Anél Potgieter: $19 vir ’n enkele aarbei? Dis mos gek!
Die nuutste internet-sensasie is ’n R350-aarbei met breë boudjies en ’n perfekte puntjie, skryf Anél Potgieter. Maar is hy die geld werd?
Anél Potgieter: ‘Ek maak Ma Babs se kos wanneer die seer te erg raak’
Genoeg vir 1.Ma Babs se dood is vir my een van die moeilikste goed om te verwerk. Ek het myself die laaste paar maande ná haar dood baie besig gehou om te probeer vergeet, maar dit is nie die regte ding om te doen nie.
Anél Potgieter: Nog skepsels vegan-lekker
Skepselkos is die nuwe kookboek van die kunstenaar, skrywer en digter Louis Jansen van Vuuren en die kosmens en -skrywer Isabella Niehaus.
Smul saam met Tietie en Nanna
TikTok is deesdae ’n kuierplek vir jonk en oud, maar ek is baie selde daar. Wanneer ek wel ’n draai daar maak, vermaak die TikTok-sterre Tietie en Nanna my met hul pittige kwinkslae en kookvernuf. Met meer as 204 000 volgelinge roer die twee tannies ons nasie se hartsnare met huiskos sonder fieterjasies.
Anél Potgieter: Engelse sjef se resep sal jou laat swymel
Ma Babs se outydse melktert met tuisgemaakte skilferkors en die troostende geure van amandel en kaneel sal altyd my nommereen-melktert bly, maar vandag stel ek julle voor aan my nommer twee: sjef Marcus Wareing se eiervla-tert (custard tart). Die vulsel se tekstuur is die perfekte balans tussen drillerig en romerig, is nie te soet nie en lê snoesig in ’n smelt-in-die-mond-broskors wat met suurlemoenskil gegeur is. Die vars gerasperde neutmuskaat bo-op maak dit ’n onvergeetlike koninklike melkt
Anél Potgieter: Hou ’n luilekker teeparty in jou tuin
Ná ’n lang en koue winter is die somer uiteindelik hier, en net betyds vir Tuindag volgende Sondag, 20 Oktober. Geniet die dag in enige groen ruimte – of dit nou buite in die tuin, op jou balkon of saam met jou huisplante is.
Anél Potgieter: Los bietjie die rooster en braai vleis ín die kole
Om kos direk in vuurwarm kole te braai is ’n oeroue braaitegniek.
Anél Potgieter: Rys bring die Ooste smaaklik na jou huis
Resep: Anél Potgieter.
Erfeniskos: Reis innerlik na jou kulinêre komvandaan
Resep: Theresa de Vries.









