Inligting

Jou gids tot die nuwe Netwerk24

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Welkom by 'n nuwe Netwerk24! Soos jy kan sien, het ons die "kaste en laaie" reggepak vir 'n meer geordende webwerf en app waar jy maklik by jou gunsteling-inhoud kan uitkom.

Ons het ook nuwe tegnologie bygevoeg sodat als vinniger en beter werk en wat boonop 'n paar ekstras vir ons gebruikers en intekenare gee.

As jy die app gebruik, moet jy eers die nuwe app in jou app-winkel gaan aflaai en dan weer aanmeld met jou gebruikersnaam en wagwoord om toegang tot die verbeterings te kry.

Hier is 'n gids om die nuwighede ten beste te benut:

• Jy kan jou streek (of selfs woonbuurt) enige plek ter wêreld kies om daagliks die weer dop te hou. Jy kan ook ingelig bly oor die verkeer, padwerke en dies meer op jou roetes of in jou streek. Kyk hier hoe jy daarby kan uitkom.

• Jy kan nou die jongste inligting oor die geldmarkte sien en tydens groot sportgebeure outomatiese uitslae en kommentaar kry.

• Intekenare kan voortaan na berigte luister terwyl hulle met iets anders besig is, pleks daarvan om dit net te lees. Klik bloot bo-aan die berig op die speelknoppie. Hier is nog inligting oor hierdie opwindende nuwe toevoeging.

• Intekenare wat die app gebruik, kan op iOS en Android hul koerante en tydskrifte as e-publikasies aflaai om later sonder 'n internetverbinding te lees.

• Vir lesers wat hul mening onderaan artikels wil gee, is daar 'n verbeterde kommentaarplatform.

• Met die nuttige boekmerk-funksie op die web en app kan jy artikels merk om later (aanlyn) te lees.

• Kyk hier hoe jy vining by Netwerk24 se verskeidenheid kyk- en luisterinhoud, insluitende luisterboeke, blitssepies, webinare, podsendings en meesterklasse kan uitkom.

• Besoek gerus Rapport, Die Burger, Beeld en Volksblad se spoggerige nuwe landingsblaaie met onderafdelings vir 'n koerantervaring.

• Klik op die Vind als-knoppie op die app of selfoonweb om by 'n klomp lekkertes uit te kom, insluitende hierdie koerantblaaie, asook tydskrifte en die gemeenskapskoerante in jou streek.

• Op die rekenaar-webwerf is daar nuwe afdelings op die tuisblad vir inhoud uit die gemeenskapskoerante.

• As jy op die selfoonweb of app lees, kry jy voortaan 'n stroom berigte wat eers eindig op die dag en datum toe jy die eerste keer die nuwe Netwerk24 begin lees het. Jy kan dus bly afrol tot gister en 'n dag of week of maand gelede se berigte en hoef nie bekommerd te wees dat jy iets misgeloop het nie.