Kanselleer só jou huidige intekening om jou korporatiewe intekening op te neem.
Vrae en antwoorde: Google Play Store (Android)
1. Hoe kanselleer ek my Netwerk24-intekening op die Google Play Store?
* Maak die Google Play-app oop.
* Klik op die profiel-ikoon regs bo.
* Klik op Payments & subscriptions en dan Subscriptions.
* Kies die intekening wat jy wil kanselleer.
* Klik op Cancel subscription.
* Volg die instruksies.
2. Sal ek my intekening kanselleer as ek die Netwerk24-app op my selfoon uitvee?
Nee. As jy die Netwerk24-app op jou selfoon uitvee, sal dit nie jou intekening kanselleer nie. Jy sal bogenoemde stappe moet volg om jou intekening op die Google Play Store te kanselleer.
3. Kan ek 'n terugbetaling kry as ek my intekening op die Google Play Store kanselleer?
Vir inligting oor intekeningterugbetalings, gaan na returns and refunds on Google Play.
4. Hoe kan ek kyk of my Netwerk24-intekening suksesvol op die Google Play Store gekanselleer is?
* Maak die Google Play-app op 'n Android-toestel oop.
* Klik op die profiel-ikoon regs bo.
* Klik op Payments & subscriptions en dan Subscriptions.
* Onder Subscriptions, gaan die lys van intekeninge na vir intekeninge wat verval het.
5. Wat gebeur nadat ek my intekening gekanselleer het?
Wanneer jy 'n intekening kanselleer, sal jy steeds jou intekening kan gebruik vir die tydperk waarvoor jy reeds betaal het. Byvoorbeeld, as jy 'n maandelikse intekening op die 1ste dag van die maand koop en jou intekening op die 10de dag van die maand kanselleer:
* Sal jy toegang hê tot die intekening tot aan die einde van die tydperk waarvoor jy betaal het (bv. die laaste dag van die maand).
* Sal jy nie op die volgende faktuurdatum (bv. die 1ste van die volgende maand) 'n rekening ontvang nie.
* Kan jy aan die einde van die faktuurtydperk via 'n alternatiewe metode inteken (deur bv. 'n geborgde intekening op die 1ste dag nadat die toegang verval het te gebruik).
Vrae wat gereeld voorkom iStore (Apple)
1. Hoe kanselleer ek my Netwerk24-intekening op my Apple-toestel?
* Maak die Settings op jou Apple-toestel oop.
* Klik op jou naam.
* Klik op Subscriptions.
* Klip op die intekening wat jy wil bestuur.
* Klik Cancel subscription.
2. Sal ek my intekening kanselleer as ek die Netwerk24-app op my Apple-toestel uitvee?
Nee. As jy die Netwerk24-app op jou selfoon uitvee, sal dit nie jou intekening kanselleer nie. Jou intekening sal voortgaan, wat sal veroorsaak dat jy weer gefaktureer sal word aan die begin van elke nuwe faktureringsperiode as jy nie jou intekening meer as 24 uur voor jou huidige faktuurtydperk kanselleer nie.
3. Kan ek 'n terugbetaling kry as ek my intekening op my Apple-toestel kanselleer?
Jy het die reg om hierdie intekening met onmiddellike ingang te kanselleer en kan enige tyd 'n proporsionele terugbetaling ontvang. Om dit te doen, kontak Apple Support.
4. Hoe kan ek kyk of my Netwerk24-intekening suksesvol op my Apple-toestel gekanselleer is?
Jy kan na jou intekeninge gaan deur die stappe hierbo te volg. As jy nie die opsie sien om die intekening te kanselleer nie, is die intekening reeds gekanselleer en sal dit nie hernu word nie.
5. Wat gebeur nadat ek my intekening gekanselleer het?
Wanneer jy 'n intekening kanselleer, sal jy steeds jou intekening kan gebruik vir die tyd wat jy reeds betaal het. Byvoorbeeld, as jy 'n maandelikse intekening op die 1ste dag van die maand koop en jou intekening op die 10de dag van die maand kanselleer:
* Sal jy toegang hê tot die intekening tot aan die einde van die tydperk waarvoor jy betaal het (bv. die laaste dag van die maand).
* Sal jy nie op die volgende faktuurdatum (bv. die 1ste van die volgende maand) 'n rekening ontvang nie.
* Kan jy aan die einde van die faktuurtydperk via 'n alternatiewe metode inteken (deur bv. 'n geborgde intekening op die 1ste dag nadat die toegang verval het te gebruik).






