Varkwors (grootmaat)

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

(Lewer sowat 100 porsies)

  • 25 kg varkvleis en beesvleis, matig vet
  • 375 g growwe sout
  • 250 ml (1 k) fyn koljander, effens gerooster
  • 15 ml (1 e) fyn gemmer
  • 30 ml (2 e) fyn naeltjies
  • 15 ml (1 e) gerasperde neut
  • 60 ml (4 e) peper
  • 30 ml (2 e) fyn salpeter (opsioneel)
  • 500 ml (2 k) asyn
  • 30 ml (2 e) suiker
  • 125 ml (½ k) worcestersous
  • derms
  • sout

1. Sny die vleis in blokkies.

2. Bestrooi met sout, speserye en salpeter, indien gebruik.

3. Maal die vleis en voeg asyn en geur-middels by. Meng goed.

4. Stop derms taamlik styf, prik hulle met 'n vurk en strooi sout oor.

5. Kan oor die kole of onder 'n elektriese oondrooster gebraai word.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA