- 4 eiers, geskei
- 30 ml (2 e) botter of olie
- 250 ml (1 k) melk
- 375 ml (1½ k) gemaalde koue vleis (bees, skaap, tong, ham of pluimvee)
- 1 klein ui, fyngekap
- 5 - 10 ml (1 - 2 t) gedroogde origanum
- 2,5 ml (½ t) sout
1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF).
2. Klits eiergele en voeg botter of olie, melk, vleis, ui, kruie en sout by. Meng goed.
3. Klits eierwitte styf en vou in vleismengsel.
4. Skep mengsel in gesmeerde vormpies of 'n gesmeerde oondvaste bak en plaas in 'n pan met warm water.
5. Bak 30 minute lank of tot gestol.
Wenk
Plaas stukkies spekvleis bo-op voordat dit gebak word.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT






