Die tyd raak min tot 8 Mei wanneer die land stembus toe gaan en die volgende regering verkies. Hier is watvandag alles op die verkiesingsfront gebeur het:
ANC skep koalisies rondom hul eie belange, sê Mmusi
"Die rede hoekom die nuwe koalisieregering hier nie werk nie, is nie weens 'n koalisie nie, maar omdat 'ngroep misdadigers bymekaargekom en gesê het: ‘Hoe kan ons van die staat steel.' "
Cyril se visier ná verkiesing op Ace
Die verwagting is dat pres. Cyril Ramaphosa ná die verkiesing tot aksie sal oorgaan en stappe sal doen teen Ace Magashule as "patenthouer van staatskaping", eerder as voor die verkiesing op 8 Mei.

https://www.netwerk24.com/Verkiesings/2019/cyril-se-visier-na-verkiesing-op-ace-kenner-20190416
Stem EFF voordat julle bande brand, sê Malema

Die brand van buitebande, skole en eiendom gaan niks daartoe bydra om van die ANC-regering ontslae te raak nie. So meen Julius Malema, leier van die EFF, wat Maandag 'n skare mense in Enseleni, KwaZulu-Natal, toegespreek het.
DA se mag in gedrang in George as nog lede oorloop

Talle DA-raadslede in George se stadsraad is glo "ongelukkig" en die magsbalans in die DA-beheerde stadsraad kan in die gedrang kom indien die raadslede oorloop.
KYK: Gee die ANC nog 'n kans, vra Ramaphosa

Daar is nie 'n enkele politieke party in die land wat meer kennis, intelligensie, kreatiwiteit en ondersteuning het as die ANC nie. Só het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag in Seshego, buite Polokwane in Limpopo, in 'n verwaarlooste sokkerstadion aan sowat 400 mense gesê.
Bobani kap na ANC oor spelfout

Die ANC in Nelson Mandelabaai is in die verleentheid gestel weens 'n enorme advertensiebord met 'n spelfout daarop. Die advertensiebord, met 'n foto van 'n glimlaggende Ramaphosa daarop, lui: "Let's grow South Africa togher. Vote ANC 8 May 2019."
https://www.netwerk24.com/Verkiesings/2019/kyk-gee-die-anc-nog-n-kans-vra-ramaphosa-20190416https://www.netwerk24.com/Verkiesings/2019/da-se-mag-in-gedrang-in-george-as-nog-lede-oorloop-20190416














