Groot soektog onderweg na sowat 18 wat geldwa op N6 oopblaas
Die rowers het met ’n onbekende bedrag geld en die veiligheidswagte se vuurwapens gevlug.
Afleweraar veilig ná hy gekaap, ontvoer is
Die polisie in Gqeberha ondersoek sake van kaping en ontvoering nadat ’n afleweraar Donderdag deur verdagtes in ’n voertuig geprop is.
Dít was g’n ‘doodsein’ vir Cradock-vier, getuig oudhoë van weermag
’n Derde geregtelike doodsondersoek na die moord op die Cradock-vier word tans in die hooggeregshof in Gqeberha gehou.
Ondersoek kom nadat verdagtes glo met polisielid se motor rondry
Drie mans is met ’n onwettige vuurwapen en wat lyk soos ’n polisiedossier betrap terwyl hulle glo ’n polisiebeampte se private voertuig bestuur het.
Cradock-4: ‘Selektiewe geheue’ en volgehoue ontkennings gehoor
Ontkenning en geheueverlies was Woensdag aan die orde van die dag terwyl twee oudlede van die apartheidsregering se veiligheidspolisie in die geregtelike ondersoek na die dood van die Cradock-vier getuig het.
Ingryping versoek ná verskeie aanvalle op beamptes by St. Albans-tronk
Volgens die Vereniging van Staatsamptenare is die jongste voorval minstens die 10de aanval op korrektiewe amptenare sedert die begin van die jaar.
Motorbestuurder slegs lig beseer toe trein voertuig tref
Die bestuurder van ’n Volkswagen Caddy het glo versuim om by ’n spoorwegkruising stil te hou, waarna ’n trein die voertuig getref het.
Apartheidspioen infiltreer ANC, maar ‘dra nie kennis van Cradock-4’
Al was hy die hoof van intelligensie vir die veiligheidstak in Pretoria, het hy geen kennis gedra van die beplanning of uitvoering van die moord op die Cradock-vier nie, sê Craig Williamson.
Man beken skuld oor diefstal van R6,3 m. se platinumplate
Die hof het Ronald Henry Jansen (54) op een aanklag van diefstal skuldig bevind nadat hy Maandag skuld beken het.
Beskuldigde toe nie van sakeman van Gqeberha se ontvoering aangekla
Die Valke wou nie Maandag kommentaar lewer oor waarom Buchle Mbini nie van ontvoering aangekla is nie.









