- 1 kg koue gaar vis
- 2 uie, fyngekap
- 90 ml (6 e) botter of margarien
- 2 eiers
- sout en peper na smaak
- 10 ml (2 t) aangemaakte mosterd
- 30 ml (2 e) tamatiesous
- 45 ml (3 e) gekapte pietersielie
- 5 gaar middelslag-aartappels, fyngemaak
- 30 ml (2 e) melk
1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF). Verwyder die grate en maak die vis met 'n vurk fyn.
2. Braai die uie in 60 ml (4 e) van die botter of margarien tot goudbruin.
3. Meng die vis, uie, 1 eier (geklits), die orige 30 ml (2 e) botter of margarien, sout en peper, mosterd, tamatiesous, pietersielie en 125 ml (½ k) van die fyngemaakte aartappels.
4. Skep die mengsel in 'n gesmeerde oond-vaste bak en bedek met die res van die fyngemaakte aartappels.
5. Klits die ander eier, verdun dit met die melk en giet oor die aartappellaag (indien verkies, kan dit vooraf by dié aartappels ingemeng word).
6. Bak 45 minute of tot goudbruin bo-op.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT







