Netwerk24 ondersteun 'n intelligente, oop gesprek tussen ons skrywers, bydraers en lesers. Bydraes deur lesers lei tot verdere debatte of verslaggewing en word daarom verwelkom. By Netwerk24 stel ons die gehalte van joernalistiek en menings voorop en verwag daarom kommentaar en terugvoering van 'n hoë gehalte. Ons kommentaarbeleid is op alle publikasies van toepassing wat deel van www.netwerk24.com vorm.
Waarna soek ons in kommentaar?
Ingeligte, weldeurdagte, bondige menings of bydraes wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Dit beteken nie jy mag nie kritiek lewer nie - beskaafde meningsverskille wat fokus op die argument, nie die skrywer of kommentator nie, is aanvaarbaar en kan tot 'n verryking van die debat lei. Voorkeur word gegee aan kort, bondige, oorspronklike nieherhalende kommentaar van minder as vyf paragrawe.
Wie mag kommentaar lewer?
Alle intekenare van Netwerk24. Jou kommentaar verskyn onder die gebruikersnaam wat jy met jou kommentaarprofiel opgestel het. Lees hier hoe om jou kommentaarprofiel op te stel.
Wat word nie op ons platform toegelaat nie/wat word verwyder?
- Enige vorm van haatspraak, insluitend seksisme, rassisme, homofobie en diskriminasie op grond van godsdiens en kultuur.
- Persoonlike of lasterlike aanvalle.
- Kru of swetsende bydraes.
- Bemarking van kommersiële produkte.
- Beledigende, kwetsende en irrelevante kommentaar, insluitend fopnuus.
- Vulgêre verwysings na diere en mense se liggaamsdele en -funksies.
- Beledigende, afbrekende en kru kommentaar oor mense se fisieke eienskappe.
- Webskakels wat na onbetroubare platforms herlei.
- Kommentaar wat beskuldigdes identifiseer voordat hulle in die hof verskyn het.
- Kommentaar wat die identiteit bekend maak en menswaardigheid van kinders aantas:
Die kinderwet
- Volgens die Perskode moet die media buitengewone sorg aan die dag lê wanneer kinders ter sprake is.
- Minderjariges se identiteit word slegs in sekere gevalle bekend gemaak. Enige verwysing na minderjariges se identiteit wat nie binne die reg is nie, sal verwyder word.
- Geen kru, kwetsende of kras verwysings na kinders sal geduld word nie. Hierdie kommentare sal summier verwyder word.
Waar is my kommentaar? Waarom neem dit so lank vir my kommentaar om geplaas te word? Verskyn kommentaar onmiddellik?
Nee, dit neem 'n rukkie, veral as jou kommentaar oornag of oor 'n naweek ingekom het of as daar baie kommentare is waardeur ons modereerders moet werk.
Gee dit 'n uur kans tydens kantoorure. Saans ná 20:00 tot soggens 06:00 val alle kommentaar eers in die "pending"-lêer. Die vroegoggend moderator begin 06:00 deur honderde kommentare wat oornag ingekom het werk.
Oor naweke kan kommentare moontlik langer in hierdie lêer bly omdat daar nie deurgaans 'n moderator aan diens is nie. Ons poog ook om die diskoers optimaal te modereer en daarvoor het ons moderators genoeg tyd nodig om die gesprek sinvol te fasiliteer.
Klagtes oor ons inhoud, kritiek teenoor Netwerk24 en ons bydraende skrywers en terugvoering aan die redaksie
Netwerk24 glo konstruktiewe terugvoering en kritiek is nodig om die beste gebruikservaring vir ons lesers te skep. Kritiek teenoor Netwerk24 word geplaas, solank dit binne die bepalings van die kommentaarbeleid geskryf word.
Kritiek wat persoonlik teenoor ons joernaliste, bydraende skrywers en redaksie gemaak word, sal verwyder word. Speel die bal en nie die man nie. Kommentare wat regverdig en sinvol die inhoud van die artikel kritiseer, sal geplaas word.
Spelling- en taalfoute
Netwerk24 waardeer lesers se uitstekende taal- en feitekennis. Ons moedig lesers aan om regstellings deur ons kommentaarfunksie aan te stuur. Die kommentaar sal nie geplaas word nie, maar die terugvoering word aan ons redaksie gestuur vir redigering.
Feitefoute
Afhangend van die aard en sensitiwiteit van die inligting wat gedeel word, sal die kommentaar geplaas word al dan nie.
Klagtes oor ons inhoud en regstellings kan aan ons lesersombud gestuur word by: Theresa.Olivier@media24.com.
Kan ek nuuswenke in die kommentaarafdeling deel?
Nuuswenke kan met graagte gedeel word. Die kommentaar sal geplaas word afhangend van die sensitiwiteit van die inligting. Al word die wenk nie geplaas nie, word dit deur ons moderators aan ons nuusspan gestuur. Die redaksie sal die nuuswaardigheid van die wenk bepaal.
Jy is ook welkom om nuuswenke per e-pos te stuur na: nuus@netwerk24.com.
Waarom sluit julle die kommentaarafdeling op sekere artikels?
Alle artikels op Netwerk24 se kommentaarafdeling sluit 24 uur ná die berig se publikasie.
Waar die diskoers onkonstruktief en afbrekend raak, sal die kommentaarafdeling summier gesluit word.
Kommentaar onder Sielsdinge-artikels word gesluit om die sienings van ons gelowige en spirituele gemeenskappe te respekteer.
Verbanning van gebruikers
Gebruikers wat herhaaldelik die kommentaarbeleid oorskry, sal van ons kommentaarplatform verban word. Gebruikers wie identiteitsdiefstal pleeg of nabootsing van ander identiteite doelbewustelik gebruik sal verban word. Gebruikers wie se gebruikersname grens aan laster sal verban word. Gebruikers met kru en vulgêre gebruikersname sal verban word.
As jy dink jy is verkeerdelik verban of jy wil beswaar oor jou verbanning aanteken, kan jy jou saak aan ons stel aan Theresa.Olivier@media24.com. Netwerk24 behou die reg voor om verbanning op te hef of nie. Geen reaksie vanaf Netwerk24 word gewaarborg nie.
LET WEL
- Huisgenoot sal slegs enkele stories oopstel vir kommentaar vir 'n beperkte tyd vanaf publikasie. Alle kommentare sal in lyn met Netwerk24 se kommentaarbeleid, soos hierbo uiteengesit, gemodereer word.
- Netwerk24 is onder geen verpligting om te verduidelik of in debat of korrespondensie betrokke te raak oor die meriete van kommentaar of die nieplasing van kommentaar nie.
Het jy hulp nodig met jou intekening of met ons produkte?
Ons inbelsentrum help graag met navrae oor jou intekening en bied bystand vir enige tegniese kwessies met ons produkte. Jy kan hulle by 087 353 1300 bel of 'n e-pos na diens@netwerk24.com stuur.





