Verkiesings 2019

KYK WEER: 'Amandla!' – Só maak Maimane beloftes

'n DA-ondersteuner by die saamtrek. Foto: Deaan Vivier
'n DA-ondersteuner by die saamtrek. Foto: Deaan Vivier

Die DA hou vandag sy laaste saamtrek voor die nasionale verkiesing Woensdag.

Mmusi Maimane, partyleier, sal vandag duisende DA-ondersteuners by die Phetogo-saamtrek in die Dobsinville-stadion in Soweto toespreek.

Dié township in die suidweste van Johannesburg is van sleutelbelang vir die DA wat meeding oor beheer van Gauteng in die aanloop tot stemdag.

'n Peiling van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) en die DA se eie interne peilings wys dat die ANC onder 50% in dié provinsie kan kry, wat 'n DA-beheerde koalisie moontlik maak.

Die DA hoop ook om beheer van die Noord-Kaap te kry en om beheer van die Wes-Kaap te behou.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM