Stoomdrukkoker

Gemengde dik groentesop

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 500 g sopvleis en -bene
  • 1,5 liter (6 k) water
  • 1 middelslag-wortel
  • 1 middelslag-ui
  • 1 middelslag-aartappel
  • 1 klein raap
  • 2 tamaties of 125 ml (½ k) tamatiemoes
  • 1 selderystingel met blare
  • 60 ml (4 e) gort
  • 3 takkies pietersielie
  • 1 lourierblaar
  • 15 ml (1 e) sout
  • 1 ml (¼ t) peper
  • 2 knoffelhuisies (opsioneel)
  • mengsel van 15 ml (1 e) meelblom en 15 ml (1 e) gesmelte botter of margarien

1. Vee die vleis en bene met 'n klam doek skoon (was die vleis net indien absoluut noodsaaklik) en sny die vleis in stukkies.

2. Voeg die water by, maar as die drukkoker nie groot genoeg is nie, voeg dan net die helfte by. Verhit stadig tot kookpunt.

3. Skil en was al die groente. Kap dit dan in blokkies (met die hand of in 'n voedsel-verwerker) of rasper dit en voeg by.

4. Voeg die gort en geurmiddels by, roer deur en sit deksel op. Die drukpot moet nie meer as twee-derdes gevul wees nie.

5. Laat dit 15 - 20 minute lank by 100 kPa kook of tot vleis sag is.

6. Koel die drukpot stadig af tot die druk binne-in normaal is.

7. Verdik die sop met die meelmengsel, indien verkies. Laat 'n minuut of twee oop in die drukpot kook terwyl aanhoudend geroer word. lndien nodig, voeg orige water by, en geur na smaak.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS