1. Voorverhit die oond tot 200 ºC (400 ºF).
2. Maak kapokaartappels van 4 - 6 aartappels en voeg melk en botter of olyfolie by soos nodig om dit sag en lig te kry. Geur na smaak. Bedek die boom en kante van 'n gesmeerde oondvaste bak met 'n derde van die warm mengsel.
3. Gebruik sowat 750 ml ( 3 k) Basiese maalvleissous* en voeg 250 ml (1 k) bevrore gemengde groente by.
4. Geur na smaak.
5. Skep vleis op aartappels en bedek met res van warm kapokaartappels.
6. Bak 15 - 20 minute lank of tot dit goed warm is.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT







