Hanswors-minister laat SA bloos
Noem haar sommer Suid-Afrika se minister van water, sanitasie en strooipraat. Die vrou wat die “wat?!” in water sit.
'So vinnig, hy antwoord ’n missed call': Die rugby-rymer wat Boland laat skater
Maak jou oë toe en laat iemand vir jou voorlees: “Binnetoe gesny. Dis briljant, man, Davids, wat deursny. Soos ’n taxi in spitsverkeer!”
Die hel van honger in Gasa: ’n Generasie kinders ly
Die seuntjie se maag is geswel en sy ogies hang slap. Sy ruggraat beur teen sy dun velletjie en sy arms is so dun soos takkies.
Kleuterzone: Miljoene vloei deur geldhoof se rekening – en nou is sy landuit
Terwyl die Kleuterzone-sakeryk verkrummel het, is R100 000 van die maatskappy se geld oorbetaal na die rekening van Michelle Pienaar.
Dokter dra koeëlvaste baadjie ná hy 6 sluipmoord-skote oorleef
Dit gons in Durban oor dramatiese gebeure die laaste weke by die Life Westville-hospitaal, waar ’n dokter ’n sluipmoordaanval oorleef het, en ’n kardioloog daarvan beskuldig word dat hy onnodige operasies uitvoer.
Van Maybach tot Bentley: Tenderpreneur se verstommende versameling karre
Die voertuie is onder die hamer gebring om die miljoene te probeer delg wat Shauwn Mkhize en haar entiteite aan die SAID skuld.
Kamma-konsultasie: Regering vee hom af aan besware oor ras-teikens
“Om só te konsulteer is jammerlik onvoldoende vir die minister om tot ’n redelike besluit rondom die kwotas te kom.”
Skok-verslag: ‘Selfs skelm dokters moet teen rassistiese algoritmes beskerm word’
Die paneel sê elders in die dokument dit was nie sy “mandaat” om ’n “diskriminasie-ontleding” van elke individuele klagte te doen nie.
Groenewald: G’n tyd vir suikerpilletjies, kom ons praat oor lyfstraf
Barbaars om Suid-Afrika se misdadigers aan lyfstraf te onderwerp? Laat staan maar daai argument, sê dr. Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste. Wat eintlik barbaars is, is die toestande waaronder hulle in ons tronke aangehou word.
Aldrich se wenresep: ’n kanonklou – en Ouma se gebede
In Januarie, ná ’n potjie gholf op Fancourt saam met die 20-jarige Aldrich Potgieter, het die gholflegende Ernie Els ’n boodskap vir die jongeling se pa, Heinrich, gehad.





