HG Ware Lewensdramas: Naamgenote, pa en seun, én albei vermoor hul vroue...
Episode 17 ondersoek die saak van Colin Bouwer sr. wat sy vrou in Nieu-Seeland vermoor het. Dié episode vertel die storie van Colin Bouwer jr. wat in Suid-Afrika aangekla is van die moord op sy vrou.
HG Ware Lewensdramas: Die tragiese dood van die bokskampioen Leighandre "Baby Lee" Jegels
Op 25 was Leighandre "Baby Lee" Jegels 'n karate- en bokskampioen. Sy het ook in haar studies uitgeblink. Die donkerkopvrou het die wêreld aan haar voete gehad, tot haar lewe skielik kortgeknip is deur haar eks-kêrel – ’n polisieman.
HG Ware Lewensdramas: Phoenix Racing Cloud Theron vermoor haar ma
Selfs in die warboel van tiener-emosies, liefdesdriehoeke en gerugte van verwaarlosing in haar ouerhuis, is dit moeilik om te glo dat Phoenix Theron die gevolgtrekking kon maak dat moord op haar ma die enigste uitweg is.
HG Ware Lewensdramas: Die wrede kindermoord van Poppie van der Merwe
Toe die 3-jarige Poppie van der Merwe ná maande se marteling en mishandeling deur haar stiefpa doodgeskop is, was die vraag op almal se lippe: Hoekom het haar ma haar nie beskerm nie?
HG Ware Lewensdramas: Die bylmoord van Sonia Schwarz
Het Dave Schwarz se traumatiese grootwordjare daartoe bygedra om hom in Oktober 1997 oor die rand te dryf toe hy vir Sonia, sy vrou en die ma van sy twee kinders, doodgemaak het?
HG Ware Lewensdramas: Die moord op kankerlyer Debbie Venter
In Junie 2020 is ’n soektog van stapel gestuur na Debbie Venter nadat sy vermis geraak het. ’n Maand later word haar halfsuster en swaer vir haar moord in hegtenis geneem.
HG Ware Lewensdramas: Amanda du Toit vermoor haar suster
Hulle sê bloed is dikker as water, maar toe Amanda du Toit se jaloesie en wrywing teenoor haar uitblinker-sibbe begin oorkook, neem sy ’n drastiese stap wat haar eie lewe onherroeplik verander en haar suster se lewe in ’n oogwink kortknip.
HG Ware Lewensdramas: Huurmoord op Pofadder
Daar was gerugte van buite-egtelike verhoudings, mishandeling en wilde partytjies. Maar ná Suretha Brits bieg dat sy agter die huurmoord op haar man, Leon, sit, word die tragedie by die dag meer ingewikkeld.
HG Ware Lewensdramas: Colin Bouwer sr. probeer ‘die perfekte moord’ pleeg
Colin Bouwer se loopbaan as psigiater was op dreef ná hy Nieu-Seeland toe verhuis het. Sy vrou, Anette, sterf in 2000. Maar kort voor haar doodsertifikaat uitgereik word, kry ’n internis snuf in die neus . . .
HG Ware Lewensdramas: Die ‘teregstelling’ van Brett Goldin en Richard Bloom
Die een was ’n gevierde jong akteur, die ander ’n belowende jong ontwerper. Ons herbesoek die dubbele moord van twee vriende, Brett Goldin en Richard Bloom.

