1. Dompel 'n lewende kreef, met stert na onder, in 'n kastrol vinnig kokende water waarby 100 ml (2⁄5 k) growwe sout vir elke liter (4 k) water gevoeg is om seewater voor te stel. Laat die water weer kook voordat die volgende kreef ingesit word. Die krewe moet heeltemal met die water bedek wees.
2. Sit die deksel op en kook sowat 20 minute (of ongeveer 6 minute per 500g) totdat die krewe helderrooi is.
3. Dompel krewe in koue water of laat hulle op die rug lê om af te koel.
4. Sodra koud genoeg om te hanteer, kap die knypers af en kloof die lyf van bo na onder oop.
5. Haal die maag (dit is 'n sakkie agter die kop) uit en gooi weg. Verwyder die grootderm wat van die maag tot in die stert loop. Dit behoort maklik saam met die maag uitgehaal te kan word. Die inhoud daarvan is toksies.
6. Verwyder die groen lewer en die longe wat aan die kante van die lyf sit. Die maag, lewer, longe en grootderm van 'n kreef word nie geëet nie.
7. Kraak die knypers en pote en haal die vleis uit.
8. Om gaar kreef voor te sit, haal die vleis uit en rangskik op 'n bord. Dit kan met die klein knypertjies gegarneer word.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT








