Kos + wyn

Ryk en romerig: Dié aartappelsop met spek is trooskos op sy beste

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 2 eetlepels - olyfolie
  • 200 g - dik spekrepe, in stukkies gesny (smoky bacon rashers)
  • 2 stingels - seldery, gekap
  • 2 - preie, gekap
  • 1 teelepel - gekapte knoffel
  • 6 - aartappels, in 1 cm-blokkies gesny
  • 2 blikke (400 g elk) - witboontjies, gedreineer
  • 1 ℓ - hoenderaftreksel
  • 1 koppie - melk, plus ’n bietjie ekstra soos nodig
  • ’n strooisel - gekapte vars grasuie
  • 3 ml - cayennepeper

1 Verhit die olyfolie en braai die spek tot bros. Skep uit, maar behou die olie. Braai die seldery, preie en knoffel in dieselfde pot tot sag en glansend.

2 Roer die aartappelblokkies, bone, aftreksel en melk by en laat prut dit oor 'n matige hitte totdat die aartappel sag is.

3 Maak die helfte van die sop met 'n staafmenger fyn vir 'n dikker tekstuur. (Jy kan ook al die sop fynmaak vir 'n gladde tekstuur.) Voeg nog 'n bietjie ekstra melk by as dit te dik is. As dit nie dik genoeg na jou sin is nie, meng 2 eetlepels meel met melk tot 'n gladde pasta vorm en roer dit dan deur die sop en kook vir 5 minute.

4 Geur nou die sop met sout en peper, roer die grasuie en bros spek deur en strooi 'n bietjie cayennepeper oor.

Johané Neilson | Foto: Shelley Christians