Lekkers En Roomys

Klapperys

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 500 ml (2 k) suiker
  • knippie sout
  • 125 ml (½ k) water
  • 15 ml (1 e) glukosestroop
  • 1 ml (¼ t) kremetart
  • 500 ml (2 k) droë klapper
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 5 ml (1 t) rooswater
  • rooi voedselkleursel
  • botter om pan te smeer

1. Meng suiker, sout, water, glukosestroop en kremetart in 'n kastrol.

2. Roer tot die suiker opgelos het en kook die mengsel oor lae tot matige hitte tot dit 'n sagte bal vorm as dit in koue water getoets word*, 114,5 ºC (238 ºF) by seevlak. Was suikerkorrels tussendeur met 'n nat kwassie van die kante van die kastrol af. Sodra die mengsel begin kook, sit die deksel vir 'n minuut dig op sodat die stoom die suiker-kristalle aan die kante van die kastrol kan oplos.

3. Haal van die stoof af en laat effens afkoel. Halveer die mengsel en voeg 250 ml (1 k) klapper en die geursel by die een deel. Klop tot dit verdik.

4. Giet uit in 'n pan wat met botter gesmeer is.

5. Voeg die orige klapper by die ander deel en geur met rooswater. Kleur dit dan ligpienk met 'n paar druppels kleursel.

6. Klop mengsel tot dit verdik en giet bo-op die eerste mengsel. Laat styf word.

7. Sny in blokkies soos verkies.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS