Verkiesings 2019

Verkiesing 2019: Vandag se stories

Die tyd raak min tot 8 Mei wanneer die land stembus toe gaan en die volgende regering verkies. Hier is wat vandag alles op die verkiesingsfront gebeur het:

1. ‘Moenie ANC straf omdat julle vir sy leiers kwaad is'

Swart kiesers moet nie die ANC straf omdat hulle kwaad is vir die party se leiers, waaronder hyself en pres. Cyril Ramaphosa, nie. So het Ace Magashule, die ANC se beleërde sekretaris-generaal, Sondag in Kaapstad gesê.

2. ANC gebruik armes se geld vir veldtog - Buthelezi

"Ek sal eerder in 'n klein party wees as wat ek deel van 'n party is wat arm mense en belastingbetalers se geld vir finansiering gebruik," sê Mangosuthu Buthelezi, leier van die IVP. Trouens, Buthelezi meen klein partye moenie geminag word nie, "want 'n veelpartydemokrasie is noodsaaklik in 'n demokrasie".

3. LUISTER: Maimane: ‘Dis nou tyd om dapper te wees'

Politieke partye vrees eintlik net een ding. En dit is jou stem, het die DA-leier, Mmusi Maimane, aan Gert van der Westhuizen gesê in Praat politiek met Netwerk24, die eerste van Netwerk24 se reeks potsendings.

4. Haal ras, kleur uit ekonomie, vra VF Plus

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) wil hoop vir alle Suid-Afrikaners skep. Daarom moet ras en kleur uit die ekonomie verwyder word.

5. Koalisie in Nelson Mandelabaai ‘werk nie'

Pres. Cyril Ramaphosa sê koalisieregerings werk nooit goed nie, en slegs een hoofpolitieke party is nodig om te regeer. Ramaphosa het die opmerking Sondag in 'n stampvol George Bothagemeenskapsaal in Bethelsdorp in Port Elizabeth gemaak.

6. Nóg klagte teen Ace kom

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, gaan nou ook amptelik by die Verkiesingskommissie (OVK) daarvan aangekla word dat hy die land se kieswette oortree het.

https://www.netwerk24.com/Verkiesings/2019/koalisie-in-nelson-mandelabaai-werk-nie-20190414

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM