

Die EFF hou Sondag sy laaste verkiesingsaamtrek voor die verkiesing Woensdag in die Orlando-stadion in Soweto. Hierdie laaste saamtrek is Tshela Thupa-veldtog gedoop. Dit beteken "om hard terug te slaan" in Sotho.
26 756 898 kiesers is vir dié verkiesing geregistreer.
Julius Malema, EFF-leier, het die land die afgelope ruk deurkruis in sy verkiesingsveldtog om kiesers te probeer oorreed om vir die rooi barette te stem.
Verskeie peilings wys dat die EFF beter kan vaar as in 2014, toe hy 6,35% van die stemme op hom verenig het. Hy het ook sy oog daarop om die toutjies in Gauteng te kan trek, waar onafhanklike peilings voorspel dat die ANC minder sal kry as in die 2014- provinsiale verkiesing.





















