Verkiesings 2019

Verkiesing: Doen só aansoek vir spesiale stem

Geregistreerde kiesers wat nie op 8 Mei met die algemene verkiesing kan stem nie, kan van Donderdag 4 April tot en met 18 April aansoek doen om op 6 en 7 Mei spesiale stemme uit te bring.

Daar is twee kategorieë vir kiesers in Suid-Afrika om spesiale stemme te kan uitbring.

Die eerstekategorie is vir kiesers wat nie op 8 Mei by die stembus kan uitkom nie omdat hulle fisiek verswak is, gestremd is, of swanger.

Beamptes van die Verkiesingskommissie (OVK) sal dié kiesers wat kwalifiseer op 6 Mei by hul huise besoek sodat hulle tuis kan stem. Indien nodig, sal dit ook op 7 Mei kan gebeur.

Hulle kan die OVK se webtuistebesoek en daar 'n aansoekvorm invul.

Dié vorms kan ook per hand ingehandig word by die naaste OVK-kantoor. Geen e-pos of fakse sal aanvaar word nie, sê die OVK.

Sowat 29 000 Suid-Afrikaners in die buiteland het ook reeds vir die verkiesing geregistreer. Dié wat 'n spesiale stem wil uitbring, moes reeds voor 13 Maart daarvoor aansoek gedoen het.

Dié vorms mag wel deur iemand anders as die aansoeker by die OVK-kantoor afgelewer word.

Die tweede kategorie is vir mense wat nie op 8 Mei sal kan stem nie, onder meer omdat hulle op verkiesingsdag (wat 'n openbare vakansiedag is) moet werk.

Dié wat kwalifiseer, kan op 6 en 7 Mei tussen 09:00 en 17:00 by die stemlokaal waar hulle geregistreer is, gaan stem.

Dié kategorie van kiesers kan die volgende doen:

* Stuur 'n SMS met jou ID-nommer na 32249 (R1 per SMS);

* Doen hier aansoek; of

* Vorms wat op bogenoemde webtuiste bekom is, kan per hand by jou naaste OVK-kantoor ingedien word. Geen e-pos en fakse sal aanvaar word nie.

Die OVK sê alle aansoekers sal 'n SMS ontvang nadat hul aansoeke verwerk is.

Jy kan hier kyk hoe jou aansoek vorder.

* Sowat 29 000 Suid-Afrikaners in die buiteland het ook reeds vir die verkiesing geregistreer. Dié wat 'n spesiale stem wil uitbring, moes reeds voor 13 Maart daarvoor aansoek gedoen het.

Die geregistreerde kiesers in die buiteland sal op 27 April by Suid-Afrikaanse afvaardigings hul stemme uitbring.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM