ongeskrewe reëls is wat bepaal wie feesvier en wie met krummels tevrede moet wees nie”.

2025-11-20 11:41:58 — Ons hou nie ’n G20-beraad nie, ons hou ’n G-miljoen. So het pres. Cyril Ramaphosa ’n stekie ingekry na pres. Donald Trump van Amerika se administrasie, wat die afgelope week kapsie gemaak het oor die G20-beraad wat onder Suid-Afrika se presidentskap, volgens hom, die G100 geword het.

Trump boikot die G20-beraad en geeneen van sy amptenare sal die beraad bywoon nie. Volgens Ramaphosa sê sommige Suid-Afrika hou ’n G100-beraad en ’n G1 000-beraad. “Dis waar, ons hou ’n G-miljoen, want vir ons gaan dit oor inklusiwiteit en om mense byeen te bring. Dié G20-beraad sal die beste beraad wees.”

Ramaphosa sê die maatskaplike beraad word in die gees van ubuntu aangebied. “Dit praat oor die Afrika-spreekwoord, wat sê as jy vinnig wil beweeg, dan moet jy alleen beweeg, maar is as jy ver wil gaan, moet jy saambeweeg. Dís wat ons hier doen.”Foto: GCIS

2025-11-20 12:21:11 — Verskeie optogte word van Vrydag verwag in die omgewing van die G20-leiersberaad in Nasrec, sê Xolani Fihla, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie.

Daar is vyf bevestigde optogte. Die grootste daarvan, ’n optog deur die MK-party met ’n verwagte 400 betogers, sal Vrydag tussen 08:00 en 16:00 vanaf die Pan Africa-inkopiesentrum tot die Metrosentrum plaasvind.

Die Civil Servants Pension Redress Movement sal ’n memorandum aan die kantoor van die presidensie oorhandig en tussen 08:00 en 13:00 aan ’n optog deelneem by die Nasrec-sprekershoekie. Operasie Dudula, Gurudwara Sahib en die United Front sal elk ook afsonderlik optogte hou.

Verskeie sleutelroetes en voorstedelike paaie sal oor die naweek gesluit of gedeeltelik gesluit wees vir die G20-leiersberaad.

2025-11-20 12:52:39 — Ons sal ’n G20-verklaring hê sonder Amerika en ons sal nie geboelie word nie. So het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag aan die media gesê nadat hy die hoofspreker was by die G20 se maatskaplike beraad.

“Die gesprekke vorder baie goed. Ek is vol vertroue dat ons nader aan ’n verklaring beweeg. Ons sal aanbeweeg sonder Amerika. Die hele G20-proses beweeg vorentoe. Ons sal nie geboelie word nie.”Suid-Afrika sal nie deur enigiemand wat afwesig is, voorgeskryf word dat die land nie ’n G20-verklaring kan aanvaar of enige besluite op die G20-leiersberaad kan neem nie, sê Ronald Lamola, minister van internasionale betrekkinge en samewerking.

“So iets kan die G20 en enige multilaterale platform polariseer. As ons nie ’n verklaring aanvaar nie, sal dit nie wees omdat iemand (Amerika) wat afwesig is dit vir ons gesê het nie. Dit sal wees omdat die lande wat teenwoordig is nie saamgestem het oor die leiersverklaring nie,” het Lamola Donderdag by die afsluiting van die G20 se maatskaplike beraad gesê.

Lamola se dwarsklap aan die Amerikaanse regering hou verband met die Trump-administrasie se dreigemente vandeesweek dat ’n konsensusverklaring nie sonder hom aanvaar kan word nie. Volgens Lamola is internasionale betrekkinge  te belangrik om slegs aan regerings oorgelaat te word. “Dit is reeds lank die mantra van die burgerlike samelewing. Afrika moet gradueer van diegene wat reëls ontvang na diegene wat reëls maak oor aangeleenthede wat sy vasteland en sy volke raak.

"Daar is geen twyfel nie dat Suid-Afrika se verklaring by die G20- maatskaplike beraad waarde sal toevoeg tot die G20-leiersverklaring wat in die komende dae aanvaar sal word.”– Raymond Willemse

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: GCIS

2025-11-20 13:03:00 — Pres. Cyril Ramaphosa begin met sy hoofrede op die afsluitingseremonie van die B20-beraad in sy hoedanigheid as G20-president.


2025-11-20 13:05:22 — Ramaphosa sê hy het dit deesdae ’n gewoonte gemaak om soos hy by vergaderings instap die gehoor te lees en hul gemoed te toets.

Soos hy hier ingestap het, het hy onmiddellik die indruk gekry dat daar onder die sakemense ’n wonderlike reuk van geld is.

Hy sê hy was ’n rukkie gelede om die maatskaplike beraad van die G20, waar hy ’n luide ontvangs gekry het van afgevaardigdes daar. Toe hy egter by die B20-beraad instap, was daar absolute stilte.

Hy sê in plaas van om dit as negatief te sien, het hy vir homself gesê dat hy op die regte plek is. Dit is waar die groot geld is.Foto: AFP

South Africa's President Cyril Ramaphosa speaks during the G20 Social Summit in Boksburg on November 20, 2025. (Photo by EMMANUEL CROSET / AFP) (EMMANUEL CROSET/AFP)

2025-11-20 13:11:35 — Ramaphosa sê die G20-beraad is ’n oomblik van groot betekenis en geleentheid vir Suid-Afrika en die vasteland – ’n kans vir Afrika om sy regmatige plek in wêreldsake in te neem.

Hy sê toe Suid-Afrika die G20-presidentskap aanvaar het, het die land dit duidelik gemaak dat hy Afrika die fokus daarvan sal maak. Hy sê die G20 vind vir die eerste keer in Suid-Afrika plaas en dat die land geëerd is om dit te kan aanbied. Mense van oor die wêreld heen kom vir die beraad na Suid-Afrika om te reflekteer oor wat in die wêreld aangaan en om planne vir die toekoms te maak.

Hy sê Afrika het die potensiaal om die volgende sentrum te wees van wêreldproduksie, handel en innovasie. Hy vra die wêreldgemeenskap om Afrika se opkoms te omarm.

Volgens hom moet Afrika se groei en ontwikkeling daarom deur die internasionale gemeenskap geprioritiseer word deur onder meer beleggings, veral in die jeug.

2025-11-20 13:17:31 — Volgens Ramaphosa het die internasionale sakegemeenskap hulself ’n betroubare vennoot gemaak wat ywerig is om met regerings, multilaterale liggame en maatskaplike vennote saam te werk in die strewe na ’n algemene doel.

Die B20 het dit duidelik gemaak dat groei inklusief moet wees. Diegene wat gemarginaliseer is – vroue, jeugdiges, gestremdes en werkloses – moet volgens hom aktief voordeel trek uit die internasionale ekonomie. Of dit nou op nasionale of internasionale vlak is. Dit is ’n kwessie van maatskaplike en ekonomiese geregtigheid.

Ramaphosa sê dit is ook ’n geleentheid om die vermoëns, talente en pogings van miljarde mense aan te wakker om die produktiewe potensiaal van die mensdom te ontsluit.

2025-11-20 13:28:05 — Ramaphosa sê die wereld moet billike, deursigtige en multilaterale handelsreëlings nastreef wat nie lande straf vir ’n klimaatkrisis wat hulle nie veroorsaak het nie.

“Uit die ervaring van onlangse jare is dit duidelik dat groei veerkragtig moet wees.

“Ons het die enorme ontwrigting in produksie en handel gesien wat veroorsaak kan word deur wêreldwye pandemies, oorlog en konflik, asook geopolitieke onstuimigheid.

“In sulke tye waardeer ons die waarde van multilaterale instellings en ’n reëlgegronde wêreldorde.”

2025-11-20 13:30:22 — Ramaphosa sê soos daar gewerk word om die veerkragtigheid van lande se ekonomieë en die veerkragtigheid van die wêreldekonomie te versterk, moet groter pogings aangewend word om ongelykheid te verminder. Volgens hom is ’n meer gelyke wêreld, waarin politieke en ekonomiese mag meer billik versprei is, waarin alle mense ’n gelyke stem en ’n gelyke belang het, meer stabiel en meer veerkragtig.

Ramaphosa sê die G20 se Globale Ongelykheidsverslag, wat deur die Nobelpryswenner prof. Joseph Stiglitz en sy komitee van onafhanklike kundiges saamgestel is, bied waardevolle leiding oor die stappe wat gedoen kan word ten opsigte van so ’n wêreld.

“Die aanbevelings in die komiteeverslag versterk baie van die prioriteite en aksies wat by hierdie B20-beraad en inderdaad dwarsdeur die jaar by B2-gesprekke voorgestel is.”

Ramaphosa sê Suid-Afrika het sy G20-presidentskap aangepak met die vasberadenheid om die beginsels van gelykheid, solidariteit en volhoubaarheid te bevorder.

“In die afgelope jaar het die meeste van die lande van die G20 saamgespan om hierdie beginsels te ondersteun, met die begrip dat hulle fundamenteel is vir ons gedeelde toekoms.”


2025-11-20 13:34:39 — Ramaphosa het weer na pres. Donald Trump van Amerika gekap en sê SA is “elders in die wêreld” beskryf as as ’n land wat die G100 saamgeroep het. Sy antwoord daarop is, dat SA nie die G100 byeengebring het nie, maar eerder die G-miljoen – want as daar ’n wêreld gaan wees wat vooruitstrewend is, wat omgee, wat meer gelyk is en wat onderspan word deur solidariteit, glo Suid-Afrika dit is belangrik om alle mense te betrek wat geraak gaan word deur die besluite wat die G20-leiers hierdie naweek sal neem. Hy bedank alle deelnemers van die B20-beraad en sê SA is geëerd deur hul bywoning. Hiermee sluit hy af.Foto: AFP

South Africa's President Cyril Ramaphosa speaks during the G20 Social Summit in Boksburg on November 20, 2025. (Photo by EMMANUEL CROSET / AFP) (EMMANUEL CROSET/AFP)

2025-11-21 04:40:19 — Keir Starmer, premier van Brittanje, is op pad na Suid-Afrika vir die G20-beraad.

Starmer sal ’n depot besoek om treine te sien wat in Derby gebou is en sal ’n nuwe ooreenkoms aankondig waar Brittanje “strategiese advies- en konsultasiedienste” aan Suid-Afrikaanse spoorweë verskaf.

Downing Street voer aan Afrika het uitsonderlike toekomstige geleenthede vir Britse sakeondernemings.

Gevra oor pres. Donald Trump se besluit om die beraad te boikot, het Starmer gesê hy (Starmer) moet die geleentheid aangryp om van aangesig tot aangesig verdere ooreenkomste aan te gaan.– BBC

2025-11-21 06:05:34 — Netwerk24 verneem dat gedeeltes van paaie wat as gesluit aangedui is, in chaos gedompel is vanoggend.

Padgebruikers word gemaan om op hul hoede te wees vir beplande sluitings vir die G20.

LEES OOK |Verskeie paaie in Gauteng die naweek gesluit vir G20

2025-11-21 06:43:54 —

Keir Starmer, premier van Brittanje, kom Vrydagoggend op die O.R. Tambo-lughawe aan om die G20-leiersberaad wat die naweek in Nasrec, Johannesburg, gehou word, by te woon. Hy is op die lughawe deur Alvin Botes, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, en ’n erewag van die weermag ontvang.Foto: GCIS

2025-11-21 07:25:12 — Die parlement hoop Suid-Afrika se oorhandiging van die G20-presidentskap aan Amerika by die leiersberaad die naweek sal “glad” verloop.

Supra Mahumapelo, voorsitter van die portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking, het Vrydagoggend so gesê toe hy namens die komitee pres. Cyril Ramaphosa se leierskap, sowel as die land, geloof het vir die aanbieding van ’n suksesvolle G20- maatskaplike beraad Donderdag. “Suid-Afrika het die G20 verder geneem deur die hele Afrika in te sluit aangesien die G20-beraad vir die eerste keer op die vasteland plaasvind. Dit is ’n gedenkwaardige geleentheid vir alle mense van Afrika. Die portefeuljekomitee is bly dat daar nalatenskapprojekte is om die verbintenisse van die G20 te bevorder.”

Volgens Mahumapelo verwelkom die komitee ook Donderdag se ontwikkeling “met betrekking tot die VSA wat kennis gegee het dat hy dit oorweeg om aan die G20-leierskapsberaad deel te neem en (ons) hoop dat die oorhandiging glad sal verloop”.

“Die komitee wens die troika (Brasilië, Suid-Afrika en die VSA) sterkte toe met die suksesvolle inwerkingstelling van (die deklarasie) van die G20- maatskaplike beraad”.– Llewellyn Prince


2025-11-21 08:36:55 —

2025-11-21 09:06:20 — Premier Narendra Modi van Indië het in ’n boodskap voor sy vertrek uit Indië na Suid-Afrika gesê hy beskou die G20-beraad as veral spesiaal omdat dit die eerste G20-beraad op die Afrikavasteland is.

Hy het ook uitgewys dat die Afrika-unie (AU) tydens Indië se voorsitterskap van die G20 in 2023 ook lid van die G20-groep geword het.Modi sê hy sal Indië se visie van “Een aarde, een familie, een toekoms” by die beraad verteenwoordig.

Modi sê dat hy met sy besoek aan Suid-Afrika met die Indiese gemeenskap gaan ontmoet en dat dit een van die grootste Indiese gemeenskappe buite Indië is.– Marelize Barnard

2025-11-21 09:14:10 —

Premier Micheál Martin van Ierland het Vrydag kort voor 11:00 op O.R. Tambo geland vir die G20-leiersberaad die naweek in Nasrec, Johannesburg. Hy is deur Dean Macpherson, minister van openbare werke en infrastruktuur, in die land verwelkom.Foto: GCIS

2025-11-21 09:22:11 —

Jonas Gahr Store, premier van Noorweë, is Vrydagoggend op die O.R. Tambo-lughawe deur Nokuzola Tolashe, minister van maatskaplike ontwikkeling, verwelkom.Foto: GCIS

2025-11-21 09:47:48 — Die G20-leiersberaad is ’n baie belangrike oomblik vir Suid-Afrika, sê adj.pres. Paul Mashatile. “Ons waardeer die ondersteuning,” het hy Vrydagoggend aan Pham Minh Tsjinh, premier van Viëtnam, tydens ’n bilaterale vergadering tussen hulle gesê.

Tsjinh het Vrydagoggend vir die leiersberaad in Suid-Afrika aangekom. Volgens Mashatile is Tsjinh se besoek baie belangrik, veral oor hom en sy land se steun vir Suid-Afrika se G20-presidentskap.

Hy sê pres. Cyril Ramaphosa sal later self met Tsjinh vergader om die bilaterale verhouding tussen die twee lande te verhef tot ’n strategiese verhouding. “Ons is baie bly dat ons in daardie rigting beweeg omdat die verhouding tussen ons en Viëtnam histories baie belangrik is en ons wil aanhou om ons menseverhoudinge, maar ook handel en beleggings tussen ons twee lande te versterk. “Ek weet dat Viëtnam belang stel in ons steenkool en natuurlik ander minerale, so dit is daardie gesprekke wat ons sal hê om handel tussen ons twee lande te verseker.”

Suid-Afrika en Viëtnam hou Vrydagoggend ’n sakeforum in Sandton wat die Viëtnamese ambassade in Suid-Afrika gereël het.– Llewellyn Prince


2025-11-21 09:49:01 —

Adj.pres. Paul Mashatile en Pham Minh Tsjinh, premier van Viëtnam, tydens hul bilaterale vergadering Vrydagoggend.Foto: X/Paul Mashatile

2025-11-21 09:59:47 — - Die groep is in 1999 saamgestel met die doel om nié net die rykste lande van die wêreld in te sluit nie, maar juis ook ontwikkelende lande.

- Een vraag deur die jare is watter werklike verskil die G20 maak, aangesien dit geen bindende besluite kan neem of die meganismes het om woorde in dade te omskep nie.

- Leiers van die Verenigde Nasies, die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds kan ook die verskillende G20-berade as gaste bywoon.

- Soos met ander groot internasionale byeenkomste bied die G20-leiersberaad geleentheid vir die onderskeie afgevaardigdes om mekaar agter geslote deure te ontmoet vir hul eie aparte agendas.

- Die G20 het nie ’n permanente sekretariaat of kantoor nie en die gasheerland wat die jaarlikse presidensie van die G20 oorneem, behartig daardie jaar die administratiewe pligte.

- Die G20 het in der waarheid 21 lede: 19 lande en 2 internasionale organisasies. Die lande is Amerika, Argentinië, Australië, Brasilië, Kanada, China, Frankryk, Duitsland, Indië, Indonesië, Italië, Japan, Mexiko, Suid-Korea, Rusland, Saoedi-Arabië, Suid-Afrika, Turkye en Brittanje en die organisasies is die Afrika-unie en die Europese Unie.– AP

2025-11-21 10:52:09 — Pres. Cyril Ramaphosa het op die vooraand van die G20-leiersberaad met China, Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, ’n bilaterale vergadering gehad.

Ramaphosa het Vrydagoggend die Suid-Afrikaanse afvaardiging op die vergadering met Li Qiang, premier van China, en sy afvaardiging in Sandton gelei.

Besonderhede oor wat bespreek is, is nog nie bekend gemaak nie en dit sal bygewerk word sodra meer inligting beskikbaar is.

Pres. Xi Jinping van China en pres. Donald Trump van Amerika, die twee grootste ekonomieë in die wêreld en albei lede van die G20, woon nie die leiersberaad die naweek in Nasrec, Johannesburg, by nie. Terwyl Amerika deelname heeltemal boikot, het Jinping ’n senior afvaardiging gestuur om hom te verteenwoordig.

Pres. Wladimir Poetin van Rusland, soos China ook ’n bondgenoot van Suid-Afrika, woon ook nie die beraad by nie omdat Suid-Afrika hom ingevolge die Statuut van Rome met sy aankoms hier in hegtenis sal moet neem nadat die Internasionale Strafhof ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het weens beweerde oorlogsmisdade in Oekraïne.– Llewellyn Prince

Pres. Cyril Ramaphosa en Li Qiang, premier van China, op hul bilaterale vergadering Vrydag.Foto: GCIS

So het die Suid-Afrikaanse en Chinese afvaardigings Vrydag op hul bilaterale vergadering in met mekaar gesels.Foto: GCIS

2025-11-21 11:22:11 — Lug, land en selfs see: Dis hoe G20-gaste in SA veilig gehou word

KYK | Lug, land en selfs see- Dis hoe G20-gaste in SA veilig gehou word Uiters streng veiligheidsmaatreëls geld hier by Nasrec, waar die G20-beraad die naweek plaasvind. Hier is hoe die nasionale gesamentlike operasionele intelligensiestruktuur (NatJoints) die eerste G20 op die Afrika-vasteland beveilig. (faghrie.salie@media24.com)

2025-11-21 11:22:14 — Lug, land en selfs see: Dis hoe G20-gaste in SA veilig gehou word

KYK | Lug, land en selfs see- Dis hoe G20-gaste in SA veilig gehou word Uiters streng veiligheidsmaatreëls geld hier by Nasrec, waar die G20-beraad die naweek plaasvind. Hier is hoe die nasionale gesamentlike operasionele intelligensiestruktuur (NatJoints) die eerste G20 op die Afrika-vasteland beveilig. (faghrie.salie@media24.com)

2025-11-21 11:22:31 — Lug, land en selfs see: Dis hoe G20-gaste in SA veilig gehou word

KYK | Lug, land en selfs see- Dis hoe G20-gaste in SA veilig gehou word Uiters streng veiligheidsmaatreëls geld hier by Nasrec, waar die G20-beraad die naweek plaasvind. Hier is hoe die nasionale gesamentlike operasionele intelligensiestruktuur (NatJoints) die eerste G20 op die Afrika-vasteland beveilig. (faghrie.salie@media24.com)

2026-06-02 12:15:27 —

2026-06-02 12:20:06 — Daar is tans geen lede van die EFF en die MKP in die sitting van die Nasionale Vergadering teenwoordig waar pres. Cyril Ramaphosa sy begrotingstoespraak lewer nie.

Van die EFF-lede, onder wie Nazier Paulsen, is wel in die Koepel gesien kort voordat die sitting begin het. MKP-lede is ook in die omtrek buite die Koepel gesien.

Die EFF en MKP het voorheen te kenne gegee hulle kan nie verder na Ramaphosa luister terwyl die Phala Phala-kwessie oor sy kop hang nie.

Lede van die MKP en die EFF in ’n vertrek van die Koepel terwyl Ramaphosa elders in die Koepel sy toespraak lewer.Foto: Dennis Delport

2026-06-02 12:33:25 — Amerika en Israel se aanval op Iran dreig om ook Suid-Afrika se ekonomiese herstel te vertraag, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Hy het dit Dinsdagmiddag in die parlement gesê toe hy die presidensie se begroting vir 2026-’27 in die Nasionale Vergadering vir debat voorgelê het.

Die aanval op Iran het ’n wêreldwye oliekrisis veroorsaak, het hy gesê.

“Die gevolge is ’n styging in oliepryse en ander kritieke stowwe soos kunsmis, en dit sal waarskynlik baie van die vordering ondermyn wat ons gemaak het om inflasie en die lewenskoste te verlaag.

“Saam met ontwrigtings in die wêreldekonomie sal hierdie ontwikkelings waarskynlik ons ekonomiese groei vertraag, asook ons huidige pogings om werk te skep.”

Weens hierdie kwessies is dit te wagte dat toestande in die onmiddellike toekoms Suid-Afrika se ekonomie vir ’n tyd nadelig sal raak, sê Ramaphosa.

Dit is die eerste begrotingsrede van die presidensie sedert die parlement in Desember ’n nuwe komitee gestig het wat regstreeks oor die presidensie toesig hou.

Ramaphosa het die komitee verwelkom en sy en die presidensie se volle ondersteuning aan die komitee toegesê.– Llewellyn Prince

2026-06-02 12:50:04 — Nadat Ramaphosa sy toespraak afgesluit het, het die LP’s van die MKP en die EFF besluit om weer die sitting by te woon.

Albei partye het sprekers wat binnekort die sitting sal toespreek.


2026-06-02 13:30:58 — Suid-Afrika kan nie alleen die las van immigrasie op die Afrika-vasteland dra nie; buurlande moet ook hul deel van die verantwoordelikheid aanvaar, sê Mdumiseni Ntuli, ANC-hoofsweep.

In die debat oor die presidensie se begroting vir die 2026-’27-boekjaar wat deur pres. Cyril Ramaphosa ter tafel gelê is, het Ntuli ook gesê Suid-Afrika “kan nie alleen al die maatskaplike, administratiewe en veiligheidsgevolge van streekwye onderontwikkeling en ongereelde migrasie dra nie”.

Ander regerings op die vasteland het ook verantwoordelikhede teenoor hul burgers wat in Suid-Afrika woon. “Hulle het ’n verantwoordelikheid om saam te werk ten opsigte van dokumentasie, konsulêre ondersteuning, wetstoepassing, vrywillige terugkeer en die optrede van hul burgers in die buiteland,” sê Ntuli.

Suid-Afrika se bure op die vasteland moet nie te haastig wees om die land te veroordeel weens die jongste betogings teen onwettige immigrasie nie, meen hy. Dit is nie per toeval dat soveel Afrika-migrante na Suid-Afrika stroom nie.

“Dit is die produk van geskiedenis, geografie en ongelyke streekontwikkeling. Ons verwerp xenofobie en geweld teen immigrante, en ons verwerp die demonisering van migrante in Afrika,” sê Ntuli.

’n Ingesteldheid van xenofobie en aanvalle op migrante word toenemend in Suid-Afrika aangeblaas, sê hy.

Honderde leerlinge van twee skole in Kraaifontein buite Kaapstad het onlangs in hul skooluniforms in die strate betoog, stalletjies en winkels geplunder en voertuie – onder meer onderwysers se voertuie by een van die skole – met klippe bestook.

Vroeër is berig dat die organisasie March and March ’n ultimatum gestel het dat alle onwettige immigrante die land teen 30 Junie moet verlaat.– Jason Felix

2026-06-02 13:56:36 — Pres. Cyril Ramaphosa en sy presidensie is tans onder druk weens die Phala Phala-sage, sê dr. Corné Mulder, VF Plus-leier.

“Daar is direkte pogings om u kragtens art. 89 (van die Grondwet) as staatshoof te verwyder, terwyl ander die opsie kragtens art. 102 nastreef om ’n mosie van wantroue deur te voer. Al hierdie dinge hou regstreeks verband met die Phala Phala-aangeleentheid.

“Hierdie kwessie het die potensiaal om u nalatenskap te besoedel en die oorblywende byna drie jaar van u presidentskap te verlam.

“Ek weet dat u geen raad van my nodig het nie, maar my raad sou wees om hierdie kwessie beslissend en met haas te takel. Sit die feite op die tafel en beweeg aan,” het Mulder in die parlement aan Ramaphosa by die begrotingsrede van die presidensie gesê.

Die uitvoerende gesag van die land behoort aan Ramaphosa, sê Mulder. “U, die kabinet en die regering van nasionale eenheid is verantwoordelik vir die ontwikkeling en inwerkingstelling van nasionale beleid. Dit sluit ons beleid oor internasionale betrekkinge in.”

Mulder sê ’n herstel van betrekkinge met Amerika behoort ’n prioriteit te wees omdat dit die land kan bevoordeel.– Llewellyn Prince

2026-06-02 14:49:46 — Pres. Cyril Ramaphosa se aansoek om die verslag deur die onafhanklike paneel oor Phala Phala te hersien sal dié aangeleentheid net verder laat sloer, sê eerw. Kenneth Meshoe, ACDP-leier.

Die Phala Phala-skandaal kan nie geïgnoreer word nie omdat dit “steeds ’n donker skaduwee oor die presidensie werp”, het hy gedurende die presidensie se begrotingsrede gesê.

Hy is egter bemoedig deur die onlangse uitspraak in die konstitusionele hof wat daartoe gelei het dat die parlement uiteindelik ’n aanklagkomitee oor die kwessie gestig het.

“Ongelukkig sloer die Phala Phala-skandaal, wat die publiek geskok en diep teleurgestel het, al ses jaar.”

Meshoe sê luidens die verslag van die onafhanklike paneel is dit duidelik dat Ramaphosa ’n saak het om te verantwoord.

“Intussen versoek ek die president om twee eenvoudige vrae te beantwoord wat die publiek ons altyd vra. Eerstens, wie het die geld na die plaas gebring? Tweedens, as die geld die opbrengste van die verkoop van buffels was, soos ons meegedeel is, waarom was dit nodig om dit in ’n rusbank te versteek waar dit later ontdek is?”

Meshoe sê antwoorde hierop sal baie help om die verontwaardiging oor die kwessie te verlig.– Llewellyn Prince

2026-06-02 16:13:48 — Die presidentskap van Cyril Ramaphosa word gekenmerk deur mediaverklarings en beleggingskonferensies terwyl Suid-Afrika gebuk gaan onder armoede.

Dit is volgens Naledi Chirwa, EFF-LP, wat glo Ramaphosa het die verval van die land se ekonomie toegelaat.

“Ons mense moet weet dat die huidige situasie waarin ons land verkeer deur die president veroorsaak is. Hy is ’n president wat aan die slaap is. Hy is net bekommerd oor homself en wil homself beskerm teen ’n moontlike staat van beskuldiging. Die presidentskap word gekenmerk deur mediaverklarings en beleggingskonferensies,” sê Chirwa.

Andile Mngxitama, MKP-LP, sê op sy beurt Ramaphosa het bloed aan sy hande weens die skietdood in 2012 van 34 mynwerkers in Marikana deur die polisie. Hy moes egter dié verwysings asook talle ander opmerkings oor Phala Phala terugtrek.

Cameron Dugmore, ANC-LP, is een van vele LP’s wat Ramaphosa verdedig het.–Jason Felix

2026-06-02 19:05:12 — Die ANC en die DA sluit die debat af nadat die MKP uit die raadsaal gestap het. Die debat sal Woensdag hervat word wanneer Ramaphosa ’n geleentheid sal kry om op die debat te reageer.– Jason Felix


2026-06-03 12:18:33 — Pres. Cyril Ramaphosa sê hy word nie afgelei deur die geskree van sommige partye vir aandag in Dinsdag se debat oor die presidensie se begroting nie.

“Ons word nie afgelei deur politieke teater, geraas of 'n gepronkery vir die verkiesing nie. Ons sal nie afgelei word deur die eng agendas wat niks met die behoeftes, belange of bekommernisse van die mense te doen het nie,” het hy Woensdag in sy repliek op die debat oor die presidensie se begroting vir die 2026-’27-boekjaar gesê.

Volgens Ramaphosa skuif hy dit alles opsy om te fokus op wat gedoen moet word. “Ons fokus is die werk wat gedoen moet word om ons ekonomie te transformeer.” –Llewellyn Prince

2026-06-03 12:24:47 — Pres. Cyril Ramaphosa sê Dinsdag se debat het getoon dat alhoewel LP’s en politieke partye oor beleids- en politieke kwessies verskil, daar algemene ooreenstemming is oor die uitdagings wat die nasie in die gesig staar en die dringendheid waarmee dit opgelos moet word.

Hy sê Suid-Afrikaners verwag dat almal in die parlement nie net bloot die land se probleme moet diagnoseer nie, maar ook moet saamwerk om dit op te los. “Hulle verwag leierskap, verantwoordbaarheid en resultate van ons. Dit is immers waarom hulle ons gesamentlik in hierdie posisie geplaas het waarin ons in die parlement is,” sê Ramaphosa. –Llewellyn Prince

2026-06-03 12:36:27 — Suid-Afrika moet sy direkte buitelandse beleggings verbeter om die ekonomie te kan laat groei, sê pres. Cyril Ramaphosa. Hy sê sommige sprekers in Dinsdag se debat het direkte buitelandse beleggings beskou as iets wat verwerp moet word.

Ramaphosa sê uit die R1 500 miljard se beloofde beleggings wat in die eerste vyf jaar ná Suid-Afrika se eerste beleggingskonferensie verkry is, is altesaam R634 miljard reeds belê in nuwe fabrieke, myne, hernubare-energie-aanlegte, datasentrums en nuwe toerusting.

Hy sê daardie beleggings het werkgeleenthede geskep en onderhou, waardevolle vaardighede ontwikkel en geleenthede vir opkomende sakeondernemings geskep. –Llewellyn Prince

2026-06-03 12:47:48 — Die verliese wat Suid-Afrika weens staatskaping gely het, is baie groter as net die miljarde rande wat verlore gegaan het, sê pres. Cyril Ramaphosa. Hy sê die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het geraam dat meer as R57 miljard deur staatskaping vir die land verlore gegaan het.

Ramaphosa sê die ware koste van staatskaping vir die ekonomie is egter baie meer as dit in verlore beleggings, hoër leenkoste, ineengestorte instellings, verlore ekonomiese groei en werkgeleenthede gemeet word.

Hy sê pogings is aan die gang om alle gesteelde geld te verhaal. Wetstoepassingsagentskappe het tot dusver R17 miljard teruggekry wat weens staatskaping gesteel is.

Ramaphosa sê daar was heftige kritiek oor die Zondo-kommissie wat die land R1 miljard gekos het. “Die opbrengs is egter fenomenaal. Doen die somme.”–Llewellyn Prince

2026-06-03 13:08:44 — Sy benadering tot die parlementêre art. 89-proses oor Phala Phala word soos altyd gelei deur die Grondwet en oppergesag van die reg, sê pres. Cyil Ramaphosa.

Hy sê baie sprekers het Dinsdag in die debat verwys na die art. 89-proses oor Phala Phala.

“Die instellings van ons demokrasie moet toegelaat word om hul werk te doen sonder inmenging en sonder enige vorm van intimidasie. Ek sal voortgaan om die beginsels te handhaaf en die integriteit van my amp te beskerm. Ek sal die werk en gesag van die parlement respekteer en hofuitsprake eerbiedig,” sê hy.

Die repliek sluit af.  –Llewellyn Prince