Die tyd raak min tot 8 Mei wanneer die land stembus toe gaan en die volgende regering verkies. Hier is wat vandag alles op die verkiesingsfront gebeur het.
* Betogings sal nie verkiesing in wiele ry, sê Cele
Gewelddadige betogers sal kiesers nié van hul reg ontneem om in Mei aan die nasionale verkiesing deel te neem nie, sê Bheki Cele, minister van polisie.
Die DA glo hy is goed op pad om sy teikens vir die nasionale en provinsiale verkiesing in die Wes-Kaap in Mei te bereik, terwyl die ANC skouer aan die wiel wil sit.
Duidelik georkestreerde, vernietigende geweld deur die ANC in DA-beheerde gebiede.So het Mmusi Maimane, DA-leier, Donderdag die skuld vir die vlaag van geweld en betogings in die land opdie regerende party gepak.

https://www.netwerk24.com/Verkiesings/2019/betogings-dis-die-anc-20190411














