- 2,5 kg visbene en/of seekosdoppe, gerooster indien verkies
- 2,5 liter (10 k) water
- 250 - 500 ml (1 - 2 k) wit wyn
- 30 - 45 ml (2 - 3 e) suurlemoensap
- 1 ui met skil, in kwarte gesny
- 1 tamatie, in stukke gesny
- 1 lourierblaar
- 10 - 12 swartpeperkorrels
- 1 of 2 gekneusde kardemomsade
- heelwat pietersielie en vinkel, dille of tiemie
- 5 ml (1 t) suiker
1. Plaas al die bestanddele in 'n groot vlekvryestaal- of emaljekastrol.
2. Bring op kookpunt en verminder die hitte. Laat 25 - 30 minute prut.
3. Skep die skuim af soos dit vorm.
4. Giet die aftreksel deur 'n draadsif wat met kaasdoek of 'n skoon vadoek uitgevoer is.
5. Koel vinnig af en bewaar in die yskas vir tot een week. Gebruik in Romerige vissop*.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT





















