Hoogste punte én 'n voorblad?Sowaar!
Vanjaar se algehele wenner in die gewilde Rookie Stylist-kompetisie in vennootskap met Mr Price Home gaan nie net 'n Mr Price Home-koopbewys ter waarde van R15000 in die sak steek nie, maar wen ook 'n professionele fotosessie deur die Tuis-span. En die beste van als? Dié wenvertrek sal op 'n regte, egte voorblad van Tuis, Suid-Afrika se topverkoper in die dekor- en tuintydskrifmark, verskyn.
Koel, nè?
Sedert ons eerste Rookie Stylist-kompetisie in 2019 het duisende trotse Tuis-lesers en Mr Price Home-klante koers gekies na ‘the Gram' om hul huise met ander dekorentoesiaste te deel. Maar nou, in jaar vier, sit ons die bod nog hoër in.
Die Tuis-redaksie het 'n passie vir alles wat mooi is, en is entoesiasties en nuuskierig oor die maniere waarop Suid-Afrikaners hul ruimtes mooimaak - net soos die span by Mr Price Home.
Elke week kan een gelukkige deelnemer 'n Mr Price Home-koopbewys ter waarde van R2000 wen; die uiteindelike wenner en Rookie Stylist vir 2022 kry 'n R15000-koopbewys van Mr Price Home waarmee hulle kan koop net wat hul hart begeer.
Sien eerste vyf wenners hieronder:

Die Tuis-span sal die weeklikse en algehele wenner aanwys. Komaan, skryf in!

Só werk dit
1 Neem met jou selfoon 'n foto van jou gunstelingruimte in jou huis (neem die foto in natuurlike lig vir die beste resultate). Jy kan 'n nabyskoot neem of effens terugstaan vir 'n wyehoekfoto. Kies 'n hele vertrek, 'n stoep, fokusmuur, rak of bed - enigiets, solank dit mooi is en na jou smaak gestileer is.
2 Laai die foto op jou Instagram-rekening. Indien jy nie 'n rekening het nie, skep een deur die app in die Apple App Store of by Google Play af te laai.
3 Skryf 'n kort byskrif; sluit die hutswoord #mrpricehomerookiestylist2022 in. Merk ook @mrp_home en @tuishomemag. So maklik soos dit! Die kompetisie sluit om middernag op 19 Junie 2022.
Indien jy dit misgeloop het, kyk aanlyn by Netwerk24.com/tuis.







