Kos + wyn

Gisteraand se rys, vanaand se fees: Dié roerbraairys red die dag!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 200 g - spek, in blokkies gesny
  • 1 eetlepel - olie
  • ½ - ui, gekap (of gebruik 4 sprietuie)
  • ½ teelepel - fyngedrukte knoffel
  • 3 koppies - koue gaar rys (nie oorgaar nie)
  • 1 - klein pakkie (250 g) gemengde bevrore groente
  • 6 - eiers, geklits
  • - sojasous na smaak om voor te sit

1 Braai die spek in die olie tot bros. Roer die ui en knoffel by en braai dit vir nog 'n paar minute tot die ui glansend is.

2 Voeg die rys en groente by die pan en roer alles saam tot dit deurwarm en goed gemeng is.

3 Skuif die gegeurde rys met 'n eierspaan na die kant van die pan toe, giet die eier in die oop deel en laat dit stadig gaar braai. Stoot-stoot die eier af en toe met die spaan tot dit so te sê gaar is, en meng dit dan vinnig deur die rys. Haal die pan van die hitte af en sit dit voor met sojasous.Voeg sout en peper na smaak by.

Ry & Sleep sê

Hierdie eenvoudige gereg behoort in die hele familie se smaak te val.

Johané Neilson | Foto: Ed O’Riley