Verkiesings 2019

Verkiesing 2019: Vandag se stories

Die tyd raak min tot 8 Mei wanneer die land stembus toe gaan en die volgende regering verkies. Hier is watvandag alles op die verkiesingsfront gebeur het:

Ace: Ek het niks verkeerd gesê

"Daar is niks verkeerd met wat ek gesê het nie," het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, gesêoor sy opmerkings die naweek in Philippi, Kaapstad, dat mense nie weer hul stem "op die wit man" moet"mors" nie.https://www.netwerk24.com/Verkiesings/2019/ace-ek-het-niks-verkeerd-gese-20190415

ANC-veterane vaar uit teen Ace ná ‘rassistiese' uitlatings

Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, het Saterdag in Philippi in Kaapstad "ANC-ondersteuners aangehits om op rassistiese wyse hul stem uit te bring". So sê die ANC se veterane. "Dit is heeltemal onaanvaarbaar," het die veterane Sondag in 'n verklaring gesê. In Magashule se toespraak, wat op eNCA uitgesaai is, verwys Magashule na die DA as "umlungu" (wit mense) en moedig mense aan om nie vir die party te stem nie omdat dit 'n "wit party" is.

'Politikus' Erik Holm hard aan die werkhttps://www.netwerk24.com/Verkiesings/2019/akteur-erik-holm-bring-grondwet-na-kinders-20190414

Ten spyte van die opdraandepad om skenkings vir sy liefdadigheidswerk te kry, gee die werk wat hy vir die Good-party doen, hom opnuut hoop vir die toekoms van die land, sê Erik Holm, voormalige Binnelandersakteur.

"Ons Erik saam met ons Schaumburg-jeug," skryf Vivien Law by dié foto wat sy in Februarie vanjaar op haar Facebook-profiel geplaas het. Foto: Facebook
"Ons Erik saam met ons Schaumburg-jeug," skryf Vivien Law by dié foto wat sy in Februarie vanjaar op haar Facebook-profiel geplaas het. Foto: Facebook (Facebook)

Pretorianers sê hul sê oor verkiesing

Pretorianers het uiteenlopende menings oor die komende verkiesing op 8 Mei

https://www.netwerk24.com/Verkiesings/2019/pretorianers-se-hul-se-oor-verkiesing-20190409

https://www.netwerk24.com/Verkiesings/2019/pretorianers-se-hul-se-oor-verkiesing-20190409

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM