Verkiesings 2019

Verkiesing 2019: Vandag se stories

Die tyd raak min tot 8 Mei wanneer die land stembus toe gaan en die volgende regering verkies. Hier is wat vandag alles op die verkiesingsfront gebeur het:

Betogings: 'Dis die ANC'

Duidelik georkestreerde, vernietigende geweld deur die ANC in DA-beheerde gebiede. So het Mmusi Maimane, DA-leier, Donderdag die skuld vir die vlaag van geweld en betogings in die land op die regerende party gepak.

Inwoners van die Gomorrah-plakkerskamp naby Booysens in Pretoria-Wes tydens Donderdag se betogings. Foto: Deaan Vivier
Inwoners van die Gomorrah-plakkerskamp naby Booysens in Pretoria-Wes tydens Donderdag se betogings. Foto: Deaan Vivier

OVK se planne reg vir betogings op 8 Mei

Die Verkiesingskommissie (OVK) het voorsorg getref vir die moontlikheid van betogings by stempunte op 8 Mei.

Die OVK
Die OVK

KYK: Só gaan kiesers stem, sê koerantredakteurs

Wanneer die stembusse op Woensdag 8 Mei om 07:00 open, gaan kiesers waarskynlik hul kruisies trek aan die hand van 'n hele paar kwessies wat Suid-Afrikaners omkrap. Die redakteurs van Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport gee hul menings oor hoe die kragkrisis, die trae ekonomie en bewerings van staatskaping stempatrone kan beïnvloed.

Nuut op Netwerk24: Podsendings!

Sondag moet lesers Netwerk24 fyn dophou wanneer ons eerste podsending beskikbaar gaan wees. Ons skop af met die reeks, Praat Politiek met Netwerk24, wat deur Gert van der Westhuizen, Stemmeredakteur, aangebied word.

Feb 22.2019. D.A leader Mmusi Maimane during an interview with the City Press at Hyde Park hotel. Photo: TEBOGO LETSIE

SA se probleme begin vóór apartheid - Mpofu

Kolonialiste het destyds grond van swart Suid-Afrikaners afgeneem omdat hulle geweet het grond is nodig om die ekonomie te bou, sê adv. Dali Mpofu, voorsitter van die EFF.

Dali Mpofu, voorsitter van die EFF, Vrydag by Unisa aan die woord op ‘n debat oor die algemene verkiesing op 8 Mei. Foto: Sarel van der Walt
Dali Mpofu, voorsitter van die EFF, Vrydag by Unisa aan die woord op ‘n debat oor die algemene verkiesing op 8 Mei. Foto: Sarel van der Walt

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM