- 6 hardgekookte eiers
- 30 ml (2 e) botter
- 30 ml (2 e) meelblom
- 250 ml (1 k) melk
- 2,5 ml (½ t) sout
- 45 ml (3 e) gerasperde kaas
- 2,5 ml (½ t) sout
- 1 ml (¼ t) peper
- 2,5 ml (½ t) mosterdpoeier
- 15 ml (1 e) gesmelte botter
- 5 ml (1 t) asyn of suurlemoensap
- gekapte pietersielie of ander kruie van jou keuse
1. Voorverhit die oond tot 160 °C (325 °F).
2. Sny eiers in die lengte deur.
3. Skep die geel uit en maak dit fyn.
4. Maak 250 ml Witsous* van die botter, meel, melk en sout.
5. Voeg die ander bestanddele, behalwe die witsous en pietersielie, by die eiergele en meng goed.
6. Vul die halwe eiers met die mengsel.
7. Skep witsous oor die gevulde eiers en bak tot deurwarm. Strooi gekapte pietersielie of ander kruie bo-oor.
Variasies
• Voorverhit die oond tot 160 ºC (325 ºF). Meng die fyngemaakte eiergele met die witsous. Vul die halwe eiers met fyngekapte gaar ham of hoender en skep die sous bo-oor. Bak tot deurwarm.
• Voeg 125 ml (½ k) gaar ertjies by die eiergeelmengsel. Vul die eiers met 'n deel van die mengsel en voeg die res by die witsous. Skep die sous oor die gevulde eiers en bak tot deurwarm.
• Gebruik Tamatieroomsous* pleks van witsous.
• Voorverhit oond tot 180 ºC (350 ºF). Gebruik 15 - 30 ml (1 - 2 e) vis- of vleissmeer pleks van gerasperde kaas. Maak die mengsel klam met 'n bietjie van die witsous en plaas twee gevulde eiers op 'n sny gesmeerde roosterbrood, skep die witsous oor die eiers en verhit dit in die oond net voor opdiening. Indien verkies, strooi gerasperde kaas pleks van pietersielie oor die witsous.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT







