- 30 ml (2 e) botter of kookolie
- 750 g beesvleis, in blokkies gesny
- 1 ui, in skywe gesny
- sout en peper
- 125 ml (½ k) water of vleisaftreksel
- 1 wortel, in ringe gesny
- ½ klein raap, in ringe gesny
- 15 ml (1 e) gekapte pietersielie
- 250 ml (1 k) tamatiepuree
- 6 peperkorrels
- 30 ml (2 e) meelblom
- 60 ml (4 e) water
- 250 ml (1 k) gaar ertjies (opsioneel)
1. Verhit die drukkoker en sit die botter of olie daarin. Braai vleis vinnig in sarsies tot mooi bruin.
2. Voeg ui, sout en peper en die water of vleisaftreksel by.
3. Plaas al die groente behalwe die ertjies op die vleis en voeg pietersielie, tamatiepuree en peperkorrels by.
4. Sit deksel op en stoom 12 - 15 minute lank by 100 kPa of tot vleis sag is.
5. Laat drukkoker stadig afkoel tot die normale druk en haal die deksel af.
6. Meng meelblom met water en verdik vloeistof in drukkoker daarmee. Laat 2 minute lank kook.
7. Voeg ertjies by, indien verkies, en sit voor.
Wenk
Resepte vir Gestoofde skaap- en beesvleis* kan op dieselfde wyse in die drukpot berei word.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT







