Verkiesings 2019

KYK: Ramaphosa maak wye draai vir stemme

Pres. Cyril Ramaphosa aan't stemme werf. Foto: Felix Dlangamandla
Pres. Cyril Ramaphosa aan't stemme werf. Foto: Felix Dlangamandla

Pres. Cyril Ramaphosa besoek dié naweek verskeie plekke in Suid-Afrika as deel van die ANC se verkiesingsveldtog.

Hy gaan die Wes-Rand in Gauteng, Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap en Seshego in Limpopo besoek.

Die veldtog het Saterdag begin met deur-tot-deur besoeke aan inwoners en 'n besoek aan die Rietvallei Gemeenskapsbiblioteek in Kagiso.

Hy sal later ook 'n vergadering in die Lusaka-gemeenskapsaal in Swaneville naby Krugersdorp hou.

Cyril Ramaphosa, ANC-president, kom in Kagiso aan die Wes-Rand aan.Foto: VoteANC/Twitter
Cyril Ramaphosa, ANC-president, kom in Kagiso aan die Wes-Rand aan.Foto: VoteANC/Twitter
Charné Kemp

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM