Dit was "die regte ding om te doen", sê Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, nadat hy Saterdag geld aan iemand in Phillipi, Kaapstad, gegee het.
Hy "koop nie stemme nie".
Magashule het van huis tot huis geloop om met mense te praat voor die algemene verkiesing op 8 Mei.
Magashule, wat in 'n video te sien is wat op die SAUK se Facebook-bladsy geplaas is, kyk in een huis in 'n vrou se yskas, en merk op dat dit leeg is.
Sy antwoord dat "dinge maar swaar" is. Hy haal dan R400 uit sy sak en gee dit vir haar.
Sy bedank hom, waarna hy die huis verlaat.
Daar is hoop. Mense sonder huise en elektrisiteit glo steeds in die ANC. Die mense dink steeds die ANC regeer hier.
Magashule is soos ander ANC-hooggeplaastes is op 'n verkiesingsveldtog oor die land heen. Pres. Cyril Ramaphosa is in sy hoedanigheid as ANC-president in Kagiso, wes van Johannesburg.
Magashule kry die wind van voor sedert die publikasie van Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State: Unravelling Magashule's web of Capture.
In die boek word Magashule, vorige premier van die Vrystaat, se ysere regering en sy beweerde aandeel in staatskaping beskryf.
Saterdag het Magashule mense aangemoedig om vir die ANC te stem. Hy het ook verkiesingsplakkate op lamppale aangebring.
"Daar is hoop. Mense sonder huise en elektrisiteit glo steeds in die ANC. Die mense dink steeds die ANC regeer hier."
Volgens hom kan baie van die die inwoners nie onderskei nie tussen die drie sfere van regering - plaaslik, provinsiaal en nasionaal.
"Die ANC sal die Wes-Kaapse regering oorneem omdat mense deur die DA ontnugter is."



















