Die tyd raak min tot 8 Mei wanneer die land stembus toe gaan en die volgende regering verkies. Hier is watvandag alles op die verkiesingsfront gebeur het:
'n Boervrou van Harrismith in die Vrystaat wat in 2015 wreed deur plaasaanvallers aangerand en verkrag is,het Woensdagoggend by 'n DA-optog in Bloemfontein gesê sy wil mense se aandag op boere en hul werkersse behoeftes vestig.https://www.netwerk24.com/Verkiesings/2019/boervrou-vertel-by-optog-in-bfn-van-verkragting-20190418

Millenniërs wat volgende maand gaan stem, of nié gaan stem nie, se sug na 'n beter toekoms strek verder as net hul eie vryheid.
Sy is seker sy het baie foute gemaak, maar sy is nie jammer daaroor nie, sê Helen Zille aan die einde van 'n politieke hoofstuk in haar lewe aan Murray La Vita.





















