- 15 ml (1 e) gelatien, in 30 ml (2 e) koue water geweek
- 60 ml (4 e) kookwater
- 125 ml (½ k) Gekookte slaaisous*
- 15 ml (1 e) gekapte origanum, grasuie of Italiaanse pietersielie
- 500 ml (2 k) fyngemaakte, gaar of ingemaakte vis
- 2,5 ml (½ t) sout
- 0,5 ml (1⁄8 t) peper
1. Roer die geweekte gelatien by die kookwater in tot opgelos en voeg by die slaaisous.
2. Meng al die bestanddele saam, skep in 'n vorm wat met koue water uitgespoel is en laat stol.
3. Keer uit op slaaiblare en versier met skyfies tamatie.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT






