Swart-, bruin- en witmossels kom langs die Suid-Afrikaanse kus voor. Swart-mossels is die gewildste aangesien dit sappig en glad nie taai is nie. Moet nooit mossels uit besoedelde seewater oes nie.
1. Gebruik slegs vars mossels wat lewend en styf toe is. Moenie mossels met gebreekte of gekraakte skulpe gebruik of mossels wat oopbly as jy teen die skulp tik nie. Hou die mossels verkoel en maak dit so gou as moontlik gaar.
2. Skrop die skulpe van sowat 50 mossels deeglik met 'n stywe borsel en verwyder enige seewier met 'n mes. Spoel die mossels onder lopende water af en laat sowat 30 minute in koue water lê. Vervang die water gereeld om enige sand wat die mossels uitskei, te verwyder.
3. Dompel die mossels in 'n groot kastrol met 500 ml (2 k) kokende soutwater, waarby 1 gekapte ui, 1 opgesnyde wortel, 30 ml (2 e) gekapte pietersielie, 1 lourierblaar, 15 swartpeperkorrels en 125 ml (½ k) droë witwyn gevoeg is.
4. Prut 8 - 10 minute met die deksel op. Die mossels wat oopgegaan het, is gaar, maar dié wat nog steeds toe is, moet beslis weggegooi word.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT








