SUT in Bfn verdedig homself ná skerp kritiek
Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein hou voet by stuk dat daar “geen onmiddellike gevaar” is dat hy gaan inplof nie.
Mangaung druk besluit deur vir R10 m.-studie oor sy waterverliese
Die Mangaung-metro gaan aan ’n R10 miljoen-studie van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika oor waterverliese deelneem nadat bereken is die metro laat 49% van sy gesuiwerde water verlore gaan.
DA vra Valke om moontlike korrupsie teen ANC-leiers in Fezile Dabi te ondersoek
Die DA het Donderdag die Valke in die Vrystaat gevra om bewerings van korrupsie teen die ANC-leierskorps in die Fezile Dabi-streek te ondersoek. sê dr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, in ’n verklaring.
Raad herroep besluit: Bloemfontein kry gou weer ’n dieretuin
’n Besluit van 2013 om die Bloemfontein-dieretuin te sluit en na Kwaggafontein te verskuif, is Vrydag in die Mangaung-raad teruggetrek.
Trippel-viering op Steyn-plaas naby Bloem geskiedkundig, ‘ ’n inspirasie vir die toekoms’
Die drievoudige viering van adv. Colin en Jackie Steyn se trouherdenking (35 jaar), Jackie se onthaalgerief (34 jaar) en dié van die Suidelike Afrikaanse Vuurwapen-en-Ammunisieversamelaarsvereniging (30 jaar) is Saterdag met ’n spitbraai gevier.
Mangaung-metro se konsepbegroting: Water 11% duurder, kragprys styg met 12,7%
Die Mangaung-metro gaan op 1 Julie sy watertariewe moontlik met 11% verhoog, kragpryse met 12,7%, sanitasie met 4,39%, erfbelasting met ongeveer 4,4% en vullisverwydering met 4,4%.
Mangaung gee groen lig vir grondruiling om winkelsentrum te bou
Die Mangaung-raad het die groen lig vir ’n grondruiltransaksie gegee sodat ’n spoggerige nuwe winkelsentrum in Brandwag gebou kan word.
Boere meen steeds Brendin Horner-moordsaak is ‘binne die polisie toegesmeer’
Die Brendin Horner-moordsaak wat gesluit is, “is binne die polisie toegesmeer omdat polisielede betrokke was by veediefstalsindikate wat in die Senekal-omgewing in bedryf was en steeds is”.
Brendin Horner-moord: Veediefstal vier steeds hoogty, top-boere in Senekal-distrik los skaapboerdery
Boere sê verwoestende veediefstal vier steeds hoogty in die Senekal-distrik bykans vier en ’n half jaar nadat Brendin Horner vermoor is.
Smithfield val uitmekaar en 2 ANC-faksies baklei glo oor burgemeester
Motorbande is Donderdag in Smithfield in die Suid-Vrystaat aan die brand gesteek te midde van faksie-gevegte oor die Mohokare-munisipaliteit se ANC-burgemeester, Zingisa Mgawuli, het ’n amptenaar van die munisipaliteit aan Netwerk24 gesê.






