- 2 eetlepels - goeie olyfolie
- 200 g - repiespek, kleiner gesny
- 6 - bruinsampioene, middeldeur gesny
- 2 - groot aartappels, in 1 cm-blokkies gesny
- 1 koppie - hoenderaftreksel
- 6 - eiers
- 1 eetlepel - botter
Só maak jy
1 Verhit die olie in 'n groot vuurbestande pan of plaatjie, en braai die spek en sampioene tot bros en goudbruin.
2 Roer die aartappel by die pankos tot effens gebraai. Giet die aftreksel oor en kookbraai dit tot die aartappel sag en die pan droog is. Dit gaan vinniger as jy 'n braaibakdeksel bo-oor sit sodat dit 'n bietjie stoom. Vul die vloeistof aan met water as dit lyk of dit droogkook voor die aartappels sag is.
3 Krap die pankos eenkant sodat daar 6 holtes vir die eiers is en sit 'n klontjie botter in elk. Breek 'n eier in elke opening en geur dit met sout en peper. (Onthou, die aftreksel en spek is reeds soutig.) Braai alles saam tot die eiers gaar is soos jy dit verkies. As jy wil, gebruik weer die omgekeerde braaibakdeksel om die hitte vas te vang en die eiers aan te help.
4 Skep op! Roosterbrood of tortillas hierby is nie te versmaai nie, so ook 'n lekker tamatiesmoor.
Ry & Sleep sê
Niks keer jou om die spek-en-eiers-kombinasie aan te vul met stukkies oorskietbraaiboerewors as jy baie honger is nie.






