VSA wil visums weerhou van lande wat Kubaanse dokters gebruik
Die Amerikaanse regering beplan om die visums van Brasiliaanse, Afrika- en Karibiese regeringsamptenare te herroep.
Nasionale dialoog: Dís wat dit jou gaan kos
Die afgelope week se konferensie oor die nasionale dialoog het R20 miljoen gekos.
Mbeki-stigting wil nasionale dialoog terugvat van regering
Die Thabo Mbeki-stigting betwis die geldigheid van die eerste konferensie van die nasionale dialoog en wil die dialoog “terugeis” van die regering.
Yanks se eise krap ANC- én DA-ministers om
ANC- én DA-ministers raak toenemend gefrustreerd met die Amerikaanse regering se eise en versoeke.
Uittog van nasionale dialoog: Nóg ’n RNE-vennoot wil onttrek
’n Tweede koalisievennoot in die regering van nasionale eenheid (RNE) heroorweeg sy deelname aan die nasionale dialoog.
Steenhuisen: ‘Emma het g’n oor mý gewaai’
Dis nonsens dat Emma Powell as woordvoerder oor buitelandse sake bedank het omdat hy haar gesnoer het, sê John Steenhuisen, DA-leier.
Laat Ramaphosa self betaal vir dié staatsverval, eis Sakeliga
Die president en drie kabinetslede word deur persoonlike kostebevele in die gesig gestaar as hulle nie dringend ingryp by Ditsobotla nie.
Pos Gayton nóú, eis partye ná minister k-woord rondgooi
Gayton McKenzie se kop word geëis nadat ou inskrywings op X van hom aan die lig gekom het waarin hy verskeie kere die k-woord gebruik.
EKSKLUSIEF | Stigtings onttrek aan eerste been van nasionale dialoog
Die stigtings wat deel vorm van die nasionale dialoog se voorbereidingtaakspan het hulle aan die eerste been van dié dialoog, wat vandag oor ’n week begin, onttrek.
Whitfield-afdanking is dalk vandag Cyril se troefkaart by NUK
Die ANC het vandag vyf opsies om te oorweeg rondom die toekoms van die regering van nasionale eenheid (RNE).





