Arendsvlei-ster Jarrid Geduld word pa! 'My lewe draai nou om ons klein Kairo'
Die bekroonde akteur Jarrid Geduld en sy geliefde Abigail Jones maak oop oor ouers word en hul drome vir hulself en klein Kairo.
Judy Boucher en Robin S gooi wéér Kaapse draai: 'Almal dink ons is van hier!'
Wat is ’n party sonder Judy Boucher en Robin S? Ons gesels met onse antie van die Carribean en haar Yankee-eweknie oor hul passie vir Suid-Afrika, en hul eersdaagse optrede hie’.
‘Drukkoker’ se Hanroe & Wynand: Beste ervaring, al is ons uit
Secunda se sjef Hanroe Erasmus en Wynand Visagie, ’n florerende restauranteienaar van Nelspruit, is onlangs die trekpas gegee uit VIA se kookprogram Drukkoker. Haidee Muller-Isaacs het meer uitgevind oor hul deelname aan dié gewilde program.
Portia en Cedwyn Joel: Aktrise en pa maak oop oor bande bou en babadrome
Dié bekende pa-en-dogter-akteursduo het weer hul pad na mekaar gevind ná vele struikelblokke. Nou droom Portia Joel van haar eie gesin.
‘Dorpie-doenlys’ met Sean Aucamp-van Noordwyk: ’n Liefdesbrief aan SA en sy mense
VIA se splinternuwe program 'Dorpie-doenlys' volg die weeklikse reise van die akteur en TV-aanbieder Sean van Aucamp-van Noordwyk na van ons land se versteekte juwele wat op die ou end die beste wegbreekplekke is waarvan jy g’n idee gehad het nie.
Baba Ava se mamma ses maande later: My ander kind dra my deur die swaarste tye
Dis elke ouer se grootste nagmerrie: om ’n kind aan die dood af te staan. Vir Tayla Venter en haar verloofde, Addie Jacobs, was die verlies van hul babadogtertjie Ava op 15 maande die bitterste pil om te sluk.
'Brooklyn Barbie' maak verskil met gratis haarsessies vir meisies van Macassar
’n Besoek aan die haarsalon kan soos kitsterapie voel, maar dis nie almal beskore nie, en dís waar sy besluit het om ’n verskil te maak.
Abdu terug op TV! Als oor sy nuwe speletjiesreeks, drome en die vrou wat hom anker
Abdu het al heelwat draaie in die vermaakbedryf gegooi en gesels oor sy jongste een as aanbieder, sy liefde vir klasgee, en aanhou droom.
Leandie: Blok en ‘bless’ die gifappels
Die stories van mense wat aanhou veg, vul haar hart met hoop, sê die aktrise en Gesels-aanbieder Leandie du Randt. “Al het die lewe hulle platgeslaan, ander kaarte uitgedeel, die goue draad wat hulle vir almal wys, inspireer my.”
Komediant Alfred Adriaan: ‘Selfvertroue is maar ’n ding wat kom en gaan’
Sien ’n mens hom vandag so op sy stukke op die verhoog, kan jy skaars glo dat die komediant Alfred Adriaan se ouers hom desjare moes aanhits om volwassenes tog net in die oë te kyk wanneer hy hulle groet. Ná dese is lag dié boorling van Hankey in die Oos-Kaapse Gamtoosvallei se terapie. En daarby laat hy snaaks wees só maklik lyk dat selfs die suurste ou knol sal skaterlag.



