- botter om pan mee te smeer
- 2 eiers, geskei
- 125 ml (½ k) suiker
- 60 ml (4 e) water
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 250 ml (1 k) meelblom
- 7,5 ml (1½ t) bakpoeier
- 1 ml (¼ t) sout
- 15 ml (1 e) kookwater
1. Voorverhit die oond tot 160 ºC (325 ºF). Smeer 'n klein, diep koekpan en voer dit met bakpapier uit.
2. Klits eiergele baie goed. Klits die suiker en water geleidelik en om die beurt daarby. Klits baie goed tot lig en sponserig. Klits dan die vanieljegeursel by.
3. Sif meelblom, bakpoeier en sout twee keer saam en vou met 'n metaallepel by die eiermengsel in.
4. Voeg kookwater by eierwitte en klits styf. Vou dan liggies by meelmengsel in.
5. Skep beslag in voorbereide koekpan en bak 25 - 30 minute lank. Sien wenk by Silwersuikerbrood*.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT




















