Ervaar jy probleme om Netwerk24 te gebruik? Hier is 'n foutopsporingslys wat moontlik kan help om self die probleem uit te stryk. Maar onthou dat ons altyd hier is om te help!

PROBLEEM: Ek het ingeteken, maar het steeds nie toegang tot intekenaarsinhoud nie. Wat moet ek doen?
As jy suksesvol ingeteken het, maar nie toegang tot artikels en spesiale funksies het nie, stuur asseblief 'n e-pos na diens@netwerk24.com of skakel ons by 087 353 1300 sodat ons agente die probleem kan help oplos.
PROBLEEM: Wat doen ek as 'n wieletjie op die intekeningblad draai?
Dit beteken die stelsel is besig om te laai - dit kan 'n rukkie neem. Wees asseblief geduldig en gee die stelsel 'n rukkie om die inligting te verwerk. Indien dit nie laai nie, mag dit dalk wees dat jou webblaaier webkoekies blokkeer. Maak seker jou blaaier laat koekies vir Netwerk24 toe om met die intekenproses voort te gaan.
PROBLEEM: Ek is gevra om 'n wagwoord te verskaf, maar het nooit 'n wagwoord geskep nie. Wat moet ek doen?
Jy moet op die aanmeldblad op die "herstel wagwoord"-skakel klik om jou wagwoord te skep. Jy sal 'n e-pos met 'n skakel ontvang. Klik op hierdie skakel om die "skep wagwoord"-proses te begin.
PROBLEEM: Wat as ek nie 'n "herstel wagwoord"-e-pos ontvang nie?
Daar kan verskeie redes hiervoor wees. Maak seker jy het die korrekte e-posades verskaf en nie tikfoute begaan toe jy dit ingetik het nie. Andersins kan dit jou brandmuur ('firewall') wees wat die Netwerk24-e-pos blokkeer. Maak seker dit lê nie in jou rommel- of gemorspos-lêer nie.
PROBLEEM: Ek het per ongeluk die verkeerde e-posadres gebruik om in te teken. Wat moet ek doen?
Gaan na 'My Profiel' bo regs op jou rekenaar of regs onder op jou app. Kies 'My profielbesonderhede' en klik op die redigeerknoppie langs jou e-poadres om dit met die korrekte e-posadres op te dateer .
PROBLEEM: Ek kry 'n foutboodskap wanneer ek probeer inteken. Wat moet ek doen?
As jy 'n foutboodskap kry, probeer om jou webblaaier se cache-geheue skoon te vee of jou webkoekies te ontblok. As dit nie werk nie, stuur asseblief vir ons e-pos na diens@netwerk24.com of skakel 087 353 1300 sodat ons agente die probleem kan oplos.
PROBLEEM: Ek sien geen artikels vir intekenaars in my Netwerk24-app nie.
Indien jy geen intekenaarsinhoud of 'n opsie om in te teken in jou app sien nie, ondersteun jou weergawe van die app nie hierdie inhoud nie. Vervang dit gratis met die jongste weergawe in die Google Play-winkel of Apple App-winkel en teken in op Netwerk24. Indien jou toestel nie die jongste weergawe van die app ondersteun nie, kan jy steeds die volle aanbied geniet deur www.netwerk24.com op jou foon se webblaaier te bereik.
Indien geen van hierdie vrae jou probleem kon oplos nie, stuur asseblief e-pos na diens@netwerk24.com of skakel 087 353 1300.
PROBLEEM: Hoekom is ek ingeteken met 'n vreemde Apple-e-posadres?
Wanneer jy die "Teken in met met Apple"-opsie en Apple se ""Hide my email address""-privaatheidsinstelling kies, sal Apple 'n spesiale e-posadres vir jou skep. Waar jou e-posadres byvoorbeeld normaalweg john.doe@icloud.com sou wees, sal dit nou as iets soos dpdcnf87nu@privaterelay.appleid.com vertoon.
Dit sal nie jou Netwerk24-profiel raak nie en jy sal steeds al jou Netwerk24-e-posse ontvang, aangesien Apple dit vir jou sal aanstuur.
* LEES OOK: Al jou Netwerk24-vrae beantwoord






