Vis

Oesters

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

1. Was die skulpe deeglik onder lopende water. Om die oesters uit te dop: Breek die dun kant van elke skulp af. Hou die skulp stewig op 'n harde oppervlak sodat die skarnierkant naaste aan jou is. Forseer 'n dun, plat mes of 'n oestermes tussen die twee helftes van die skulp by die gebreekte kant in. Draai die mes om die helftes oop te dwing en sny die groot spier naby die plat boonste helfte van die skulp los.

2. Die boonste plat helfte word gewoonlik weggegooi en die onderste diep helfte gehou om die oesters in voor te sit. Laat gly die oesters in 'n vergiettes wat in 'n bak staan, sodat die vloeistof vir sop of sous opgevang kan word.

3. lndien nodig, giet koue water (125 ml [½ k] vir elke 1 liter [4 k] oesters) oor die oesters om stukkies van die skulp wat vassit, los te maak. Verwyder al die stukkies skulp versigtig met die vingers deur die oesters een vir een te ondersoek.

4. Dien rou met suurlemoensap of tabascosous op (op die diep halwe skulp, op growwe sout of gebreekte ys) of plaas die oesters in 'n kastrol en verhit hulle in die vloeistof net tot die kante begin omkrul.

5. Geur met sout, peper en suurlemoensap na smaak. Let daarop dat net lewende oesters gebruik word.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS