Oorskietkos

Hoenderkrokette

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 125 ml (½ k) dik Witsous*
  • 250 ml (1 k) fyngemaakte gaar hoendervleis
  • 1 klein ui, gekap en gesmoor
  • 5 - 10 ml (1 - 2 t) gekapte pietersielie of origanum
  • 125 ml (½ k) sampioensop, onverdun
  • 125 ml (½ k) fyn droë broodkrummels
  • 1 eier, geklits
  • olie om in te braai

1. Meng al die bestanddele behalwe die broodkrummels en eier en laat afkoel.

2. Vorm die mengsel in lang worsies, rol in broodkrummels, doop in eier en rol weer in broodkrummels.

3. Braai hulle in olie en dreineer op handdoekpapier.

Wenke

• Die hoendervleis kan deur beesvleis vervang word.

• Om viskrokette te berei, vervang hoender met fyngemaakte gaar vis. Geur met suurlemoensap of asyn en berei soos hierbo beskryf.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS