Lekkers En Roomys

Vanieljefudge

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 500 ml (2 k) suiker
  • 45 ml (3 e) gouestroop
  • 125 ml (½ k) room
  • 200 ml (4⁄5 k) melk
  • 1 ml (¼ t) sout
  • 2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

1. Meng al die bestanddele behalwe die geursel in 'n groot kastrol.

2. Roer oor lae hitte tot suiker opgelos het.

3. Was suikerkorrels tussendeur met 'n nat kwassie van die kante van die kastrol af.

4. Roer af en toe en laat kook tot die sagtebalstadium* bereik word, 114,5 ºC (238 ºF) by seevlak. Toets nadat mengsel sowat 10 minute lank gekook het.

5. Laat effens afkoel en roer geursel by.

6. Klop mengsel met 'n houtlepel terwyl dit afkoel tot dit verdik. Giet dan vinnig in 'n pan uit wat met botter gesmeer is.

7. Laat koud word en sny in vierkantjies.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS