Meer oor Netwerk24

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Netwerk24 het sy ontstaan in 2014 gehad. Dit is die grootste intekennuusdiens in Suid-Afrika en bied vars nuus en ontledings deur 'n landwye verslagspan, sowel as die inhoud van die voorste Afrikaanse nuushandelsmerke en tydskrifte in die Media24-stal - alles op een plek.

Hierdie titels sluit in die nuushandelsmerke Die Burger, Beeld,Volksblad,Son en Rapport vir nuus uit verskeie landstreke. Die tydskrifte wat op Netwerk24 gehuisves word, is Huisgenoot, Sarie, Kuier, Tuis, Weg!, Weg! Ry&Sleep en Baba&Kleuter, asook Taalgenoot en die tegnologie-tydskrif Alles. Die Burger, Son en al die tydskrifte is in e-formaat beskikbaar wat nes die gedrukte produk lyk. Benewens nuus soos dit ontvou, bied Netwerk24 jou ook toegang tot luister- en kykvermaak - in Afrikaans.

Netwerk24 se verslagspan is aan die voorpunt van nuus soos die gebeure ontvou. Ons help jou sin maak van gebeure en doen namens jou die siftingswerk sodat jy korrekte en betroubare inligting kry. Dit word aangevul met diepte-ontledings en kommentaar, video's en aanlyn paneelbesprekings.

Deesdae hoef jy nie net te lees nie; jy kan na berigte luister terwyl jy met iets anders besig is. En moenie van ons luisterboeke, interessante podsendings en video-blitssepies vergeet nie. As 'n intekenaar kan jy boonop dadelik sien hoe die weer in jou streek lyk.

Netwerk24 word besit deur Media24, een van Suid-Afrika se voorste mediamaatskappy, met belange in digitale media en dienste, koerante, tydskrifte, e-handel en die boekbedryf.

Media24 is deel van Naspers, 'n multinasionale groep van multimedia- en e-handel-platforms.

ONTMOET DIE SPAN:

Hoofredakteur: Henriëtte Loubser (henriette@24.com)

Adjunkredakteur en ombudsman: Theresa Olivier (theresa.olivier@media24.com)

Nasionale nuushoof: Nadia Honiball (nadia.honiball@24.com)

Sakeredakteur: Hanlie Stadler (hanlie.stadler@24.com)

Sportredakteur: Herbert Pretorius (herbert.pretorius@24.com)

Kunsteredakteur: Laetitia Pople (laetitia.pople@24.com)

Stemme-redakteur: Johanna van Eeden (jvaneeden@24.com)

Hoof van gehoorontwikkeling (insluitende sosiale media): Kayla Alexander

(kayla.alexander@24.com)

Assistent-redakteur: Spesiale projekte en platformontwikkeling: Maryke Cumpsty

(maryke.cumpsty@media24.com)

Algemene bestuurder: Intekeninge en bemarking: Madelein Venter

(madelein.venter@media24.com)

Uitgewer: Tammy van Zyl (tammy.vanzyl@media24.com)

Hoofbestuurder: Minette Ferreira (minette.ferreira@media24.com)

HAAK JY VAS?

Kontak ons dienssentrum by:

Tel: 087 353 1300

e-pos: diens@netwerk24.com

SPELETJIES VANDAG

CTA